RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Rieldansfees op Clanwilliam 01.12.2022 10:56
Benjamin Bock en Mariëtte Kotze gesels oor die naweek se ATKV-Rieldansfees op Clanwilliam.
Veerpyltjies kom na Baaise skole 01.12.2022 9:34
By verskillende hoërskole in Nelson Mandelabaai is veerpyltjies al as buitemuurse aktwiteit ingeste,l of is dit besig om ingestel te word, want blykbaar is dié sport ook ‘n uitstekende hulpmiddel vir wiskunde. Mariska Spoormaker het na Despatch gegaan om meer hiervan te hoor by Vernon Human, een van die implementeerders van die 180+ veerpyltjie-ontwikkelingsprogram.
Martina Martin se lewe met MIV 01.12.2022 14:09
Martina Martin vertel hoe sy al jare lank met MIV lewe.
André van der Merwe, koordirigent 30.11.2022 16:35
André van der Merwe gesels oor sy sukses met kore en hoekom hy ‘n dirigent in plaas van ‘n pianis geword het.
Van Idol na sielkundige 30.11.2022 8:02
Haidee Muller-Isaacs gesels met Dewald Louw. Hy was in 2006 die wenner van die heel eerste Afrikaanse Idols. Vandag is hy ’n sielkundige, wat fokus op eetversteurings.
Kinders en ouers kan leer van brandveiligheid 30.11.2022 10:01
Danny de Nobrega vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van 'n gratis byeekoms waar sowat 2 000 kinders en ouers kan leer van brandbestryding, brandveiligheid en fynbos.
Die Vrystaat se damme 29.11.2022 6:23
Dawie Botha vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die groot damme wat die Vrystaat omring.
Organisasie help met werk vir verstandlik gestremdes 29.11.2022 5:38
Ingrid de Jager gesels oor Care Career Junction, wat help met beskermde werk vir verstandelik gestremde mense.
Is jy plantblind? 29.11.2022 9:20
Dr. Angelique Kritzinger praat oor plantblindheid. Mense ken nie meer die plante in hulle omgewing nie, en sien dit eenvoudig nie meer raak nie.
Ploegskulpslak maak strande "skoon" 28.11.2022 9:03
Maryke Musson gesels oor die ploegskulpslak, wat veral op strande te sien is waar hulle bloublasies en jellievisse eet.
Carmen Niehaus se kosreis 28.11.2022 10:59
Daar is meer as een miljoen eksemplare van kosskrywer Carmen Niehaus se resepteboeke in kombuise dwarsoor Suid-Afrika. Sy vertel vir Haidee Muller-Isaacs waar alles vir haar begin het – as ’n groentjie in Huisgenoot se toetskombuis.
Digitale hulpbronne teen geslagsgebaseerde geweld 28.11.2022 6:50
Zonja Penzhorn vertel van anonieme digitale hulpbronne, soos die Chomi kletsbot, wat gebruik word in die stryd teen geslagsgebaseerde geweld.
Die Baai raak al hoe wilder 25.11.2022 8:45
Daar is al baie gesê dat Nelson Mandelabaai met onder meer twee riviermondings, uitsonderlike strande en die Baakensriviervallei, die Oos-Kaap se natuurhoofstad is. Dié natuur het nou nog ryker geword met die toevoeging van die Nyosi Wildreservaat binne die metro se munisipale grense. Mariska Spoormaker het jagluiperds in die meer as 2 500 hektaar groot reservaat gaan soek, en vir Pieter Kleynhans...
Opleiding in die wynbedryf 25.11.2022 13:00
Emma Burger, Brenton Maarman en Craig George praat oor opleidingsgeleenthede vir personeel in die wynbedryf.
'n Man van die pad 24.11.2022 16:23
Milton Schorr vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van sy duimgooi-ervaringe deur die wêreld.
Daniel Hugo van Prins Albert 24.11.2022 7:12
Haidee Muller-Isaacs gesels met die digter, skrywer, vertaler en oudradioman dr. Daniel Hugo, wat deesdae op Prins Albert woon. Hy vertel waarmee hy hom besig hou, en wat hy aanvanklik wou doen vir 'n loopbaan.
Granaatpitolie in skoonheidsprodukte 24.11.2022 8:46
Izette Dreyer vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe sy granaatpitolie gebruik in haar skoonheidsprodukte.
Blinde Gholf Wêreldbeker in Kaapstad 24.11.2022 3:28
Ernst Conradie vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe die reëlings vorder vir aanstaande jaar se Blinde Gholf Wêreldbeker in Kaapstad.
Ina Paarman se kospad 23.11.2022 15:27
Ina Paarman gesels oor haar pad met kos, en hoe dit ‘n besigheid geword het.
Calitzdorp se Appelkoos Jamboree 23.11.2022 7:44
Deon Kriek vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van Calitzdorp se Appelkoos Jamboree, waar die dorp bymekaar kom vir ’n marathon-konfytkook ten bate van liefdadigheid.
Is daar 'n regte tyd om groot besluite te neem? 23.11.2022 8:58
Lizette Volkwyn praat oor die tydsberekening om groot besluite te neem, soos die jaar einde se kant toe staan.
Die sirkelstad 22.11.2022 8:55
Dawie Botha vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van Welkom, die sirkelstad.
Boervrou sweet vir natuur se herstel 22.11.2022 10:33
Op die plaas Mooigedacht, hoog in die Oos-Kaap se Kougaberge, het Mariska Spoormaker boervrou Carine Strydom ontmoet, wat haar passie vir veldherstel en die uitroei van indringerbome uitleef.
Spoorstories 22.11.2022 7:27
Iana Strydom vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink vanb Spoorstories wat op SABC 2 te sien is.
Hase en konyne loop deur onder siekte 21.11.2022 9:58
Veearts dr. Coetzee de Beer vertel van die siekte wat hase en konyne deesdae tref.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.