RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Richard van der Westhuizen en Lochner de Kock se jare saam 16.03.2023

Richard van der Westhuizen en Lochner de Kock kuier by Johan Rademan en Martelize Brink. Hulle sing ou treffers en gesels oor jare se saamwerk.

‘n Hotel om enkelbye te help red 16.03.2023

Baie van ons is al bewus van die noodsaak om die Suid-Afrikaanse byekolonies, ook bekend as die sosiale by, se voorbestaan te verseker. Maar daar is ook die enkelby waarvan min mense weet. Nou het die Baaienaar en byevrou, Lizal van den Heever, dit haar roeping gemaak om ook dié bye van uitwissing te help red. Sy verduidelik aan Mariska Spoormaker die verskil tussen die sosiale by en die enkelby.

Vraagstukke in die plantwetenskap 16.03.2023

Dr. Ida Wilson praat oor die tien belangrikste vraagstukke in die plantwetenskap.

Erna Blancquaert, die wyndoktor 15.03.2023

Dr. Erna Blancquaert vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van haar pad in die wynbedryf, en die rol waarvoor sy vanjaar nasionaal vereer is.

Kinders speel kreatief met boublokke 15.03.2023

Dis eenvoudige kleurvolle boublokkies wat kinders van alle ouderdomme se verbeelding soms vrye teuels gee. Dié opvoedkundige speeding is ‘n wêreldikoon en is al vir byna ‘n eeu met ons. Jacqui January gesels met prof. Saartjie Gravett van die Universiteit van Johannesburg. Sy vertel van hulle opleiding aan onderwysers wat die aandag van die Lego-stigting gevang, en tot befondsing en samewerking ge...

Stompkopkewer bedreig sagtevrugtebedryf 15.03.2023

Prof. Wiehann Steyn praat oor van die bedreiging wat die stompkopkewer vir die sagtevrugtebedryf inhou. Voorheen het die kewer meestal ornamentele bome aangeval, maar dit word nou ook by sagtevrugtebome opgemerk.

Oos-Londen se fabrieke 14.03.2023

Dawie Botha vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van Oos-Londen se fabrieke.

Die laaste Nortjé in die Baviaanskloof 14.03.2023

Nou nog, wanneer die inwoners van die Baviaanskloof praat oor die groot vloed van 1916, word die boek, Die Wildedruif Val, in dieselfde asem genoem omdat dit die traumatiese gebeure van destyds meesterlik saamvat. Die Wildedruif Val is een van vele boeke wat die geliefde skrywer PH Nortjé oor die Baviaanskloof, sy grootwordplek, geskryf het. Vandag is daar net een Nortjé oor in die Baviaanskloof....

Fungus hou van whiskey se dampe 14.03.2023

Dr. Marieka Gryzenhout vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van ‘n swam wat van etanoldampe lewe. Dis ‘n pes vir Amerikaanse whiskeymakers.

Suid-Afrika se eie hond 13.03.2023

Lititia Kruger vertel vir Martelize Brink van die boerboel, ‘n eg Suid-Afrikaanse honderas. Hoewel die honde wêreldwyd uitgevoer word, word die ras uit Suid- Afrika bestuur deur die SA Boerboel Telersgenootskap.

Oom Hendrik se boslelies 13.03.2023

Haidee kuier op Volmoed by oom Hendrik Schoeman in sy ongelooflike tuin, wat in boslelieblomtyd vir die publiek oopgestel word.

Besigtig kuns by Walter Sisulu Nasionale Botaniese Tuin 13.03.2023

Werner Voigt vertel vir Martelize Brink van die Walter Sisulu Nasionale Botaniese Tuin in Roodepoort, waar daar tans ‘n aangepaste werklikheid kunsuitstalling te sien is.

Hoe werk 'n omsetter? 10.03.2023

Dr. Arnold Rix vertel vir Martelize Brink hoe ‘n omsetter werk, en waar dit pas in die stelsel wat jou deur die donker tye moet dra.

Jadon Booysen se omgeehart 10.03.2023

Jadon Booysen speel al van die ouderdom van 11 af in 'n baie bekende Kaapse sepie. Hy vertel hoe hy steeds tyd maak vir skoolwerk tussendeur die opnames vir sy rol as Carlo Daniels in Suidooster. In weerwil daarvan dat sy eie gesin dit nie altyd breed het nie, wil hy nou toiletware gaan uitdeel in Zoar in die Karoo. Haidee Muller-Isaacs het meer gaan uitvind oor hierdie inspirerende jong man.

Almal wil deesdae padel 10.03.2023

Elizna Wilken vertel vir Martelize Brink hoe die sport, padel, werk. Dis soos ‘n kombinasie van tennis en muurbal.

Diversiteit in poppe 09.03.2023

Marietha Dawson gesels oor die nodigheid van diversiteit in poppe, en selfs die beroep dat Disney prinsesse met gestremdhede moet hê. Barbiepoppe weerspieël byvoorbeeld die diversiteit van mense.

Die Baviaanskloof se blommebybel 09.03.2023

Na meer as 20 jaar se fotografering en bestudering van al wat fynbos, plant, bol en boom in die Baviaanskloof is, het Magriet Kruger van die gasteplaas Zandvlakte saam met botanis Douglas Euston Brown die boek, Plants of the Baviaanskloof, uitgereik. Omdat daar al gesê is dié boek is die Baviaanskloof se blommebybel, het Mariska Spoormaker na die kloof gery om daar met die skrywers te praat. Maar...

Hulp met wiskunde vir siggestremdes 09.03.2023

Rynhardt Kruger vertel van die uitdagings van ‘n siggestremde persoon om wiskunde op universiteit te studeer, en die sagteware wat hy ontwikkel het om diagramme te lees.

Van onderwyser tot akteur 08.03.2023

Elsabé Daneel vertel vir Johan Rademan van haar pad uit die onderwys na die verhoog, radio en televisie. Deesdae leer sy weer ander oor die kuns van die kunste.

Velddrif se vissers 08.03.2023

Velddrif is ‘n aan die Weskus by die mond van die Bergrivier. Dis ‘n pragtige klein vissersdorpie, en die mense is ewe kleurvol en gesels graag oor hulle dorp. Jacqui January was op die kaai by Velddrif waar sy met Johan Tolken gesels het. Hy is ‘n vissersbooteienaar, en hy en ‘n paar mans het pas aangekom met hulle vangs.

Stadige mode 08.03.2023

Jackie May gesels oor Slow Fashion, die elemente om in gedagte te hou en waarom dit nodig is om klere van te koop wat van natuurlike stof gemaak is.

Die truspore, verlore brug en onnodige tonnel 07.03.2023

Johannes Haarhoff vertel van truspore, die verlore brug, en die onnodige tonnel tussen Lady Grey en Barkly-Oos.

Die Warrior Queens van Kalksteenfontein 07.03.2023

Tydens die grendeltyd het aktrise Kim Cloete 'n kombuisprojek begin in Bonteheuwel waar sy grootgeword het. Die projek is steeds aan die gang, en Haidee Muller-Isaacs het gaan inloer by Audrey Daniels en Sumaya Davids in Kalksteenfontein om te kyk wat in die potte prut, en hoekom hulle doen wat hulle doen - en dit was omtrent sports!

Tegnologie in fietsryklere 07.03.2023

Johnny Koen vertel vir Johan Rademan van die tegnologie in fietsryklere, en hoe dit oor die jare verander het.

Die skugter luiperds van die Kaap 06.03.2023

Jeannie Hayward vertel vir Johan Rademan van die luiperds in die Kaapse berge, en die Cape Leopard Trust wat omsien na hierdie skugter diere se bewaring.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.