Waldo Krugell
Die ekonomie minuut
Soos om 'n stemnota van die ekonomie te kry. Aanwysers, ontleding en kommentaar oor alles wat in die Suid-Afrikaanse ekonomie aangaan.
Author
Waldo Krugell
Category
Podcast website
Latest episode
Jul 10, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Die minimumloon het komplekse gevolge 12.02.2025 2:07
Die minimumloon verhoog vanaf 1 Maart tot R28,79 per uur. Dit is ʼn 4,4% verhoging en presies die gemiddelde inflasiekoers van verlede jaar. Vir die werkers is die verhoging van die minimumloon goeie nuus want dit help om die koopkrag van hul loon te beskerm Burgerregte groepe sê die verhoging is te min en kleinsake sê dit is te veel. Maar wat sê die navorsing oor die impak van die minimumloon? Hie...
Olie, goud, en investering... alles word geraak deur onsekerheid 11.02.2025 2:13
Daar is op die oomblik baie dinge, soos tariefoorloë en uitvoerende bevele, wat onsekerheid skep. Die vraag wat mense my vra is natuurlik wat is die impak op ons ekonomie?
Hervormings op munisipale vlak 10.02.2025 2:11
Ek dink die mees interessante deel van die staatsrede het gegaan oor plaaslike owerhede. Ons weet dat in baie munisipaliteite is dienslewering ʼn ramp en hulle skuld is ʼn risiko vir Eskom en die waterrade. Plaaslike owerheid hervormings is die fokus van fase twee van operasie Vulindlela en die President het gepraat vanaf ʼn nuwe witskrif tot investering en instandhouding. Hierdie episode word onders...
Was meer mark-gerigte hervormingsgesindheid duidelik en dringend? 07.02.2025 1:45
Ek wonder of die President genoeg gesê het in gisteraand se staatsrede. Hy het lank gepraat, maar was dit ʼn Regering van Nasionale Eenheid staatsrede? Hulle almal stem saam dat wat ons nodig het is inklusiewe ekonomiese groei, maar was meer mark-gerigte hervormingsgesindheid duidelik en dringend?
Mnr die president, verduidelik asb die geleentheidskoste 06.02.2025 1:54
In die aanloop na groot toesprake soos die Staatsrede en die Begrotingsrede hoop ons almal om iets te hoor. Ons almal ken die ekonomiese uitdagings wat die land in die gesig staar en hoop dat die President of Minister die keer ʼn plan op die tafel gaan sit. Ek sou graag ʼn in-diepte powerpoint aanbieding wou sien hoe ons vorder met verskillende hervormings. Helaas is dit nie hoe staatsredes werk ni...
Wat kan ons doen om produktiwiteit te verhoog? 05.02.2025 1:51
Stadige ekonomiese groei is seker die enkele grootste uitdaging wat Suid-Afrika in die gesig staar. Sonder groei kan ons niks doen aan ons ander probleme, soos werkloosheid, armoede, of ongelykheid nie. Daar is baie maniere om te dink oor die drywers van groei en een is dat produktiwiteit tel. Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.
Hervormingsidees vir die Staatsrede 04.02.2025 1:48
Daar gebeur nou so baie dinge gelyk dit is moeilik om te besluit waaroor om te praat. Daar is Trump dreigemente, Eskom en beurtkrag, Januarie aanwysers en die staatsrede.
Die Trump tariefoorlog begin 03.02.2025 2:07
President Trump het oor die naweek 25% tariewe ingestel op produkte wat ingevoer word vanaf Kanada en Meksiko, en 10% op produkte vanaf Sjina. Hou vas jou rande en aandele, want ontluikende markte vaar nooit goed terwyl sulke skokke tref nie. Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch.
Phew, die repokoers met 25 bps gesny 31.01.2025 1:32
Die Monetêre Beleidskomitee het gister die repokoers met 25 basis punte gesny. Dit is wat ontleders verwag het, maar daar was tog ʼn bietjie senuweeagtigheid dat bekommernis oor internasionale risiko’s kon maak dat hulle die koers onveranderd laat.
Van nader beskou vertel die IES syfers n storie van ekonomiese stagnasie 30.01.2025 3:22
Een van die feite wat uitstaan uit die 2023 Opname van Inkomste en Besteding is ongelykheid, spesifiek die ongelyke verdeling van inkomste en besteding tussen verskillende bevolkingsgroepe. Wat die media nie veel oor te sê het nie is wat oor tyd gebeur het.
Ongelykheid is laer en ander interessanthede uit die IES2023 29.01.2025 2:12
Statistieke Suid-Afrika het gister die resultate van die Opname van Inkomste en Besteding bekend gemaak. Hierdie is die 2023 opname en die eerste sedert 2015 en het belangrike gebruike. Byvoorbeeld, om armoedelyne te bereken, ongelykheid te bepaal en om die verbruikersprysmandjie op te dateer. Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.
Die onteieningswet 28.01.2025 1:54
Die Onteieningswet is nie die krisis wat sommige media bronne dit na laat klink nie., maar om dit nou te teken het gevolge vir beleidsonsekerheid.
Dit is 'n week van rentekoersbesluite 27.01.2025 1:54
Hierdie is ʼn groot week vir rentekoersbesluite. Sentrale banke in Kanada en Brasilië, die Europese sentrale bank, Amerikaanse Fed, en ons Reserwe bank is aan die beurt. Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch.
Voedselpryse is (afwaarts) stram 24.01.2025 1:56
Hierdie week se inflasiesyfer het gewys dat voedselprysinflasie nog laag is, maar die vlak van voedselpryse is ʼn teer punt vir verbruikers. Baie mense vra, as voedselprysinflasie laer is, en beurtkrag is verby, en brandstofpryse is laer, hoekom val pryse nie?
Desembermaand se inflasiesyfer 23.01.2025 1:58
Statistieke Suid-Afrika het gister Desembermaand se verbruikersprys inflasiekoers bekend gemaak. Inflasie het gestug vanaf 2,9% in November tot 3,0% in Desember. Ek dink nie dit gaan ʼn groot invloed hê op volgende week se repokoers besluit nie. Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.
Die 4de kwartaal se aanwysers 22.01.2025 2:04
Die IMF het onlangs hulle vooruitskatting van Suid-Afrika se vol-jaar ekonomiese groeikoers afwaarts aangepas tot 0,8% vir 2024. Dit is eintlik ʼn storie van groei in die vierde kwartaal en die prentjie is nie baie duidelik nie. Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch.
President Trump en die SA ekonomie 21.01.2025 1:59
Daar is al baie gespekuleer oor wat Donald Trump se tweede presidentskap van die VSA gaan beteken vir Suid-Afrika en ons ekonomie en ek wil vandag ʼn kort opsomming gee.
Die Minuut skop weer af 20.01.2025 1:48
Na ʼn lekker lang vakansie is die Minuut terug op die lug die week en daar is baie om oor te gesels. Die Buro vir Ekonomiese Ondersoek is Stellenbosch en Codera Analytics is aan boord as episode borge.
Jaareinde 13.12.2024 1:38
Dit is lekker om die jaar af te sluit met optimisme oor 2025. Mens het altyd hoop, maar dit is lekker om positief te wees oor die vooruitsigte vir lae inflasie en vinniger ekonomiese groei. Ek het ook ʼn paar goeie idees vir die Minuut, meer video, dalk ʼn nuusbrief. Maar eers gaan ek vakansie hou.
Dit het iets te doen met die prys van eiers 12.12.2024 1:45
Vandag se episode gaan weer oor aanwysers. Statistieke Suid-Afrika maak hierdie week ʼn groot rondte data bekend wat insluit Oktobermaand se produksie en verkope in vervaardiging en mynbou, Novembermaand se Verbruikersprysindeks en die inflasiekoers en ook ʼn verslag oor die arbeidsmark in 2023.
Markte: lugruim, scrabble, robotte 11.12.2024 1:31
Ekonome glo in die markmeganisme – dit is vraag, aanbod, en prys – om seker te maak dat skaars hulpbronne effektief gebruik word en onbeperkte behoeftes bevredig word. Die Marginal Revolution blog het gereeld interessante inskrywings oor markte vir alles.
Interessante lyste uit 2024 10.12.2024 2:07
Die einde van die jaar lewer gewoonlik ʼn klomp lyste op – die groot gebeure, die invloedryke mense wat die opskrifte gehaal het, die topverkopers ensovoorts. Een van die interessante lyste is die van die joernalis Tom Whitwell en die dinge wat hy hierdie jaar geleer het. ʼn Hele paar het ʼn ekonomiese invalshoek.
Die ekonomie van kersfees 09.12.2024 1:48
Die ekonomie van Kersfees is verseker nie waaroor die Kerstyd gaan nie, maar dit is ʼn spesifieke seisoen van die jaar wat interessant is in verskillende opsigte. Daar is verbruiksbesteding op vakansie, en geskenke, versierings, en al die verversings wat nodig is om saam met geliefdes te kuier. Die kersfees liedjie en die kersfees fliek is ʼn konsep. As jy dink dit is gekommersialiseer is jy reg.
Groeisyfers, verbruikers, en totsiens Sakeskool 06.12.2024 2:05
Hierdie week se ekonomiese groeisyfers was nie goeie nuus nie, maar dan kry mens ʼn koerantopskrif wat sê dit is ʼn terugslag vir verbruikers voor die feesseisoen en ek voel ek moet nog iets daaroor sê. Ek wil ook vandag se episode gebruik om die NWU Sakeskool te bedank vir hulle ondersteuning die laaste paar jaar.
Hou 'n oog op Q4 aanwysers 05.12.2024 1:58
Na die teleurstellende ekonomiese groei syfer word daar met nuwe ywer gekyk na die maandelikse aanwysers vir die vierde kwartaal. Die week is die vierde kwartaal se verbruikersvertroue-indeks en ook Novembermaand se voertuigverkope data bekend gemaak. Hierdie episode word ondersteun deur die NWU Sakeskool.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.