Kosmos 94.1

Nuus

News AF ↓ 927 episodios

Kry die nuus soos dit breek.

No dejes de visitar la web del podcast y apoyar a su creador: www.kosmos.com.na

Autor

Kosmos 94.1

Categoría

News

Web del podcast

www.kosmos.com.na

Último episodio

24 de oct. de 2026

¿Dónde escuchar?

Podcasts en la app Replaio Radio Muy pronto

Los podcasts llegarán muy pronto a la app. Instálala ahora y sé el primero en descubrir una forma totalmente nueva de vivir los podcasts

Descárgala en Google Play Instálala gratis Android casi 10 M de descargas · valoración de 4,8 iOS muy pronto

Episodios

Withuis krabbel terug oor Trump se Los Angeles en San Diego-opmerking 07.10.2026

Die Withuis krabbel terug nadat Amerikaanse president Donald Trump by 'n verkiesingsveldtog in Nebraska gesê het dat Iran Los Angeles en San Diego kan vernietig, en dat dit 'n klein prys sal wees om te betaal vir veiligheid. Volgens die Withuis het Trump bedoel Amerikaanse stede sou deur Iran bedreig word as hy nie die oorlog begin het nie, en kommunikasiedirekteur Stephen Cheung het op X gesê die...

Kenia bevestig eerste inkomende geval van Ebola 07.10.2026

Kenia se gesondheidministerie het die land se eerste inkomende geval van Ebola bevestig. Gesondheidminister Aden Duale sê 'n Keniaanse burger wat al sewe jaar in die Demokratiese Republiek van die Kongo woon, het Saterdag per pad na Kampala gereis voordat hy na Nairobi gevlieg het en is Maandagaand oorlede. Hy sê die owerhede is besig om 28 kontakte op te spoor, insluitend familielede en gesondhei...

Die dag wat was, 6 Oktober 2026 06.10.2026

Kry die nuus soos dit breek.

Namibiër Zack von Wielligh nou 'n Blitsbok 06.10.2026

Zack von Wielligh, ’n voormalige naelloper en losvoorspeler van Windhoek Gimnasium, het ’n belangrike mylpaal in sy rugbyloopbaan bereik. Die jong Namibiër is gekies vir die Springbok-sewesgroep vir die Mauritius Sevens-toernooi. Von Wielligh het sy internasionale debuut vir die Blitsbokke-seniorspan in Cascavelle, Mauritius, gemaak. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

NNN se armoede-opmerkings 'selfaanklag teen Swapo” 06.10.2026

Bestuurskenner Pius Dunaiski sê president Netumbo Nandi-Ndaitwah se onlangse opmerkings oor armoede beklemtoon die ernstige ekonomiese uitdagings waarmee meeste Namibiërs te kampe het. Tydens die One Economy Foundation se jaarlikse fondsinsamelingsgeleentheid het Nandi-Ndaitwah gesê dat te min Namibiërs ekonomies bemagtig is, wat daartoe lei dat diegene met finansiële middele met 'n toenemende str...

Demensielyers van heksery beskuldig, owerhede moet optree 06.10.2026

Berrie Holtzhausen, stigter van Alzheimer Dementia Namibia, vra vir sterker wetlike beskerming vir bejaardes wat valslik van heksery beskuldig word. Hulle ly dikwels aan ongediagnoseerde toestande soos vaskulêre demensie. Holtzhausen kritiseer owerhede vir hulle versuim om bestaande wette en Pan-Afrikaanse riglyne toe te pas, wat slagoffers kwesbaar laat vir menseregteskendings en verbanning. Hy h...

Olieprys daal, 'sal nie dadelik brandstofpryse afbring' 06.10.2026

Die petrolprys styg vanaand om middernag met 1 dollar 50 sent. Dit terwyl die olieprys begin daal het na die G7-lande se ooreenkoms om 100 miljoen vate ru-olie en diesel uit strategiese reserwes vry te stel. Brent ru-olie verhandel tans net bo 98 Amerikaanse dollar per vat. Ekonoom Dawie Roodt waarsku egter dat die tydelike ingryping min verligting by Suider-Afrikaanse brandstofpompe sal bring. Ma...

IPC het baie vrae oor hoë-sekuriteit nommerplate 06.10.2026

Die regering se beplande bekendstelling van hoë-sekuriteit nommerplate is in die nuus. Nelson Kalangula, die IPC se skadu-vervoerminister, sê nommerplate met QR-kodes wat teen peutery bestand is, kan help om vervalste nommerplate en hul kloning, diefstal en registrasiebedrog te bekamp. Hy lig egter verskeie onsekerhede en potensiële probleme uit.

Hoekom is adjunkministers nodig, hoor NV 06.10.2026

Die rol van adjunkministers word in die parlement onder die loep geneem, met oproepe dat hul bevoegdhede versterk word of dat die poste heeltemal afgeskaf word. Die Swapo-parlementslid Salomon April het vanmiddag aangevoer dat die regering aansienlike finansiële hulpbronne aan adjunkministers bestee, terwyl hulle geen onafhanklike besluitnemingsgesag het nie.

Solidariteit stel nie-rassige alternatiewe voor, wil Agoa beskerm 06.10.2026

Die vakbond Solidariteit het 'n skikkingsvoorstel oor Suid-Afrika se rasgebaseerde beleide aan die Suid-Afrikaanse en die Amerikaanse regering voorgelê om die land se voordele ingevolge die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika te beskerm. Woordvoerder Theuns du Buisson sê die Withuis heroorweeg Suid-Afrika se deelname en hy verwag 'n aankondiging teen 1 November. Du Buisson stel voor rasgebaseerd...

Eise vir deursigtigheid oor Stad Windhoek HUB se reise 06.10.2026

Woede oor die Stad Windhoek se reisbesteding gaan nie net verdwyn nie, met aktivis Shaun Gariseb wat volle deursigtigheid eis oor uitvoerende hoof Moses Matyayi se herhaalde internasionale reise, terwyl basiese munisipale dienste sloer. Gariseb beweer dat gemeenskapspetisies en raadsmosies opsy geskuif word terwyl miljoene bestee word aan buitelandse reise en geleentheidsafvaardigings. Dit sluit '...

TLU SA bekommerd oor hemelshoë brandstofpryse 06.10.2026

Die landbou-organisasie, TLU SA, sê die jongste brandstofprysverhogings sal die landbousektor onder geweldige druk plaas. Petrolpryse in Suid-Afrika styg môre met tussen drie Suid-Afrikaanse rand-12-sent en drie-rand-33-sent per liter; dieselpryse met tussen twee-rand-84-sent en drie-rand-24-sent per liter, en die prys van paraffien met vier-rand-77-sent per liter. Bennie van Zyl van TLU SA sê die...

OneWeb satelliet-internetdiens gee landswyd dekking 06.10.2026

Landelike Namibië gaan vinniger en meer betroubare satellietinternet kry, na Paratus Namibië Eutelsat se OneWeb-satellietdiens in die land bekendstel het. Die diens is gemik op sowel huishoudelike as kommersiële kliënte landswyd, en bied konnektiwiteit met hoë spoed en lae vertraging. Andrew Hall, besturende direkteur van Paratus Namibië, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

SA Polisiediens: Shadrack Sibiya se tugverhoor reeds gehou 06.10.2026

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens sê die tugverhoor van die geskorste nasionale adjunk-polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, is reeds gehou, ten spyte van berigte dat dit gestaak is. Hy word na aanleiding van inligting by die Madlanga-kommissie beskuldig van korrupsie en wangedrag. Sibiya bly in aanhouding oor afsonderlike bewerings van verkragting en seksuele gereedmaking. Die polisiewoordvoerder,...

Ineenstorting van sardyn-voorrade kan hewige ekologiese-impak het 06.10.2026

Ocean Conservation Namibia waarsku dat die ineenstorting van sardyn-voorrade in die Benguela-stroom 'n ernstige ekologiese verskuiwing na jellievis-gedomineerde waters kan veroorsaak. Bewaringsbewaarder Damian Schreiber sê terwyl robbe kan oorskakel na alternatiewe prooi soos lantern-visse, is die breër mariene voedselweb afhanklik van sardyne. Dit maak deurlopende mortaliteitsmonitering van kriti...

Namibiese stoeiers ryg medaljes in by SA Nasionale Jeugkampioenskap 06.10.2026

Namibië se jeugstoeiers het uitgemunt en altesaam 22 medaljes by die Suid-Afrikaanse Nasionale Jeugkampioenskap in Kaapstad verower. Die span het 10 goue, vyf silwer- en sewe bronsmedaljes in verskillende ouderdomskategorieë en die Presidentstoernooi gewen. Kosmos 94.1 Nuus het met Anke Erasmus, die sekretaris-generaal van die Namibiese Stoeifederasie, gesels:

"Een-miljoen bome teen 2023"-projek verg meer beplanning 06.10.2026

Die omgewingsake-ministerie het 'n strategie aangekondig om teen 2030 een miljoen bome te plant om landwye ontbossing aan te pak. Bewaringskundige Mark Paxton waarsku egter dat plantveldtogte bloot as foto-geleenthede dien tensy kap-en-brand-praktyke gestaak word. Hy sê die beskerming van intakte ondergrondse wortelstelsels om natuurlike regenerasie toe te laat, baie meer effektief is as om nuwe b...

BKS-uitbreking: Boere oorval NLU met aanbiedinge om te help 06.10.2026

Intussen het die Namibiese Landbou-unie boere geloof vir hul samewerking om die siekte te stuit. Die unie sê dis belangrik dat die hele volk saamwerk om die verspreidng van die siekte te beveg deur nie onnodig diere en diere-produkte tussen plase en boeredery-distrikte te vervoer nie. NLU-president, Thinus Pretorius, sê die landbou unie word oorval deur boere wat uitreik en hul dienste aanbied om...

Meatco: EU se tydelike vleisuitvoere-verbod uit Namibië raak ook Noorweë 06.10.2026

Meatco het bevestig dat die Europese Unie se tydelike verbod op die uitvoer van vleisprodukte uit Namibië ook uitvoere na Noorweë, wat nie 'n EU-lidstaat is nie, raak. Meatco se aanvanklike kwota vir beesvleisuitvoere na Noorweë vir 2026 het ongeveer 265 miljoen Namibiese dollar se inkomste gegenereer, terwyl verwag was dat die finale bedrag vir die jaar 365 miljoen dollar sou beloop. Volgens Meat...

Rubio sê Amerika het steeds vertroue in die veiligheid van al sy militere basisse 06.10.2026

Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Marco Rubio, sê Amerika het steeds vertroue in die veiligheid van al sy basisse. Dit volg nadat Amerika al sy B-1-bomwerpers van RAF Fairford in Brittanje na basisse in Amerika verskuif het. Die Britse lugmagbasis was verlede maand die teiken van ʼn vermeende terreur-aanval wat gelei het tot die inhegtenisneming van vyf Britse burgers, wat later op bor...

NNN: Moenie BKS-tekorte gebruik om wins te maak nie 06.10.2026

President Netumbo Nandi-Ndaitwah waarsku dat die bek-en-klouseer uitbreking nie gebruik moet word om verbruikers uit te buit nie. Nandi-Ndaitwah het in haar eerste opdatering en toespraak aan die land, sedert die siekte se uitbreking, gesê die BKS-inperkings is ingestel om die landbou-sektor, boere, en Namibiërs te beskerm. Sy sê verskaffers moet nie nou die vleis- en ander skaarstes gebruik om on...

11:00 Nuus 06.10.2026

Kry die nuus soos dit breek.

EFF vra SA regering om brandstofheffing dringend te verlaag 06.10.2026

Die EFF sê die jongste styging in brandstofpryse is rampspoedig vir die werkersklas en arm Suid-Afrikaners. Suid Afrika se petrolpryse styg Woensdag met tussen 3 Namibiese dollar-12-sent en 3 dollar-33-sent per liter. Dieselpryse styg met tussen 2 dollar en 84-sent en 3-dollar en 24-sent per liter, terwyl die prys van paraffien met 4 Namibiese dollar 77-sent per liter styg. Sixolise Gcilishe van d...

NLU prys wéér land se BKS-reaksie 06.10.2026

Die Namibiese Landbou-unie sê hy stem saam met die Europese Unie se lofprysings vir die manier hoe die regering en die Direktoraat Veeartseny-dienste tot dusver die bek-en-klouseer uitbreking hanteer het. Die EU het Maandag die tydelike opskorting van invoere van Namibiese vleis-produkte na die streek aangekondig. Unie-president, Thinus Pretorius, sê President Netumbo Nandi-Ndaitwah se jongste opd...

DA: Skors polisiebeamptes wat van verkragting beskuldig word 06.10.2026

Die DA sê polisiebeamptes wat van verkragting en ander geslagsgeweld beskuldig word, moet onmiddellik geskors word. Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat het in die 2025/2026-boekjaar 116 beweerde verkragtingsake aangeteken waarby beamptes betrokke was in vergelyking 95 sake die vorige jaar. Lisa Schickerling van die party dring aan die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, moe...

Escucha el podcast Nuus en Replaio

Radio y podcasts en una sola app - gratis y sin registro. Instálala hoy y no te pierdas el estreno

Descárgala en Google Play

Replaio no es editor de podcasts; los nombres de los programas, las portadas y el audio pertenecen a sus autores y se distribuyen a través de canales RSS públicos