Kosmos 94.1

Nuus

News AF ↓ Odcinki: 830

Kry die nuus soos dit breek.

Koniecznie odwiedź stronę podcastu i wesprzyj twórcę: www.kosmos.com.na

Autor

Kosmos 94.1

Kategoria

News

Strona podcastu

www.kosmos.com.na

Ostatni odcinek

21 paź 2026

Gdzie słuchać?

Podcasty w aplikacji Replaio Radio Już wkrótce

Podcasty trafią do aplikacji już wkrótce. Zainstaluj teraz i jako pierwszy zobacz nowe podejście do podcastów

Pobierz z Google Play Zainstaluj za darmo Android prawie 10 mln pobrań · ocena 4,8 iOS niedługo

Odcinki

Mauritius se hotelle steeds gewild ondanks onrus 21.10.2026

Jean Michel de Senneville, ’n voormalige Mauritiaanse diplomaat, sê toeriste het nie hul besprekings vir die komende Kersvakansie gekanselleer nie, ondanks die betogings en aandklokreël. Die regering het die aandklokreël ingestel nadat betogings oor watertekorte en die lewenskoste gewelddadig geraak het. Volgens De Senneville staan besprekings by vyfsterhotelle steeds op sowat 85 persent, terwyl v...

Hyundai herroep 253 Tucson-voertuie oor kommer oor lugsaksensors 21.10.2026

Die Suid Afrikaanse Nasionale Verbruikerskommissie het om veiligheidsredes 253 Hyundai Tucson NX4-voertuie herroep, wat verlede jaar regoor Suid-Afrika verkoop is. Die herroeping volg na kommer dat die sensors vir kantbotsinglugsakke in sommige voertuie nie aan die korrekte spesifikasies voldoen nie. Phetho Ntaba van die kommissie sê Hyundai sal diagnostiese toerusting gebruik om te bepaal of die...

11:00 Nuus 21.10.2026

Kry die nuus soos dit breek.

Windhoek-motoriste meestal in die kol tydens Roadwatch  21.10.2026

Dit lyk of Windhoek-motoriste vanoggend hul beste voetjie voorgesit het, met rustige paaie en slegs een motoris wat gewaarsku is omdat sy voertuig oorlaai was tydens vanoggend se Kosmos 94.1 Roadwatch. Francois Lottering doen verslag. 

Namibiër deel sy ervaring van onrus in Frankryk  21.10.2026

Frankryk berei voor vir verdere betogings die naweek ná dae van geweld, plundering en skade aan openbare geboue en ondernemings in verskeie stede. Kosmos 94.1 Nuus het met die Namibiër Louis Jansen van Vuuren gepraat oor sy reaksie op die onrus en hoe hy die situasie in Parys ervaar. 

Rubio verwerp bewerings oor Amerikaanse steun aan Oekraïne 21.10.2026

Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, het bewerings verwerp dat Oekraïners sterf omdat Amerika intelligensie van Kiëf terughou. Die VSA het na bewering 'n groot deel van die intelligensie wat gedeel is, stopgesit, en ook wapens geblokkeer wat ingevolge die Voorkeurlys van Vereistes vir Oekraïne verkoop is. Verlede week het Starshield die spoed van mobiele eenhede beperk. Dit...

SA landbou-leiers waarsku oor moontlike verlies aan AGOA-toegang 21.10.2026

Landbouleiers in Suid-Afrika reageer op die moontlikheid dat die land sy voorkeurtoegang tot die Amerikaanse mark ingevolge die AGOA-handelsooreenkoms kan verloor. Die ooreenkoms bied tariefvoordele vir duisende produkte uit kwalifiserende Afrikalande. Dr. Theo de Jager, voorsitter van die Suider-Afrikaanse Agri-inisiatief, het met Kosmos 94.1 Nuus oor die moontlike gevolge vir Suid-Afrikaanse lan...

Ramaphosa belowe optrede oor Tshwane se waterkrisis 21.10.2026

Die Suid-Afrikaanse president, Cyril Ramaphosa, sê die Nasionale Waterkrisis-komitee sal aandag gee aan die waterkrisis in Bronkhorstspruit, Tshwane, waar kraanwater onveilig vir menslike gebruik verklaar is ná ’n uitbreking van maagderm-siektes. Tydens ’n ANC-deur-tot-deur-veldtog in Daveyton, Ekurhuleni, het Ramaphosa om verskoning gevra vir die siektes en beklemtoon dat swak waterbehandeling ni...

Bek-en-klouseerbeperkings druk kleinskaalse boere 21.10.2026

Die landbouministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda, sê bek-en-klouseerbeperkings is ’n bitter pil om te sluk vir kleinskaalse boere wat met voortgesette handelsbeperkings worstel. Muyunda sê die slag van vee op plase vir kommersiële verkoop bly verbode om die verspreiding van die virus te beperk. Hy verseker produsente dat beperkings verslap kan word namate die risikovlakke daal en doen ’n beroe...

Aanspreeklikheid geëis nadat 408 mense weens besmette drinkwater in Tshwane siek geword het 21.10.2026

Die Suid Afrikaanse Motorbedryf-personeelvereniging sê die Stad Tshwane moet verantwoordelik gehou word nadat 408 mense siek geword het weens maag-derm-infeksies weens besmette drinkwater in Bronkhorstspruit en omliggende gemeenskappe. ’n Gesamentlike ondersoek het bevind die plaaslike watersuiweringsaanleg het vir drie weke water sonder chloor versprei, weens probleme met die stad se chloortoevoe...

Omusati versterk brandbestryding met 112 km-brandstroke 21.10.2026

Die Omusati-streeksrampbestuurskomitee het die skoongemaakte brandstroke in die Omutambo-Omawe-weiveld in die Okahao-kiesafdeling geëvalueer. Verwoestende veldbrande het die gebied die afgelope paar jaar geteister, en 112 kilometer se brandstroke is vanjaar reeds skoongemaak. Komiteevoorsitter Daniel Iilende sê onvoldoende befondsing, vinnig hergroeiende weiding en ’n tekort aan arbeiders om groot...

Namibiese familie beskryf onrus in Frankryk 21.10.2026

'n Namibiese familie wat tans op kontrak in Frankryk werk, sê die onrus in die land het nog nie hul tuisdorp, Montauban, sowat 60 kilometer van Toulouse, bereik nie. Die familie, wat anoniem wil bly, sê hulle is teleurgesteld oor die skade wat tydens die betogings en onluste aan historiese geboue en infrastruktuur aangerig is.

Rise Mzansi vra brandstofverligting in begroting 21.10.2026

Rise Mzansi vra dat die Nasionale Tesourie die brandstofheffing hersien en verligting bied aan verbruikers en ondernemings wat onder stygende koste gebuk gaan. Die party sê wêreldwye ekonomiese onsekerheid en hoër oliepryse vererger die land se lewenskostekrisis. Mabine Seabe van Rise Mzansi doen ’n beroep op die minister van finansies, Enoch Godongwana, om die mediumtermyn-begrotingsverklaring te...

Drikus Coetzee beklink 2026 Rhino Run-oorwinning ná 2 800 km 21.10.2026

Drikus Coetzee sê hy is moeg ná ’n moeilike laaste skof waarin hy deur reën en dik modder moes sukkel voordat hy Dinsdag as wenner van die 2026 Rhino Run oor die eindstreep gery het. Coetzee het die uitmergelende 2 800 kilometer-rit van Windhoek na Robert Sobukwe-dorp in net meer as agt dae voltooi, sowat 130 kilometer voor sy naaste teenstander. Hy deel sy ervaring van die uitdagende wedren met K...

Otjizeka-laerskool kry N$100 000-veiligheidshupstoot 21.10.2026

Die Otjizeka-laerskool in die noordweste van die land het ’n veiligheidshupstoot gekry nadat ultimate.earth en bewaringsvennote byna 100 000 Namibiese dollar belê het om leerders te beskerm, terwyl woestynaangepaste leeus deur die omliggende landskap beweeg. Tristan Cowley, besturende direkteur van ultimate.earth, sê die inisiatief het ten doel om kinders se veiligheid te versterk en terselfdertyd...

Beheerheining sleutel tot bek-en-klouseerbeheer 21.10.2026

Namibië se tweejaar-spertyd om die bek-en-klouseer-uitbreking onder beheer te bring, begin sodra die beheerheining van Klein Manasse tot by die Visrivierkloof voltooi is. Die uitbreking is op 23 September in die Karasburg-distrik van die //Kharas-streek aangekondig. Die ministerie van landbou het bevestig dat daar op 18 plase in die streek 131 bevestigde gevalle van bek-en-klouseer aangeteken is....

Ontleder eis aanspreeklikheid oor tradisionele fondse 21.10.2026

Politieke ontleder Ndumba Kamwanyah sê tradisionele owerhede moet aan konsekwente standaarde van deursigtigheid en aanspreeklikheid voldoen wanneer staatsfondse gebruik word. Dit volg op ’n waarskuwing deur die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, James Sankwasa, teen die wanbestuur van openbare fondse deur tradisionele leiers. Die kwessie kom te midde van vrae oor die administrasie v...

President Nandi-Ndaitwah terug in Windhoek ná staatsbesoek aan Angola 21.10.2026

President Netumbo Nandi-Ndaitwah is terug in Windhoek ná ’n driedaagse staatsbesoek aan Angola. Die presidensiële woordvoerder, Jonas Mbambo, sê die eerste vergadering van die Angola-Namibië Bi-nasionale Kommissie dui op ’n historiese verskuiwing van diplomatieke betrekkinge na praktiese ekonomiese samewerking. Hy sê Nandi-Ndaitwah se besoek het tot ooreenkomste op die gebiede van verdediging, toe...

ACDP vra brandstofverligting te midde van lewenskostedruk 21.10.2026

Die ACDP is versigtig optimisties dat die mediumtermyn-begrotingsverklaring goeie nuus sal inhou, veral rakende die land se skuldvlakke, met inkomste-invordering wat na verwagtig voorspellings sal klop. Finansminister Enoch Godongwana sal vandag die regering se fiskale beleid vir die volgende drie jaar uiteensit, insluitend inkomste- en uitgawe-prestasie. Steve Swart van ACDP vra Godongwana om die...

NamPol soek hulp in Danelize Majiedt-saak 21.10.2026

NamPol vra die publiek se hulp om beddegoed en inkopiesakke te identifiseer wat gevind is met die oorskot van die 27-jarige Danelize Majiedt, wie se vermeende moord ondersoek word. Majiedt is op 30 Augustus as vermis aangemeld, en haar oorskot is op 5 Oktober langs 'n leivoor langs Daan Viljoenweg, sowat twee kilometer van 'n polisiepadblokkade, ontdek. Die polisie sê die oorskot was in linne toeg...

Die dag wat was, 20 Oktober 2026 20.10.2026

Kry die nuus soos dit breek.

Sportarbitrasie-hof sê later oor Senegal se Afcon-appèl 20.10.2026

Sokker: Die Hof vir Sportarbitrasie gaan einde volgende maand uitspraak lewer in Senegal se appèlaansoek teen die Afrika-beheerliggaam, CAF, se besluit om die Afrikabeker aan Marokko toe te ken. CAF se appèlraad het beslis dat Senegal die wedstryd verbeur het toe sy span in Januarie se eindstryd in Rabat van die veld gestap het. CAF se direkteur-generaal, Matthieu Reeb, sê bemiddelaars sal volgend...

TLU SA teen stig van nuwe Rooivleisforum 20.10.2026

Die landbou-organisasie TLU SA is gekant teen Vrystaat Landbou se stigting van 'n nuwe Rooivleisforum. Woordvoerder Zelda Brits sê 'n afsonderlike struktuur wat landwyd produsente werf, kan onsekerheid skep en die Rooivleisprodusente-organisasie verswak. Brits sê produsente behoort hul verbruiksgoedere-organisasies te ondersteun, leiers tot verantwoording te roep en verandering van binne aan te vu...

NNN sluit Angola-staatsbesoek af 20.10.2026

President Netumbo Nandi-Ndaitwah sluit vandag haar driedaagse staatsbesoek aan Angola af met ’n hernude verbintenis om bilaterale betrekkinge te versterk en samewerking in tasbare voordele vir die mense van Namibië en Angola te omskep. Tydens die besoek is sewe samewerkingsooreenkomste onderteken, waaronder ’n ooreenkoms oor ’n eenstop-grenspos om handel en oorgrensverkeer te vergemaklik. Die pres...

Opposisie het vrae oor koste van Nekundi se voetgangerbrûe 20.10.2026

Die opposisie bevraagteken die regering se voorgestelde besteding van 70 miljoen Namibiese dollar aan twee voetgangerbrûe oor Windhoek se westelike verbypad, en eis antwoorde oor die geraamde koste van 35 miljoen dollar per brug. Nelson Kalangula, die IPC se skaduminister van werke en vervoer, het vanmiddag in die Nasionale Vergadering ’n beroep op die lynministerie gedoen om ’n gedetailleerde uit...

Słuchaj podcastu Nuus w Replaio

Radio i podcasty w jednej aplikacji - za darmo, bez zakładania konta. Zainstaluj już dziś i nie przegap premiery

Pobierz z Google Play

Replaio nie jest wydawcą podcastów; nazwy audycji, okładki i audio należą do ich autorów i są rozpowszechniane przez publiczne kanały RSS