RSG
Wie is ek?
Die program fokus daarop om die man op straat kennis en insig te gee in belangrike sake rakende menslike gedrag. Kwelvrae oor dié kwessies word op ‘n eenvoudige en toeganklike manier verduidelik.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Wie is ek? 18 Julie 2025 18.07.2025 21:22
Bipolêre versteuring is 'n diagnoseerbare sielkundige toestand wat gekenmerk word deur groot skommelinge in 'n persoon se gemoedstoestand, vanaf uiterste depressie (lae gemoed) tot uiterste manie (uitermatige, ontoepaslike opgeruimdheid). Navorsing oor dié toestand duur steeds voort, maar 'n kombinasie van medikasie en psigoterapeutiese behandeling (om 'n sielkundige te gaan spreek), kan die simpt...
Wie is ek? 11 Julie 2025 11.07.2025 21:39
Onbeheerbare woede kan ernstige implikasies hê vir verhoudings, geestesgesondheid en algehele welstand. Ons fokus op die redes vir oormatige woede, die individu se onrealistiese regverdiging van hulle aksies, en wanneer dit nodig is om die waarheid te aanvaar en vir hulp te gaan.
Wie is ek? 4 Julie 2025 04.07.2025 21:34
Wat hou jou terug? Hierdie gesprek beklemtoon die belangrikheid daarvan om die onderskeid tussen selfvertroue en selfbeeld te verstaan, en hoe hierdie kennis kan bydra tot persoonlike groei, geluk en welstand. Kom ondersoek saam die verskillende betekenisse en implikasies van hierdie twee konsepte.
Wie is ek? 27 Junie 2025 27.06.2025 21:52
Hoe is dit moontlik dat volwassenes betrokke kan wees by boeliegedrag? Hoekom doen mense dit? Hoe hanteer jy dit? Watter emosionele uitwerking kan dit hê? Hierdie gesprek beklemtoon die kompleksiteite van volwasse afknouery, en die belangrikheid daarvan om hierdie gedrag aan te spreek om 'n meer ondersteunende en respekvolle omgewing te skep.
Wie is ek? 20 Junie 2025 20.06.2025 21:34
Ons bespreek een van die mees gediagnoseerde vorms van demensie – vaskulêre demensie. Hoe verskil dit van bv. Alzheimer se siekte, en hoe sal die pad vir geliefdes lyk?
Wie is ek? 13 Junie 2025 13.06.2025 21:16
Hoe belangrik is dit om "ek-tyd" te prioritiseer?
Wie is ek? 6 Junie 2025 06.06.2025 21:31
Ons kyk na die komplekse sielkundige en sosiale faktore wat die vrees dryf om jouself in die verleentheid te stel, en bied insigte om hierdie vrees te oorkom.
Wie is ek? 30 Mei 2025 30.05.2025 21:30
Ons ondersoek die gevolge daarvan om anders se gevoelens en behoeftes voor jou eie te stel. Anton Böhmer, 'n terapeut wat spesialiseer in grensstelling en selfversorging, deel insigte in die emosionele, geestelike en fisiese tol om voortdurend ander se behoeftes bo jou eie te prioritiseer. Ons bespreek hoe mense wat hulleself tweede stel, kan lei tot angs, depressie en uitbranding. Dit kan ook ver...
Wie is ek? 23 Mei 2025 23.05.2025 21:42
Wat is die sielkundige impak van kleredrag? Hoe beïnvloed ons kleredrag ons gedagtes, gevoelens en gedrag? Klere kan ons kognitiewe prosesse beïnvloed, en beïnvloed hoe ons oor onsself en ander dink en voel.
Wie is ek? 16 Mei 2025 16.05.2025 21:11
Hoe kan ouers hulle kinders bewustelik en onbewustelik, vervreem van die ander ouer tydens ‘n egskeiding? Wat kan die vervreemde ouer te doen?
Wie is ek? 9 Mei 2025 09.05.2025 21:38
Ons kyk na die komplekse en veelvlakkige aard van ons interne dialoog - 'n belangrike stem wat jou balans en geluk in die lewe beïnvloed.
Wie is ek? 2 Mei 2025 02.05.2025 20:18
Ons kyk na die implikasies van passiewe aggressie in verhoudings. Wat is die subtiele, dog skadelike, maniere waarop mense negatiewe emosies indirek uitdruk?
Wie is ek? 25 April 2025 25.04.2025 21:44
Ons delf in die komplekse wêreld van kompulsiewe inkopies. Gerda Kriel, 'n kliniese sielkundige en kenner van impulsbeheer-versteurings, deel haar kundigheid oor die emosionele en omgewingsimplikasies van kompulsiewe inkopies. Ons ondersoek hoe kompulsiewe inkopies 'n hanteringsmeganisme vir stres, angs en lae selfbeeld kan wees, maar ook tot finansiële skuld, rommel en vermorsing kan lei. Sy besp...
Wie is ek? 11 April 2025 11.04.2025 21:20
Ons verken die ingewikkelde en dikwels pynlike verhouding tussen skoonkinders en skoonouers.
Wie is ek? 4 April 2025 04.04.2025 21:14
Lise Swart verken die komplekse en dikwels pynlike wêreld van toksiese vriendskappe. Dr. Louis Awerbuck, 'n terapeut wat spesialiseer in verhoudings, deel insigte in die tekens en simptome van giftige vriendskappe, insluitend manipulasie, gaslighting en emosionele mishandeling.
Wie is ek? 28 Maart 2025 28.03.2025 21:38
Skisofrenie is 'n geestestoestand wat gekenmerk word deur 'n gebrek aan sinvolle en logiese denkprosesse. Persone wat hieraan ly, ervaar dikwels 'n breuk met realiteit, wat veroorsaak dat hulle dinge hoor en sien wat vir die meeste ander mense nie bestaan nie. Die vreemde gedagtes wat die skisofreen teister, en die buitengewone vrese waaronder hy of sy soms gebuk gaan, kan daartoe lei dat hulle d...
Wie is ek? 21 Maart 2025 21.03.2025 21:42
Ons delf in die wêreld van manifestasie, en ondersoek die idee dat ons gedagtes, emosies en bedoelings die krag het om ons werklikheid te vorm. Voorligtingsielkundige Luricka Fick deel praktiese wenke en tegnieke om die krag van manifestasie te benut om ons doelwitte en drome te bereik. Sy bespreek die wetenskap agter manifestasie, insluitend die rol van die neurowetenskap. Sy deel ook hulpbronne...
Wie is ek? 14 Maart 2025 14.03.2025 21:34
Stres kan verwoestende gevolge hê - van die invloed op ons fisiese gesondheid en verhoudings tot die invloed op ons werkprestasie en algehele welstand.
Wie is ek? 7 Maart 2025 07.03.2025 20:35
Sukkel jy om jou doelwitte te bereik? Hoekom sukkel die meeste van ons daarmee? Is daar iets met jou verkeerd, of die doelwitte wat jy stel? Kom vind uit hoe om sukses te behaal.
Wie is ek? 28 Februarie 2025 28.02.2025 21:30
Sosiale angsversteuring ook bekend as sosiale fobie, is 'n kroniese geestesgesondheidstoestand wat intense vrees vir sosiale situasies veroorsaak. Mense met sosiale angs kan sosiale situasies vermy, of angstig en benoud voel wanneer hulle deelneem.
Wie is ek? 21 Februarie 2025 21.02.2025 21:33
In die meeste langtermynverhoudings is daar een of ander vorm van afhanklikheid van mekaar. Dit is heeltemal gesond, maar waar lê die lyn tussen gesonde afhanklikheid en ongesonde afhanklikheid? Hoe affekteer dit die kwaliteit van verhoudings?
Wie is ek? 14 Februarie 2025 14.02.2025 21:40
Die meeste mense sukkel met een of ander patroongedrag, wat hulle in die "moeilikheid" bring - eetgewoontes, oormatige woede, ensovoorts. Hoe kan jy hierdie gedrag bestuur? Wat as jy die emosie van die gedrag losmaak? Vind uit hoe effek hierdie manier kan werk.
Wie is ek? 7 Februarie 2025 07.02.2025 21:46
Baie mense voel dat niemand van hulle hou nie. Hoekom voel iemand so? Wat kan 'n persoon doen om realiteit in te sien - die kanse is bitter min dat niemand van jou hou nie!
Wie is ek? 31 Januarie 2025 31.01.2025 21:52
Die brein en liggaam is 'n geïntegreerde stelsel, en die gees is nie apart van die liggaam nie. Die brein is deur die senuweestelsel aan die res van die liggaam gekoppel, en die liggaam se stelsels, organe en chemikalieë beïnvloed voortdurend die brein. Die ou cliche van kyk mooi na jou lyf, help jou veg teen jou ongelukkigheid. Hoe? Hoekom?
Wie is ek? 24 Januarie 2025 24.01.2025 21:54
Ons takel die sensitiewe kwessie van tiener-selfdood.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.