RSG
Vers en Klank
Voorlesings van gedigte, afgewissel met gepaste musiek.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Vers en klank 3 September 2024 03.09.2024 24:49
Ira Blanckenberg lees gedigte oor die wind voor.
Vers en klank 27 Augustus 2024 27.08.2024 23:21
Eben Genis lees gedigte voor uit Fanie de Villiers (ook bekend as Kleinboer) se tweede bundel, Erf en Elders.
Vers en klank 20 Augustus 2024 20.08.2024 22:30
Sophia van Taak gesels met Maritha Broschk oor haar debuutbundel, WANNEER WOORDE ASEMHAAL. Dis ’n bundel wat handel oor beroemde vrouefigure, die kunste, die siektes van ons tyd, eg Suid-Afrikaanse maatskaplike kwessies en ook meer universele temas soos verlies, ouerskap en die onsterflike drome wat elke mens vir hom- of haarself koester.
Vers en klank 13 Augustus 2024 13.08.2024 22:14
Sophia van Taak gesels met digter Danie Marais oor sy jongste bundel, EK EN JY BESTAAN NIE. Die skrywer en dosent, Francois Smith, het oor hierdie versameling verse gesê: “Dis ’n bundel wat jou bring by die gevoel dat petrol-en-vuurhoutjie die enigste opsie is, en jou dan ’n spierlewendige sprong woorde in die hand druk!”
Vers en klank 6 Augustus 2024 06.08.2024 18:28
Ons herdenk Vrouedag met ’n spesiale bloemlesing van gedigte deur vrouedigters oor al die stadiums in ’n vrou se lewe. Die voorleser is Karli Heine.
Vers en klank 30 Julie 2024 30.07.2024 17:12
De Klerk Oelofse lees gedigte oor die stadslewe voor.
Vers en klank 23 Julie 2024 23.07.2024 21:48
Johann Nel lees van sy gunsteling gedigte oor klippe voor. Jy sal verbaas wees hoe baie van ons digters vreeslike mooi verse oor hierdie onderwerp geskryf het!
Vers en klank 16 Julie 2024 16.07.2024 24:42
Sophia van Taak gesels met die digter Hennie Nortjé oor sy derde digbundel, Noord van Malelane. Dit is vol gedigte wat deur die Krugerwildtuin geïnspireer is.
Vers en klank 9 Julie 2024 09.07.2024 18:32
Karli Heine lees gedigte oor oupas en oumas voor.
Vers en klank 2 Julie 2024 02.07.2024 25:12
Sophia van Taak gesels met Jaco Barnard-Naudé oor sy debuutbundel, OM MY KASTELE IN SPANJE TE SLOOP. Hierdie versameling is vol gedigte oor verlies en aanvaarding, queer-identiteit, reise, Spaanse kuns en filosowe.
Vers en klank 25 Junie 2024 25.06.2024 17:30
Ons gedenk die winter met mooi gedigte oor hierdie seisoen. Die voorleser is Eben Genis.
Vers en klank 18 Junie 2024 18.06.2024 24:57
Die digter NP van Wyk Louw is op 18 Junie 1970 oorlede. Ons vier dié groot legende in die Afrikaanse literatuur se lewe en werk. Pieter van Zyl lees van sy bekende verse voor.
Vers en klank 11 Junie 2024 11.06.2024 26:05
NP van Wyk Louw is 118 jaar gelede op Sutherland in die Bo-Karoo gebore. Ons vier hierdie groot legende in Afrikaanse literatuur se lewe en werk. Pieter van Zyl lees verse voor uit dié digter se bundels. Tussendeur luister ons na Riku Lätti en ander musikante van Die Wasgoedlyn-projek se toonsettings van Louw se verse.
Vers en klank 4 Junie 2024 04.06.2024 22:36
In die tweede aflewering van 'n reeks oor die ouderdom, lees Marion Holm en Nic de Jager, onder meer gedigte van Elisabeth Eybers en Antjie Krog voor.
Vers en klank 28 Mei 2024 28.05.2024 24:07
Marion Holm en Nic de Jager lees gedigte voor oor die uitdagings én die klein seëninge waarvan ’n mens bewus word wanneer jou jare aanstap.
Vers en klank 21 Mei 2024 21.05.2024 24:06
Sophia van Taak gesels met Kobus Grobler, ’n onderwyser van Bloubergstrand, wie se eerste , RAAMWERK, onlangs verskyn het.
Vers en klank 14 Mei 2024 14.05.2024 22:00
Roeline Daneel lees gedigte voor oor die uitdagings van ouerskap – verse oor daardie dae wat jy jou hare uit jou kop wil trek en, in die woorde van Antjie Krog, wonder: Hoe en waarmee oorleef ’n mens dit?
Vers en klank 7 Mei 2024 07.05.2024 20:57
Roeline Daneel lees gedigte deur mans oor die geboorte van hulle kinders. Daar is ook ’n paar verse uit die perspektief van ’n ouma, wat die koms van haar eerste kleinkind inwag.
Vers en klank 30 April 2024 30.04.2024 16:21
Roeline Daneel lees gedigte oor swangerskap, oor ma-word. Daar is heelwat verse deur een van Afrikaans se voorste vrouedigters, Elisabeth Eybers, en ook gedigte deur Louise Boshoff, Antjie Krog en Rika Cilliers.
Vers en klank 23 April 2024 23.04.2024 25:47
Daniel Hugo gesels oor ’n argitek van Kaapstad, Martin Kruger, se debuutbundel, Gekaapte Stad. Kruger het al die wêreld platgereis, en hy dig oor van die grootste en mees bekende stede, maar ook oor sy eie tuisstad se bekoring.
Vers en klank 16 April 2024 16.04.2024 22:12
In die vierde en laaste deel van ’n reeks oor die lewe en werk van die digter Ernst van Heerden, lees André Weideman voor uit die bundels Amulet teen Vuur, Kwadratuur van die Sirkel, Najaarswys en Herfstelike Lig.
Vers en klank 9 April 2024 09.04.2024 23:59
In die derde deel van ’n reeks oor die lewe en werk van die digter Ernst van Heerden, lees André Weideman vir ons voor uit die bundels, Teenstrydige Liedere, Tyd van Verhuising, Kanse op ’n Wrak, Die Swart Skip en Amulet teen Vuur.
Vers en klank 2 April 2024 02.04.2024 25:07
In die tweede deel van ’n reeks oor die lewe en werk van die digter Ernst van Heerden, lees André Weideman voor uit die bundels, Koraal van die Dood, Die Klop, en Anderkant Besit. Ons luister ook na grepies van opnames uit die argief waarin die digter self aan die woord is.
Vers en klank 29 Maart 2024 29.03.2024 23:27
Luister na van die bekendste klassieke Afrikaanse gedigte oor Paasfees deur die digters W.E.G. Louw, Elisabeth Eybers, Lina Spies en Isak de Villiers. Daar is ook verse oor die feestyd om na uit te sien deur onder andere Tom Gouws, Cas Vos en Ina Rousseau. Die voorlesers is Marion Holm en Nic de Jager.
Vers en klank 26 Maart 2024 26.03.2024 25:17
Die digter Ernst van Heerden het in sy leeftyd 15 bundels die lig laat sien. In die eerste deel van reeks oor sy lewe en werk, lees André Weideman voor uit die bundels Weerlose Uur, Verklaarde Nag, Die Sewe Vrese, en Reisiger. Ons luister ook na grepies van opnames uit die argief waarin die digter self aan die woord is.
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.