RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Plaaslik vervaardigde satelliet vir landboudoeleindes 08.02.2023

David du Toit vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van Dragonfly Aerospace se EOS SAT-1 plaaslik vervaardigde satelliet vir landboudoeleindes, wat deur SpaceX die ruimte in geneem is.

Die brûe op die N2 in Tsitsikamma 07.02.2023

Fanie van Aardt vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die konstruksie van die brûe op die N2-snelweg in die Tsitsikamma-omgewing.

Laat Ruben jou vertel van aanvaarding en vasbyt 07.02.2023

Uit Despatch kom die lieflike verhaal van Ruben Ross, ‘n matriekleerling van die Hoërskool Despatch. As ongebore baba het hy ‘n beroerte in sy ma se maag gehad, wat tot gevolg gehad het dat Ruben fisieke uitdagings in sy lewe moes oorkom. Vandag is hy onder meer ‘n kampioen diksusgooier. Ruben se ma, Cindy, het vir Mariska Spoormaker vertel wat gebeur het.

Toep om kinders se aktiwiteite te koördineer 07.02.2023

Anneke Greyvensteyn vertel van die Coparent-toepassing, wat veral ouers in gebroke huishoudings kan help om saam in vrede hulle kinders se aktiwiteite te koördineer.

Warriors of Wildlife red wilde diere in Oekraïne 06.02.2023

Lionel de Lange vertel vir Martelize Brink hoe hy al sedert 2014 leeus, bere, wolwe en ander groot katspesies uit Oekraïne red.

Dr. Carl Albrecht – kankernavorser 06.02.2023

Daar word baie in Suid-Afrika gedoen t.o.v. kankernavorsing en kankerbewustheid. Dr. Carl Albrecht het dekades lank gewerk as kankernavorser. Ná sy jare as dosent by die Universiteit Stellenbosh, is hy aangestel as die eerste navorsingshoof van die Kankervereniging van Suid-Afrika. Hy het veral gefokus op die hoof omgewingsfaktore wat aanleiding gegee het tot die vehoogde risiko vir kanker, en hoe...

Antieke motors toer deur Wes-Kaap 06.02.2023

Phillip Kuschke vertel vir Martelize Brink van die antieke motor-toer deur die Wes-Kaap.

Hoe werk 3D-druk in die boubedryf? 03.02.2023

Eugene Marais vertel vir Martelize Brink hoe 3D-druk in die boubedryf werk.

Thinus Fick, die kitaarbouer 03.02.2023

Haidee Muller-Isaacs gesels met Thinus Fick, wat 'n loopbaan as ingenieur verruil het vir kitaarbou. Dis 'n absolute passie en selfs al dink 'n mens nie so nie, gebruik hy tog sy ingenieursagtergrond in dit wat hy nou doen.

Armdruk as sport 03.02.2023

Elizma en Jaco Botma vertel vir Martelize Brink van armdruk as sport.

Terug op Tafelberg 02.02.2023

Dawie Bester vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe hy die eerste jaar van sy lewe op Tafelberg gewoon het, en op 79 die eerste keer weer terug was op die berg.

Die vrou wat in die verlede bly rondkrap 02.02.2023

Al jare lank verlustig die lesers van Die Burger Oos-Kaap hulle aan die kort brokkies nuus van verlede in die rubriek, 50 jaar gelede, wat uit die destydse Oosterlig gehaal word. Die vrou wat al die jare die ou nuus uit die Oosterlig-argiewe opdiep, is die Baaienaar Willemien Green. Mariska Spoormaker het oor haar skouer gaan loer.

Die waarde van wyntoerisme 02.02.2023

Maryna Calow praat oor die waarde van wyntoerisme op die verjaarsdag van die Suid-Afrikaanse wynbedryf.

Kliniese sielkundige en mondfluitjiespeler 01.02.2023

Louis Awerbuck vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink dat hy nie net ‘n kliniese sielkundige is nie, maar ook ‘n musikant wat saam met Gert Vlok Nel en Die Wasgoedlyn optree met sy mondfluitjies.

Prof. Fanie bestudeer plante se chemie 01.02.2023

Om te funksioneer en te oorleef, produseer plante 'n wye verskeidenheid chemiese verbindings wat nie in ander organismes voorkom nie. Plante beskerm hulleself chemies teen herbivore, patogene en mededinging van ander plante deur gifstowwe te produseer en chemikalieë wat sleg smaak of ruik. Professor Fanie van Heerden is van die SA Chemiese Instituut. Jacqui January het met haar gesels by hulle jaa...

Skaars Akhal-teke perde gered uit Oekraïne 01.02.2023

Cobus Labuschagne vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van skaars Akhal-teke perde in die Paarl, wat uit Oekraïne gered is.

Louis de Waal en die Tafelberg-sweefspoor 31.01.2023

Dawie Botha vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die werk van Louis de Waal, wat die Tafelberg-sweefspoor insluit.

Ewan Strydom en die veertigs 31.01.2023

Haidee Muller-Isaacs gesels met TV-aanbieder en radio-omroeper Ewan Strydom oor 40 word, sy dae as fiksheidsafrigter en model, en hoe hy dit regkry om so plat om die aarde te bly in weerwil van die kollig wat hom bly opsoek.

Kaptein Steph vlieg vir die Dakar 31.01.2023

Kaptein Steph Scheepers vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van haar ervaring as helikoptervlieënier wat ondersteuning bied tydens die Dakartydren. Sy vertel wat dit en haar vliegwerk in Saoedi-Arabië behels.

"Rolstoele" vir diere 30.01.2023

Judy Jooste vertel vir Martelize Brink hoe sy gestremde diere help om weer maklik te beweeg.

Nederlands is Kenan se Tantetaal 30.01.2023

Afrikaans is sy Moedertaal, maar hy het verlief geraak op Nederlands en dit sy Tantetaal genoem. Toe skryf hy ‘n gedig oor sy Tantetaal, verewig dit in ‘n kortfilm, skryf dit in vir ‘n kompetisie en tree anderkant as wenner uit. Dít is die verhaal van Kenan Davids, derdejaar onderwystudent aan Nelson Mandela Uninversiteit in Gqeberha. Mariska Spoormaker het gaan hoor hoe klink die gedig.

Is SA se beesvleis taai? 30.01.2023

Prof. Phillip Strydom praat oor die gehalte van beesvleis in Suid-Afrikaanse winkels.

Hoe werk windkrag? 27.01.2023

Pieter Oosthuizen vertel vir Martelize Brink hoe energieopwekking met windkrag werk.

Die hond wat n bos “begin” het 27.01.2023

Uit die Baai kom daar ‘n boomplantstorie waarin ‘n geliefde Foksterriërtjie ook ‘n rol speel. Sewe jaar gelede het die beeldhouer Graham Jones besluit sy geliefde Foxie verdien ‘n ordentlike begrafnis na haar afsterwe, en toe plant hy ‘n boom by haar graffie. Vandag het Graham al oor die 700 inheemse bome geplant . Die meeste hiervan is op sy groot erf in Colleen Glen in Gqeberha. Mariska Spoormak...

Ballet-ontwikkeling 27.01.2023

Alison Hendricks en Dirk Badenhorst praat oor ballet-ontwikkeling en die 10de Suid-Afrikaanse internasionale balletkompetisie.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.