Waldo Krugell

Die ekonomie minuut

Soos om 'n stemnota van die ekonomie te kry. Aanwysers, ontleding en kommentaar oor alles wat in die Suid-Afrikaanse ekonomie aangaan.

Author

Waldo Krugell

Category

Business

Podcast website

www.ekonomieblog.me

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Waar is die nuwe ewewig? 15.04.2025

Na die afgelope week se ekonomiese nuus chaos lyk dinge rustiger. Meeste markte is stadig besig om verliese op te maak, maar soos die uitdrukking sê, as jy een keer gebyt is, is jy dubbel so versigtig. Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch.

Dit is toe 'n VSA-Sjina handelsoorlog 11.04.2025

Vir die oomblik lyk dit of die krisis van President Trump se wederkerige tariewe afgeweer is. Dit lyk tog of die handelsoorlog wat tussen die VSA en Sjina gebroei het nou openlik geveg gaan word. Wat gebeur wanneer die wêreld se grootste verbruikersmark en die wêreld se grootste fabriek kwaad is vir mekaar? Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.

Bring vir my ook 'n kettingsaag 08.04.2025

Hierdie episode gaan nie oor President Trump se tariewe nie. Ek wil eerder gesels oor die gedagte van ʼn hersiening van owerheidsbesteding. Mense sal maklik sê ons het ook ʼn DOGE nodig. Ek wonder wat ons kan leer by Argentinië se President Milei. Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch.

Begrotingsdrama en Trump tariewe 04.04.2025

Na uitgerekte onderhandelinge en debat is die Begrotingsraamwerk goed gekeur sonder die DA se steun en President Trump stel toe daardie tariewe in. Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics

Beleidsonsekerheid nou 01.04.2025

Hierdie week is ’n goeie tyd om oor beleidsonsekerheid te praat — iets waarop ekonome altyd let. Onsekerheid, in ons wêreld, beteken dat mens nie altyd weet wat die waarskynlikheid van die uitkomste van sekere besluite of gebeure is nie. En soms weet ons nie eers wat die moontlike uitkomste kan wees nie. Hierdie week stem die Suid-Afrikaanse parlement oor die nasionale begroting. Terselfdertyd is...

Wat wys die aanwysers 28.03.2025

Die einde van die eerste kwartaal beteken ongelukkig nie dat ons al veel van ʼn prentjie het van hoe die ekonomie vaar in 2025 nie, maar daar is interessante aanwysers waaroor ek graag wil gesels. Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.

Hoe die verlies van AGOA kan uitspeel 25.03.2025

Daar is heelwat onsekerheid oor die toekoms van AGOA en Suid-Afrika se plek daarin. ʼn Verlies van ons AGOA voordele sal uitvoer laat afneem en ekonomiese groei demp. In hierdie episode wil ek verduidelik wat AGOA is, watter bedrywe geraak word en hoe handel kan lyk sonder die ooreenkoms. Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch.

Inflasie en die repo onveranderd 20.03.2025

Die inflasiekoers is onveranderd en die repokoers ongelukkig ook. Vandag wil ek gesels oor inflasie, rentekoerse en die wisselkoers. Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.

Hoe gaan dit met die ekonomie? En die week se repokoersbesluit... 17.03.2025

Die Begroting word nou bespreek in twee parlementêre komitees en daar is baie in die nuus oor ʼn moontlike fiskale anker. Daarby is Fitch nie so optimisties oor die stabilisering van die staatskuld soos die Minister is nie. Vandag wil ek egter praat oor hoe dit met die ekonomie gaan, inflasieverwagtinge en hierdie week se repokoersbesluit. Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomies...

Die Minister het toe nie die moeilike besluite geneem nie 14.03.2025

Ek het gesê dat in hierdie Begroting moet moeilike besluite gemaak word. Wat ons die week geleer het is dat dit is moeiliker om te besluit om besteding te sny as wat dit is om te besluit om belasting te verhoog. Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.

Die opsies vir Begroting 2.0 11.03.2025

Hierdie Woensdag, 12 Maart, gaan die Minister van Finansies weer probeer om die Begrotingsrede te lewer. Dit is met drie weke uitgestel nadat daar te  veel teenkanting was teen ʼn voorgestelde 2 persentasiepunt verhoging van die BTW koers in die Regering van Nasionale Eenheid. In hierdie episode wil ek gesels oor die Begroting 2.0. Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Onders...

BBP groeisyfers en sakevertroue 07.03.2025

In hierdie episode gesels ek oor 2024 se ekonomiese groeisyfer en die eerste kwartaal se Sakevertroue-indekssyfer. Internasionaal is daar heelwat onsekerheid oor die impak van President Trump se tariewe. Die dollar en die olieprys is swakker. Die hersiende Begroting is aan die kabinet voorgelê maar dit is nog nie goedgekeur nie. Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.

Aanwysers en Trump tariewe 04.03.2025

In hierdie episode gesels ek oor ABSA en die Buro vir Ekonomiese Ondersoek se aankopebestuurdersindeks en Naamsa se voertuigverkope data vir Februarie. President Trump het in Februarie tariewe ingestel op Meksiko en Kanada, maar die implementering met ʼn maand uitgestel. Dit is nou ʼn maand later so ek wil meer sê oor die tariewe en hulle impak. Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekon...

Wat laat die goudbulle hardloop? 28.02.2025

As jy die goudprys dop hou sal dit nie nuus wees dat die goudprys die laaste jaar gestyg het vanaf $2650 per fyn ons tot $2950 aan die begin van die week. Dit het gedaal die laaste paar dae, maar goudbulle praat maklik van die $3000 merk. In ʼn tyd van gesofistikeerde beleggingsoplossings is goud weer in. Wat is die oorsaak?

Inflasie het effens gestyg in Januarie 27.02.2025

Statistieke Suid-Afrika het gister Januariemaand se verbruikersprys inflasiesyfer bekend gemaak. Die inflasiekoers het gestyg vanaf 3% in Desember tot 3,2% in Januarie. Dit is in lyn met ekonome se verwagting dat inflasiedruk effens gaan toeneem hierdie jaar, maar onder die middelpunt van die Reserwebank se teikenband sal bly.

'n Welvaartsbelasting sal ons in die voet skiet 26.02.2025

Ek wil eintlik nie oor welvaartsbelasting praat nie, maar van die verskillende idees op die tafel vir Begroting 2.0 is dit ʼn slegte een en ek voel ek moet maar iets sê. Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.

Hierdie week se inflasiesyfers 25.02.2025

Statistieke Suid-Afrika maak more Januariemaand se verbruikersprys inflasiekoers bekend en ekonome is opgewonde vir ʼn paar redes.

Almal gee nou raad vir die Begroting 2.0 24.02.2025

Ek voel so bietjie jammer vir die Minister van Finansies en die span by Tesourie want hulle gaan tot 12 Maart moet luister na die raad van elke ou met ʼn podsending of brief in die koerant. Die groot spelers soos die IMF en Wêreldbank het reeds laat weet wat hulle dink. Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch.

Begroting EKON101 21.02.2025

Soos wat die stof bietjie gaan lê oor die voorgestelde twee persentasiepunt verhoging van die BTW koers en die manier hoe die Begrotingsrede uitgestel is, wys die begrotingsdokumentasie dat dit nie maklik gaan wees om ʼn nuwe Begroting voor te lê vroeg in Maart nie.

En ons het gedink President Trump is ons grootste uitdaging... 19.02.2025

Ek het gehoop die Begrotingsrede gaan ʼn voorspelbare vervelige storie wees, maar dit is toe so opwindend dat dit uitgestel moet word. Die ander partye in die regering van Nasionale Eenheid het beswaar aangeteken teen die twee persentasiepunte verhoging van die BTW koers, vanaf 15% tot 17% wat die Minister van Finansies sou voorstel. So, wat beteken dit en wat gaan die gevolge wees?

Kan vandag se Begroting help om werkloosheid te verminder? 19.02.2025

Ons het nog nie ʼn finale BBP syfer vir die vierde kwartaal van verlede jaar nie, maar ʼn aanwyser wat wys dat dit beter gegaan het met die ekonomie is die werkloosheidsyfer. Daar is 132 000 meer mense indiensgeneem in die vierde kwartaal en die werkloosheidskoers het afgeneem vanaf 32,1% na 31,9%. Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.

Begroting 2025: verwagtinge oor belasting 18.02.2025

Die Minister van Finansies lewer Woensdag die Begrotingsrede. In die vorige episode het ek vertel oor wat aan die bestedingskant verwag word. Vandag gaan oor die belastingvoorstelle.

Begroting 2025: verwagtinge oor besteding 17.02.2025

Die Minister lewer Woensdag die Begrotingsrede en in die vorige episode het ek geargumenteer dat die belangrikste ding wat hy kan doen is om beleggersvertroue te ondersteun om so investering en ekonomiese groei te verhoog. ʼn Deel daarvan gaan oor waarop hy die staat se geld, wat eintlik die belastingbetaler se geld is, bestee. So hoe lyk die verwagtinge? Hierdie episode word ondersteun deur die Bu...

Wat moet die Minister doen om groei te dryf? 14.02.2025

Komende Woensdag lewer die Minister van Finansies die begrotingsrede en soos altyd is daar groot verwagtinge, Ek wil sê hy het net een werk en dit is om die ekonomiese groeikoers te verhoog, maar hoe moet so Begroting lyk?

Die vervaardigingsektor het ingekrimp in 2024 13.02.2025

Statistieke Suid-Afrika het hierdie week produksie- en verkopesyfers van die vervaardigingsektor vir Desembermaand bekend gemaak en die Desember en vol-jaar syfers is kommerwekkend.

Listen to the Die ekonomie minuut podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.