Waldo Krugell
Die ekonomie minuut
Soos om 'n stemnota van die ekonomie te kry. Aanwysers, ontleding en kommentaar oor alles wat in die Suid-Afrikaanse ekonomie aangaan.
Author
Waldo Krugell
Category
Podcast website
Latest episode
Jul 10, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
VSA-SA onderhandelinge - o.3 en ek het 'n plan 11.07.2025 7:36
Die nuutste nuus bly die 30%-tariefskok wat Suid-Afrika miljarde in uitvoere en tien- tot honderduisende werksgeleenthede kan kos. Op 1 Augustus gaan dieTrump-administrasie ’n 30 persent tarief hef op alle Suid-Afrikaanse goedere wat die VSA binnekom. Die openbarerede? Om Amerika se handelsbalans te verklein. Die ware rede? Washington wil hê Pretoria moet sy swart ekonomiese bemagtigingsvereistes...
Trump tariewe is terug 09.07.2025 4:05
President Trump het gister aangekondig dat ʼn 30% tarief gehef gaan word op Suid-Afrikaanse uitvoer na die VSA vanaf 1 Augustus. Dit is ʼn terugslag vir ons ekonomie. Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch.
Aankopebestuurders, krediet, uitvoer lyk 'n bietjie beter 04.07.2025 2:23
Na verlede week se verbetering in verbruikersvertroue is daar nog ʼn paar aanwysers wat mens bietjie moed laat skep. Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.
Wys my jou data 01.07.2025 3:27
Die laaste paar weke is daar ʼn lekker warm debat oor Suid-Afrika se werkloosheidskoers. Die amptelike syfer uit die Kwartaallikse Arbeidsmagopname staan op 32,9%, of tewel 8,228 miljoen mense wat werkloos is uit ʼn arbeidsmag van 25,015 miljoen mense. Capitec se uitvoerende hoof, Gerrie Fourie, het gesê die koers is dalk nader aan 10%, en ander kommentators het ingespring om te sê dat die waardheid...
Die markte het ophou nuus kyk 27.06.2025 2:38
As mens hoor dat Israel vir Iran aanval en die VSA tree toe tot die stryd wonder jy of jy dalk maar moet naslaan wat Nostradamus hieroor te sê gehad het, maar blykbaar hetdie markte ophou nuus kyk en steur hulle nie aan sieners nie. Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.
Is inklusiewe groei die middeweg? 24.06.2025 4:05
Johan Fourie het gister ʼn interessante blog inskrywing gemaak waar hy die teenstellende idees oor die ekonomie en die rol van die regering omskryf. Aan die een kant is daardie siening dat die land ontbloot, gedeïndustrialiseer en sogenaamd “financialised” is, terwyl die regering inkrimpende fiskale beleid en mark-vriendelikehervormings najaag. Aan die ander kant is die siening dat Suid-Afrika se a...
Verbruiksbesteding kom onder druk 20.06.2025 3:16
Met die dat ons hoop is dat verbruikers ekonomiese groei moet dryf is hierdie week se April kleinhandelsyfers en die Buro se tweede kwartaal kleinhandel opname belangrik en kommerwekkend. Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.
Die ekonomie hou nie van handelsoorloë of regte oorloë nie 17.06.2025 3:17
Verlede week was ʼn dol een in die markte soos wat daar gereageer is op die handelsoorlog en die regte oorloëtussen Rusland en Oekraïne en ook Israel en Iran. Dit het die rand, olieprys en goudprys geraak. Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch.
Die markte is nie die ekonomie nie 13.06.2025 2:04
Op ʼn dag tot dag ,of week tot week basis is dit moeilik om te sê hoe dit met die ekonomie gaan. Opname data is eers na ʼn lang sloering beskikbaar. Dan gebruik ons of modelle,of die markte, om die storie te vertel en die week is dit nie maklik om te lees nie. Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.
BTW nulkoerse debat 10.06.2025 3:10
In Begroting 3.0 het die Minister van Finansies dievoorstel om die BTW-koers te verhoog, teruggetrek, maar dit beteken ook dat hy nie die lys van nulkoers-voedselitems uitgebrei het nie. Dit gaan beslis genoem word in hierdie week se debat oor die fiskale raamwerk. Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch.
'n Lae-groei lokval 06.06.2025 3:26
Stadige ekonomiese groei is die grootste uitdaging wat Suid-Afrika in die gesig staar. Na die syfer van 0,1% groei in die eerste kwartaal die week bekend gemaak is het ekonome op hulle tande gekners en die son het weer op gekom, maar ek dink dit is belangrik om te verduidelik hoekom lae groei saak maak. Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics
Die Ekon deel van die Nasionale Dialoog 03.06.2025 2:56
Gereelde luisteraars sal weet dat praat af en toe oor ʼn stryd van idees in Suid-Afrika, spesifiek die groot vraagstuk van hoe ons die ekonomie moet laat groei. ʼn Klompie stigtings beplan ʼn groot saamtrek in Juliemaand op te praat oor die toekoms van beleid en die land en ek het ʼn nuwe blog begin vir ʼn ekonomiese perspektief op die gesprek. Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomie...
Repokoers gesny en meer oor die teiken 30.05.2025 2:54
Baie ekonome het gehoop dat die Monetêre beleidskomitee die repokoers verminder maar was heimlik bekommerd oor internasionale onsekerhede en die komitee se konserwatiewe benadering. Gelukkig vir ons almal die repo toe met 25 basispunte gesny. Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics. Lees ook my nuwe blog: econdialogue.blog
My argumente vir 'n repokoers vermindering 27.05.2025 3:11
Na al die opwinding van Begroting 3.0 en die Presidente se ontmoeting in die Withuis sluit ons die maand af met ʼn repokoersbesluit. Die Monetêre beleidskomitee vergader van vandag af en maak Donderdag middag die repokoersbesluit bekend. Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch.
Hoekom die staatskuld saak maak 23.05.2025 3:33
Daar is heelwat goeie kommentaar oor die Begroting en die luisteraars wat fyn lees sal sien dat daar baie geskryf word oor die sogenaamde fiscal slippage. Dit is die feit dat die Minister meer moet leen as wat die medium-termyn raamwerk en selfs die Maart Begroting voorsien het. Die staatskuld-tot-BBP verhouding is veronderstel om ʼn piek te bereik, maar dit is op die hoër vlak van 77,4%. Dit is di...
Begroting 3.0 en die Presidente by die Withuis 20.05.2025 3:49
Dit is ʼn week waarin ons asem ophou vir Begroting 3.0 en die samesprekings tussen Presidente Trump en Ramaphosa. Dit is belangrik gegewe die tekens dat die ekonomie beginmomentum verloor. Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch.
Werkloosheid, kwotas en ander krisisse 16.05.2025 4:23
Hierdie week se werkloosheidsyfer was kommerwekkend. Daar is 245 000 werksgeleenthede verlore kwartaal tot kwartaal en daar is ʼn baie hoë jeugwerkloosheidskoers. Dit is eintlik nie nuus nie, maar dit is of daar so bietjie paniek in die lug is en die debat oor indiensnemingskwotas is baie skril. Dit is wat gebeur wanneer die ekonomie nie groei nie. Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analyt...
VuliNdlela 13.05.2025 3:10
Fase 2 van Operasie Vulindlela het verlede week afgeskop maar daar is bekommernis oor die taak wat hulle opgelê is. Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch.
Klere, modes, en globalisering 09.05.2025 2:16
Donald Trump sê dat hy wil weet waar sy pakke klere vandaan kom en wanneer mense terug verlang ʼn tyd van goedkoop, hoë kwaliteit klere wat in jou eie land gemaak is, is daar vinnig steun vir tariewe op invoere. Alex Tabarrok het ʼn goeie antwoord hierop geskryf op die Marginal Revolution blog. Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.
Aanwysers en onsekerheid 06.05.2025 4:18
In vandag se episode wil ek graag gesels oor plaaslike en internasionale aanwysers en weereens, hoekom onsekerheid so sleg is vir die ekonomie. Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch.
Probeer en probeer weer, Begroting 3.0 01.05.2025 3:49
Dit is amptelik, Die Minister van Finansies gaan op 21 Mei weer probeer om die Begroting goedgekeur te kry. Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.
Doele, glorie, en ekonomiese impak 29.04.2025 2:53
Ek gesels meestal oor makro-ekonomiese vraagstukke maar vandag wil ek graag praat oor my kollega Derick se geliefde Liverpool en hulle oorwinning in hierdie jaar se premierliga. Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch.
Daar is nog baie vrae oor fiskale beleid 25.04.2025 3:22
Verbruikers en almal wat graag sê dat hulle veg vir die armes, vier fees nadat die voorstel vir ʼn 0,5 persentasiepuntverhoging van die BTW koers geskrap is. Dit los ons met interessante vraagstukke. Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.
Moenie aan die Fed raak nie! 22.04.2025 4:20
Ek hou nie eintlik daarvan om bangmaak episodes te maak nie. Dit is om te praat oor dinge wat baie sleg kan uitspeel, hoe wel die waarskynlikheid dat dit gebeur laag is nie. Maar deesdae weet mens nie en ek voel ek moet iets sê oor President Trump en die Fed. Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch.
Makro scenarios vir SA 18.04.2025 2:51
Met baie van die dinge in die nuus, soos President Trump se tariewe of die moontlikheid van ʼn resessie in die VSA, kan die impak op Suid-Afrika maklik genoeg verduidelik word met die logika van ekonomiese teorieë. Om iets te kan sê oor die omvang van die impak het jy egter ʼn simulasiemodel nodig. Dit is dan lekker wanneer die Reserwebank die resultate van hulle modellering van verskillende scenari...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.