RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Pongolapoortdam 04.10.2022

Dawie Botha vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die Pongolapoortdam in KwaZulu-Natal.

Oom Albie se klavier 04.10.2022

Annemi Boshoff vertel vir Haidee Muller-Isaacs van 'n besonderse klavier, wat al donkiejare soos goud in hulle familie opgepas word. Dit word gereeld vir spesiale geleenthede ingespan. Die oorspronklike eienaar van die klavier was haar ouma se broer, niemand anders nie as Oom Albie Louw, die bekende operasanger, komponis, pianis en koorleier.

Die jeug se geestesgesondheid 04.10.2022

Santie Terreblanche praat oor die jeug se geestesgesondheid.

Cat Angel Refuge 03.10.2022

Karen Wilson vertel vir Martelize Brink van die werk wat Cat Angel Refuge in Zeerust doen in 40 afgeleë dorpies aan die grens met Botswana.

Rosa Kruger deur Decanter vereer 03.10.2022

Rosa Kruger gesels met Martelize Brink nadat sy in Decanter se heldesaal opgeneem is vir haar werk met ou wingerde en ouwingerdwyne.

Wêreld Habitatdag 03.10.2022

Gwen Theron praat oor die toenemende ongelykheid en uitdagings in stede en menslike nedersettings.

Hoe word houtskool gemaak? 30.09.2022

George Ferreira vertel vir Martelize Brink hoe houtskool en brikette vir die braai gemaak word.

Sal visvangverbod Baaise pikkewyne help red? 30.09.2022

Daar is groot verligting onder veral Baaise bewaringsbewustes noudat die departement van bosbou, visserye en omgewing ‘n tydelike visvangverbod rondom ses sleutel pikkewynkolonies aangekondig het. Groot kommer is vroeër uitgespreek oor Algoabaai se brilpikkewyngetalle wat drasties gedaal het. Mariska Spoormaker het met die omgewingswetenskaplike, Ronelle Friend van Algoa Bay Conservation, oor die...

Oud en nuut te sien by Saldanhabaai-lugskou 30.09.2022

Grant Timms vertel vir Martelize Brink van die vliegtuie wat hy die naweek by die eerste Saldanhabaai-lugskou sal vlieg - van ‘n straalvliegtuig tot ‘n Tweede Wêreldoorlogera Tiger Moth.

Maritieme veiligheid 29.09.2022

Kaptein Vernon Keller praat op Wêreld Maritieme-dag oor veiligheid aan langs die kus, en die rol wat die Suid-Afrikaanse Maritieme Veiligheidsowerheid hierin speel.

Projek teen geslagsgebaseerde geweld 29.09.2022

Nadine Blom vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die Londoloza-projek teen geslagsgebaseerde geweld.

SA se oudste kwilt te sien by fees 29.09.2022

Ronel Pistorius vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van Suid-Afrika se oudste kwilt, wat in 1790 gemaak is en by die Nasionale Kwiltfees te sien sal wees.

Sjef Jan-Hendrik se drome 28.09.2022

Haidee Muller-Isaacs het 'n intieme gesprek met die bekroonde Michelin-ster, Jan-Hendrik van der Westhuizen, oor die mense van sy hart, sy grootwordjare en drome.

Kruip vóór jy loop 28.09.2022

Die uitdrukking dat ‘n mens eers moet kruip voor jy kan loop, is algemeen bekend. Twee studies oor die boustene van die ontwikkeling van jong kinders het dit weer beklemtoon. Johan Rademan het met Danel Snyman, ‘n arbeidsterapeut, hieroor gesels.

Die geboude omgewing en erfenis 27.09.2022

Dawie Botha gesels oor die raakpunte wat die geboude omgewing het met erfenis, toerisme en boomplantdag wat in September gevier word.

Skep iets uit niks 27.09.2022

Vandag is Nasionale Toerismedag. Haidee Muller-Isaacs het gaan inloer op Stellenbosch by Amazink in Kayamandi. Daar het sy meer gehoor oor die Bags for Bread-inisiatief en gesien hoe die vroue 'n bestaan kan voer en die omgewing kan bewaar. Hulle hekel items met plastiek broodsakkies.

Ons Karoo en kontrei 27.09.2022

Adri Smit vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die Ons Karoo en kontrei-platform, wat die Karoo en sy aktiwiteite aan mense bekendstel.

Die stryd teen hondsdolheid 26.09.2022

Staatsveearts dr. Leana Janse van Rensburg vertel vir Martelize Brink van die stryd teen hondsdolheid.

Kolganse is kopseer vir ander inheemse voëls 26.09.2022

Wie sou ooit kon dink dat die kolgans 'n bedreiging vir ander inheemse voëls, selfs uile, inhou? Mariska Spoormaker het meer hiervan gehoor by die Baaienaar, Arnold Slabbert van Urban Rapotro Project, toe sy met hom oor probleemkatte gepraat het.

Nazeema se redding was ‘n gemeenskapsgroentetuin 26.09.2022

Nazeema Jacobs vertel vir Martelize Brink hoe sy as ‘n daklose verslaafde, sewe jaar gelede haar heil in Khulisa Streetscapes se gemeenskapsgroentetuin gevind het. Vandag is dié gesoute tuinier in beheer van die tuin se administrasie.

Hoe werk sonpanele? 23.09.2022

JJ Fischer verduidelik vir Martelize Brink hoe sonpanele krag verskaf.

Polisie man stap vir kinderhospitaal 23.09.2022

Adjudant-offisier Brian Daniels, ‘n bekende polisieman in Oudtshoorn se stap- en drafkringe, het op 14 September die strawwe taak aangepak om van Oudtshoorn na Kaapstad te stap om geld vir die Rooikruis Kinderhospitaal in tesamel. Hy beoog om op 25 September in Kaapstad aan te kom. Haidee Muller-Isaacs was by die verrigtinge op Oudtshoorn toe Brian sy staptog afgeskop het.

Kruie in kos en as medisyne 23.09.2022

Hennah Flesch en Sanel Esterhuyse gesels oor die gebruik van kruie in kos en as medisyne.

Met watter hout braai jy? 22.09.2022

George Ferreira vertel wat die beste hout is om mee te braai.

‘n Baaise skool vol babas 22.09.2022

Dit is omtrent ‘n spektakel om te sien wanneer tientalle leerlinge met hulle baba’s skool toe kom - nie hul eie baba’s nie, maar wel ‘n 2,5 km sakkie meel waaraan ‘n kop, bene en arms gesit word om dit soos ‘n baba te laat lyk. Die graad elf-leerlinge van Alexander Road High School in die Baai moes twee weke lank hierdie meel-babas permanent versorg. Mariska Spoormaker het skool toe gegaan en Elma...

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.