Kosmos 94.1

Nuus

News AF ↓ 717 episodi

Kry die nuus soos dit breek.

Visita il sito del podcast e sostieni chi lo crea: www.kosmos.com.na

Autore

Kosmos 94.1

Categoria

News

Sito del podcast

www.kosmos.com.na

Ultimo episodio

16 ott 2026

Dove ascoltare?

I podcast nell'app Replaio Radio In arrivo

I podcast stanno per arrivare nell'app. Installala ora e scopri per primo un modo tutto nuovo di vivere i podcast

Scaricala su Google Play Installala gratis Android quasi 10 mln di download · valutazione 4,8 iOS in arrivo

Episodi

Carrim 'wou sonder retoerkaartjie na Dubai vlieg' 16.10.2026

Die sakeman van Noordwes, Suliman Carrim, het in die landdroshof in Pretoria verskyn op 'n aanklag dat hy versuim het om ingevolge 'n dagvaarding voor die Madlanga-kommissie te verskyn. Hy is Donderdagaand op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng in hegtenis geneem voordat hy op 'n vlug na Dubai kon klim. Die staatsaanklaer voer aan hy het nie 'n retoerkaartjie gehad nie, maar Carrim ontk...

Stygende vleispryse kan publiek na alternatiewe dwing: kundige 16.10.2026

Vleispryse het met 15 persent in 'n enkele maand gestyg soos insetkoste die hoogte inskiet vir verwerkers wat worstel met die bek-en-klouseer uitbreking. Landbou-ontleder Wallie Roux sê dat verbruikers tans aan die kortste ent trek, aangesien bederfbare voorraad in pakhuise lê, wat kopers dwing om moontlik na alternatiewe proteïenbronne oor te skakel namate bekostigbaarheid 'n kantelpunt bereik. H...

Bly kalm, hand-, voet- en mondsiekte nie soos BKS 16.10.2026

Die gesondheidsministerie doen 'n beroep op die publiek om kalm te bly ná berigte oor hand-, voet- en mondsiekte op Rehoboth, wat 19 kinders raak. Die ministerie sê alle aangemelde gevalle is stabiel en waarsku terselfdertyd teen verkeerde inligting, die sluiting van skole en onnodige paniek. Die ministerie se woordvoerder, Walters Kamaya, sê dat hand-, voet- en mondsiekte in mense verskil van die...

Duitse volksmoord-mosies sal moeilik slaag: kenner 16.10.2026

Reaksie word ontvang op die Duitse parlement wat debat gevoer het oor die volksmoord op die OvaHerero- en Nama-volke. Dit was na twee aparte opposisie-mosies van die Linkse Party, wat herstelbetalings vir die afstammelinge van die slagoffers eis, en die Greens wat vra dat kulturele artefakte en menslike oorskot aan Namibië terugbesorg word. Die debat het 'n gespanne wending geneem nadat wetgewers...

Solidariteitsveldtog vir Kuba kort nog N$3,6 miljoen 16.10.2026

Die Nasionale Solidariteitsveldtog het 3 miljoen Namibiese dollar ingesamel om mediese voorrade en sonkragpakkette vir Kubaanse gesondheidsentrums aan te skaf. Die veldtogvoorsitter, Helmut Angula, het aangekondig dat fondsinsameling tot November sal voortduur om die oorblywende 3,6 miljoen dollar in te samel wat nodig is om 140 kubieke voet sonkragpakkette te koop en te verskeep.

Madlanga-kommissie juig oor Suliman Carrim-arrestasie 16.10.2026

Die Madlanga-kommissie verwelkom die inhegtenisneming van die sakeman van Noordwes, Suliman Carrim, op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng. Hy het in Maart voor die kommissie verskyn, maar daaropvolgende verskynings misgeloop om mediese redes. Woordvoerder Jeremy Michaels sê Carrim is aangekla nadat hy versuim het om op 14 Augustus ingevolge 'n dagvaarding te verskyn, en herhaaldelik ni...

Regering 'moet BKS-verbod op jagtrofee-uitvoere heroorweeg' 16.10.2026

Die professionele jagter Jofie Lamprecht sê grootwildjag en die uitvoer van die trofeë dra tussen 250 miljoen en 300 miljoen Namibiese dollar tot die land se ekonomie by. Hy sê dit is daarom belangrik dat die regering sy besluit om die uitvoer van grootwildtrofeë te verbied, dringend heroorweeg om te verseker dat dié inkomstebron nie opdroog nie. Lamprecht sê jagoperateurs noord van die Rooilyn vo...

Fifa-baas vra verskoning oor privatiseringsplan 16.10.2026

Sokker: Fifa se president, Gianni Infantino, het verskoning gevra vir sy plan om die Wêreldbekertoernooi te privatiseer. Hy sê foute is gemaak wat tot baie gevolge gelei het. Hy het in Augustus ‘n omstrede plan geskrap om 'n aandeel in die Wêreldbekertoernooi aan privaat beleggers te verkoop nadat bestuursliggame heftig beswaar gemaak het. Infantino het na gister se Fifa-raadsvergadering in Zurich...

Creecy keur brandstofheffing-verhoging af, Cosatu juig 16.10.2026

Die vakverbond Cosatu verwelkom vervoerminister Barbara Creecy se ingryping om nog ʼn verhoging in die brandstofheffing te keer. Sy het ʼn voorstel van die Padongelukkefonds om die POF-heffing tot drie Suid-Afrikaanse rand per liter te verhoog, afgekeur en sê verbruikers is reeds onder groot druk. Cosatu-woordvoerder Matthew Parks sê werkers en die ekonomie steier onder die afgelope jaar se enorme b...

Okahandja-munisipaliteit praat oor ongewone reuk 16.10.2026

Die woordvoerder van die Okahandja-munisipaliteit, Master Penna, het met Kosmos 94.1 News gepraat oor die ongewone reuk wat tans in munisipale kraanwater waargeneem word.

OVK begin om stembriewe te wysig en te herdruk ná Konstitusionele Hof-uitspraak 16.10.2026

Die SA Verkiesingskommissie sê hy sal nou begin om stembriewe te wysig en te herdruk ten einde 181 ANC-kandidate in ses munisipaliteite in te sluit. Dit volg op die Konstitusionele Hof se uitspraak ten gunste van die ANC in 'n geskil oor kandidate wat uitgesluit is van volgende maand se plaaslikeregeringsverkiesing. Die kommissie het vroeër die week gesê 66-persent van die stembriewe is reeds gedr...

Klein ondernemings moet slim bestee om te oorleef 16.10.2026

Ekonomiese druk plaaslik en wêreldwyd plaas ernstige druk op die land se klein besighede en informele sektore. SMEs Compete-stigter Danny Meyer sê dat entrepreneurs nou streng operasionele doeltreffendheid en slim besteding moet prioritiseer, om te oorleef. Meyer het klein ondernemings aangespoor om te innoveer en na geleenthede in buurlande te kyk:

Klein ondernemings moet slim bestee om te oorleef 16.10.2026

Ekonomiese druk plaaslik en wêreldwyd plaas ernstige druk op die land se klein besighede en informele sektore. SMEs Compete-stigter Danny Meyer sê dat entrepreneurs nou streng operasionele doeltreffendheid en slim besteding moet prioritiseer, om te oorleef.

Bek-en-klouseer se impak strek nou tot jagbedryf 16.10.2026

Die kwarantyn-maatreëls in Namibië, as gevolg van die bek-en-klouseer-uitbreking het ook ‘n groot negatiewe impak op die land se jagbedryf. Jofie Lamprecht bekende beroepsjagter het dit so aan Kosmos 94.1 verwoord.

BKS: Vleisbedryf worstel met afleggings en herstrukturering 16.10.2026

Die voortdurende beperkings op bek-en-klouseer het Namibië se vleisvoorsiening-s-ketting tot stilstand geruk, met groot slagpale wat nou korttermyn-herstrukturering en afleggings in die gesig staar. Landbou-ontleder Wallie Roux het opgemerk dat hoewel slag-bedrywighede stadig na 'n tydperk van 30 dae onder streng staat-s-riglyne kan hervat, die onmiddellike ontwrigting ernstig is en alles van plaa...

IPPR eis hervormings teen verkrygingskorrupsie 16.10.2026

Die Instituut vir Openbare Beleids-navorsing daag die nuut aangestelde direkteur van die Teenkorrupsie-kommissie, Bryan Eiseb, uit... om ingrypende hervormings te bespoedig om korrupsie in openbare verkryging te bekamp. Die voorstelle sluit in 'n toegewyde korrupsie-hulplyn vir verkryging, sterker fluitjieblaser-beskerming en groter deursigtigheid in regerings-kontrakte. Die IPPR-navorser Frederic...

Skof vyf van die Rhino Run-fietswedren 16.10.2026

Vandag is Skof 5 van die Rhino Run-uithou-fietswedren van Windhoek na Graaff Reinet. Namibiër, Drikus Coetzee, trap steeds dat die sweet spat en die stof draai... en is tans op die pad, met Clanwilliam as sy volgende bestemming:

Walvisbaai ontvang vragmotor en vullisdromme van Namport 16.10.2026

Die Namport Maatskaplike Beleggingsfonds het 'n vragmotor en tien vullisdromme aan die Walvisbaai Munisipaliteit oorhandig om munisipale dienslewering te bevorder en om te help om die kusdorp skoner te hou. Met die ontvangs van die skenking het die adjunkburgemeester Mina Hangula beklemtoon dat 'n florerende hawe en dorp van mekaar afhanklik is. Sy het die behoefte aan gemeenskap-s-opvoeding bekle...

Namibië  se ryk olievelde die ster by African Energy Week 16.10.2026

Namibië se ryk olievelde het vandeesweek opnuut opslae by die African Energy Week in Kaapstad gemaak. Mike Sangster, die senior visepresident van TotalEnergies het die Venus- en Mopane-projekte as een van die oliereus se hoogtepunte uitgelig:

Namibië waarsku teen herhaling van entstofnasionalisme 16.10.2026

Namibië se permanente verteenwoordiger by die Verenigde Nasies, Penda Naanda, sê die entstof nasionalisme tydens die COVID-19-pandemie het wêreldwye solidariteit ondermyn en ontwikkelende lande blootgestel, en Afrika waarsku teen herhaling daarvan. Namibië, wat hierdie maand die Afrika-groep by die VN voorsit, het die groep se standpunt by die 81ste Algemene Vergadering oorgedra. Die Afrika-groep...

MISA vra werkers moet betrek word by besluite oor KI 16.10.2026

Die Motorbedryf-personeelvereniging sê tegnologiese verandering moet werkers bevoordeel en nie net ondernemings nie, aangesien outomatisering en kunsmatige intelligensie werkplekke hervorm. Dié kwessie is by die agtste nasionale kongres van die Suid-Afrikaanse Vakbondfederasie geopper, wat fokus op die waardigheid van werkers, regte en die toekoms van werk. Die woordvoerder van MISA, Phakamile Hlu...

BoN en Deutsche Bundesbank hernu tegniese samewerking-ooreenkoms 16.10.2026

Die Bank van Namibië en Duitsland se Deutsche Bundesbank het hul memorandum van ooreenkoms hernu om tegniese samewerking en institusionele kapasiteit in sentrale bankwese te bevorder. Die raamwerk bou voort op meer as 'n dekade van samewerking en fokus op tegniese bystand, gespesialiseerde opleiding en menslike kapitaalontwikkeling. Die sentrale bank se adjunkdirekteur van korporatiewe kommunikasi...

SA NVG: Geen lasbrief is vir inhegtenisneming van March and March-leier uitgereik 16.10.2026

Die Nasionale Vervolgingsgesag het bewerings ontken dat 'n lasbrief vir die inhegtenisneming van Jacinta Ngobese-Zuma, leier van die March and March-beweging, en haar man, Xolani, uitgereik is. Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Kaizer Kganyago, sê die instelling neem onafhanklik vervolgingsbesluite wat gegrond is op die Grondwet, die wet en bewyse, sonder opdragte van politieke...

Betroubare elektrisiteit bly belangrike deel van Namibië se ekonomiese groei 16.10.2026

Stad Windhoek-raadslid, Mateus Shoongo, sê betroubare en toeganklike elektrisiteit bly ‘n belangrike deel van Namibië se ekonomiese groei, sosiale ontwikkeling en effektiewe munisipale dienslewering. Tydens ‘n eendag-beraad vir rolspelers in die kragvoorsiening-sektor in Windhoek, Donderdag, het Shoongo gesê dat die stad se vinnige, jaarlike groei druk op die krag-netwerk plaas wat die behoorlike...

OVK verbind tot implementering van Konstitusionele Hof-beslissing oor ANC-kandidatelys 16.10.2026

Die Verkiesingskommissie sê hy sal die Konstitusionele Hof se uitspraak implementeer, oor die ANC se 181 uitgeslote kandidate vir die plaaslike regeringsverkiesing van 4 November. Die uitspraak volg na 'n regsgeding deur die ANC oor die indiening van sy lys. Die uitvoerende hoof van die kommissie, Sy Mamabolo, sê hulle sal meer besonderhede verskaf oor hoe die uitspraak geïmplementeer sal word sod...

Ascolta il podcast Nuus su Replaio

Radio e podcast in un'unica app - gratis e senza registrazione. Installala oggi e non perderti il lancio

Scaricala su Google Play

Replaio non è un editore di podcast; i nomi dei programmi, le copertine e l'audio appartengono ai rispettivi autori e vengono distribuiti tramite feed RSS pubblici