RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Taktiek tydens perdewedrenne 26.01.2023 18:45
Pierre-Corné Orffer vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die taktiek wat jokkies tydens perdewedrenne gebruik.
Conrad en Elmaree Adendorff is passievolle onderwysers 26.01.2023 11:35
Conrad en Elmaree Adendorff is passievolle onderwysers wat 16 jaar lank in die buiteland gewerk het - eers in Amerika, toe Katar en later in Abu Dhabi waar hulle onder meer kurrikulumadviseurs was. Hulle het in 2018 na Suid-Afrika teruggekeer, en is deesdae kurrikulumontwikkelaars en vakkundiges. Hulle vertel vir Haidee Muller-Isaacs van hulle ervaring oorkant die water, en hoe hulle die terugkeer...
Plaaslike katamaran eerste in Cape2Rio 26.01.2023 5:01
Stephan Mengel vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die Norhi-katamaran wat in St. Francisbaai gebou is en eerste in die Cape2Rio-wedvaart in Rio de Janeiro aangekom het.
Lochner de Kock kuier in die ateljee 25.01.2023 13:10
Lochner de Kock gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor sy pad in die vermaaklikheidsbedryf.
Geskiedkundige kerkie op Heidelberg in die Wes-Kaap gerestoureer 25.01.2023 9:11
Annelene Hartnick vertel vir Haidee Muller-Isaacs van die restourasie van ’n geskiedkundige kerk op Heidelberg in die Wes-Kaap. Dit was die gemeente se eerste plek van aanbidding, maar is in 1977 a.g.v. die destydse Groepsgebiedewet onteien. In 2007 is die kerkie en Stewartskool goedgunstiglik aan die gemeente teruggegee deur die Hessequa Munisipale Raad. Ongelukkig was daar geen geld om dit te he...
'n Huis van hemp 25.01.2023 11:46
Albertus Louw vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die eerste huis wat van plaaslike hemp gebou is.
Die N2 se brûe 24.01.2023 10:32
Dawie Botha praat oor die brûe van die N2 in die Wes-Kaap.
Haaivang (en vrylaat) 24.01.2023 6:28
Daar het al ‘n herrie of twee losgebars oor haaie wat deur hengelaars gevang, en vrygelaat, is. Van die haaie spoel soms uit en oorleef dit nie. Jacqui January het op die strand op ‘n hengelaar afgekom wat haaie vang en weer vrylaat. Sy oupa bly op St. Lucia in KwaZulu-Natal. Hulle vang al vir langeras twee dekades daar vis. Hy gesels ook oor die leefstyl vir afgetredenes op dié mooi kusdorpie.
Jokkies se tegnologiese klere 24.01.2023 14:20
Johnny Koen vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die tegnologie wat gebruik word in klere wat perdejokkies vir perdewedrenne dra.
Seewater-akwariums 23.01.2023 13:15
Johan Maritz vertel vir Martelize Brink hoe om ’n seewater-akwarium te begin en te onderhou.
Ouer Afrikaanse boeke kosbaar vir dié lektor 23.01.2023 10:33
Wat jy ookal doen, moet asseblief tog net nie jou ou Afrikaanse boeke weggooi nie, want daar is versamelaars soos hy vir wie dit kosbaar is. Só sê dr. Dewald Koen, ‘n lektor in Afrikaanse letterkunde aan die Nelson Mandela Universiteit, in wie se huis daar meer as tienduisend boeke. Is. Mariska Spoormaker het by hom gaan kuier.
Katstert vir jou skoonheid 23.01.2023 10:35
Will Coetzee vertel vir Martelize Brink hoe hulle inheemse katstert (Bulbine frutescens) op Alldays verbou vir die skoonheidsbedryf.
Hoe word TV-reekse oorgeklank? 20.01.2023 13:02
Sue Pyler-Slabbert en Henriëtta Gryffenberg vertel vir Martelize Brink hoe die oorklanking van oorsese televisiereekse werk.
Zak Conradie se kuns 20.01.2023 10:33
Zak Conradie het groot drome om ’n suksesvolle kunstenaar en entrepreneur te word, in weerwil van 'n gebrek wat sy sig en gehoor beïnvloed. Zak het verlede jaar as gaskunstenaar opgetree by Prince Albert Open Studios waar sy werke vertoon is saam met ander groot kunstenaars soos Joshua Miles en Anna Stone.
Die Elvisklub 20.01.2023 11:30
Nicolette Meades vertel vir Martelize Brink van die Elvisklub vir sanhangers van die koning van rock.
Xander Nel se gewigte 19.01.2023 8:46
Xander Nel gesels oor gewigoptel. Hy het verlede jaar matriek geskryf, en laat spat reeds die rekords in die juniorkategorie vir 17 tot 24 jariges waarin hy deelneem.
André von Plaster se geliefde St. Lucia 19.01.2023 7:10
Die iSimangaliso-vleilandpark in KwaZulu-Natal strek vir 220 km van St. Lucia af tot by die Mosambiekse grens naby Kosibaai. Dis ‘n mariene bewaringsgebied en was voorheen bekend as die Groter St. Lucia-vleilandpark. Die park is in 1999 deur Unesco tot wêrelderfenisgebied verklaar. Jacqui January het op St. Lucia met André von Plaster gesels oor dié besondere plek wat hy al die afgelope 23 jaar hu...
Koffie - vóór of ná ontbyt? 19.01.2023 5:10
Dieetkundige Irene Labuschagne praat die invloed van koffie op hormoonvlakke, en of jy tot na ontbyt vir die boeretroos moet wag.
Carina se feetjies 18.01.2023 12:21
Skrywer Carina Stander gesels oor haar grootwordjare en die tuin en feetjies wat haar so inspireer.
Cannabis- en hempproduksie-opleiding 18.01.2023 6:28
Wynand Espach vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van ‘n nasionale sertifikaat in plantproduksie met cannabis en hemp.
“Onnies sal moet leer hoe werk dié skryf-BOT” 18.01.2023 11:16
Ons sit die gesprek oor kunsmatige intelligensie voort. Verlede week het ons gehoor hoe joernaliste in die gedrukte media sal moet aanpas om hulle werk duidelik te laat onderskei van die skryfwerk wat ‘n rekenaarprogram, oftewel BOT, met die naam ChatGPT kan doen. Maar, dit sal ook die onderwys raak, sê professor Darelle van Greunen, direkteur van die Sentrum vir Gemeenskapstegnologie by die Nelso...
Siviele ingenieurs se rol in infrastruktuur 17.01.2023 12:11
Werner Jerling vertel van siviele ingenieurs se rol in munisipale infrastruktuur en behuisingsprojekte.
Hond red akteur se lewe 17.01.2023 11:26
Haidee Muller-Isaacs gesels met die akteur en kunstenaar, John B. Swart. Hy het sy internasionale debuut gemaak in PLANET OF THE SHARKS en was ook in die HBO-program, RAISED BY WOLVES. Plaaslik was hy te sien in BOLAND MOORDE en ANDER MENS. Ons hoor hoe die hond, Tjoppie, John se lewe gered het nadat hy in 'n ernstige motorongeluk was 'n paar jaar gelede.
Spanningsverhaal moedig kinders aan om skaak te speel 17.01.2023 11:39
Louis Holtzhausen vertel van ‘n kinderspanningsverhaal wat die belangstelling in skaak aanwakker.
Laerskool Wynland is slaggereed vir nuwe skooljaar 17.01.2023 2:22
Martelize brink loer in by Laerskool Wynland op Worcester op die vooraand van die aanvang van die nuwe skooljaar. Skoolhoof Liezel van der Westhuizen sê hulle is gereed vir die nuwe jaar se uitdagings en suksesse.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.