RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Die miljarde mikrobes in grond 14.10.2022 16:13
Prof. Karin Jacobs vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van mikrobe, die grondmikrobioom en die rol van regeneratiewe landbou.
Bottomless Coffee Band is nou RAAF 14.10.2022 10:23
Die Bottomless Coffee Band gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor hulle musiekreis en kondig hul naamsverandering na RAAF toe aan.
Elise Bishop se twee lewens 14.10.2022 16:28
Elise Bishop gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor haar ervaring as een van die eerste Suid-Afrikaners wat ‘n seksuele hertoewysingsoperasie ondergaan het. Sy vertel die verhaal in haar boek, Twee Lewens.
Mathys en Theuns 14.10.2022 5:16
Mathys Roets gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor die raakpunte wat hy met Theuns Jordaan se musiek het. Hy is deel van Die Theuns Jordaan Liedjieboek-vertoning by die Toyota US Woordfees.
Stadige Intimiteit 14.10.2022 14:52
Joani Groenewald en Maryke van Velden gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor die Stadige Intimiteit-uitstalling in drie lokale by die Toyota US Woordfees.
Outismebewusmaking 13.10.2022 15:33
Carolina van der Westhuizen, Michelle Robertson en Drikus du Toit vertel vir Johan Rademan hoe hulle hulle redenaarsvermoë gebruik vir outismebewusmaking. Michelle en Drikus is leerders aan Hoërskool Merensky in Tzaneen. Carolina is die eienaar van Podiumpret, ‘n opleidingskompetisie.
Born Free gee nuwe tuiste vir sirkusleeus 13.10.2022 7:46
By die Born Free-bewaringsorganisasie op die Shamwari-wildreservaat in die Oos-Kaap, hoor Haidee Muller-Isaacs meer van gewese sirkusleeus se nuwe tuiste. Een van die medestigters van Born Free is die Britse aktrise, Virginia McKenna, wat in die gelyknamige fliek verskyn het.
Bennie Howard se dae agter die mikrofoon 13.10.2022 16:45
Bennie Howard gesels oor sy dae agter die mikrofoon, as deel van RSG se 85 jaar van Afrikaanse radio-vieringe. Hy was onder andere daar toe Monitor begin het.
Oudomroeper Chris Swanepoel kyk terug 12.10.2022 22:15
Chris Swanepoel gesels oor sy dae agter die mikrofoon by RSG, as deel van die vieringe van 85 jaar van radio in Afrikaans.
Die Kalahari brand 12.10.2022 9:50
Die Kalahari is 'n uitgestrekte dorre tot halfdorre sanderige gebied. Dit is tans in die nuus vir die uitgebreide brande wat daar woed. Brandbestrydingspanne het gister (11 Oktober 2022) na vyf dae steeds gespook om die brande in die Kuruman-omgewing in die Noord-Kaap onder bedwang te bring. Jacqui January kyk na die oorsaak van die brande, die ekologiese impak daarvan, en die reaksie van besoeker...
Son en sout = elektrisiteit 12.10.2022 10:45
Frans Ferreira vertel van ‘n projek in die Noord-Kaap, waar die son gebruik word om elektrisiteit op te wek, en sout gebruik word om dit te stoor.
Mpumalanga se myne 11.10.2022 5:41
Dawie Botha vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die myne in Mpumalanga.
Van au pair op wynplaas tot wynplaaseienaar 11.10.2022 9:36
Martelize Brink gesels met Berene Sauls by Cape Wine, wat as au pair op ‘n wynplaas begin het, later in administrasie betrokke geraak het, en vandag die eienaar van Tesselaarsdal is, waar haar eie wyn geproduseer word.
Laat die wiele rol 11.10.2022 7:54
Alewijn Dippenaar gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor vanjaar se OCC-rolstoeluitdaging op George.
SA se kampioenskaaphond 10.10.2022 13:27
Pierre Strydom vertel vir Martelize Brink van sy skaaphonde. Kyla is die Suid-Afrikaanse kampioen. Sy ander hond, Mac, gaan saam met Kyla in ‘n span van vyf, Suid-Afrika in Noord-Ierland verteenwoordig by die 2023 Wêreldkampioenskap.
Tannie Rallie van Prins Albert 10.10.2022 8:16
Haidee Muller-Isaacs gesels op Prins Albert met Ragel GweGwe, alombekend as Tannie Rallie. Sy is 'n gemeenskapswerker wat kos aan behoeftige kinders voorsien. Sy vertel hoe sy, soos sy dit stel, 'n roosterkoek kan rol.
Nelson Mandela Universiteit stig eenheid vir hommeltuie 10.10.2022 8:17
Karel du Preez vertel vir Martelize Brink van Nelson Mandelabaai Universiteit se nuwe hommeltuigeenheid.
Decoupage 07.10.2022 11:21
Almie Louis vertel vir Martelize Brink hoe jy decoupage doen.
Outa Lappies-uitstalling 07.10.2022 10:52
Haidee Muller-Isaacs is by die Fransie Pienaar-museum op Prins Albert, waar sy na die Outa Lappies-uitstalling gaan kyk.
Gemeenskapsgroentetuin op Hawston 07.10.2022 6:33
Melun Jephta vertel vir Martelize Brink van ‘n organiese gemeenskapsgroentetuin wat sy in die vissersdorpie, Hawston, begin het.
Stories wat sedes en waardes leer 06.10.2022 6:01
Bianca Flanders gesels oor stories wat gebruik word om vir kinders sedes en waardes te leer.
Coenie se radiodae 06.10.2022 9:44
Coenie de Villiers gesels met Johan Rademan en Martelize Brink as deel van ons vieringe van 85 jaar van Afrikaanse radio. Hy deel sy herrineringe en vertel wat hy van sy radiodae mis.
Elmarie, die knoffelboer 06.10.2022 12:17
Elmarie Theron gesels oor haar knoffelboerdery op Upington.
Dean Balie se rolle 05.10.2022 11:07
Dean Balie vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van sy grootwordjare in die Noord-Kaap, sy rol in Kat and the Kings, en waaraan hy deesdae werk.
Borskanker-ondersteuningsprojekte 05.10.2022 15:14
Marli du Toit gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor borskanker en die ondersteuningsprojekte vir mense wat daardeur geraak word.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.