Waldo Krugell
Die ekonomie minuut
Soos om 'n stemnota van die ekonomie te kry. Aanwysers, ontleding en kommentaar oor alles wat in die Suid-Afrikaanse ekonomie aangaan.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.ekonomieblog.me
Author
Waldo Krugell
Category
Podcast website
Latest episode
Oct 9, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Recycling 15.09.2020 1:33
It is recycling week and we all know how plastic rubbish pollutes our landscape. Economists call this a negative externality and we think that the solution is to add a price to littering. Learn more about how Coca-Cola is doing just that with its new returnable 2-litre bottle.
Herwinning 15.09.2020 1:30
Dit is herwinningsweek en ons weet hoe plastiek rommel ons landskap besoedel. Ekonome noem dit 'n negatiewe eksternaliteit, maar 'n prys is deel van die oplossing. Luister hier wat Coca-Cola onlangs begin doen het.
Die ekonomie van die Tour de France 14.09.2020 2:21
Met nog een week oor in die saal is 150 van die wêreld se elite fietsryers besig om ons almal voor ons TVs vasgenael te hou. Die Tour de France is meer as 3400 kilometer, meestal deur die asemrowende Franse platteland. Dit gaan oor 8 bergpasse en die vinnigste spoed wat nog gemeet is teen so bergpas af, is 101km per uur. Dit is ʼn skouspel, maar waar is die geld in dit alles?
Skenkings"dollars" 11.09.2020 1:24
Die Covid-19 pandemie het ʼn groot klomp mense in nood gedompel en bystand van welsynsorganisasies is baie keer al hulp wat hulle kan kry. In Suid-Afrika het veral voedselhulp ʼn groot rol gespeel. Maar hoe kry jy mense om skenkings te maak?
Donation dollars 11.09.2020 1:15
The Covid-19 pandemic has left a great number of people in need and many have to survive on assistance from charities and welfare organisations. In South Africa, food aid has played an important role in mitigating the impact of the lockdown. But how do you get people to make donations?
The economics of online concerts 10.09.2020 1:43
One of the sectors and some of the jobs that have been hardest hit by the Covid-19 pandemic and lockdown has been creative industries and performing artists. Musicians have tried to connect with their audiences and earn income through online concerts. But what do the economics of online concerts look like?
Die ekonomie van aanlynkonserte 10.09.2020 1:46
Van die sektore en werke wat die swaarste getref is deur die Covid-19 pandemie en inperking is kreatiewe bedrywe en uitvoerende kunstenaars. Veral musici het probeer om met hulle gehore te skakel en inkomste te verdien deur aanlynkonserte. Maar hoe lyk die ekonomie van aanlynkonserte?
Die ekonomie krimp in die tweede kwartaal 09.09.2020 4:29
Tydens die vlak-5 en vlak-4 inperking het ekonome by die huis gesit en wonder wat dit aan die ekonomie doen. Hierdie week het die tweede kwartaal se BBP syfer gewys met hoeveel die ekonomie toe gekrimp het (Dit is darem nie werklik 51% nie - hoor die volle verduideliking hier ).
Small malls are doing well 08.09.2020 1:18
This week the Financial Mail is reporting that malls in small towns in rural areas are doing better than their bigger and fancier counterparts in the city. There are a number of reasons for this.
Klein inkopiesentrums doen beter 08.09.2020 1:26
Die Financial Mail rapporteer hierdie week dat klein inkopiesentrums in dorpe in landelike gebiede beter vaar as baie van die groot “malls” in die stad. Daar is 'n paar redes daarvoor.
Hoe die ekonomie herstel 07.09.2020 1:43
Die afgelope week se aanwysers dui almal op die stadige herstel van die ekonomie na die inperking, maar beurtkrag kan dit bereig.
How the economy is recovering 07.09.2020 1:36
Last week's economic indicators all point to a slow recovery of the economy after the lockdown, but it may be threatened by loadshedding.
Learn more about food systems 04.09.2020 1:52
According to estimates from the World Food Program, 270 million people worldwide will experience acute food insecurity by the end of 2020. Economists like to talk about the impact of the Covid-19 pandemic on people's income, but the food supply chain, the food environment, consumer behaviour, and diet should all be taken into account. For all this, the Food Systems Dashboard is a great resource.
Leer meer van voedselstelsels 04.09.2020 1:56
Volgens beramings van die Wêreldvoedselprogram gaan 270 miljoen mense wêreld wyd akute voedselonsekerheid beleef teen die einde van 2020. Ekonome praat graag oor die impak van die Covid-19 pandemie op mense se inkomste, maar daar moet ook gekyk word na die voorsieningsketting, die voedsel-omgewing, verbruikers se gedrag, en dieet. Vir dit alles is die Food Systems Dashboard ʼn lekker hulpbron.
Private brandweerdienste? 03.09.2020 1:38
Daar is ʼn interessante verskynsel in Kalifornië wat mikro-ekonome se oog gevang het: private brandweerdienste. Hoe ondervang dit die positiewe eksternaliteit van so diens, en is dit 'n teken van groter ongelykheid?
Private fighting services? 03.09.2020 1:46
There's an interesting phenomenon in California that has caught the eye of microeconomists: private firefighting services. But what about the positive externality in consumption, and is it evidence of greater inequality?
Private credit extension 02.09.2020 1:29
One of the key indicators released this week is private credit extension. Credit growth was 5.6% in June and it slowed to 5.1% in July. It is specifically the credit granted to companies that have grown more slowly. This is a sign of how slowly the economy is recovering.
Private kredietverlening 02.09.2020 1:45
Een van die belangrike aanwysers wat hierdie week bekend gemaak word, is private kredietverlening. Groei in kredietverlening was 5,6% in Junie en het afgeneem na 5,1% in Julie. Dus het dit vir vierde agtereenvolgende maand verlangsaam. Dit is veral die krediet toegestaan aan maatskappye wat stadiger gegroei het. Dit is ʼn teken van hoe stadig die ekonomie herstel.
Die rand/dollar wisselkoers 01.09.2020 2:13
As jy die laaste paar dae die ekonomiese nuus gekyk het, wonder jy dalk ook wat aangaan met die Rand. Die Rand het verlede week met 3,6% versterk teen die Dollar. Dit is ʼn 14% verbetering vanaf die laagste vlak van R19,43 teen die dollar op 6 April. Ongelukkig het dit nie veel te doen met die vooruitsigte vir die Suid-Afrikaanse ekonomie nie, maar wel met ʼn swakker dollar.
Herstel van klein besighede 31.08.2020 1:45
Ekonome soek oral na tekens van die herstel van die ekonomie na die inperking. ʼn Bron van hoë frekwensie kleinhandeldata kom van Yoco betaalpunte en hulle publiseer ʼn Small Business Recovery Monitor . Die goeie nuus is dat hier ook tekens is van die herstel van die ekonomie.
Inflasie en rentekoerse 28.08.2020 2:30
Statistieke Suid-Afrika het Woensdag aangekondig dat die inflasiekoers toegeneem het van 2,2% in Junie na 3,2% in Julie. Dit word hoofsaaklik toegeskryf aan die styging van die olieprys. Die vraag is of dit beteken dat die Reserwebank nie die repo-koers verder sal verlaag nie.
Hoe gemaak met die Covid-seisoen se modes? 27.08.2020 1:35
Die Covid-19 pandemie en inperking het ons almal by die huis gehou en mense het oor die afgelope paar maande nie klere gekoop soos wat verwag is nie. Klerewinkels het nou ʼn oormaat wintersvoorraad en die somerseisoen is om die draai. Daar is ʼn paar dinge wat verkopers kan doen
Het jy geweet jy is deel van die elite? 26.08.2020 1:44
Meeste van ons verstaan nie mooi hoe ryk ons is nie. Navorsing deur die South African Labour and Development Research Unit (SALDRU) by Kaapstad Universiteit wys hoe ongelyk die inkomsteverdeling in Suid-Afrika is.
Die informele sektor 25.08.2020 1:59
Die informele sektor staan nie los van die res van die ekonomie nie, maar volg dieselfde siklus. Soos wat die ekonomie oopmaak en herstel is dit belangrik om te weet hoe dit met klein en kwesbare ondernemings in die informele sektor gaan.
Ekonomiese herstel van die BETI 24.08.2020 1:28
Die afgelope week was daar tekens van die herstel van die ekonomie in BankServAfrica se Economic Transactions Index. Die indeks het met 9,6% toegeneem van Junie na Julie en 56% van die transaksies wat tussen Januarie en Julie verloor is, opgemaak.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.