Waldo Krugell
Die ekonomie minuut
Soos om 'n stemnota van die ekonomie te kry. Aanwysers, ontleding en kommentaar oor alles wat in die Suid-Afrikaanse ekonomie aangaan.
Author
Waldo Krugell
Category
Podcast website
Latest episode
Jul 10, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Hoe lyk die vorm van die herstel? 19.10.2020 2:12
Verlede week het die ekonomiese nuus en Die Ekonomie Minuut gefokus op President Ramaphosa se Ekonomiese Heropbou en Herstel Plan vir die toekoms, maar vanoggend moet ons vra hoe gaan dit op die oomblik? Is die vorm van die herstel 'n V, 'n U, of 'n L?
Die heropbou- en herstelplan vir die ekonomie 16.10.2020 2:04
Gistermiddag het President Ramaphosa die regering se ekonomiese heropbou en herstel plan aan die Parlement voorgelê. Daar is gepraat oor hoe dit die ekonomie op ʼn nuwe groeipad moet sit, maar gelukkig is groot dele van die plan belangrike stappe wat al lankal in die pyplyn is – dit sluit in infrastruktuur ontwikkeling, elektrisiteitvoorsiening en die versterking van die produktiewe basis van die e...
Kan ons vir die herstelplan betaal? 15.10.2020 2:29
In gister se potgooi het ek kortlik verduidelik hoekom die ekonomiese herstelplan wat President Ramaphosa vanmiddag aan die Parlement voorlê belangrik is, en hoe ons sal weet of dit ʼn goeie plan is. Die groot vraagstuk rondom enige plan is, hoe Suid-Afrika daarvoor kan betaal.
Economic recovery plan 14.10.2020 2:32
President Ramaphosa will present the cabinet's economic recovery plan to Parliament tomorrow afternoon. The plan was recently approved by Nedlac but has been leaked in the media. Expectations are high and parts of it have been criticized from all sides. I want to quickly focus on two questions: why is the plan important, and what should you listen out for to know if it is a good plan?
Ekonomiese herstelplan 14.10.2020 2:24
President Ramaphosa lê more middag die kabinet se ekonomiese herstelplan aan die Parlement voor. Die plan is onlangs by Nedlac goedgekeur en het al stuk-stuk uitgelek. Verwagtinge is hoog en dele daarvan is al van alle kante af gekritiseer. Ek wil vinnig op twee vrae fokus: hoekom is die plan belangrik, en waarvoor moet jy luister om te weet of dit ʼn goeie plan is?
2020 Nobelprys vir Ekonomie 13.10.2020 2:07
Die 2020 Nobelprys vir Ekonomie is gister toegeken aan die Amerikaanse ekonome Paul Milgrom en Robert Wilson vir hulle bydra tot die teorie van veilings en die ontwikkeling van nuwe formate van veilings.
WFH? Werk van die huis af... 12.10.2020 1:52
Die Covid-19 pandemie en inperking het baie dinge verander en mense praat sommer van ʼn nuwe normaal. Een van die belangrike veranderinge is dat baie meer mense van die huis af werk. Is jy kantoorgebonde, of kan jy digitaal swerf?
In ander ekonomiese nuus 09.10.2020 1:20
In ander ekonomiese nuus die week: Die BEO se opname onder ondernemings in die dienste sektor, Sacci se sakevertroue-indeks, en die Reserwebank waarsku oor struikelblokke vir groei.
Die beste maniere om prestasie te meet 08.10.2020 1:52
Komende Maandag word 2020 se Nobelpryswenners in Ekonomie aangekondig. Dalk wonder jy, wat maak dit saak? Dit is erkenning vir werk wat iewers in die wêreld ʼn impak gemaak het en maak dalk meer saak as wat ons dink. Byvoorbeeld, in 2016 het Oliver Hart en Bengt Holmstrom die prys gedeel vir hulle bydra tot kontrakteorie en hoe ondernemings kan verseker dat hulle net die mees produktiewe werkers in...
Beleidsonsekerheid 07.10.2020 1:28
Onsekerheid oor beleid kan negatiewe gevolge inhou vir sakevertroue en die beleggingsklimaat van die land. Prof Raymond Parsons se beleidsonsekerheidsindeks vir die derde kwartaal wys dat onsekerheid hoog en in negatiewe terrein is. Daar is ʼn aantal faktore wat daartoe bydra.
Wanneer Trump die coronavirus kry, bokspring die rand 06.10.2020 1:22
Die nuus dat President Trump die corona virus onderlede het en gehospitaliseer is het ʼn wye impak. Selfs wanneer die VSA die oorsaak van onsekerheid is, vlug beleggers na veilige bates met dollar waardes. ʼn Teken van die bekommernis in die mark is dat meer fondsbestuurders opsies koop wat hulle verskans teen ʼn moontlike verswakking van die rand.
Episode 50! 05.10.2020 1:10
Vandag vier ek die vyftigste Afrikaanse episode van die Ekonomie Minuut.
Gemengde seine 02.10.2020 1:42
Hierdie week se ekonomiese nuus is oorheers deur die werksverliese wat Suid-Afrika in die tweede kwartaal gelei het. Die res van die week se ekonomiese nuus was ʼn kombinasie van aanwysers wat wys op herstel en tekens dat vraag nog gedemp bly.
Mixed signals of recovery 02.10.2020 1:31
This week's economic headlines were dominated by the job losses that South Africa suffered in the second quarter. The rest of the week's economic news was a combination of indicators pointing to recovery and signs that demand remains subdued.
NIDS-CRAM shows the impact of the lockdown 01.10.2020 1:58
The results of the second round of the NIDS CRAM survey were announced yesterday and it confirms a bleak picture. Of the nearly 2.8 million jobs lost between February and April, virtually none returned by the end of June.
NIDS-CRAM wys die impak van die inperking 01.10.2020 2:08
Die resultate van die tweede rondte van die NIDS CRAM opname is gister bekend gemaak en dit bevestig ‘n donker prentjie. In die eerste rondte het die opname gewys dat Suid-Afrikaners hulle werke verloor het en dat daar in baie huishoudings honger gelei is, tussen Februarie en April. Die resultate van die tweede rondte van die opname is gister bekend gemaak.
Werksverliese tydens die inperking 30.09.2020 3:27
Om te weet wat die impak van die Covid-19 pandemie en inperking op die ekonomie is, is baie belangrik. Hierdie impak is egter nog besig om te ontvou en ekonome kry stadigaan stukke van die legkaart in die hande soos wat nuwe data bekend gestel word. Ons weet dat die bruto binnelandse produk 16,4% kleiner geword het in die tweede kwartaal. Maar wat was die impak op indiensname? Die resultate van St...
Cutting government spending 29.09.2020 2:01
The mini-budget in October is going to be one of the most important economic events of the year and it's already in the news. The Minister of Finance must stabilize the budget deficit-to-GDP and debt-to-GDP ratios. But because the Gross Domestic Product has been shrinking, and government spending has increased, it is a very difficult task.
Om die owerheidsbesteding te sny... 29.09.2020 2:09
Oktober maand se mini-begroting gaan een van die belangrikste ekonomiese gebeure van die jaar wees en dit is al reeds in die nuus. Die Minister van Finansies moet die begrotingtekort-tot-BBP en skuld-tot-BBP verhoudings stabiliseer. Maar omdat die Bruto Binnelandse Produk skerp ingekrimp het, en owerheidsbesteding toegeneem het, is dit ʼn baie moeilike taak.
Hoe swaar die inperking huiswerkers getref het 28.09.2020 1:40
Baie mense is swaar getref deur die inperking van die ekonomie en nuwe navorsing wys dat huiswerkers van die swaarste getref is. Vroue wat huise skoonmaak en tuinwerk doen verteenwoordig ongeveer 15% van die indiensname van vroue in Suid-Afrika. Baie van hulle is enkel-ma’s, of die enigste broodwinner in die huishouding. ʼn Opname deur SweepSouth onder 5000 huiswerkers wys die impak.
Die leidende sakesiklusaanwyser verbeter 25.09.2020 1:16
Daar is al ʼn aantal positiewe tekens van die herstel van die ekonomie. Die afgelope week is die Reserwebank se leidende aanwyser van ekonomiese aktiwiteit vir Julie maand bekend gemaak en dit het met 3,7% verbeter.
Alweer die wisselkoers 23.09.2020 1:58
In die laaste week het die rand-dollar wisselkoers genoeg gebokspring om weer ʼn ekonomie minuut daaroor te maak. Leer meer oor wat laat die rand versterk en verswak.
Failed state or not? 22.09.2020 2:03
In the past week, economists have been arguing in the media about whether South Africa is on its way to becoming a failed state. I'm also going to weigh in with an opinion.
Die mislukte staat debat 22.09.2020 2:05
Die afgelope week het ekonome in die media gestry oor of Suid-Afrika oppad is om ʼn mislukte staat te word. Ek gaan ook ʼn opinie waag.
Die ekonomie op vlak-1 inperking 21.09.2020 1:13
Die herstel van die ekonomie is aan die gang en vandag beweeg ons na vlak 1 inperking. Die beteken dat fasiliteite soos gyms en die vermaak en toerisme sektor nou op 50% van kapasiteit kan werk. Die ekonomiese aanwysers wat hierdie week bekend gemaak word gaan egter nog die impak van die inperking op die ekonomie aandui.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.