RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Maak jou tuin aantreklik vir insekte 16.01.2023

Martelize Brink gesels met Arné Stander, entomoloog by Babylonstoren, oor die belang van insekte en hoe om hulle tuis te laat voel in jou tuin.

Despatch-onnie is ‘n kampioen-hengelaar 16.01.2023

Omdat Carike Keuzenkamp so lekker sing oor Sarah de Jager, het baie meer Suid-Afrikaners vertroud geraak met hierdie legendariese vrou, wat veral op Hentiesbaai so goed kon vis uittrek. Nou lyk dit asof 'n hoërskoolonderwyseres van Despatch, die 25-jarige Monique Jonck, dalk eendag in Sarah-se voetspore sal kan loop. Mariska Spoormaker het gaan hoor.

Julian Jansen se misdaadboeke 16.01.2023

Joernalis Julian Jansen gesels oor sy loopbaan, hoe hy misdaadboeke skryf, en hoe hy die inhoud en op-die-toneel-verslaggewing as mens verwerk.

Die geskiedenis van sleutels 13.01.2023

Pedro Alvez van die Advanced School of Locksmithing vertel van die geskiedenis van sleutels, nuwe tegnologie, en wat die skool aanbied.

Klein Karoo Leessentrum 13.01.2023

Haidee Muller-Isaacs gesels met Leoni Fourie oor die Klein Karoo Leessentrum, en wat dit vir die kinders op Matjiesrivier buite Oudtshoorn beteken.

Paaldans as sport 13.01.2023

Martelize Brink gesels met paaldansinstrukteur Madelize van Schalkwyk van Pole Dance Cape Town oor paaldans as ’n sport. Sy verduidelik hoe die paaldans wêreldkampioenskap werk waar Chantal Cornelissen onlangs in Italië goud gewen het.

SA se nuwe generasie balletdansers 12.01.2023

Martelize Brink en Johan Rademan gesels met die nuwe generasie balletdansers in Suid-Afrika, Carmi Landsberg (14 jaar oud) en Josh Williams, lede van die Mzansi Balletskool.

Die bot wat jou skrywerk doen 12.01.2023

Al jare lank moet akademici, uitgewers en nuusredakteurs hulle storie ken om plagiaat in skryfwerk te herken, maar nou is daar ChatGPT,’n kragtige kunsmatige intelligensie bot wat sake lelik kan omkrap. 'n Kommunikasiekonsultant en joernalis van Nelson Mandelabaai, Ed Richardson, glo dit sal 'n onomkeerbare invloed op die mediaveld hê. Mariska Spoormaker het meer gaan uitvind.

Lizzie se kleremuseum 12.01.2023

Lizz Meiring gesels oor haar insameling van drag vir 'n kleremuseum. Sy soek alle klere en bykomstighede van die 1800’s tot vandag.

Elias P. Nel laat die rieldans herleef 11.01.2023

Martelize Brink kuier aanhuis by skrywer en kultuuraktivis Elias P. Nel in Kraaifontein, en bespreek sy loopbaan en die groot taak om die rieldans te laat herleef.

Projek om onderwysers en leerders voor te berei vir toekomstige kurrikulum 11.01.2023

Haidee Muller-Isaacs praat met prof. Jean Greyling van die Nelson Mandela Universiteit. Hy koordineer, in samewerking met die Leva Stigting, die Tangible Africa-projek. Hulle fokus is om onderwysers en leerders voor te berei vir die toekomstige kodering- en robotika-kurrikulum vir skole.

Moet sekswerk gewettig word? 11.01.2023

Tershia de Klerk van die National Freedom Network en die Joseph Movement praat oor die wettiging van prostitusie, of te wel sekswerk.

Tafelberg se damme 10.01.2023

Dawie Botha vertel van die interessante geskiedenis van die damme bo-op Tafelberg.

Hoe gaan dit met die Oekraïense vlugtelinge in Nederland? 10.01.2023

Martelize Brink praat met Johan Oldenburg om te hoor hoe dit met die vlugtelinge uit Oekraïne gaan, wat hy gehelp het om na Nederland te vlug. Sy gesels ook met een van die vlugtelinge wat ‘n nuwe lewe in Nederland moes vestig.

Voëlkyk in die nuwe jaar 09.01.2023

Dr. Hanneline Smit-Robinson, die bewaringsbestuurder van BirdLife South Africa, gesels oor nuwejaarsvoornemens vir voëlkykers.

Baai se Alfa-klub laat waai 09.01.2023

Daar is net twee soort mense - dié wat ‘n Alfa ry en mens wat nié ‘n Alfa ry nie. Só sê die Baaienaar Andrè Walters wat in 1981 die OP Alfa Romeo Klub saam met Ian Vrey gestig het. Meer as 40 jaar later is dié klub nog baie aktief, al is daar nie meer 'n Alfa Romeo-handelaar in Gqeberha nie. Mariska Spoormaker wou by André weet hoekom sy hart so Alfa klop.

Leer gemaak van olywe 09.01.2023

Christiaan Erasmus, ‘n leefstylontwerper wat lank in Istanboel gewerk het, vertel van leer wat van olywe gemaak word.

Leon Klein se pad met lang Covid 06.01.2023

Leon Klein se pad met lang Covid. Leon moes weer leer loop, en sterk steeds aan. Haidee Muller-Isaacs het gaan uitvind hoe dit deesdae met hom gaan.

Papier van olifantmis 06.01.2023

Martelize Brink gesels met Marinda van der Nest, ‘n erfenisbewaringstudent wat pas haar meestersdissertasie ingedien het oor ’n ontleding van handgemaakte papier van olifantmis en die mis van ander herbivore.

Word 'n gewetensverbruiker 05.01.2023

Martelize Brink gesels oor gewetensverbruikers met Paul Colditz van Fairtrade Afrika. Hy verduidelik wat ‘n “conscious consumer” is, en hoe jy meer ingeligte besluite as verbruiker in die nuwe jaar kan maak.

Ingenieur se beurs met "pay it forward" klousule 04.01.2023

Hein Cooke, ‘n metalurgiese ingenieur, vertel van ‘n beurs wat deur sy alma mater, Richardsbaai Hoërskool, aan hom toegestaan is, en hoe hy die “pay it forward” klousule van die ooreenkoms gaan nakom.

Jordaan/Jourdan-genealogiese register 03.01.2023

Dr. Marthinus Jordaan gesels oor die Jordaan/Jourdan-genealogiese register (1420-2021).

Badkamer-dekortendense vir 2023 03.01.2023

Gerald Bezuidenhout gesels oor badkamer-dekortendense vir 2023.

Hoe gaan dit met Pieter-Dirk Uys? 02.01.2023

Haidee Muller-Isaacs het by die Mount Nelson Hotel in Kaapstad gaan tee drink saam met Pieter-Dirk Uys, en gesels oor sy grootwordjare en hoe dit deesdae met hom gaan, veral nadat Evita se Perron verkoop is.

Gaan stap die Chokka 02.01.2023

Esti Stewart vertel vir Phil Loots van die Chokka-staproete in die groter St. Francisbaai omgewing.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.