Waldo Krugell

Die ekonomie minuut

Soos om 'n stemnota van die ekonomie te kry. Aanwysers, ontleding en kommentaar oor alles wat in die Suid-Afrikaanse ekonomie aangaan.

Author

Waldo Krugell

Category

Business

Podcast website

www.ekonomieblog.me

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

'n Verbod op aanlyn dobbelary 20.11.2025

Suid-Afrika het ’n dobbelprobleem, en dit speel toenemend agter ’n skerm af. Namate aanlyn weddenskapplatforms vermeerder, neem stories toe oor SASSA-toelaes enNSFAS-beurse wat deur laatnag-weddenskappe en intydse sportweddenskappe verkwis word. Dit is dus geen verrassing nie dat daar nou voorstelle na vore kom om maatskaplike toelae-ontvangers en beursstudente te verbied om hul fondse vir aanlynd...

Die ander goeie nuus 17.11.2025

Die afgelope week was daar baie ekonomiese nuus om positief oor te wees. Hoe raak dit jou sak?

Luister na die MTBPS soos 'n ekonoom 11.11.2025

Woensdagmiddag lewer die Minister van Finansies sy mediumtermyn begrotingsraamwerk rede. Ek wil ʼn paar wenke gee oor hoe jy soos ʼn ekonoom kan luister na die MTBPS.

Aanwysers en die mini-Begroting volgende week 07.11.2025

Die draai van die maand het al die gewone aanwysers opgelewer en daar is (meestal) goeie en slegte nuus.

Om van die FATF se Gryslys af te kom is goeie nuus 28.10.2025

As jy moet soekvir ʼn rede om positief te wees is daar een goeie stukkie ekonomiese nuus wat kan help. Suid-Afrika is toe van die FATF se Gryslys verwyder.

Inflasie en die repokoers 24.10.2025

Statistieke Suid-Afrika het gister die nuuste inflasiekoerssyfer aangekondig en dit het effens gestyg vanaf 3,3% in Augustus to 3,4% in September. Hier en daar sê iemand dit is ʼn groot terugslag vir Novembermaand se repokoers besluit, maar ekis nie so seker nie.

Die impak van Trump tariewe op die VSA 21.10.2025

Dit is ses maande na die aankondiging van President Trump se wederkerige tariewe op “Liberation Day” en die impak op die ekonomie van die VSA is nie naastenby so groot as watekonome verwag het nie.

Bestee jou geld op ervarings 16.10.2025

Van die eerste dinge wat ʼn persoonlike finansies self-help boek sê is begroot en spaar. Daarna herinner dit jou aan die sogenaamde hedoniese trapmeul. Dat die nut en vreugdewat ons kry uit die verbruik van goedere, soos die nuwe iPhone of Prado nie so lank hou soos die vreugde van ervarings nie. The Economist het hierdie week ʼn interessante artikel wat presies dit wys.

Die 10-punt plan 14.10.2025

As jy gewonder het hoekom jy nie veel van die ANC se nuwe 01-punt ekonomie plan hoor nie, is dit omdat dit nie veel van ʼn plan is nie. Dit sê hoofsaaklik dat die regering van die dinge wat hulle al lankal mee besig is vinniger en beter gaan probeer doen, maar nie regtig hoe nie.

Goud bulle hardloop 10.10.2025

Ek wou eers praat oor die ANC se nuwe 10-punt ekonomiese plan, maar dit kan wag, want die goudprys het hierdie week deur die $4000 per fyn ons vlak gebreek.

Aanwysers en die "second China shock" 06.10.2025

Ekonome is besig om hoë-frekwensie aanwysers van hoe dit met die ekonomie gaan, fyn dop te hou. In die derdekwartaal het sakevertroue en verbruikersvertroue indekse gedaal. September se aankopebestuurdersindeksdata en voertuigverkope het almal verras.

Swakker verbruikersvertroue is kommerwekkend 26.09.2025

Verbuikersvertroue het verswak in die eerste kwartaal, verbeter in die tweede kwartaal en toe weer effens afgeneem in die derde kwartaal. Dit is in negatiewe terrein op -13 punteen ver onder die langtermyn gemiddeld.

Die markte is steeds nie die ekonomie nie 23.09.2025

Die goudprys mik vir $3800, die rand-dollar wisselkoers verhandel rondom R17,30 en die JSE stel rekord hoogtepunte op, maar opnamedata wys 'n ander storie.

Die repokoers bly onveranderd 19.09.2025

Die Reserwebank se Monetêre beleidskomitee het gister die repokoers onveranderd gelaat op 7%. Daar was ʼn aantal aanwysers wat my en ander ontleders laat dink het dat hulledalk met 25 basispunte sou sny, maar dit het nie gebeur nie. Die verduidelik in hulle verklaring is nogals ingewikkeld.

BBP groei 16.09.2025

Die Minuut is terug op die lug na ‘n lekker lang ruskans en vandag wil ek graag praat oor die BBP syfers wat die afgelope week bekend gemaak is.

Hoeveel ondersteuning gee die uitvoer-ondersteuningspakket? 15.08.2025

Een week na daardie 30% tarief ingestel is op Suid-Afrikaanse uitvoer na die VSA bly die storie in die nuus. Daar is berigte oor die sogenaamde hulppakket en oor maatskappye wat in die handelsoorlog spervuur beland, wat my laat wonder of hulle sinvol gehelp kan word. Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics * Let wel, die Minuut vat 'n kort vakansie en sal weer op die lug wees in Sept...

Aanwysers, die nasionale dialoog en die informele sektor 12.08.2025

Daar was die afgelope week ʼn mengsel van ekonomiese nuus om dop te hou. ABSA en die Buro seaankopebestuurdersindeks vir Juliemaand staan net bo die neutrale punt op 50.8 punte. Dit lyk of binnelandse en internasionale vraag sterker was in Julie en nuwe verkope het toegeneem. Daar is steeds heelwat onsekerheid watvervaardigers bekommerd het die vooruitsigte vir besigheidsaktiwiteit oor die volgende...

Wat gaan aan dat hier niks aangaan nie? Amerikaanse ekonomie uitgawe 08.08.2025

Die ou sê-ding is dat as Amerika nies kry die wêreld verkoue en op die oomblik is dit moeilik om te diagnoseer wat met Amerika aangaan. In hierdie episode wil ek graag praatoor hulle ekonomiese groeikoers, werkskepping, en inflasie. Dit alles is belangrik vir rentekoerse daar en hier. Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.

Beleidskoördinasie is nodig 05.08.2025

Die afgelope week is gekenmerk deur hoë vlakke van beleidsonsekerheid. Op die ou einde is President Trump se 30% tarief op Suid-Afrikaanse uitvoer na die VSA met ʼn weekuitgestel en die Monetêre beleiskomitee het die repokoers met 25 basispunte gesny. Die meer interessante nuus is dat die Reserwebank saammet verlede week se repokoers-verlaging ook aangekondig het dat toekomstige beleidskomitee besl...

Jy kan nie sê dit is vegetariese wors nie 01.08.2025

Met die Monetêrebeleidskomitee nog aan die vergader en President Trump se tarief nog in die lug ten tye van my opname het ek gedink om eers iets anders te gesels. Ditgaan oor die regulering van plant-gebasseerde vleis alternatiewe. Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.

Tariewe, die repo, en Juliemaand data 29.07.2025

President Trump se 30% tarief is oppad soos ʼn vragtrein (ok, dalk nie een in Suid-Afrika nie) en ekonome raai oor wat die repokoers besluit gaan wees. Daar is ook aankopebestuurdersindeksdata en nuwe voertuigverkopesyfers die week. Hier is ʼn kort opsomming van die ekonomiese nuus. Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch.

Inflasie en die repokoersbesluit 25.07.2025

Statistieke Suid-Afrika het die week Juniemaand se VPI inflasiesyfer bekend gemaak en die inflasiekoers het gestyg vanaf 2,8% tot 3%. Die belangrikste drywer was hoërvoedselpryse en laer jaar-op-jaar brandstofpryse het die styging help teenwerk. Die inflasiekoers is veilig onder die middelpunt van die Reserwebank se teikenband en markte verwag nog een 25 basispunte verlaging van die repokoershierd...

Sjina, "knuckleheads", inflasie, en die Begroting 22.07.2025

Daar is internasionale ekonomiese aanwysers en plaaslike politieke nuus wat die vooruitsigte vir die Suid-Afrikaanse ekonomie beïnvloed. Hier is van die belangrikste hoogtepunte. Hierdie episodeword ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch.

Die TACO hipotese is dalk al wat nons nou kan red 18.07.2025

Met die dat dit lyk of Msibisi Jonas nie ons saak in die VSA beredder nie, is ons enigste hoop die TACO hipotese. Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics

Trump, die RNE, "vibes" en Hitler 15.07.2025

Ek het die afgelope week of wat die kans gekry om ʼn ekonomie praatjie te lewer by twee feeste en dit was interessant om te hoor wat mense vra. Die ekonomiese nuus het ʼn groot klomp mense bedruk, maar baie hou nog moed. Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch.

Listen to the Die ekonomie minuut podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.