Kosmos 94.1

Nuus

News AF ↓ 712 episodi

Kry die nuus soos dit breek.

Visita il sito del podcast e sostieni chi lo crea: www.kosmos.com.na

Autore

Kosmos 94.1

Categoria

News

Sito del podcast

www.kosmos.com.na

Ultimo episodio

16 ott 2026

Dove ascoltare?

I podcast nell'app Replaio Radio In arrivo

I podcast stanno per arrivare nell'app. Installala ora e scopri per primo un modo tutto nuovo di vivere i podcast

Scaricala su Google Play Installala gratis Android quasi 10 mln di download · valutazione 4,8 iOS in arrivo

Episodi

Gebrek aan gemeenskapsingryping dryf herhaalde misdaad aan 15.10.2026

Geestesgesondheidkundiges waarsku dat die versuim om gestruktureerde, gemeenskapsvlak-ingrypings te verskaf, hoë koerse van herhaalde oortredings onder vrygelate misdadigers aanwakker. Sielkundige Shaun Whittaker sê dat die herhaaldelike arrestasie en vrylating van oortreders terug in dieselfde sosiale netwerke kriminele gedrag en aangeleerde hulpeloosheid versterk, veral wanneer regstellingswerk...

Politieke ontleder sê daar kan nog vertragings in Zuma se verhoor kom 15.10.2026

Die politieke ontleder, Levy Ndou sê verdere vertragings kan nie uitgesluit word in voormalige president Jacob Zuma se jarelange wapentransaksie-korrupsiesaak nie. Ndou se opmerkings kom, ondanks Zuma se besluit om nie verdere appèlle aan te teken nie. Die verhoor sal na verwagting op 1 Februarie volgende jaar begin, ná meer as twee dekades van regsgedinge. Ndou sê baie mense wag dat die saak in d...

IPC-LP, Mouton bekommerd oor B1-padmerke wat besig is om te vervaag 15.10.2026

Die IPC-LP, John-Louw Mouton, sê hy is bekommerd oor die padmerke op die B1 wat besig is om te vervaag en waarsku dat swak sigbaarheid van die padtekens die risiko van padongelukke kan verhoog. Mouton het Woensdag in die parlement vervoerminister, Veikko Nekundi, gevra wanneer die padmerke, veral dié wat veilige verbysteek-sones aandui, ‘n nuwe laag verf sou kry. Nekundi het op sy beurt weer gesê...

Nampol’s crime breakthroughs 15.10.2026

Clip 3- Nampol’s crime breakthroughs

Nampol’s crime breakthroughs 15.10.2026

Clip 2- Nampol’s crime breakthroughs

Nampol’s crime breakthroughs 15.10.2026

Clip 1- Nampol’s crime breakthroughs

Hernude oproepe vir vuurwapenvrye-Gauteng ná skietvoorval in Katlehong 15.10.2026

Die Gauteng wetgewer se Komitee vir Gemeenskapsveiligheid het sy oproep om 'n vuurwapenvrye provinsie hernu ná 'n skietvoorval in Katlehong, Ekurhuleni, waarin vier mense dood en sewe beseer is. Die slagoffers is na bewering aangeval terwyl hulle van 'n gedenkdiens vir 'n plaaslike politieke leier teruggekeer het. Die voorsitter van die komitee, Bandile Masuku, het aangedring op strenger optrede t...

Betrek meer jongmense by land se ekonomie met geteikende befondsing 15.10.2026

Die Swapo Jeugliga sê geteikende befondsing en ekonomiese insluiting is die sleutel tot die bekamping van jeugwerkloosheid en jeug-betrokkenheid. Woordvoerder Moses Shikerete het die Nasionale Jeugontwikkelingsfonds uitgelig as 'n manifes-oorwinning wat banke se kollateraal-hindernisse vir jong entrepreneurs verwyder. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

WKOD vra matrikulante om nie laat vir eksamens op te daag nie 15.10.2026

Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement het kommer uitgespreek oor leerders wat laat opdaag vir die matriekeksamen, ondanks 'n goeie begin van die eksamen. Meer as 85-duisend voltydse, deeltydse en herhaalde kandidate skryf hul nasionale senior sertifikaat-eksamen in die provinsie. Die LUR vir onderwys, Jaco Londt, het leerders versoek om ten minste 'n uur vroeër by eksamenlokale op te daag om stres wa...

Landbou-ministerie sê meer as 63 000 beeste reeds vir BKS gesif 15.10.2026

Die ministerie van landbou sê hy het reeds, sedert die bek-en-klouseer-uitbreking meer as 63 000 beeste vir die siekte gesif. Woordvoerder, Romeo Muyunda, sê daar is, dusver, 131 diere wat op 18 Karasburgs-distrik-plase positief vir BKS getoets het. Vir meer inligting en 'n meer-gedetaileerde opsomming van Woensdag se BKS-opdatering, besoek die Kosmos Kapitaal Facebook-blad.

Die Wes-Kaapse regering verskerp pogings om uitvoere te bevorder 15.10.2026

Die Wes-Kaapse regering sê sterker internasionale handelsvennootskappe is noodsaaklik om meer as 200-duisend werksgeleenthede deur verhoogde uitvoere te skep. Die provinsie se uitvoerstrategie het ten doel om teen 2035 uitvoere ter waarde van 408-miljard-Namibiese dollar te lewer en nog 'n duisend aktiewe uitvoerders te lok. Tydens 'n vergadering van die uitvoerbedryf in Kaapstad het premier Alan...

Minister Kantema-Gaomas verdedig N$250m kindertoelae wat uitbetaal is 15.10.2026

Die minister van geslagsgelykheid, Emma Kantema-Gaomas, het die 250 miljoen Namibiese dollar in kindertoelae wat aan individue tussen 18 en 21 jaar oud betaal is, verdedig. Dit volg ná 'n verslag van die ouditeur-generaal, wat die uitbetalings uitgelig het. Kantema-Gaomas het in die parlement verduidelik dat hoewel 18 die wettige ouderdomsgrens is, die Kindersorg- en Beskermingswet verlengde onder...

Drikus Coetzee reg vir Dag 4 van Rhino Run-fietswedren 15.10.2026

Fietsryers skop vandag skof vier van die Rhino Run-uithou-fietswedren van Windhoek na Graaff Reinet af. Drikus Coetzee van Namibië is steeds in eerste plek, en het, na drie dae in die saal, reeds 1-duisend-170 kilometer afgelê... en is tans byna 100 kilometer voor Frankryk se Stephane Lombard. Coetzee het vanoggend 'n opdatering met Kosmos 94.1 Nuus gedeel:

Tweede skoolvakansie en Heldedag padveiligheids-inisiatiewe groot sukses 15.10.2026

Nasionale padveiligheid-operasies wat die tweede trimester skool-vakansie en Heldedag-tydperk dek, het gelei tot 'n afname van 35-persent in padsterftes op die land se belangrike hoofweë. NamPol waarnemende inspekteur-generaal, generaal-majoor Anne-Marie Nainda, sê dat verkeersbeamptes tydens die veldtog langs die B1- en B2-snelweë meer as 21 800 voertuie voorgekeer het. 16-duisend-500 bestuurders...

Ma van 18-jarige Karinambande Muundjua vra om vergifnis 15.10.2026

Die ma van die 18-jarige wat Woensdag in die Okahandja-landdroshof verskyn het op aanklagte van moord op die die 5-jarige Ingrid Maasdorp en die 6-jarige Roswinds Fabianu op Okahandja, sê sy is jammer vir wat haar seun gedoen het. Selma Tjivikua het aan Nampa gesê haaar familie is geskok oor die klagtes teen haar seun, Karinambande Muundjua, en om vergifnis gevra van die families van die twee mind...

Bou van 2 voetganger-brûe oor Westelike Verbypad begin in November 15.10.2026

Die minister van werke en vervoer, Veikko Nekundi sê die konstruksie van twee voetganger-brûe oor die Westelike Verbypad sal voor die einde van November afskop. Nekundi het Woensdag gereageer op ‘n vraag in die parlement deur Affirmative Repositioning-LP, George Kambala. Kambala wou weet, behalwe vir die installering van spoedhobbels, hoekom dit so lank vat om met ‘n permanente oplossing vorendag...

06:00 Nuus 15.10.2026

Kry die nuus soos dit breek.

DA vra vir beter beheer na BKS-uitbreking in Addo 15.10.2026

Die DA vra die Oos-Kaapse regering om maatreëls te verskerp om die verspreiding van bek-en-klouseer te voorkom nadat die siekte by koedoes in die Addo-olifant Nasionale Park bevestig is. Die bron van die besmetting en enige moontlike verband met ander uitbrekings word steeds ondersoek. Die DA-lid Heinrich Müller dring aan op beter monitering in natuurreservate, strenger beheer oor rondlopervee, ve...

Regering wil KI-beleid vir staatsdiens instel 15.10.2026

Die regering gaan 'n beleid instel wat die gebruik van kunsmatige intelligensie in die staatsdiens sal rig, namate hy pogings verskerp om digitale transformasie en inklusiewe ontwikkeling te bevorder. Tydens die amptelike opening van die negende Nasionale IKT-beraad in Ongwediva het inligtingminister Emma Theofelus gesê dat stelsels veilig met mekaar moet saamwerk, met kuberveiligheid, databeskerm...

Hou Sibiya agter tralies, vra beweerde slagoffers 14.10.2026

Twee beweerde slagoffers in die verkragtings- en seksuele gereedmaking-saak teen die voormalige adjunk-nasionale polisiekommissaris Shadrack Sibiya, het die Randburg-landdroshof gevra om hom in aanhouding te hou. Hulle het in slagofferverklarings wat in die hof voorgelees is, vrese geopper oor hul veiligheid indien Sibiya op borgtog vrygelaat word. Die 16-jarige klaagster beweer Sibiya het haar pa...

Regering skop vas teen kragoordrag-nasionalisering 14.10.2026

Energieminister Modestus Amutse het die regering se teenkanting teen die privatisering van die nasionale elektrisiteitsnetwerk herbevestig. Hy het in 'n toespraak in die parlement vanmiddag gesê die regering sal nie toelaat dat private rolspelers beheer oor elektrisiteitsoordrag uitoefen nie. Dit kom midde 'n voortdurende geskil tussen sy ministerie en die Elektrisiteitsbeheerraad oor onafhanklike...

Wapen-amnestie lewer net 15 vuurwapens op 14.10.2026

NamPol waarnemende inspekteur-generaal, generaal-majoor Anne-Marie Nainda, sê daar was vanjaar 'n skerp afname in die vrywillige oorhandiging van onwettige vuurwapens tydens die Afrika-amnestiemaand veldtog. Slegs 15 vuurwapens is ingehandig, vergeleke met 86 in 2025. Oorhandigings was ook tot 'n handjievol streke beperk, wat die polisie genoop het om hul uitreikstrategie te hersien. Nainda beklem...

131 BKS-gevalle in ǁKharas bevestig, geen nuwe gevalle in Zambezi 14.10.2026

Die landbouministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda, sê daar is teen vandag 131 bevestigde gevalle van bek-en-klouseer aangemeld, almal in die ǁKharas-streek. Die gevalle is op 18 plase in die Karasburg-staatsveeartsdistrik gevind, en 63 011 diere is ondersoek sedert die uitbreking op 23 September bevestig is. In die Zambezi-streek, waar 'n tweede uitbreking bevestig is, is geen nuwe kliniese gev...

Eksamenseisoen skop landswyd af 14.10.2026

Die skole-eksamenseisoen het amptelik landswyd afgeskop vir meer as 98 000 kandidate, met alle vraestelle wat veilig afgelewer is. Die direkteur van die nasionale assessering en eksamens, Clementine Tsumis-Garises, waarsku dat kandidate van eksamenlokale verbied sal word sonder 'n amptelike toelatingspermit en 'n ooreenstemmende staats-identiteitsdokument, paspoort of bestuurslisensie om nabootsin...

Proteas-afrigter dink aan veranderinge vir tweede toets 14.10.2026

Krieket: Die Proteas se afrigter, Shukri Conrad, sê dis nie nou tyd vir ondeurdagte reaksies nie na hulle nederlaag teen Australië in die eerste toets in Durban nie. Hy beklemtoon daar is geen verskonings nie, maar wys op die invloed van talle beserings, veral dié van die snelbouler Kagiso Rabada. Hy behoort te kan speel in die tweede toets in Gqeberha, waarskynlik ten koste van Anrich Nortjé. Con...

Ascolta il podcast Nuus su Replaio

Radio e podcast in un'unica app - gratis e senza registrazione. Installala oggi e non perderti il lancio

Scaricala su Google Play

Replaio non è un editore di podcast; i nomi dei programmi, le copertine e l'audio appartengono ai rispettivi autori e vengono distribuiti tramite feed RSS pubblici