RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Pas jou persoonlikheid by jou werk? 21.02.2023 10:58
Ruan Venter praat oor die korrelasie tussen jou persoonlikheid en jou werk. Hy vertel wat die simptome is wanneer dit nie bymekaar pas nie.
Pastoor Leon van Groot Brak 20.02.2023 9:57
Haidee Muller-Isaacs gesels met pastoor Leon Prinsloo van die AGS Groot Brak. Hy preek al jare lank op RSG se Sondagprogramme. Haidee vind meer uit oor sy gemeenskapshart en grootwordjare in Tarka, Mosselbaai.
Voorstedelike plantbewaring 20.02.2023 15:29
Botanis Rupert Koopman gesels oor voorstedelike plantbewaring, en die belangrikheid daarvan om stedelike stukkies natuur op te pas.
Geboue wat aardbewings weerstaan 17.02.2023 13:13
Prof. Jan Wium vertel vir Johan Rademan hoe jy ontwerp en bou om aardbewings te weerstaan.
Breadline Africa se duisendste weldaad 17.02.2023 8:22
Johan Nel vertel vir Johan Rademan van Breadline Africa, wat klasse en speelterreine vir voorskoolse fasiliteite bou. Vanoggend het hulle hulle duisendste stuk infrastruktuur by Pooh Bear Educare in Delft gebou.
Kirkwood-gemeenskap skrum saam met hulle rugbyklub 17.02.2023 8:56
Toe die Oos-Kaap Super 14 klubreeks vir die Kirkwood Rugbyklub wink, het die hele gemeenskap ingespring om hulle rugbyveld in top kondisie te kry, want ‘n goeie tuisveld is een van die vereistes vir deelname aan dié reeks. Nou spog die klub nie net met ‘n grasgroen veld nie, maar ook met ‘n vrou, Wilma Samson, as hulle visepresident. Mariska Spoormaker het gaan kyk hoe lyk die veld, en het toe die...
Nuwe orkes vir die Wynland 16.02.2023 13:23
Reghardt Kühn en dr. Louié Kühn vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die ontstaan van die Wynland Simfonieorkes, en die rol wat dit in die gemeenskap kan speel.
Natale Roelofse se wedlope 16.02.2023 11:59
Haidee Muller-Isaacs gesels met Natale Roelofse, wat al sedert 1986 wedlope doen. Hy het al meer as 'n 1 000 wedlope voltooi en het meer as 76 000 km op sy klok gehad voor sy heupvervanging in 2019. Natale het al die hele Europa plat gedraf.
Skaars siektes 16.02.2023 12:29
Chanté Swart gesels in skaars-siekte-maand oor Rare Diseases SA, en haar eie pad met ‘n skaars siekte.
Conrad Hicks - kunssmit en grofsmit 15.02.2023 15:00
Conrad Hicks gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor sy werk as kunssmit en grofsmit. Sy kuns is tans meestal in koper, en hy verduidelik hoe dit verskil waneer hy met yster en koper werk.
Amos Jantjies se bokkoms 15.02.2023 7:45
Die bestanddele vir bokkoms is jong harders, growwe sout en vars water. Die vis moet in die soutwatermengsel lê vir drie tot vyf dae, afhangend van die temperatuur. Die bokkombedryf is goed op dreef en maak ‘n verskil in die lewe van talle Weskussers. Amos Jantjies is ‘n voorman by een van die vishuise in Bokkomlaan op Velddrif. Jacqui January gesels met hom oor die verskillende groottes harders,...
Kaapse Moslemafrikaans 15.02.2023 15:50
Erfenisaktivis Mogamat Alexander gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor Kaapse Moslemafrikaans en sy woordeboek van leenwoorde. Hy is bekommerd dat hierdie variant van die taal kan uisterf.
Die Oos-Kaap se kusstrukture 14.02.2023 13:59
Werner Jerling vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die konstruksie van kusstrukture in die Oos-Kaap.
Blomme vir Valentynsdag 14.02.2023 10:53
Haidee Muller-Isaacs besoek ’n paar blommeverkopers op straat in die Kaap, en 'n bloemiste in die Karoo om te hoor wat verkoop vir Valentynsdag.
Amerikaanse voetbal in SA 14.02.2023 13:05
Jandro Conradie vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die ontwikkeling van Amerikaanse voetbal in Suid-Afrika, en ‘n toer na Maryland in die VSA later vanjaar waar hulle aan ‘n toernooi gaan deelneem.
Die liefde vir dwergpapegaaie 13.02.2023 9:12
Voëlteler Frederick Prins vertel vir Martelize Brink van dwergpapegaaie, of Lovebirds.
Bethelsdorp se beskermers beloon 13.02.2023 9:32
In Nelson Mandelabaai loop die lede van die Bethelsdorp Gemeenskapspolisiëringforum breëbors rond nadat hulle onlangs deur die Suid-Afrikaanse polisie as die beste gemeenskapsforum op nasionale vlak aangewys is. Karen Kemp, voorsitter van die forum, het vir Mariska Spoormaker gesê dit voel nou asof hulle harde werk ware erkenning geniet.
Hoe werk die osoonlaag? 10.02.2023 9:38
Prof. Francois Engelbrecht vertel vir Martelize Brink wat die osoonlaag is en hoe dit werk.
Sasso Vlet waarsku met sy musiek 10.02.2023 10:25
As bendelid het Yaseen Jasand Mohammed sy ma se hart gebreek, maar ná ‘n paar omgedopte jare ruk hy homself reg en maak deesdae opslae as Sasso Vlet, die rapper van Tiryville / Lapland. Feitlik al sy skeppings waarsku hoe maklik ‘n mens se lewe verkeerd kan loop. Sy jongste treffer, PLEK, TYD, handel juis hieroor. Mariska Spoormaker het hom gaan opsoek.
Chrisél Attewel se kuns 10.02.2023 10:49
Chrisél Attewell vertel vir Martelize Brink van haar kuns, wat kyk na die skakel tussen die mens en die aarde.
Protea Anneke Bosch praat oor T20 Vroue Wêreldbeker 09.02.2023 10:25
Veelsydige Protea vrouekrieketspeler Anneke Bosch gesels met Johan Rademan en Martelize Brink voor hulle in die ICC T20 Vroue Wêreldbeker-openingswedstryd teen Sri Lanka te staan kom.
Bettie se engelpoppies 09.02.2023 11:37
Haidee Muller-Isaacs kuier by Bettie Roelofse op Rawsonville. Sy was op haar dag een van Worcester se top kleuterskoolonnies. Deesdae maak sy die mooiste engelpoppies.
MAAN Creative animasie-ateljee 09.02.2023 9:37
Johan Scheepers vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van MAAN Creative animasie-ateljee. Hulle het in 2022 ‘n Internasionale Emmytoekenning ontvang.
Natasha van der Merwe kuier in die ateljee 08.02.2023 13:01
Natasha van der Merwe gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor haar loopbaan in musiekblyspele, op die kassie en deesdae as sanger.
Slagter Jan van Belville 08.02.2023 11:11
Hy is alombekend as een van die vriendelikste slagters in Bellville. Hy gesels met ieder en elk wat by die slaghuis instap asof hulle ou vriende is . Dis Jan Cilliers. Hy vertel vir Haidee dat hy as jongman eers in die korporatiewe wêreld gewerk het. Toe hy desjare begin sake doen het in sy klein biltongwinkeltjie, het hy net mooi niks van vleis geweet nie.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.