RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Avonturiers durf Noordwes-deurgang aan 08.11.2022 11:47
Daniel Kritzinger vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van ‘n internasionale groep avonturiers wat gaan poog om die eerste mense te word om die 3700 km lange Noordwes-deurgang, wat die Atlantiese oseaan en die Stille oseaan verbind, te roei. Daniel is die spandokter.
Terapiediere by die werk 07.11.2022 11:46
Elize Parker vertel vir Martelize Brink hoe om te werk te gaan met terapiediere by die werk.
Van syfers na films 07.11.2022 10:56
Haidee Muller-Isaacs gesels met Cobus van den Berg, wat ’n lewe van syfers verruil het vir films maak.
Kom weg alles in Eswatini 07.11.2022 12:16
Christiaan Erasmus vertel vir Martelize Brink hoe hy ‘n lewe in Istanboel verruil het vir twee jaar sonder krag en lopende water in Eswatini.
Wat is fotosintese? 04.11.2022 11:26
Dr. Angelique Kritzinger verduidelik vir Martelize Brink hoe fotosintese werk.
Baai se eerste Khoi-staproete 04.11.2022 9:24
Tussen Helenvale en Bethelsdorp in die Baai se noordelike voorstede kan voetslaners deesdae die Khoi-staproete volg, en minstens ‘n honderd jaar in die geskiedenis terugloop. Jy kan selfs van die plaaslike Khoi-leierskap èn Dr. Wragtag ontmoet, het Mariska Spoormaker gevind toe sy soontoe gegaan het.
Die veelsydige turksvy 04.11.2022 11:37
Michelle Greyvenstein vertel vir Martelize Brink van die vele gebruike van turksvye.
Internasionale seëltentoonsteling in Kaapstad 03.11.2022 17:22
Hugh Amoore en Prof. Henk Geertsema vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die Internasionale seëltentoonsteling wat binnekort in Kaapstad plaasvind.
Johan Fourie van De Hoop 03.11.2022 8:01
Johan Fourie vertel vir Haidee Muller-Isaacs van sy grootworddae as plaasseun op De Hoop buite Oudtshoorn, toe die lewe nog sorgeloos was en hier nog water en ‘n groot landbougemeenskap was. Hy dink met heimwee terug, en vertel wat hy alles van daardie wêreld kan onthou.
Chris se ysterperde 03.11.2022 8:04
Chris Badenhorst het al 45 motorfietse in sy lewe besit. Van al dié ysterperde het hy net vier gehou, wat hom na aan die hart lê. Johan Rademan het hom hieroor gepols.
Dekades se diens as maatskaplike werker 02.11.2022 15:36
Tim van Kratenburg vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van sy loopbaan as maatskaplike werker.
Ina Wilken - vegter vir verbuikersregte 02.11.2022 8:52
Verbruikers het gewoonlik ‘n redelike idee wat hulle regte is, maar die meeste van ons kan nie presies sê wat hierdie regte is, en hoe dit beskerm word nie. Iemand wat al jare lank verbuikers bemagtig en inlig oor hulle regte en verpligtings, is Ina Wilken. Jacqui January het by haar gaan inloer.
Bestuur kleuterskole soos besighede 02.11.2022 10:22
Heléne Brand vertel hoe GROW Educare Sentrums kleuterskooleienaars in gemarginaliseerde gemeenskappe help om hulle kleuterskole soos besighede te bestuur, om dit volhoubaar te maak.
Die Drakensbergprojek 01.11.2022 12:43
Bob Pullen vertel van die Drakensbergprojek, wat sorg vir beide water en hidro-elektrisiteit.
Jo-Dolphin help erg gestremde persone in die Swartland 01.11.2022 9:32
Jo-Dolphin APD Swartland op Malmesbury is ’n dagsorgsentrum vir erg gestremde persone in die omgewing. Martelize Brink het by ’n fondsinsamling vir die sentrum uitgevind wat alles daar gebeur.
Selfbeeld en eksamenprestasie 01.11.2022 6:32
Gabriela Carolus praat oor die invloed van selfbeeld op eksamenprestasie.
SA se seeperdjies 31.10.2022 12:37
Maryke Musson gesels oor seeperdjies.
Die ongeluksvoël-veearts 31.10.2022 11:43
Wat doen ’n veearts wat in beheer is van al die wild op 'n groot wildsplaas? Dis nie kinderspeletjies nie, maar as dit jou passie is, dan voel dit nooit soos werk nie. Dr. Johan Joubert kan soms lekker vir homself lag met dié dat hy, soos sy kollegas dit noem, 'n ongeluksvoël is.
Petroljoggie én digter 31.10.2022 15:08
Ernest Mnyaka vertel vir Martelize Brink hoe hy as ’n petroljoggie van Malmesbury ‘n digbundel die lig laat sien het. ‘n Tronkervaring het ‘n ommekeer in sy lewe gebring. Gey Kriek is sy werkgewer, en gesels saam oor tweede kanse.
Hoe werk 'n mikrogolfoond? 28.10.2022 10:31
Prof. Gert-Jan van Rooyen vertel vir Johan Rademan hoe ‘n mikrogolfoond werk.
André Liebenberg kyk terug 28.10.2022 7:37
Oudomroeper André Liebenberg vertel vir Johan Rademan van sy dae op radio.
Mediese toerisme na Suid-Afrika 28.10.2022 7:46
Wickus Lubbe vertel van Suid-Afrika as ‘n mediese toerismebestemming.
Marius du Plooy kyk terug 27.10.2022 11:11
Oudomroeper Marius du Plooy gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor sy radioloopbaan in sowel Suid-Afrika as Nederland.
Nic de Jager kyk terug 27.10.2022 10:22
Radiolegende Nic de Jager gesels met Johan Rademan en Martelize Brink op Afrikaanse radio RSG se 85ste verjaarsdag.
Sara van Rooi en die Vastrappers 27.10.2022 6:31
Sara van Rooi, stigerslid van die Prins Albert Rieldans-vastrappers, vertel vir Haidee Muller-Isaacs hoe sy die groep begin het. Sy leer vandag die jongmense op die dorp hoe om die ding te doen, en om hulle uit die kwaad te hou.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.