RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Johnson Ndlakuza se groot hondehart 30.12.2022 9:21
Daar mag van die luisteraars wees wat ons RSG-onderhoud van ‘n paar jaar gelede kan onthou met Johnson Ndlakuza, die Baaienaar met die groot hondehart. Toe het die ouderdom hom al krom getrek, maar hy wou net honde was en skeer. Vandag, op 84-jarige ouderdom, is Johnson steeds hiermee besig. Hy het aan Mariska Spoormaker verduidelik hoekom hy nog so aktief is.
Word direkteur van jou eie lewe 30.12.2022 9:22
Lizette Volkwyn vertel vir Phil Loots hoe jy direkteur van jou eie lewe kan word.
Avontuur in Antarktika 29.12.2022 9:06
Annika le Roux vertel vir Phil Loots van haar onlangse ervaring in Antarktika.
Die samestelling van brons beeldhouwerk 29.12.2022 12:13
Maggi Loubser vertel vir Phil Loots wat ons kan leer uit die samestelling van ‘n brons beeldhouwerk.
Jan Conradie se spoorwegherinninge 28.12.2022 11:15
Haidee Muller-Isaacs kuier by Jan Conradie met ’n huis vol spoorweë-memorabilia. Jan was eers ’n stoker, en later drywer van die Bloutrein.
Hoe het Krotoa gelyk? 28.12.2022 11:59
Hybré van Niekerk vertel vir Phil Loots van 'n ontdekking wat sy gemaak het oor die herkoms van die beeld, wat as dié van Krotoa voorgehou word.
Studente skep slimboks vir boere 27.12.2022 11:37
Innovasie tot voordeel van individue en gemeenskappe is aan die orde van die dag by Nelson Mandela Universiteit se Sentrum vir Gemeenskapstegnologie. Die studente ‘n sensorboks ontwerp wat boere sal help om die grond- en klimaat-toestande te meet voor aanplanting. Mariska Spoormaker het gaan kyk hoe werk dit.
Redding ná 62 uur onder water 27.12.2022 13:55
Nico van Heerden vertel vir Phil Loots hoe hy iemand gered het wat 62 uur onderwater in ‘n gesinkte boot vasgekeer was. Dr. Martin Muller verduidelik hoekom die persoon nie net na die oppervlak geneem kon word nie.
Deon Meyer se liefde vir die Karoo 26.12.2022 12:58
Haidee Muller-Isaacs gesels met skrywer Deon Meyer oor sy liefde vir die Karoo, sy grootworddae op Klerksdorp en dat Deon gedink het dit spook in die Meyers se huis in Italië. Haidee was tydens die opname in Oudtshoorn en Deon in Italië.
Die krag in die grysheid 26.12.2022 13:57
Ina Wilken is die nuwe voorsitter van GrysKrag, ‘n niewinsgewende diensorganisasie vir persone ouer as 50 jaar. Sy praat oor haar visie vir GrysKrag.
Hoe maak mens biobrandstof? 23.12.2022 16:45
Rex Zietsman verduidelik vir Renske Jacobs hoe biobrandstof gemaak word.
Helenvale se blaasorkes bring vreugde 23.12.2022 11:48
Sal jy kan stilsit in jou huis wanneer ‘n blaasorkes verby loop en vrolike klanke om jou spoel? Die afgelope 18 jaar het die jong musikante van die Helenvale Brass Band en inwoners wat hulle deur die strate volg, ‘n bekende gesig geword. Mariska Spoormaker het ‘n oefening van dié gewilde orkes bygewoon.
Speel die didgeridoo 23.12.2022 18:53
Andries Bruyns vertel vir Renske Jacobs hoe hy didgeridoos maak en hoe dit klink.
Film oor boeliegedrag 22.12.2022 12:29
Jacques Gombault vertel hoe hy toneelspel gebruik op bewustheid te skep en mense op te voed oor boeliegedrag.
Die uitkyk-tannie van Bellville 22.12.2022 11:05
Haidee Muller-Isaacs loer weer in by die uitkyk-tannie van Bellville, Tannie Poppie Weideman. ‘n Paar jaar gelede het Haidee by Tannie Poppie ingeloer nadat sy by die supermark langs haar woonstel gehoor het hoe sy haar ontferm oor die jongmense wat daar werk.
Maklike kersversienings 22.12.2022 13:23
Almie Louis gee ‘n paar eenvoudige idees vir kersversierings.
Johny se Noord-Kaap Kersfees 21.12.2022 14:38
Johny Klein deel sy herinneringe van Kerstyd in die Noord-Kaap.
Agulhas se vuurtoring 20.12.2022 9:39
Dawie Botha vertel vir Martelize Brink van Agulhas se vuurtoring.
Curt se skoolskoenprojek 20.12.2022 9:53
Curt Baker is gebore en getoë op Mosselbaai in die Suid-Kaap. Deesdae is hy 'n bemarkingsbestuurder by die SABC in Kaapstad. Hy vertel vir Haidee Muller-Isaacs van sy skoolskoenprojek, en hoekom die kinders van sy tuisdorp hom ekstra na aan die hart lê. Hy het nog nie naastenby genoeg skoene ingesamel nie, maar die hoop beskaam nie, sê Curt.
Van die township tot 'n regsgraad met onderskeiding 20.12.2022 9:18
Fundile Nene vertel vir Martelize Brink van haar grootwordjare in ‘n township tot waar sy haar LLB-graad met onderskeiding verwerf het.
Troeteldiere en slangbyte 19.12.2022 10:29
Veearts dr. Ingrid de Wet praat oor troeteldiere en slangbyte.
“Hoekom ek klaar is met sosiale media” 19.12.2022 8:43
As jong argitek in Nelson Mandelabaai het Bardy Badenhorst nie net inspirasie uit sosiale mediaplatforms geput nie, maar Instagram ook die elektroniese dagboek van sy ontwerpe gemaak, en dit daarna op Pinterest gedeel. Maar nou is Bardy klaar met enige sosiale media. Mariska Spoormaker het gaan hoor hoekom.
Regverdigheid in die handelsomgewing 15.12.2022 10:26
Paul Colditz praat oor Fairtrade, wat streef vir regverdigheid in die handelsomgewing.
Baai se burgemeester praat oor waterkrisis 15.12.2022 11:11
Weet jy hoe voel dit om in ‘n feitlik leë opgaardam te staan wat ‘n metropool moet bedien? Retief Odendaal, die burgemeester van Nelson Mandelabaai, sal jou hiervan kan vertel. Hy het met Mariska Spoormaker gepraat.
Die bekamping van menseroof 15.12.2022 11:02
Herman Bosman praat oor die rol van die staat en die burgerlike gemeenskap om menseroof te bekamp.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.