RSG

Driesestig

Society AF ↓ 5345 episodes

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Klaradyn se padstal 29.03.2023

Padstalle is deel van Suid-Afrika se reiskultuur. Dis ‘n welkome lafenis van onder meer koffie en biltong op die langpad (of kortpad). Dis elke keer ’n nuwe ou ervaring, en soms net bloot nostalgie. Een ding is seker - dit bring tog ekonomiese opheffing vir ‘n gemeenskap. Jacqui January het op die N1 tussen Johannesburg en Kaapstad met Klaradyn Grobelaar by haar padstal gesels.

Suid-Afrikaanse geurargief 29.03.2023

Hanneri Visser vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die Suid-Afrikaanse geurargief wat sy saamgestel het, en hulle proe aan eg Suid-Afrikaanse eetgoed.

Oos-Londen se Coega en die Nelson Mandela Baaistadion 28.03.2023

Maartje Weyers praat oor stads- en streeksbeplanning, en Oos-Londen se Coega en die Nelson Mandela Baaistadion.

Dié bootjies verg flinkdink 28.03.2023

Die Noordeinde-meer in Gqeberha is een van die kleiner stedelike damme, tog word seiljagregattas daar gehou. Mariska Spoormaker het gaan kyk en daar afgekom op ‘n klomp radiobeheer-geesdriftiges met hulle bootjies se seile wapperend in die wind.

In die Spore van Jesus 28.03.2023

Christo Snyman en ds. Francois Gouws vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe die Broers en die dominee begin saamwerk het aan hulle produksie, In die Spore van Jesus.

SA se grootste seevisplaas op land 27.03.2023

André Bok vertel vir Martelize Brink van Kingfish Enterprises, Suid-Afrika se grootste seevisplaas op land. Hulle teel met geelstert, kabeljou en Japanese oesters.

Japie se strooibaalhuis 27.03.2023

Japie Groenewald het besluit om sy aftreehuis te bou met strooibale pleks van bakstene. Haidee Muller-Isaacs het meer gaan uitvind op Bonnievale.

Die muskietboom se koffie 27.03.2023

Brandt Coetzee laat proe vir Martelize Brink aan ‘n koffiealternatief wat van die indringer muskietboom se peule gemaak word.

Weerlig en weerligafleiers 24.03.2023

Dr. Koos Holtzhausen vertel vir Martelize Brink van weerlig en weerligafleiers. Hy vertel hoe jy jouself kan beveilig teen dié natuurverskynsel.

Cerina se musiek deur wyn 24.03.2023

Haidee Muller-Isaacs loer in op Rawsonville by Cerina van Niekerk, 'n wynmaker met ’n liefde vir musiek en die gemeenskap. Sy vertel hoe sy musiekprojekte deur haar werk befonds.

Lambert Badenhorst by SA en Wêreldkampioenskap vir blinde gholf 24.03.2023

Lambert Badenhorst gesels met Martelize Brink oor blinde gholf. Hy neem deel aan sy tweede Suid-Afrikaanse kampioenskap asook aan die Wêreldkampioenskap wat vanjaar op eie bodem plaasvind.

Haal beter asem 23.03.2023

Isabelle Grobler praat oor die impak van goeie asemhalingstegnieke op jou gesondheid en geestestoestand.

Bestuur van opvangsgebiede noodsaaklik 23.03.2023

Met die droogte wat sy wurggreep bly hou in Nelson Mandelabaai se opvangsgebiede, gaan daar stemme op dat grondeienaars in dié belangrike gebiede bygestaan moet word om belangrike ekostelsels te herstel. Dit moet gedoen word sodat soveel moontlik reën deur die grond geabsorbeer kan word, en nie oor die damwalle see toe loop nie. Mariska Spoormaker het met Pieter Kruger van die plaas Zandvlakte in...

Cape 1000-tydren 23.03.2023

Gerard Almon vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die Cape 1000-tydren waar ou enjins en nuwes saam brul oor 1000 myl. Motors vanaf 1927 kon in vyf kategorieë ingeskryf word.

Deirdre Wolhuter - die feeks van 7de Laan 22.03.2023

Deirdre Wolhuter gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor haar loopbaan en haar verering as Uitstekende Feeks op die Skerm vir haar rol as Mariaan Welman in 7DE LAAN by die sesde Royalty Soapie Toekennings.

SA se eetbare plantebedryf groei sterk 22.03.2023

Die eetbare plantbedryf is een van die bedrywe wat wêreldwyddie vinnigste groei. Daar is aanhoudend nuwe variasies en innoverende maniere om aan ‘n groot vraag te voorsien. Jacqui January gesels met Erika Oberholzer wat Suid-Afrika se blomme- en planteprag plaaslik en internasionaal versprei.

Hoe werk sekwestrasie? 22.03.2023

Jonathan le Riche praat oor sekwestrasie, wat jy mag en nie mag doen nie doen terwyl jy gesekwestreer is, en jy gerehabiliteer kan word.

Gqeberha se rioolsuiweringswerke 21.03.2023

Dawie Botha vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van Gqeberha se rioolsuiweringswerke, en die pionierswerk wat in Suid-Afrika gedoen is met geaktiveerde slykstelsels.

Een musiekstuk, twee klaviere, vier hande 21.03.2023

Hierdie is die verhaal van Esta Swart van Gqeberha, ‘n vrou wat sewe jaar lank haar erge gehoorverlies probeer verbloem het deur te liplees. Naderhand het sy gehoorapparate aangeskaf en was die lewe beter, maar toe sy aftree, was die lewe weer donker – tot haar paaie gekruis het met dié van Mathilda Hornsveld, ‘n bekende begeleier en koormeester. Nou lewer hulle twee klavieruitvoerings. Mariska Sp...

Ballet met 'n perd! 21.03.2023

JackÏ Job en Alexandre Bourdat vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van hulle balletproduksie waar ‘n perd deel van die vertoning is.

Allergieë by diere 20.03.2023

Veearts Dd. Ingrid de Wet praat oor allergieë by diere. Die moeilikheid lê meestal by kos, stuifmeel en vlooie.

Oom Hendrik se tamaties 20.03.2023

Verlede week het ons boslelies gepraat toe Haidee Muller-Isaacs in Oom Hendrik Schoeman se tuin op Volmoed gaan inloer het. Toe hoor sy oom Hendrik kweek ook tamaties. En dis toe ook nie 'n sommerso besigheid nie, hoor. Oom Hendrik kweek spogtamaties en voorsien aan 'n hele rits plaaslike besighede in die Suid-Kaap distrik.

Kubersekuriteit en kunsmatige intelligensie 17.03.2023

Daniela Marais vertel vir Martelize Brink van kubersekuriteit in 'n tyd van kunsmatige intelligensie. Sy verduidelik hoe kunsmatige intelligensie teen jou ingespan word, en hoe om jouself te beskerm.

Steven Roos se werk agter die skerms by SA Rugby 17.03.2023

Steven Roos se hele loopbaan was by SA Rugby. Hy het onder Dok Craven begin werk en 104 toetse gereël. Haidee Muller-Isaacs gesels met hom oor sy dae agter die skerms.

Kleur, klank en karnaval 17.03.2023

Mia van Zyl vertel vir Martelize Brink wat jy te wagte kan wees by die Kaapstad Karnaval, wanneer die geleentheid kleur en klank na die Moederstad se strate bring.

Listen to the Driesestig podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.