Kosmos 94.1

Nuus

News AF ↓ 710 episodi

Kry die nuus soos dit breek.

Visita il sito del podcast e sostieni chi lo crea: www.kosmos.com.na

Autore

Kosmos 94.1

Categoria

News

Sito del podcast

www.kosmos.com.na

Ultimo episodio

16 ott 2026

Dove ascoltare?

I podcast nell'app Replaio Radio In arrivo

I podcast stanno per arrivare nell'app. Installala ora e scopri per primo un modo tutto nuovo di vivere i podcast

Scaricala su Google Play Installala gratis Android quasi 10 mln di download · valutazione 4,8 iOS in arrivo

Episodi

Omaheke-streek reg vir stryd teen BKS 16.10.2026

Boere en ander belanghebbendes in die Omaheke-streek sê dis elkeen se verantwoordelikheid om die verspreiding van bek-en-klouseer te stuit en het daarom verskeie maatreëls voorgestel om die land se geveg teen die siekte te versterk. Van hul voorstelle sluit in die instandhouding van die Namibië-Botswana grensdraad, die oprigting van padblokkades, en die skep van 'n streeksraadgewende taakspan om k...

Elke aanpassing aan kragpryse raak alledaagse Namibiese-huishoudings 16.10.2026

Minister van mynbou en energie, Modestus Amutse, sê elektrisiteits-verskaffers moet onthou dat enige aanpassings wat hulle aan krag-pryse maak, die alledaagse Namibiese-huishouding direk affekteer. Amutse het Donderdag met rolspelers in die kragvoorsiening-sektor vir ‘n eendag-beraad in Windhoek vergader en gesê bekostigbaarheid moet sentraal bly in Namibië se energietransformasie:

06:00 Nuus 16.10.2026

Kry die nuus soos dit breek.

Mbalula vra hersiening van DA se rol in RNE na Konstitusionele Hof-oorwinning 16.10.2026

Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, bepleit ’n hersiening van die DA se rol in die regering van nasionale eenheid ná die Konstitusionele Hof-beslissing dat 181 ANC-kandidate vir die plaaslike regeringsverkiesing wat voorheen uitgesluit is, op die lys geplaas moet word. Die DA het die ANC in die hof teengestaan. Mbalula beklemtoon niks verplig die ANC om vir 'n onbepaalde tyd saam met d...

Kus maak gereed vir 11 000 passasierskeep-besoekers 16.10.2026

Die kus maak gereed vir 'n ekonomiese hupstoot aangesien Walvisbaai meer as 11 000 passasiers van internasionale passasierskepe sal verwelkom tussen Oktober en Januarie. Dit is egter 'n reuse-daling van die sowat 79 000 passasiers wat in die vorige seisoen die hawe aangedoen het. Die Gasvryheidsvereniging van Namibië se uitvoerende hoof, Gitta Paetzold, sê daar is haakplekke met visums, maar dit w...

Die dag wat was, 15 Oktober 2026 15.10.2026

Kry die nuus soos dit breek.

Mense wat wêreldwyd in armoede leef styg tot 1,2 miljard 15.10.2026

Die Verenigde Nasies sê die aantal mense wat op verskeie vlakke van armoede leef, het die eerste keer in 15 jaar toegeneem tot 1,2-miljard. 'n Wêreldwye armoede-aanwyser toon dis 51,5-miljoen meer mense as verlede jaar. Onder die 1,2-miljard mense is 617-miljoen kinders, en 83-persent woon in landelike gebiede. Die administrateur van die VN se Ontwikkelingsprogram, Alexander de Croo, sê Afrika sui...

Kaartjies vir Napha-jaarvergadering nou te koop 15.10.2026

Kaartjies vir die Namibiese Professionele Jagtersvereniging se jaarvergadering is nou amptelik te koop. Napha se kantoorbestuurder, Kristin Maritz, sê vanjaar se byeenkoms vind plaas onder die tema "Professionaliteit versterk bewaring", met die doel om strategieë vir volhoubare wildbestuur in die kollig te plaas. Sy het meer inligting aan Kosmos 94.1 Nuus gegee.

Meatco blink uit in VK, selfs ná BKS-uitbreking 15.10.2026

Meatco se bedrywighede in die Verenigde Koninkryk het 'n "STERK"-gradering in die jongste beoordeling deur Plimsoll Rating ontvang. Hierdie erkenning kom na die bek-en-klouseer uitbreking, wat toegang tot belangrike premium-uitvoermarkte ontwrig het. Plimsoll se beoordeling het 47 van die VK se toonaangewende vleis in- en -uitvoermaatskappye geëvalueer en hul finansiële prestasie, waardasie en sak...

Publiek welkom om landbouministerie teen BKS te help 15.10.2026

Die landbouministerie is oop vir vrywillige hulp van lede van die publiek in die stryd teen die bek-en-klouseer-uitbreking. Lynminister Inge Zaamwani het vanmiddag aan die parlement gesê dat sy 'n lys ontvang het van individue wat aanbeveel is om die ministerie by te staan, maar dat sy steeds hul besonderhede nagaan.

CAN verwelkom N$1,3 miljoen vir palliatiewe fonds 15.10.2026

Die Kankervereniging het 'n belofte van 1,3 miljoen Namibiese dollar deur die FirstRand Namibië-stigting aan sy fonds vir palliatiewe sorg verwelkom. Die vereniging sê die bydrae is 'n beduidende stap om deernisvolle en waardige gesondheidsorg vir kwesbare kankerpasiënte regoor die land te verseker. Uitvoerende hoof Rolf Hansen het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die befondsing sal help om toegang t...

Wat's fout met pienk bal in swak lig, vra Pollock 15.10.2026

Krieket: Die gewese Protea-kaptein en -snelbouler, Shaun Pollock, sê skeidsregters moet toegelaat word om van ‘n rooi na ʼn pienk bal oor te skakel sodat spel in swak lig kan voortgaan. Spel moes vroeg gestaak word op die eerste drie dae van die eerste toets tussen Suid-Afrika en Australië in Durban weens swak lig. ʼn Pienk bal, wat beter gesien word in swak lig, mag gebruik word indien albei spanne...

Hersien Regstellende Aksie in Indiensneming-wet, hoor NV 15.10.2026

Swapo-LP Justina Jonas het in die parlement 'n dringende hersiening van die Wet op Regstellende Aksie in Indiensneming versoek. Sy het verwys na ernstige befondsingstekorte en personeelbeperkings wat die Kommissie vir Billike Indiensneming se toesighoudende vermoëns belemmer. Jonas het volgehoue diskriminasie in die werkplek uitgelig en opgemerk dat swart werkers steeds gekonsentreer is in laervla...

'Nie net ANC' moet deur Verkiesingskommissie gehelp word 15.10.2026

Die Afrika Mayibuye-beweging sê die Verkiesingskommissie moet dieselfde verligting aan alle politieke partye bied wat benadeel is deur probleme met aanlyn stelsels vir kandidate-benoemings. Die Konstitusionele Hof het die ANC tegemoetgekom oor 181 kandidate wie se besonderhede wel vasgelê is, maar nie finaal ingedien is nie. Woordvoerder Sydney Baloyi sê die OVK moet die hofuitspraak regverdig toe...

Teen-GBV Operasie Basadi groot sukses 15.10.2026

Meer as 1 500 vroulike beamptes van multi-agentskap wetstoepassing en sekuriteitsektore het in September 'n landwye Operasie Basadi-veldtog gelei, wat geslagsgebaseerde geweld, kinderuitbuiting en algemene misdaad geteiken het. NamPol waarnemende inspekteur-generaal, generaal-majoor Anne-Marie Nainda, sê dat die verhoogde mannekrag tot talle arrestasies gelei het, wat wissel van veediefstal tot ve...

President oorhandig nasionale vlag aan Span Namibië 15.10.2026

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het vanoggend by die Staatshuis die Namibiese nasionale vlag formeel aan Span Namibië oorhandig, vooruitlopend op die 2026-Somerjeugolimpiese Spele in Dakar, Senegal. Die Minister van die Presidensie, dr. Charles Mubita, het die span aangemoedig om eerste op diplomasie te fokus.

Kernkragplanne wek kommer oor hulpbronne 15.10.2026

Die energiekenner Harald Schütt lewer kritiek op die regering se beweging na kernkrag en waarsku dat die tegnologie buitensporig duur is en kritieke hulpbronne van noodsaaklike dienste soos water, voedsel en vervoer kan wegtrek. Dit volg op die aanstelling van John Titus as die land se eerste kernkommissaris, terwyl die regering voorbereidings tref om kernenergie te ondersoek en groter gebruik te...

Adjunkminister van Justisie bekommerd oor dodelike Katlehong-skietery voor verkiesing 15.10.2026

Die Suid Afrikaanse adjunkminister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Andries Nel, het kommer uitgespreek oor die dodelike skietery in Katlehong in aanloop tot die plaaslikeregeringsverkiesing. Vier mense is Dinsdagaand doodgeskiet, onder andere twee lede van die ANC-jeugliga. Drie ander is in die hospitaal. ʼn Verdagte het homself aan die polisie oorgegee en die saak word deur die Gautengs...

Dunaiski: Psemas-struktuurhervormings skep uitdagings vir pensioenarisse 15.10.2026

Die Psemas-struktuurhervormings, wat op 1 April ingestel is, het aansienlike uitdagings vir kwesbare lede, veral pensioenarisse, geskep. Hoewel die hervormings daarop gemik is om die skema se langtermynvolhoubaarheid te verseker en die weg te baan vir breër universele gesondheidsdekking, sê die bestuurskundige Pius Dunaiski aan Kosmos 94.1 Nuus dat die veranderinge gepaardgegaan het met 'n onmidde...

Kerntoetsontploffing-simulasie in Erongo-streek hou klomp voordele vir Namibië 15.10.2026

Die aanbieding van Afrika se eerste kerntoetsontploffing-simulasie in die Erongo-streek bring groot ekonomiese en diplomatieke voordele vir die land. Magdalena Shipiki, hoofbeampte vir buitelandse betrekkinge by die internasionale betrekkinge-ministerie, sê dat die oefening, wat 147 miljoen Namibiese dollar kos, logistiek, gasvryheid en toerisme aan die kus ’n hupstoot gee. Sy sê dat hierdie mylpa...

Sherbourne sê Namibië moet liewer sy bande met VSA versterk 15.10.2026

Die ekonoom Robin Sherbourne sê Namibië behoort verder te kyk as sy groeiende bande met Rusland en China, en eerder meer te fokus op die versterking van sy verhouding met die Verenigde State. In 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus sê Sherbourne dat, hoewel Amerikaanse beleids-besluite onder president Donald Trump uitdagings vir Namibië geskep het, hy glo dat Amerikaanse maatskappye al hoe belangriker...

12:00 Nuus 15.10.2026

Kry die nuus soos dit breek.

Mashatile sê ‘n regverdige oorgang na ‘n volhoubare ekonomie moet almal insluit 15.10.2026

Die Suid Afrikaanse adjunkpresident Paul Mashatile sê die dringendste nasionale taak is om sterker groei te bewerkstellig en werk te skep om armoede en ongelykheid aansienlik te verminder. Hy was gister die hoofspreker tydens FEDUSA se agtste nasionale kongres in Kemptonpark, Gauteng. Die ekonomie het in die tweede kwartaal van vanjaar met 0,2-persent gekrimp, terwyl die amptelike werkloosheidskoe...

Gebrek aan gemeenskapsingryping dryf herhaalde misdaad aan 15.10.2026

Geestesgesondheidkundiges waarsku dat die versuim om gestruktureerde, gemeenskapsvlak-ingrypings te verskaf, hoë koerse van herhaalde oortredings onder vrygelate misdadigers aanwakker. Sielkundige Shaun Whittaker sê dat die herhaaldelike arrestasie en vrylating van oortreders terug in dieselfde sosiale netwerke kriminele gedrag en aangeleerde hulpeloosheid versterk, veral wanneer regstellingswerk...

Politieke ontleder sê daar kan nog vertragings in Zuma se verhoor kom 15.10.2026

Die politieke ontleder, Levy Ndou sê verdere vertragings kan nie uitgesluit word in voormalige president Jacob Zuma se jarelange wapentransaksie-korrupsiesaak nie. Ndou se opmerkings kom, ondanks Zuma se besluit om nie verdere appèlle aan te teken nie. Die verhoor sal na verwagting op 1 Februarie volgende jaar begin, ná meer as twee dekades van regsgedinge. Ndou sê baie mense wag dat die saak in d...

Ascolta il podcast Nuus su Replaio

Radio e podcast in un'unica app - gratis e senza registrazione. Installala oggi e non perderti il lancio

Scaricala su Google Play

Replaio non è un editore di podcast; i nomi dei programmi, le copertine e l'audio appartengono ai rispettivi autori e vengono distribuiti tramite feed RSS pubblici