Waldo Krugell
Die ekonomie minuut
Soos om 'n stemnota van die ekonomie te kry. Aanwysers, ontleding en kommentaar oor alles wat in die Suid-Afrikaanse ekonomie aangaan.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.ekonomieblog.me
Author
Waldo Krugell
Category
Podcast website
Latest episode
Oct 9, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Die ekonomie van koffie 04.12.2020 1:54
Vandag se Minuut gaan glad nie oor die nuutste ekonomiese nuus nie, maar oor iets veel meer belangrik – die ekonomie van koffie.
Salarisverhogingshofsaak 03.12.2020 2:00
Die belangrike storie van die week is die hofsaak in die arbeids-appelhof tussen die regering en vakbonde. Die gaan oor die derde deel van ʼn drie-jaar loonooreenkoms wat die gerering in 2018 met werknemers gesluit het, maar nou wil verbreek, omdat die fiskus dit nie kan bekostig nie. Die vakbonde hou voet by stuk dat die regering die verpligtinge van ʼn geldige ooreenkoms moet nakom. Die hof het gi...
Verloor die herstel dalk nou stoom? 02.12.2020 1:40
Hierdie week hou ons ʼn oog op data wat dui op die herstel van die ekonomie in die vierde kwartaal en die nuus lyk maar kommerwekkend. ABSA se Aankopebestuurdersindeks het afgeneem en privaat sektor kredietverlening het gedemp gebly.
Hoe die privaatsektor in infrastruktuur wil belê 01.12.2020 1:48
Verlede week het ek gesels oor die private investering wat belowe is by die President se beleggingskonferensie. Ek het toe gesê dat ons nog nie presies weet hoe die privaatsektor betrokke gaan raak by infrastruktuur-investering nie. In tussen het Asisa, die assosiasie vir spare en investering, wat die groot batebestuurders en versekeraars verteenwoordig, meer lig op die saak gewerp.
Hierdie week in die ekonomie 30.11.2020 1:33
Verlede week het ek gesê dat die ekonomie is uit die intensiewe sorg, maar nog nie uit die hospitaal nie. Hierdie week kry ons nog ʼn paar aanwysers wat ʼn idee sal gee van hoe die herstel van die ekonomie in die vierde kwartaal vorder.
Sakevertroue neem toe 27.11.2020 1:30
Nadat sakevertroue tot ʼn laagtepunte gedaal het tydens die inperking het dit skerp gestyg in die vierdie kwartaal. Soos wat besigheidsaktiwiteite weer toeneem het die sakevertroue-indeks gestyg van 24 na 40 punte.
Verbruikersprysinflasie in Oktober 26.11.2020 2:15
Statistieke Suid-Afrika het gister die verbruikersprysinflasie vir Oktober maand aangekondig en dit was 3,3%. Voedselpryse en brandstofpyse was die belangrike veranderlikes. Leer meer hier.
Swart-Vrydag-uitverkopings 25.11.2020 1:32
Swart Vrydag uitverkopings het ʼn groot ding geword. Verlede jaar is daar meer as 7 miljoen transaksies verwerk op die dag en dit lyk of verbruikers hierdie jaar hulle kersfees-rande vroeg gaan bestee en kleinhandelaars werk met ʼn plan.
Investering vir groei 24.11.2020 3:29
Ek sê elke nou en dan dat Suid-Afrika se ekonomiese probleme kleiner sal word as ons die investeringplanne kan implimenteer. Maar jy wonder dalk, watter planne is dit?
Hierdie week in die ekonomie 23.11.2020 1:46
Na die afgelope week se onveranderde repokoers en afgraderings deur S&P en Moody’s is die week wat voorlê se ekonomiese nuus relatief rustig. Maar ons weet dat ʼn week kan ʼn lang tyd wees in die ekonomie.
Repo rate unchanged 20.11.2020 1:22
The Reserve Bank's Monetary Policy Committee yesterday decided to leave the repo rate unchanged. There was room to reduce the repo rate once more. But then a 25 basis point reduction would probably not do much for South Africa's growth prospects.
Debt and the ratings agencies 20.11.2020 2:07
On Friday, the credit rating agencies S&P and Moody's will release reports on South Africa. These are the first reports since the government's economic reconstruction and recovery plan was announced and the Minister of Finance presented the medium-term budget policy. You may be wondering, what does this matter when we are already at junk status?
Repokoersbesluit 20.11.2020 1:20
Die Reserwebank se Monetêre beleidskomittee het gister besluit om die repokoers onveranderd te laat. Daar was ruimte om die repokoers nog ʼn keer te verminder. Maar dan sou ʼn 25 basispunte vermindering waarskynlik nie veel doen vir Suid-Afrika se groei-vooruitsigte nie.
Die staatskuld en die kredietgradeerders 19.11.2020 2:09
Vrydag maak die kredietgraderingsagentskappe S&P en Moody’s verslae oor Suid-Afrika bekend. Dit is die eerste verslae sedert die regering se ekonomiese heropbou en herstelplan bekend gemaak is en die Minister van Finansies die medium-termyn begrotingsraamwerk voorgelê het. Die kredietgradeerders is bekommerd oor die stadig groei van die ekonomie en agteruitgang van die staatsfinansies. Jy wond...
The goverment wage bill 18.11.2020 2:01
The most important step in improving South Africa's fiscal position is to bring the government wage bill under control. This is set to create serious conflict and everyone is in the ring now.
Die regering se salarisrekening 18.11.2020 2:04
Die belangrikste stap om Suid-Afrika se benarde fiskale posisie te verbeter is om die staat se salarisrekening onder beheer te bring. Dit stuur af op groot konflik en almal is nou in die kryt.
Unemployment in the third quarter 17.11.2020 2:09
Last week, Statistics South Africa announced the results of the labour force survey for the months of July, August and September. This showed that the official unemployment rate increased to 30.8%. According to the broad definition, which includes discouraged workers who are no longer looking for work, the unemployment rate is 43.1%.
Werkloosheid in die derde kwartaal 17.11.2020 2:09
Die afgelope week het Statistieke Suid-Afrika die resultate van die arbeidsmagopname vir die maande Julie tot September aangekondig. Dit het gewys dat die amptelike werkloosheidskoers toegneem het tot 30,8%. Volgens die uitgebreide definisie, wat onmoedigde werkers wat nie meer werk soek nie, insluit, is die werkloosheidskoers 43,1%.
Back from holiday 16.11.2020 1:40
I was on holiday for about a week and it turns out that it is a long time in economics news. I thought that it is useful to quickly recap the important events of the missing week.
Terug na die vakansie 16.11.2020 1:34
Ek was vir so week met vakansie en het gedink om vinnig ʼn opsomming te maak van die belangrike ekonomiese gebeure in die week wat Die Ekonomie Minuut nie gemaak is nie.
More signs of the recovery of the economy 04.11.2020 2:16
It appears that the recovery of the economy is ongoing, and that is good news. ABSA's Purchasing Managers' Index and new vehicle sales point in the right direction.
Nog tekens van die herstel van die ekonomie 04.11.2020 2:18
Volgens vervaardigingsdata en nuwe motorverkopesyfers lyk dit of die ekonomie besig is om verder te herstel na die Covid-19 inperking. Dit is goeie nuus.
A minimum price for alcohol? 03.11.2020 2:30
The Western Cape government announced last week that it was considering introducing a minimum price per unit of alcohol as part of changes to the province's liquor legislation. By increasing the price, they hope to reduce binge drinking. There are interesting pieces of microeconomics around the plan.
'n Minimumprys vir drank? 03.11.2020 2:36
Die Wes-Kaapse regering het verlede week aangekondig dat hulle oorweeg om ʼn minimumprys per eenheid alkolhol in te stel as deel van veranderinge aan die provinsie se drankwetgewing. Deur die prys te verhoog hoop hulle om sogenaamde fuifdrinkery, of “binge drinking” te verminder. Daar is interessante stukkies mikro-ekonomie rondom die plan.
Gashulpbronne se voordele (en nadele?) 02.11.2020 1:09
Die afgelope week was daar berigte dat die brandstofreus Total ʼn tweede groot gasveld in Suid-Afrikaanse waters gevind het. Daar word geraam dat dit tot R1,5 triljoen se voordeel vir die ekonomie kan inhou oor die volgende 30 jaar. Wat sou daardie voordele wees?
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.