RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Gatvol vir dié Baaise slaggate 06.03.2023

In die Baai is die gonswoord nou GATVOL, want dit is die koue teerproduk wat die inwoners en sakelui gebruik om slaggate self op te vul. Burgemeester Retief Odendaal ondersteun die inisiatief, wat as tydelike verligting dien totdat die munisipaliteit die hele padoppervlak kan herteer. Gatvol word deur Vistarus, ‘n hawe vir dakloses en verslaafdes, verwerk en in 20 liter verseëlbare emmers verpak....

Maroelas vir skoonheid 06.03.2023

Will Coetzee vertel vir Johan Rademan hoe hulle maroelas oes en waarvoor die vrug gebruik word.

Siggestremde vrou pak Ysterman aan 03.03.2023

Cornelia Liebenberg en Janu Engelbrecht vertel vir Johan Rademan hoe Cornelia as blinde vrou die Ysterman se 3,8 km in die see swem, 180,2 km per fiets en 42,2 km hardloop aangeak het. Janu is haar gids.

Marvin-Lee Beukes – akteur, draaiboekskrywer en regisseur 03.03.2023

Marvin-Lee Beukes is 'n bekende gesig op TV as akteur en ook agter die skerms as draaiboekskrywer en regisseur. Haidee Muller-Isaacs gesels openhartig met hom oor sy dae as dwelmverslaafde, oor sy Khoi- en San-herkoms en sy ma wat op haar dag 'n wêreldklasatleet was, maar geen geleenthede gehad het nie. Marvin-Lee het ook iets te sê vir jongmense wat in die greep van dwelms vasgevang is.

Gehoorverlies en geestesgesondheid 03.03.2023

Annerina Grobbelaar praat oor die belangrikheid van gehoor, en die impak van selfs geringe gehoorverlies op geestesgesondheid.

'n Dwelmmuil se tweede kans 02.03.2023

Jeanette Snyman vertel vir Johan Rademan van haar ervaring met dwelms, en haar tweede kans nadat sy as ‘n dwelmmuil vasgetrek is.

NMU-toep by Wêreldforum 02.03.2023

Die gesondheidstoep, KaziHealth, wat deur Nelson Mandela Universiteit se Sentrum vir Gemeenskapstegnologie ontwikkel is, ontlok al internasionale belangstelling. Prof. Darelle van Greunen, direkteur van dié sentrum, is genooi om as spreker by die onlangse Global Solutions Forum in Rio de Janeiro oor die Kazi Health-toep praat. Sy deel haar indrukke met Mariska Spoormaker.

Ladles of Love gee kos vir 4 000 kleuters 02.03.2023

Togeda Adams vertel vir Johan Rademan hoe LADLES OF LOVE 4 000 kleuters by 40 Educare-sentrums bedien met voedsame kos en opleiding vir die gesonde voorbereiding van kos.

Dr. Morné du Plessis van WWF SA 01.03.2023

Dr. Morné du Plessis vertel vir Johan Rademan van WWF SA, sy grootword dae en sy pad tot by hierdie organisasie.

Jip van Nederland (en Suid-Afrika) 01.03.2023

Daar is heelwat verwantskappe tussen Afrikaners en Nederlanders. Dis nie net dat hulle baie voorsate deel nie, maar daar is ook ‘n gevestigde wisselwerking tussen die twee lande op verskeie vlakke. Jacqui January gesels met Jip Margadant, wat vertel van sy liefde vir Suid-Afrika - sy tweede tuiste - en hoe hy 60 jaar gelede hier beland het.

Die rol van familieondernemings 01.03.2023

André Diederichs praat oor die rol van familieondernemings in Suid- Afrika, hulle unieke uitdagings en die nalatenskap van hierdie ondernemings.

Wolraad Woltemade se heldedaad 250 jaar gelede 28.02.2023

Dr. Dan Sleigh praat oor Wolraad Woltemade se heldedaad 250 jaar gelede, en van groot planne om die heldedaad op vele terreine te herdenk.

Die bewaring van die sekretarisvoël 27.02.2023

Cassie Carstens vertel vir Johan Rademan van sekretarisvoëlbewaring, en hoe veral boere kan help.

Hemelvaart-vrou gooi Baaise draai 27.02.2023

Meer as 'n jaar gelede het ons gepraat met Danita Ferreira, afgetrede hoof van Kleuterland Bewaarskool op Despatch, oor haar vertrek na Hemelvaarteiland (Ascension Island) waar sy onder meer as ambulansbestuurder gaan werk het. Mariska Spoormaker het Danita in haar Baaise draai gevang vir ‘n koppie koffie.

Die opkoms van veganisme 27.02.2023

Isabella Niehaus en Louis Jansen van Vuuren gesels oor die opkoms van veganisme, en pak die koskeuse smaakvol aan.

Hoe word glas gemaak? 24.02.2023

André Burger vertel vir Johan Rademan hoe glas gemaak word. Ons hoor van die eienskappe van glas en wat gebruik word om verskillende kleure glas te maak.

Haidee droog tee uit 24.02.2023

Haidee Muller-Isaacs besoek 'n teefabriek op Citrusdal waar sy meer uitvind oor rooi- en selfs groenbostee. En wie sou nou kon dink dat tee buite in sweethope uitgedroog word!

Birkenhead herdenk 24.02.2023

SD Fourie vertel vir Johan Rademan van die naweek se kranslegging vir die herdeniking van die Birkenhead wat 171 jaar gelede aan die kus naby Gansbaai gesink het. Dis hier waar die konsep ontstaan het dat vroue en kinders eerste in die reddingsbote van ‘n sinkende skip klim.

Hoe maak ek die land beter? 23.02.2023

Frans Rautenbach vertel vir Johan Rademan hoe Suid- Afrikaners self in hulle gemeenskappe die land ‘n beter plek kan maak.

Die R75 se turksvyplukkers 23.02.2023

Motoriste wat gereeld op die R75-roete tussen die Baai en Kirkwood ry, sal jou kan vertel van die emmertjies langs die pad waarop sakkies geplaas is en agter dit, een, twee of drie mense. Dis die turksvyerkopers - mense wat al jare lank van Januarie tot Maart turksvye uit die omliggende veld pluk, dit skoonmaak en dan langs die pad verkoop. Mariska Spoormaker het by een van die groepies stilgehou.

Maria Callas se lewe op die planke 23.02.2023

Magdalene Minnaar gesels met Johan Rademan oor Maria Callas en hoe sy uitgebeeld word in die produksie oor haar lewe, MASTER CLASS.

Suné Luus, Protea-vrouekrieketkaptein 22.02.2023

Die Protea-vrouekrieketkaptein, Suné Luus, gesels oor haar loopbaan en die span se vordering in die T20-Krieketwêreldbeker.

Pediatric Care Africa help kinders in nood 22.02.2023

Lazyja Steyn, Lomar Steyn en dr. André Hattingh vertel vir Johan Rademan van die hulpverlening wat Pediatric Care Africa bied aan kinders in nood. Hulle is tans op ‘n 7000 km lange motorfietstoer van Suid-Afrika om geld in te samel.

Die Oos-Kaap se bergpasse 21.02.2023

Dawie Botha vertel vir Johan Rademan van drie bergpasse in die Oos-Kaap.

70-plussers laat waai in die Baai 21.02.2023

Praat van 'n ouer garde met 'n groot liefde vir voetslaan, dan praat jy van die lede van die Natura Klub waarvan die meeste 70 jaar en ouer is. Elke Maandag kom hulle vanuit Despatch, Kariega en Gqeberha byeen om vir die volgende paar uur 'n voetslaanroete in die natuur te volg. Mariska Spoormaker het op ‘n Maandag by hulle gaan inval, en is deur een van die stappers, Justine Topkin, verwelkom.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.