RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Sjaka Septembir, nar en sanger 21.11.2022 10:04
Haidee Muller-Isaacs kuier by professionele nar en sanger, Sjaka Septembir. Sjaka is 'n veelsydige en talentvolle kunstenaar, wat vir haar meer vertel van wat hy alles doen.
23 rekspronge in 'n uur! 20.11.2022 10:33
Martelize Brink gesels met Linda Potgieter wat ’n Guiness-wêreldrekord opgestel het vir die meeste rekspronge in ‘n uur. Sy het 23 gedoen.
Hoe werk radar? 18.11.2022 12:49
Prof. PW van der Walt verduidelik vir Martelize Brink hoe radar werk.
Chris se winkel 18.11.2022 11:01
Haidee Muller-Isaacs loer in op Wellington by akteur Chris van Niekerk se winkeltjie propvol antieke ware. Sy is huistoe met 'n paar ou plate van haar gunsteling sangers.
Wêreld Toiletdag 2022 18.11.2022 10:53
Wêreld Toiletdag word op 19 November herdenk. Martelize Brink gesels met prof. Eugene Cloete oor grondwater en behoorlike sanitasie om waterbronne te bewaar.
Musiekindaba binnekort gehou 17.11.2022 13:20
Karen Meiring gesels oor die behoefte om oor die musiekbedryf in Suid-Afrika te praat.
Entrepreneurs ontwikkel vir plattelandse filmbedryf 17.11.2022 7:11
Lika Berning praat oor entrepreneurskapsontwikkeling in die plattelandse filmbedryf.
Voorbereiding vir ’n vroeë geboorte 17.11.2022 11:02
Dr. Ida du Plessis-Faurie vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe ouers hulleself kan voorberei wanneer ’n vroeë geboorte verwag word.
Neil Sandilands kuier in die ateljee 16.11.2022 15:51
Neil Sandilands gesels oor sy loopbaan as akteur, en hoe hy begin musiek maak het.
Wees veilig op TikTok 16.11.2022 6:29
Daniela Marais vertel hoe jy veilig kan wees op TikTok.
Lugskepe en helium 16.11.2022 14:32
Prof. Egmont Rohwer praat oor lugskepe, en hoe veilig helium vir hierdie doel is.
Fisioterapie vir diere 14.11.2022 16:08
Nadia Schrenk gesels oor haar werk as dierefisioterapeut.
Cobus van den Berg en Jorrie van der Walt se nuwe fliek 14.11.2022 11:35
Haidee Muller-Isaacs was op die stel van 'n nuwe rolprent wat gemaak word van Deon Meyer se boek, Proteus. Cobus van den Berg en Jorrie van der Walt vertel van die uitdagings, planne beraam wanneer die weer sleg is, en watter groot verskil begrotings maak. Fliekmaak is een groot legkaart wat konstant ontwikkel, sê hulle.
Diabetes by kinders 14.11.2022 12:03
Elré Clarence vertel vir Martelize Brink van die uitdagings wat diabetes vir kinders inhou.
Hoe werk gis? 11.11.2022 15:18
Dr. Danie Malherbe vertel vir Martelize Brink hoe gis werk.
Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans word 30 11.11.2022 10:21
Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans is vanjaar 30 jaar oud. Haidee Muller-Isaacs gesels met professor Michael le Cordeur oor die projekte wat hulle aanpak om gemeenskappe te bemagtig, en veral die chemie-projek waarby hy nou betrokke is.
Fynproewerkos op groot skaal 11.11.2022 12:59
Neil Swart en Anouchka Horn vertel vir Martelize Brink hoe hulle fynproewerkos op groot skaal maak.
Libertaskoor neem afskeid van dirigent 10.11.2022 15:55
Mariska April, Christoff en Ilse Pauw gesels oor hulle ervaring as lede van die Libertaskoor.
Angelique se passie vir bier 10.11.2022 8:16
Martelize Brink gesels met ‘n vroue bierbrouer van Pretoria, wat gevra is om haar vaardighede in die Swartland ten toon te stel. Angelique Kieser was ‘n argitek wat tydens die grendeltydperk besluit het bierbrou is haar ware passie.
Eric R. Kok se film bekroon 10.11.2022 11:17
Eric R. Kok gesels oor sy loopbaan as skrywer, filmmaker en gemeenskapsaktivis. Sy rolprent Liesbet is onlangs met vyf toekenings by die Thokoza-filmfees vereer.
Keramiekkunstenaar Theo Kleynhans 09.11.2022 14:47
Theo Kleynhans gesels oor sy aanslag tot keramiek, en hoe sy werk hom ses maande van die jaar na Spanje neem.
Ethel Ruthenberg, gholfkampioen 09.11.2022 14:36
Ná vier dae se dryfwerk met die gholfstokke en 250 inskrywings van 16 lande, is 44 kampioene is verskeie afdelings as die 2022 Ultimate Long Distance-kampioene aangewys. Die vroue-amateur Ope-afdeling is deur ‘n Suid-Afrikaner gewen. Johan Rademan het met Ethel Ruthenberg in die VSA gesels.
Dopamienmode 09.11.2022 9:34
Suzanne Kotze gesels oor die jongste modetendense, spesifiek dopamienmode.
Bloemfontein se geboue 08.11.2022 12:50
Kobus du Preez vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van President Brandstraat in Bloemfontein met sy historiese geboue en moderne glaspaleis.
Erwin Kupke se danspassies 08.11.2022 8:15
Erwin Kupke gesels Oor sy dansprestasies. Dié agtjarige het gekwalifiseer om Suid-Afrika by die wêreldkampioenskappe te verteenwoordig. Sy afrigter, Marike Nel, wat ‘n wêreldkampioen is, gesels saam.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.