Waldo Krugell

Die ekonomie minuut

Soos om 'n stemnota van die ekonomie te kry. Aanwysers, ontleding en kommentaar oor alles wat in die Suid-Afrikaanse ekonomie aangaan.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.ekonomieblog.me

Author

Waldo Krugell

Category

Business

Podcast website

www.ekonomieblog.me

Latest episode

Oct 9, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Kan opgehoopte vraag die herstel van die ekonomie dryf? 13.01.2021

Wanneer mens lees oor die herstel van die ekonomie is opgehoopte (of uitgestelde) vraag een van die groot drywers waaroor ekonome wonder. Ontleders kyk na wat in 1919 gebeur het na die Spaanse griep en wonder of dit ook sal geld vir die jaar na die Covid-19 pandemie.

Policy uncertainty 12.01.2021

The NWU Business School's Policy Uncertainty Index was released yesterday. This shows that uncertainty decreased from the third to the fourth quarter of 2020, but it is still at a high level. But what does that mean?

Beleidsonsekerheid 12.01.2021

Die NWU Besigheidskool se Beleidsonsekerheidsindeks is gister bekend gemaak. Dit wys dat onsekerheid het afgeneem van die derde na die vierde kwartaal van 2020, maar dit is steeds op ʼn hoë vlak. Maar wat beteken dit?

Signs of recovery? 11.01.2021

One of the big questions keeping economists busy early in the year is the recovery of the economy in the fourth quarter of 2020 and whether it can be sustained. This week more indicators will be announced that may help to shed some light.

Aanwysers van herstel? 11.01.2021

Een van die groot vraagstukke wat ekonome vroeg in die jaar besig hou is die herstel van die ekonomie in die vierde kwartaal van 2020 en of dit volgehou kan word. Hierdie week word nog aanwysers bekend gemaak wat die prentjie duideliker gaan maak.

Who should pay for vaccination? 10.01.2021

The coronavirus vaccine and vaccination program were in the news last week. Private medical funds have offered to pay to vaccinate their 7.1 million members. It was also suggested that the medical funds could pay for another 7.1 million non-members. On social media, people are upset about this. I would like to use the economics concepts of private costs and social costs to give those people a diff...

Wie moet vir jou entstof betaal? 08.01.2021

Die entstof en 'n inentingsprogram teen die coronavirus was hierdie week in die nuus. Private mediese fondse het aangebied om te betaal vir entstof vir hulle 7.1 miljoen lede. Dan is daar ook voorgestel dat die mediese fondse vir nog 7.1 miljoen nie-lede kan betaal. Op sosiale media is mense omgekrap hieroor. Ek wil graag die ekonomie-konsep van private koste en sosiale koste gebruik om vir daardi...

The world in 2030 07.01.2021

Earlier this week I talked about the economic outlook for 2021, but today I want to talk about what the world and the economy will look like in 10 years' time. Mauro Guillen of the Wharton Business School's new book, “2030,” explains what can happen, based on the trends we can see today. I listened to ʼn Indicator podcast about this and would like to tell you more about it.

Die wêreld in 2030 07.01.2021

Ek het vroeer die week gesels oor die ekonomiese vooruitsigte vir 2021, maar maar vandag wil ek praat oor hoe die wêreld en die ekonomie oor 10 jaar gaan lyk. Mauro Guillen van die Wharton Besigheidskool se nuwe boek, “2030” verduidelik wat kan gebeur, gebaseer op die neigings wat ons vandag al kan sien. Ek het ʼn Indicator potgooi hieroor geluister en vertel graag meer daarvan.

Increase in fuel prices 06.01.2021

The new year begins with an increase in the price of fuel. The price of 93 octane petrol increases by 43 cents today. A litre will now cost R14,69 compared to R15,84 a years ago. The price of 95 octane increases by 40 cents and the diesel price by 55 cents.

Brandstofpryse styg 06.01.2021

Die nuwe jaar begin met ʼn styging in die brandstofprys. Die prys van 93 oktaan petrol styg vandag met 43 sent. ʼn Liter gaan nou R14,69 kos in vergelyking met R15,84 ʼn jaar gelede. Die prys van 95 oktaan styg met 40 sent en die dieselprys met 55 sent.

Prospects for 2021 05.01.2021

One of the many things that 2020 has taught us, it is that one should make too many predictions at the beginning of a year. But then economists sometimes have to make weather forecasters look good, so here are some predictions for the year to come.

Vooruitsigte vir 2021 05.01.2021

As daar een ding is wat 2020 ons geleer het, is dat mens nie aan die begin van ʼn jaar te veel dinge vooruit moet voorspel nie. Maar nou ja, partykeer is ekonome se rol om weervoorspellers goed te laat lyk, so hier is ʼn paar voorspellings vir die jaar wat kom.

Where do we stand after 2020? 04.01.2021

I want to use this first episode of the new year to see where we stand after 2020.

Waar staan ons na 2020? 04.01.2021

Ek wil hierdie eerste episode van die nuwe jaar gebruik om kyk waar ons staan na 2020.

Afsluiting van 2020 18.12.2020

2020 was ʼn jaar waaroor Ekonomie proffies nog baie gaan praat. Die Ekonomie Minuut gaan nou eers ʼn kort vakansie vat, maar ek belowe om volgende jaar terug te wees met al die nuus. Baie dankie vir almal wat so ver saam geluister het.

Hoe gaan dit met die verbruiker? 17.12.2020

Hierdie week is ons almal bekommerd is oor strande wat gesluit word, maar niemand weet nog wat die impak gaan wees nie. Dit is nie moeilik om af te lei dat meer mense by die huis gaan bly nie, en dat die toerismebedryf nog ʼn verdere knou gaan kry nie. Mens kan wel vra, hoe gaan dit met die verbruiker? Ons wil graag hê hulle moet uitgaan en bestee, en so die vakansieverblyf en restourante aan die g...

'n Halwe tree terug vanaf die fiskale afgrond 16.12.2020

Ek het so tyd gelede verduidelik dat die belangrikste stap om Suid-Afrika se benaderde fiskale posisie te verbeter is om die staat se salarisrekening onder beheer te bring. Vroeg in die maand het vakbonde die regering voor die arbeidsappélhof gedaag omdat die verhogings van die laaste jaar van die bestaande 3-jaar salaris-ooreenkoms nie betaal is nie. Gister het die hof bevind dat daardie ooreenko...

Dit is die kleinhandelaars wat kospryse verhoog 15.12.2020

Ek het gister gesels oor voedselprysinflasie en gekyk na drywers van hoër pryse aan die vraag- en aanbodkant. ʼn Nuwe verslag deur die mededingingskommissie bevind dat ʼn ander oorsaak van prysstygings dalk kleinhandelaars is.

Hoekom styg voedselprysinflasie? 14.12.2020

Verlede week het ek vertel dat voedselpryse die VPI kategorie is wat hoër as gemiddelde inflasie beleef en mens wonder hoekom. Die pryse van landbouprodukte is baie sensitief vir markkragte en oral lees mens van hoe goeie seisoen die landbou beleef – dit is skaars geraak deur die pandemie en inperking en somerreënvoorspellings lyk goed. Mens sou dink dat ʼn sterk aanbod sal pryse afdruk, maar dit g...

Die eiendomsmark het goed gedoen 11.12.2020

Die eiendomsmark het die jaar wankelrig begin en toe die grendelstaat aangekondig is, het meeste ontleders verwag dat pryse gaan val. Maar dit het toe nie gebeur nie. Die omset van residensiele eiendom het in Oktobermaand rekordvlakke bereik. Kenners sê daar is verskillende redes hiervoor.

Die res van die ekonomiese nuus 10.12.2020

Na gister se groot nuus oor die groei van die ekonomie in die derde kwartaal is die res van die week se aanwysers positief. Luister hier vir meer oor sakevertoue, inflasie, die rand en die goudprys.

Ekonomiese groei in die derde kwartaal 09.12.2020

Statistieke Suid-Afrika het gister die BBP groei syfer vir die derde kwartaal bekend gemaak endit is beter as verwag, maar is die resessie nou verby?

Aanlyn-ekonomie 08.12.2020

Mastercard het onlangs ʼn opname gedoen wat wys hoe Suid-Afrikaners die afgelope jaar aanlyn begin werk, speel, en koop het en daar is sommer ʼn klomp interessante feite. Selfs met 'n entstof gaan die wêreld nie weer dieselfde wees nie.

Hierdie week in die ekonomie 07.12.2020

Die groot nuus hierdie week is dat Statistieke Suid-Afrika Dinsdag die derde kwartaal se BBP syfer bekend maak. Dit gaan ʼn aanduiding gee van hoe die ekonomie herstel en gegroei toe die inperking verlig is in Julie, Augustus en September. 

Listen to the Die ekonomie minuut podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.