RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Fanie du Toit kyk terug 27.10.2022

Fanie du Toit gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor sy radio-ervaring.

Faf du Plessis se sportloopbaan 27.10.2022

Krieketlegende Faf du Plessis gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor sy lewe op en van die krieketveld af.

Annie se engelvlerke 26.10.2022

Annelize Hartley (Annie soos sy bekendstaan) is ‘n kunstenaar wat engelvlerke van hout maak. Die verkope is egter nie watwonders nie. Sy is sieklik, en hoewel sy haar steeds daarmee besig hou, is dit die geld wat sy van weldoeners op straat kry, wat haar aan die lewe hou. Jacqui January het gaan kyk waar sy bly en wou by haar weet hoekom sy besluit het om engelvlerke te maak.

Susan Booyens kyk terug 26.10.2022

Oudomroeper Susan Booyens gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor haar dae by die radio.

Mpumalanga se kragstasies 25.10.2022

Dawie Botha gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor Mpumalanga se kragstasies.

Waterval in kurkdroë Baai ontdek 25.10.2022

Een van die besonderse kenmerke van die Baai, is die 22 kilometer lange groen long wat deur die stad loop - die Baakensriviervallei. Deesdae is daar groot opgewondenheid oor ‘n waterval wat ontdek is toe digte indringersbos uitgekap is. Mariska Spoormaker het gaan kyk.

Iris Bester kyk terug op haar radiodae 25.10.2022

Iris Bester vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van haar 40 jaar agter die mikrofoon - van Jongspanatelejee en Vrouerubriek tot aanbieder van Spektrum.

Seekastaaings en hulle mooi skulpe 24.10.2022

Tinus Beukes van die Twee Oseane Akwarium vertel vir Martelize Brink van seekastaaings. Ons ken hulle skulpe as seepampoentjies.

De Hoop se NG Kerk 24.10.2022

Die NG Kerk op De Hoop was eens op 'n tyd die middelpunt van die landbougemeenskap sowat 14 km wes van Oudtshoorn. Omdat die gemeenskap mettertyd gekwyn het, en daarmee saam die gemeente, is dit later by die gemeente Oudtshoorn-Park ingelyf. Haidee Muller-Isaacs het daar gaan inloer.

Die Vergete Hoofweg 24.10.2022

Piet Coetzer en prof. Doreen Atkinson vertel vir Martelize Brink van die Vergete Hoofweg van 1000 km, vanaf Ceres en Tulbagh tot by Kuruman. Piet is besig om oor twee weke ‘n deel van die roete met sy perdekar af te lê.

Hoe maak mens brandewyn? 21.10.2022

Ilse du Toit gesels met Martelize Brink oor die potketel, en hoe brandewyn gemaak word.

Oudtshoorn se sweisbroers 21.10.2022

Die Lubbe-broers van Carnavon kon sweis voor hulle vas kon skryf, vertel hulle vir Haidee Muller-Isaacs. Die broers het eers elkeen 'n draai oorsee gaan maak, en toe kom nesskop op Oudtshoorn, waar hulle hulle oupa Roy se liefde vir ysters laat voortleef. Haidee het het by hulle gaan inloer.

Veerpyltjies in Potch 21.10.2022

Elizma Oosthuizen vertel vir Martelize Brink van die Bobbies Veerpyltjieklub op Potchefstroom, en die gestremde span van die Amelia Nasorgsentrum se kampioenskappe.

Verstaan jy Gayle? 20.10.2022

Dianne du Toit Albertze vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van Gayle, ‘n gaykodetaal of sosiolek.

Brandweervrywillgers help, al is daar nie brande 20.10.2022

Elrie de Beer van First Care Wildfire Support verduidelik hoe hulle in gemeenskappe hand bysit, selfs wanneer daar nie 'n brand is nie.

Naskoolse programme en geestesgesondheid 20.10.2022

Colleen Brocker praat oor die uitwerking wat naskoolse programme op die jeug se geestesgesondheid het.

Die bemarking van Afrikaanse radio 19.10.2022

Esther van Niekerk vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink oor haar betrokkenheid by bemarking toe Radio Suid-Afrika herposisioneer is tot Afrikaans Stereo, en die oorgang na Radio Sonder Grense - nou RSG.

Namakwaland - slangparadys 19.10.2022

Namakwaland is die tuiste van die wêreld se kleinste skilpad, die Namakwa-spikkelpadloper. Daar is ook ‘n verskeidenheid van besondesre reptiele. Die omgewing is ‘n navorser se droom, en van die spesies is nog nie beskryf nie. ‘n Navorser wat langer as 40 jaar tussen die berge en klipkoppe van Namakwaland beweeg, is besig om ‘n navorsingsentrum daar te vestig.

Opleiding vir die seevaartbedryf 19.10.2022

Pieter Coetzer vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die opleiding van bemanning in die kommersiële seevaartbedryf.

Die trein van Pretoria na Lourenco Marques 18.10.2022

Johannes Haarhof vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die spoorlyn tussen Gauteng en Maputo, wat as die Oosterlyn tussen Pretoria en Lourenco Marques gebou is.

Devan en die dobbelspel 18.10.2022

Devan Kruger het al die Epic en Trans-Alpe per fiets aangepak. Hy en sy gesin woon buite Charlotte in die VSA, en hy vertel aan Johan Rademan in Beiere, hoe hy letterlik deur 'n dobbelspel daar beland het.

Ekofobie 18.10.2022

Celri Olley vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van ekofobie onder jong kinders.

Mediese versekering vir troeteldiere 17.10.2022

Veearts dr. Ingrid de Wet gesels met Martelize Brink oor mediese versekering vir troeteldiere.

Joe Cloete van Shamwari 17.10.2022

Die Shamwari-wildreservaat buite Gqeberha is 30 jaar oud. Die man aan die stuur van sake is Joe Cloete. Hy het 30 jaar gelede op hierdie wildsplaas begin werk as toergids. Hy vertel vir Haidee Muller-Isaacs van sy drome vir die behoeftige gemeenskap rondom die reservaat, en hoe hy wil help met werkskepping.

Wiskundewonderkind 17.10.2022

Wiskundewonderkind Stiaan Scheepers vertel vir Martelize Brink van die soort wiskunde wat hy doen, waarin hy brons gewen het by die Junior Wêreld Hoofrekenekampioenskap in Duitsland.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.