RSG
Ons en die Onderwys
Kenners praat oor opvoedingsontwikkeling en interessante en omstrede sake in die onderwys.
Vizitează neapărat site-ul podcastului și susține-i creatorul: www.rsg.co.za
Unde asculți?
Podcasturi în aplicație Replaio Radio În curândPodcasturile ajung în curând în aplicație. Instaleaz-o acum și fii primul care descoperă o abordare complet nouă a podcasturilor
Episoade
Ons en die onderwys 04.08.2018 23:17
Johan van Lill kyk na die belangrikheid van liggaamlike opvoeding en fisieke ontwikkeling by skole. George Joubert vertel van 'n navorsingsprojek wat hy in hierdie verband vir sy doktorale studie gedoen het.
Ons en die onderwys 28.07.2018 22:45
Johan van Lill praat met Nico Venter van Hoërskool Hexvallei oor hoe skole vennootskappe met die privaatsektor kan sluit. Hy het ook gaan inloer by Curro Durbanville se 20ste verjaardag.
Ons en die onderwys 21.07.2018 21:56
Johan van Lill kyk na selfgerigte leer. Van 7 tot 9 November vind daar 'n konferensie plaas by die Noordwes-Universiteit waar onderwysers, opvoedkundiges, ouers en onderwysleiers meer oor hierdie benadering kan leer.
Ons en die onderwys 14.07.2018 22:04
Johan van Lill kyk na differensiasie in die klaskamer. Dis 'n tegniek waarmee onderwysers vir alle leerders se leerstyle en behoeftes kan voorsiening maak, en ook leerders wat op verskillende vlakke van ontwikkeling is, kan akkommodeer.
Ons en die onderwys 07.07.2018 22:19
Johan van Lill kyk na tegnologie-projekte wat deur die WNNR Meraka Instituut in plattelandse skole aangepak word, en na die gebruik van digitale handboeke in die klaskamer.
Ons en die onderwys 30.06.2018 18:14
Johan van Lill kyk na die uitdagings wat wetenskaponderwysers in die klaskamer moet hanteer.
Ons en die onderwys 23.06.2018 21:11
Johan van Lill praat met Gavin de Bruyn van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement oor die Deurlopende Professionele Onderwyser Ontwikkelingstelsel, wat daarop gerig is om onderwyserontwikkeling te stimuleer en reguleer.
Ons en die onderwys 16.06.2018 20:51
Hierdie week in Ons en die Onderwys gesels Johan van Lill oor Jeugdag. Hoe moet dit in skole gevier word?
Ons en die onderwys 09.06.2018 21:38
Johan van Lill kyk na die opvoedkundige moontlikhede van museums. Hy verwys ook na wat onderwysers vir kinders kan aanbeveel om te doen by museums die komende vakansie.
Ons en die onderwys 02.06.2018 20:09
Johan van Lill kyk na wat die proses van bemeestering, of leer van inligting, behels. Is dit belangrik dat onderwysers ook studievaardighede op skool moet onderrig?
Ons en die onderwys 26.05.2018 18:51
Johan van Lill kyk na die relevansie van dit wat kinders in die skool geleer word. Hoe maak onderwysers dit wat in die kurrikulum staan, relevant vir kinders?
Ons en die onderwys 19.05.2018 22:06
Johan van Lill kyk na twee kongresse wat in Gauteng en Kaapstad gehou word vir onderwysleiers en skoolhoofde.
Ons en die onderwys 12.05.2018 21:45
Johan van Lill praat met prof. Christo van der Westhuizen van die Noordwes-Universiteit, en Arno Blom, onderwyser by die Hoër Jongenskool in die Paarl, oor die uitdagings wat Geografie-onderwysers in die klaskamer ervaar.
Ons en die onderwys 05.05.2018 21:01
Johan van Lill en opvoedkundige sielkundige Fred Schouwink gee riglyne vir skole oor hoe om LGBTI-kwessies te hanteer.
Ons en die onderwys 28.04.2018 21:46
Johan van Lill hoor by ontwikkelingskenner dr. Melodie de Jager hoe onderwysers steeds deur hulle werk geïnspireer kan word.
Ons en die onderwys 21.04.2018 23:03
Johan van Lill praat met twee onderwyskundiges oor die impak van armoede op kinders, skole en onderwys.
Ons en die onderwys 14.04.2018 22:32
Johan van Lill praat met twee vakadviseurs oor hoe onderwysers kinders se begripleesvaardighede kan ontwikkel.
Ons en die onderwys 07.04.2018 20:13
Johan van Lill gesels met dr Michelle van der Merwe van die Departement Kurrikulumstudies by die Universiteit Stellenbosch oor die gebruik van woordeboeke in die klaskamer.
Ons en die onderwys 31.03.2018 20:38
Hierdie week in Ons en die Onderwys gesels Johan van Lill met twee onderwysers oor presies hoe hulle tegnologie in lesse gebruik. Ons gee wenke oor oulike hulpmiddels wat onderrig interessant deur die gebruik van tegnologie.
Ons en die onderwys 17.03.2018 19:07
Johan van Lill praat met onderwyskundiges oor hoe skole oor Menseregtedag kan dink, en dit herdenk.
Ons en die onderwys 10.03.2018 20:20
Johan van Lill praat met twee kenners oor die negatiewe impak wat oordadige gebruik van tegnologie in die klaskamer kan hê op leerders se ontwikkeling.
Ons en die onderwys 03.03.2018 21:41
Johan van Lill praat met twee skoolhoofde oor hoe tegnologie 'n verskil in hulle klaskamers gemaak het, en watter slaggate daar is met die implentering van tegnologie.
Ons en die onderwys 24.02.2018 20:52
In Ons en die Onderwys gesels Johan van Lill verder met onderwyskundiges oor die skoolbeheerliggaamsverkiesing en spesifiek oor die rol wat leerders speel op die beheerliggaam en hoe lyk 'n laerskool se skoolbeheerliggaam.
Ons en die onderwys 17.02.2018 21:53
Johan van Lill kyk na die verkiesing van skoolbeheerliggame wat in Maart vanjaar plaasvind. Daar word bykans 300 000 mense landswyd verkies om in hierdie openbare poste aangestel te word, om as vrywilligers op beheerliggame te dien.
Ons en die onderwys 10.02.2018 21:40
Johan van Lill praat verder met onderwyskundiges oor wat die leesprobleem in skole regtig is, en stel ondersoek in na hoekom leerders baie keer vlot lees in die intermediêre fase, maar sonder begrip.
Podcasturi asemănătoare
Replaio nu este editorul podcasturilor; numele emisiunilor, coperțile și materialul audio aparțin autorilor lor și sunt distribuite prin fluxuri RSS publice