Waldo Krugell
Die ekonomie minuut
Soos om 'n stemnota van die ekonomie te kry. Aanwysers, ontleding en kommentaar oor alles wat in die Suid-Afrikaanse ekonomie aangaan.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.ekonomieblog.me
Author
Waldo Krugell
Category
Podcast website
Latest episode
Oct 9, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Boere inspirasie 21.08.2020 1:46
Ek was die afgelope week in die Oos-Kaap Karoo en het die geleentheid gehad om die lede van die Nooitgedacht boerevereniging toe te spreek oor die makro-ekonomie en wat pandemie, pryse, koste en beleide alles inhou vir die boerdery bedryf. Die interessante aspek is egter wat die boere alles op die hart het.
Ekonomiese wins 20.08.2020 1:22
Rekenmeesters dink aan wins as die verskil tussen inkomste en uitgawes, maar Ekonome hou van die konsep van ekonomiese wins – dit is wanneer geleentheidskoste ook in ag geneem word. Die Wall Street Journal berig die week dat al meer maatskappye die idee van ekonomiese wins as ʼn doelwit stel in hulle aansporingskemas.
Vlak-2 en die ekonomie 19.08.2020 2:26
Hierdie week se verligting van die inperking na vlak 2 beteken dat meeste dele van die ekonomie nou weer oop is. Die hoop is dat die ekonomie nou na normaal kan terugkeer, maar met maskers. Baie hang egter af van of verbruikers weer kan bestee, en waarop hulle bestee.
Vergoeding van Hoof Uitvoerende Beamptes 18.08.2020 1:50
Deloitte en PWC het die afgelope week verslae bekend gestel oor die vergoeding van Hoof Uitvoerende Beamptes van maatskappye in Suid-Afrika. Dit is ʼn storie van ongelykheid.
Lesse vir besigheid 17.08.2020 1:17
Ek is hierdie week in die Oos-Kaap karoo en het die geleentheid om die ekonomie in aksie te sien op die plaas Beskuitfontein. Daar is meer om oor te praat as wat ʼn minuut toelaat, maar hier is lesse te leer vir besighede wat wyd strek.
Die JSE is nie die ekonomie nie 14.08.2020 2:36
Met Corona-virus infeksies wat afneem en die Johannesburgse effektebeurs se alle-aandele indeks wat hierdie week sy 2020 verliese opgemaak het, kan mens maklik dink dat die lewe weer na normaal toe kan terugkeer, maar ek moet waarsku: die beurs is nie die ekonomie nie.
Ondersteuning vir besighede? 13.08.2020 2:37
Die regering se R200 miljard leningswaarborgskema het tot nou toe baie min besighede bereik - waarom, en wat beteken dit vir die herstelpad van die ekonomie?
Alkolholvrye mark groei 12.08.2020 1:48
Volgens die Financial Mail is een van die gevolge van die inperking se verbod op alkoholverkope dat die produsente van alkoholvrye bier, wyn en jenewer ʼn toename in die vraag na hulle produkte beleef. Ekonomie handboeke praat van substituutprodukte.
Ekonome voorspel 11.08.2020 1:57
Netwerk24 het vandag ʼn berig oor die voorspellings van die ekonomie wat aan die Ekonoom van die jaar kompetisie deelneem. Dit is belangrik om te dink wat hierdie voospellings beteken.
Besteding aan huise en die huishouding 10.08.2020 1:24
Met almal wat ingeperk leef bestee die wat kan op hulle eiendom en toebehore. 'n Ingerigte huiskantoor gaan nog vir 'n tyd lank belangrik wees en brood bak is terug in die mode.
Ligpunte in die ekonomie 07.08.2020 1:42
Hierdie week is die nuus oorheers deur aantygings van korrupsie met Covid-19 hulpfondse, die ekonomiese impak van die drankverbod, en die toerisme-sektor het die regering om hulp vra. Tog was daar ook klein ligpunte in die ekonomie. Luister hier na nuus oor hoe dit gaan in vervaardiging, met motorverkope, met mineraal-uitvoer, en in die lanbou-sektor.
Goudprys 06.08.2020 1:28
Die goudprys het hierdie week die $2000 per fyn-ons merk gebreek en het hierdie jaar al met 34% gestyg. Wat is aan die gang?
Prysbeheer 06.08.2020 1:52
Die Covid-19 pandemie en inperking het veroorsaak dat baie mense inkomste en werke verloor het. In baie huishoudings is mense honger. Maar is dit dit 'n agrument ten gunste van die beheer van sekere voedselpryse? Daar is drie redes hoekom dit nie 'n goeie idee is nie.
Werke en werkers 06.08.2020 2:17
Dit lyk of die Covid-19 pandemie vier belangrike gevolge gaan hê vir werke en werkers.
Borsvoeding 06.08.2020 1:18
Hierdie week is wêreld-borsvoedingweek. Jy wonder dalk wat dit met Ekonomie te doen het, maar navorsing wys dat borsvoeding gekoppel word aan groot ekonomiese voordele.
Eskom tariefverhoging 06.08.2020 1:22
Die nasionale energie reguleerder, NERSA, het R69 miljard by Eskom se tariewe gevoeg vir die volgende 3 jaar. Dit beteken ʼn 10% verhoging vir hierdie finansiële jaar, ver bo die inflasiekoers. Dit is dalk die volgende stap in Eskom se uiteindelike ondergang.
Spare en lenings 06.08.2020 1:32
ʼn Opname deur Ou Mutual wys dat net 40% van huishoudings (waar iemand indiensgeneem is), het genoeg spaargeld om deur een maand te kom. Baie mense maak lenings by mikro-uitleners, maar daar is nou 'n alternatief genaamd SmartWage.
Salarisse en spare 06.08.2020 1:39
Die gemiddelde salaris wat in die formele sektor verdien word is R22 387 per maand, maar dit was voor die Covid-19 pandemie en inperking almal swaar getref het.
IMF lening 06.08.2020 1:44
Die lening van 4,3 miljard dollar wat Suid-Afrika by die IMF maak is goedgekeur, maar daar is voorwaardes aan gekoppel en dit is wat dit interessant maak.
Pastiekbottels is 'n eksternaliteit 06.08.2020 1:25
Ons weet hoe plastiekrommel ons landskap besoedel. Met die Covid-19 pandemie het die belangrikheid daarvan om te verminder, hergebruik en te herwin, dalk bietjie op die agtergrond geskuif, maar die probleme van plastiekbesoedeling is nog met ons. Ekonome noem dit ʼn negatiewe eksternaliteit.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.