RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Nekstutte vir motorfietsryers 14.12.2022 16:20
Chris Leatt vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die nekstutte wat hy ontwerp het, wat internasionaal vir fietsry en motorfietssport gebruik word.
Aanlynplatform vir intreefase werksoekers 14.12.2022 10:59
Christiaan van den Berg, medestigter van JOBJACK, vertel hoekom hy en sy vennoot hierdie aanlynplatform begin het vir intreefase werksoekers. Hy vertel ook hoekom hy sy werk as geoktrooieerde rekenmeester prysgegee het om sy passie na te jaag om ander jongmense te help. Hy het ook onlangs 'n toekenning ontvang. Haidee Muller-Isaacs het by hom gaan inloer.
Twee Oseane Akwarium se nuwe skeurtandhaaie 14.12.2022 12:23
Tinus Beukes vertel van die Twee Oseane Akwarium se nuwe skeurtandhaaie, en van die haaie wat tot nou toe daar te sien was, wat terugkeer see toe.
Die Wes-Kaap se bergpasse 13.12.2022 5:57
Dawie Botha vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die Wes-Kaap se bergpasse.
Joernalis praat oor haar emosionele herstelpad 13.12.2022 10:56
Meer as 30 jaar nadat die Baaise joernalis, Roslyn Baatjies, gestremd gelaat is ná n taxi-ongeluk, het sy onlangs eers by die punt van aanvaarding oor haar fisieke toestand gekom. Mariska Spoormaker het met haar gepraat.
Sjefskool help gemeenskap 13.12.2022 10:03
Glanskok Francois Ferreira vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe hy sy sjefskool om terug te ploeg in die gemeenskap.
Afrikabeeste 12.12.2022 9:30
Prof. Frikkie Neser vertel vir Martelize Brink wat Afrikabeeste se gene aan die wêreld bied.
Die lank en kort van Vanes-Mari du Toit 12.12.2022 10:38
Vanes-Mari du Toit was eens op 'n tyd 'n Protea-netbalspeler. Sy vertel vir Haidee Muller-Isaacs van haar grootworddae in 'n enkelouerhuis, hoe sy bo haar omstandighede uitgestyg het, en hoekom sy altyd ander sal bly inspireer. En dan natuurlik gesels die twee ook oor die voormalige sportvrou se lengte wat ander mense altyd verbaas.
Durban se strande 12.12.2022 12:27
Maryke Musson van uShaka Marine World praat oor die toestand van Durban se strande.
Monique, die pleegma vir papegaaie 09.12.2022 11:18
Die nood om veilige hawens vir troetelpapegaaie te kry, is deesdae baie hoog. Mariska Spoormaker het die Baaienaar, Monique Maritz, wat geredde papegaaie in pleegsorg neem, gevra hoekom dit so is.
Theodore Jantjies kuier in die atlejee 09.12.2022 12:27
Theodore Jantjies gesels met Martelize Brink oor sy loopbaan as akteur en die volgende produksie waarin hy te sien is.
The KhoeKhoe Saga 08.12.2022 8:03
Johann Abrahams vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van The KhoeKhoe Saga, wat in Januarie op SABC 2 te sien is.
Menseroof 08.12.2022 12:36
Herman Bosman praat oor menseroof, of ontvoering soos dit in die volksmond bekend staan. Hy bespreek die huidige situasie en die redes vir menseroof.
Hoe verwerk mens erge trauma? 07.12.2022 15:28
Karin Coetzee vertel van haar ervaring toe een van haar oudleerders, haar met ‘n mes by haar huis aangeval het. Sy praat oor haar herstelpad en hoe sy die aanvaller se vrylating uit die tronk hanteer het.
Ampie kom radio toe 07.12.2022 9:42
Eben Cruywagen gesels oor die verwerking van ‘n boek tot ’n radiovervolgverhaal, en die uitdagings van ‘n periodestuk soos die Ampie-trilogie.
Stellenbosch Rolbalklub vier 80 jaar 07.12.2022 10:56
Die Stellenbosch Rolbalklub is 80 jaar oud. Haidee Muller-Isaacs het daar gaan inloer.
Die Du Toitskloof-tonnel 06.12.2022 10:01
Johann du Plessis vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die Du Toitskloof-tonnel in die Wes-Kaap.
‘Gee elke kind ‘n sokkerbal, nie ’n wapen’ 06.12.2022 9:15
In die bendegeteisterde Kleinskool in Nelson Mandelabaai, waar sportfasiliteite vir die jeug skraps is, het die 62-jarige Paul Saffier meer as 30 jaar gelede besluit elke kind behoort eerder ‘n sokkerbal as n wapen te hê. Deesdae is die Kleinskool Spurs ‘n sokkermag om mee rekening te hou, en almal praat van Oom Paul, die sokkerman. Mariska Spoormaker het hom gaan opsoek.
Titans Warrior Women-projek help slagoffers 06.12.2022 11:52
Riaan Pietersen vertel van die Titans Warrior Women-projek wat slagoffers help met selfvertroue deur selfverdedigingopleiding en regshulp.
Troeteldiereienaarskap sedert begin van Covid-19 05.12.2022 6:11
Tania Binns vertel hoe troeteldiereienaarskap verander het sedert die begin van die Covid-19-pandemie.
Olivia Losper se passie vir fiksheid 05.12.2022 8:11
Olivia Losper van Wellington kom uit ‘n familie van lieflike, hartlike mense, maar alles is altyd rondom kos gevier. Haar ouma het met haar dood 150 kg geweeg, en Olivia was bang dieselfde gebeur met haar. Sy wou toe opsluit doodseker maak sy verbeter haar lewenskwaliteit. Nou, as fiksheidsinstrukteur, help sy ander. Haar leuse is: Neem terug jou mag (Take your power back) en doen wat jy geniet ge...
Jongmense en gesonde kos 05.12.2022 9:50
Debbie Gebhardt praat oor jongmense se aanslag tot gesonde kos en hulle wantroue van kosetikette.
Hoe word die Hartebeespoortdam skoongemaak? 02.12.2022 8:36
Rudy Joles vertel vir Martelize Brink hoe ‘n dam soos die Hartebeespoortdam skoongemaak word.
Rob Witte is ‘n anker vir voetslaners 02.12.2022 10:30
Jy wil baie graag gaan voetslaan, maar is onseker of jou pas en stamina by ‘n dié van ‘n groter groep sal inpas? Wat doen jy dan? In Nelson Mandelabaai bel jy vir Rob Witte, die wydgeliefde stapper wat by enigiemand se pas sal inval. Al is jy net een mens, sal hy steeds met jou stap. Mariska Spoormaker het ‘n toetslopie gaan neem met Rob en ander voetslaners op die bykans 40 kilometer lange Alexan...
Grondgesondheid en klimaatsverandering 02.12.2022 11:56
Dr. Hendrik Smith praat oor grondgesondheid en klimaatsverandering.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.