Kosmos 94.1

Nuus

News AF ↓ 699 episodi

Kry die nuus soos dit breek.

Visita il sito del podcast e sostieni chi lo crea: www.kosmos.com.na

Autore

Kosmos 94.1

Categoria

News

Sito del podcast

www.kosmos.com.na

Ultimo episodio

16 ott 2026

Dove ascoltare?

I podcast nell'app Replaio Radio In arrivo

I podcast stanno per arrivare nell'app. Installala ora e scopri per primo un modo tutto nuovo di vivere i podcast

Scaricala su Google Play Installala gratis Android quasi 10 mln di download · valutazione 4,8 iOS in arrivo

Episodi

Namibië  se ryk olievelde die ster by African Energy Week 16.10.2026

Namibië se ryk olievelde het vandeesweek opnuut opslae by die African Energy Week in Kaapstad gemaak. Mike Sangster, die senior visepresident van TotalEnergies het die Venus- en Mopane-projekte as een van die oliereus se hoogtepunte uitgelig:

Namibië waarsku teen herhaling van entstofnasionalisme 16.10.2026

Namibië se permanente verteenwoordiger by die Verenigde Nasies, Penda Naanda, sê die entstof nasionalisme tydens die COVID-19-pandemie het wêreldwye solidariteit ondermyn en ontwikkelende lande blootgestel, en Afrika waarsku teen herhaling daarvan. Namibië, wat hierdie maand die Afrika-groep by die VN voorsit, het die groep se standpunt by die 81ste Algemene Vergadering oorgedra. Die Afrika-groep...

MISA vra werkers moet betrek word by besluite oor KI 16.10.2026

Die Motorbedryf-personeelvereniging sê tegnologiese verandering moet werkers bevoordeel en nie net ondernemings nie, aangesien outomatisering en kunsmatige intelligensie werkplekke hervorm. Dié kwessie is by die agtste nasionale kongres van die Suid-Afrikaanse Vakbondfederasie geopper, wat fokus op die waardigheid van werkers, regte en die toekoms van werk. Die woordvoerder van MISA, Phakamile Hlu...

BoN en Deutsche Bundesbank hernu tegniese samewerking-ooreenkoms 16.10.2026

Die Bank van Namibië en Duitsland se Deutsche Bundesbank het hul memorandum van ooreenkoms hernu om tegniese samewerking en institusionele kapasiteit in sentrale bankwese te bevorder. Die raamwerk bou voort op meer as 'n dekade van samewerking en fokus op tegniese bystand, gespesialiseerde opleiding en menslike kapitaalontwikkeling. Die sentrale bank se adjunkdirekteur van korporatiewe kommunikasi...

SA NVG: Geen lasbrief is vir inhegtenisneming van March and March-leier uitgereik 16.10.2026

Die Nasionale Vervolgingsgesag het bewerings ontken dat 'n lasbrief vir die inhegtenisneming van Jacinta Ngobese-Zuma, leier van die March and March-beweging, en haar man, Xolani, uitgereik is. Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Kaizer Kganyago, sê die instelling neem onafhanklik vervolgingsbesluite wat gegrond is op die Grondwet, die wet en bewyse, sonder opdragte van politieke...

Betroubare elektrisiteit bly belangrike deel van Namibië se ekonomiese groei 16.10.2026

Stad Windhoek-raadslid, Mateus Shoongo, sê betroubare en toeganklike elektrisiteit bly ‘n belangrike deel van Namibië se ekonomiese groei, sosiale ontwikkeling en effektiewe munisipale dienslewering. Tydens ‘n eendag-beraad vir rolspelers in die kragvoorsiening-sektor in Windhoek, Donderdag, het Shoongo gesê dat die stad se vinnige, jaarlike groei druk op die krag-netwerk plaas wat die behoorlike...

OVK verbind tot implementering van Konstitusionele Hof-beslissing oor ANC-kandidatelys 16.10.2026

Die Verkiesingskommissie sê hy sal die Konstitusionele Hof se uitspraak implementeer, oor die ANC se 181 uitgeslote kandidate vir die plaaslike regeringsverkiesing van 4 November. Die uitspraak volg na 'n regsgeding deur die ANC oor die indiening van sy lys. Die uitvoerende hoof van die kommissie, Sy Mamabolo, sê hulle sal meer besonderhede verskaf oor hoe die uitspraak geïmplementeer sal word sod...

President oorhandig nasionale vlag aan Jeug Olimpiese Spele-span 16.10.2026

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het die nasionale vlag by Staatshuis aan Namibië se span van 12 lede wat op pad is na die Dakar 2026 Jeug Olimpiese Spele in Senegal oorhandig. Sy het sport as 'n nasionale prioriteit onder die Sesde Nasionale Ontwikkelingsplan beklemtoon... en die jong atlete aangespoor om met dissipline, veerkragtigheid en nederigheid mee te ding:

Mashatile onthul beleggingsbeloftes in Limpopo oorskry N$452-miljard 16.10.2026

Die Suid Afrikaanse adjunkpresident Paul Mashatile sê beleggingsbeloftes wat deur die Limpopo-beleggingskonferensie verkry is, het 452-miljard Namibiese dollar oorskry, met meer as 71-miljard dollar reeds belê is. Tydens die 6de beleggingskonferensie het Mashatile gesê hierdie beleggings het gehelp om byna 24-duisend werksgeleenthede te skep. Mashatile sê Limpopo is goed geposisioneer vir verdere...

Onthou, NamRA se belasting-amnestieprogram sluit op 31 Oktober 16.10.2026

Die Namibiese Inkomste-agentskap herinner belastingbetalers daaraan dat die finale fase van sy belasting-amnestieprogram op 31 Oktober sluit. NamRA-projekbestuurder Petra Haingura sê dat deelnemers 'n 100 persent kwytskelding van alle rente en boetes ontvang, mits hulle hul kapitaalbelastingbalans ten volle via die Itas-portaal voor die sperdatum vereffen.

Bulle reg vir Stade Francais-wedstryd op Loftus 16.10.2026

Die Blou Bulle speel Saterdag teen Stade Francais in die Verenigde-rugby-kampioenskap-reeks op Loftus Versfeld in Pretoria. Die span is aangewys... en die hoof-afrigter van die Bulle, Johan Ackerman het met Kosmos 94.1 gepraat:

Weer: Baie warm vandag, môre koeler met ligte reënbuie 16.10.2026

Met 'n bloedig-warm week agter die rug, sê die weerkantoor dat ons vandag nóg warmer sal kry, met dag-temperature wat in die noorde en noordooste van die land na verwagting bo 40 grade Celsius sal styg. 'n Koue front, môre, sal verligting en koeler weer bring, met ligte reënbuie in die noord-weste en sentrale gebiede. Albertina Anderson van die weerdiens het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

IKT-minister vra vir goeie aanlyn-gedrag 16.10.2026

Minister van inligting en kommunikasie tegnologie, Emma Theofelus, vra Namibiërs moet verantwoordelik die internet gebruik. Theofelus het tydens die 9de Nasionale IKR-beraad in Ongwediva gepraat en veral jongmense gemaan om bewus te wees van hul digitale voetspore en aanlynaktiwiteite:

Hond wat Swakop-polisie aanval geskiet 16.10.2026

Tydens 'n polisie-ondersoek in Swakopmund se Mondesa-gebied het die 44-jarige Christian Petrus, algemeen bekend as Pepi, na bewering sy hond beveel om beamptes aan te val, waarna 'n beampte die aanstormende dier uit selfverdediging geskiet het. Petrus het hierdie week in die hof verskyn, borgtog van 1 000 Namibiese dollar gekry en sal op 19 November weer in die hof verskyn. Die Erongo-polisiekommi...

Omaheke-streek reg vir stryd teen BKS 16.10.2026

Boere en ander belanghebbendes in die Omaheke-streek sê dis elkeen se verantwoordelikheid om die verspreiding van bek-en-klouseer te stuit en het daarom verskeie maatreëls voorgestel om die land se geveg teen die siekte te versterk. Van hul voorstelle sluit in die instandhouding van die Namibië-Botswana grensdraad, die oprigting van padblokkades, en die skep van 'n streeksraadgewende taakspan om k...

Elke aanpassing aan kragpryse raak alledaagse Namibiese-huishoudings 16.10.2026

Minister van mynbou en energie, Modestus Amutse, sê elektrisiteits-verskaffers moet onthou dat enige aanpassings wat hulle aan krag-pryse maak, die alledaagse Namibiese-huishouding direk affekteer. Amutse het Donderdag met rolspelers in die kragvoorsiening-sektor vir ‘n eendag-beraad in Windhoek vergader en gesê bekostigbaarheid moet sentraal bly in Namibië se energietransformasie:

06:00 Nuus 16.10.2026

Kry die nuus soos dit breek.

Mbalula vra hersiening van DA se rol in RNE na Konstitusionele Hof-oorwinning 16.10.2026

Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, bepleit ’n hersiening van die DA se rol in die regering van nasionale eenheid ná die Konstitusionele Hof-beslissing dat 181 ANC-kandidate vir die plaaslike regeringsverkiesing wat voorheen uitgesluit is, op die lys geplaas moet word. Die DA het die ANC in die hof teengestaan. Mbalula beklemtoon niks verplig die ANC om vir 'n onbepaalde tyd saam met d...

Kus maak gereed vir 11 000 passasierskeep-besoekers 16.10.2026

Die kus maak gereed vir 'n ekonomiese hupstoot aangesien Walvisbaai meer as 11 000 passasiers van internasionale passasierskepe sal verwelkom tussen Oktober en Januarie. Dit is egter 'n reuse-daling van die sowat 79 000 passasiers wat in die vorige seisoen die hawe aangedoen het. Die Gasvryheidsvereniging van Namibië se uitvoerende hoof, Gitta Paetzold, sê daar is haakplekke met visums, maar dit w...

Die dag wat was, 15 Oktober 2026 15.10.2026

Kry die nuus soos dit breek.

Mense wat wêreldwyd in armoede leef styg tot 1,2 miljard 15.10.2026

Die Verenigde Nasies sê die aantal mense wat op verskeie vlakke van armoede leef, het die eerste keer in 15 jaar toegeneem tot 1,2-miljard. 'n Wêreldwye armoede-aanwyser toon dis 51,5-miljoen meer mense as verlede jaar. Onder die 1,2-miljard mense is 617-miljoen kinders, en 83-persent woon in landelike gebiede. Die administrateur van die VN se Ontwikkelingsprogram, Alexander de Croo, sê Afrika sui...

Kaartjies vir Napha-jaarvergadering nou te koop 15.10.2026

Kaartjies vir die Namibiese Professionele Jagtersvereniging se jaarvergadering is nou amptelik te koop. Napha se kantoorbestuurder, Kristin Maritz, sê vanjaar se byeenkoms vind plaas onder die tema "Professionaliteit versterk bewaring", met die doel om strategieë vir volhoubare wildbestuur in die kollig te plaas. Sy het meer inligting aan Kosmos 94.1 Nuus gegee.

Meatco blink uit in VK, selfs ná BKS-uitbreking 15.10.2026

Meatco se bedrywighede in die Verenigde Koninkryk het 'n "STERK"-gradering in die jongste beoordeling deur Plimsoll Rating ontvang. Hierdie erkenning kom na die bek-en-klouseer uitbreking, wat toegang tot belangrike premium-uitvoermarkte ontwrig het. Plimsoll se beoordeling het 47 van die VK se toonaangewende vleis in- en -uitvoermaatskappye geëvalueer en hul finansiële prestasie, waardasie en sak...

Publiek welkom om landbouministerie teen BKS te help 15.10.2026

Die landbouministerie is oop vir vrywillige hulp van lede van die publiek in die stryd teen die bek-en-klouseer-uitbreking. Lynminister Inge Zaamwani het vanmiddag aan die parlement gesê dat sy 'n lys ontvang het van individue wat aanbeveel is om die ministerie by te staan, maar dat sy steeds hul besonderhede nagaan.

CAN verwelkom N$1,3 miljoen vir palliatiewe fonds 15.10.2026

Die Kankervereniging het 'n belofte van 1,3 miljoen Namibiese dollar deur die FirstRand Namibië-stigting aan sy fonds vir palliatiewe sorg verwelkom. Die vereniging sê die bydrae is 'n beduidende stap om deernisvolle en waardige gesondheidsorg vir kwesbare kankerpasiënte regoor die land te verseker. Uitvoerende hoof Rolf Hansen het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die befondsing sal help om toegang t...

Ascolta il podcast Nuus su Replaio

Radio e podcast in un'unica app - gratis e senza registrazione. Installala oggi e non perderti il lancio

Scaricala su Google Play

Replaio non è un editore di podcast; i nomi dei programmi, le copertine e l'audio appartengono ai rispettivi autori e vengono distribuiti tramite feed RSS pubblici