RSG

Vers en Klank

Tv AF ↓ 748 episodes

Voorlesings van gedigte, afgewissel met gepaste musiek.

Author

RSG

Category

Tv

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 7, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Vers en klank 18 Februarie 2025 18.02.2025

Luister na die allermooiste gedigte oor blomme! Daar is verse deur Petra Müller, Johann Lodewyk Marais, Marlene van Niekerk, Ina Rousseau en nog ’n hele paar ander groot digters. Die voorleser is De Klerk Oelofse.

Vers en klank 11 Februarie 2025 11.02.2025

Laasweek het ons geluister na gedigte wat die see se wonders en geheimenisse beskryf. Hierdie keer handel die gedigte oor sy verwoestende krag, en die gevare wat die dieptes inhou. Die voorlesers is Albert Maritz en Karli Heine.

Vers en klank 4 Februarie 2025 04.02.2025

Sophia van Taak verken in die eerste van twee aflewerings saam met voorlesers Karli Heine en Albert Maritz die wonders en geheimenisse van die oseaan, asook die dramas wat op die oppervlak, en diep onder die branders, afspeel.

Vers en klank 28 Januarie 2025 28.01.2025

Vir party mense is dit ondraaglik om alleen te wees. Ander verkies weer hulle eie geselskap. Joanie Combrink verken albei kante van eensaamheid – die selfbejammering van ongeliefd en vergete voel, én die lekkerte van nie gepla word nie.

Vers en klank 21 Januarie 2025 21.01.2025

Sommige van ons digters het só ’n groot bydrae tot die Afrikaanse letterkunde gelewer, dat ánder digters hulle in gedigte begin vereer het. In die tweede aflewering van ’n reeks oor hierdie huldeblyk-verse, is die voorlesers Susanne Beyers en Pieter van Zyl.

Vers en klank 14 Januarie 2025 14.01.2025

Sommige van ons digters het só ’n groot bydrae tot die Afrikaanse letterkunde gelewer, dat ánder digters hulle in gedigte begin vereer het. In die eerste aflewering van ’n reeks van twee oor hierdie huldeblyk-verse, is die voorlesers Susanne Beyers en Pieter van Zyl.

Vers en klank 7 Januarie 2025 07.01.2025

Johann Nel lees gedigte oor reptiele voor. Jy sal verbaas wees oor hoe baie van ons digters oor die verkleurmannetjie, oftewel die trapsuutjies, geskryf het! Veral Ernst van Heerden het heelwat oor reptiele gedig – dink maar aan sy baie bekende gedig oor die bergskilpad. Een van die verse waarna jy kan uitsien, is ’n baie komiese verhaaltjie wat C. Louis Leipoldt oor ’n likkewaan en ’n krokodil ge...

Vers en klank 31 Desember 2024 31.12.2024

Sophia van Taak en Albert Maritz hou ’n lekker partytjie, vol heildronke op die Ou- én die Nuwejaar!

Vers en klank 25 Desember 2024 25.12.2024

Susanne Beyers en Pieter van Zyl lees gedigte voor oor die feesgety. Daar is ook pragtige sang deur die Vox-kamerkoor van Pretoria, onder leiding van Franco Prinsloo.

Vers en klank 24 Desember 2024 24.12.2024

Heelwat Afrikaanse digters weet hoe dit voel om oorsee in die vreemde te sit en ‘n bietjie eensaam te wees, en om al die bekende dinge van die huis te mis. Digters soos Elisabeth Eybers, Breyten Breytenbach, Barend Toerien en Sheila Cussons, om ‘n paar te noem. Karli Heine lees hulle gedigte voor oor die lewe in ‘n ander land, en ook hoe verblydend dit is om van tyd tot tyd oor Afrika te kan terug...

Vers en klank 17 Desember 2024 17.12.2024

Joanie Combrink neem ons op ’n heerlike ontvlugting na ’n hele klomp seevakansiedorpe langs die kus.

Vers en klank 10 Desember 2024 10.12.2024

Is dit vir jou ook so vermaaklik om mense te kyk? Om vreemdelinge op straat of in ’n restaurant dop te hou, en dan vir hulle ’n storie uit te dink – ’n lewe, ’n werk, ’n blyplek… Susanne Beyers lees gedigte voor oor sulke karakters wat ons digters se verbeelding aangegryp het.

Vers en klank 3 Desember 2024 03.12.2024

Cas Vos het vroeër vanjaar weer ’n digbundel die lig laat sien. Dié een se naam is WISSELENDE STEMMINGE. Daarin dig hy, onder meer, oor die toestand van menswees, musikante, ánder digters en die liefde. Johann Nel is die voorleser.

Vers en klank 26 November 2024 26.11.2024

Rudolph Willemse, ’n digter van Riebeek-Kasteel, gesels or sy derde bundel, SWARTLAND, wat onlangs by Turksvy Publikasies verskyn het. Saam met sy vorige twee bundels, KWEEKSKOOL en MIDDELMAN, vorm dit ’n trilogie waarin die digter sy verskillende lewensfases verken.

Vers en klank 19 November 2024 19.11.2024

Sophia van Taak gesels met Alwyn Roux, ’n dosent aan UNISA se Departement Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap, oor sy eerste digbundel, WEERSKYN, wat vroeër vanjaar by Protea Boekhuis verskyn het.

Vers en klank 12 November 2024 12.11.2024

Sheila Cussons het gesê dat kunstenaars met ’n “primitiewe oog” na die wêreld kyk. Daarmee het sy bedoel: die oopheid, die verwondering wat ’n kind nog het. Luister na gedigte oor skilders, etsers en beeldhouers wat dinge ánders gesien het. Die voorleser is Hannah Borthwick.

Vers en klank 5 November 2024 05.11.2024

Digter Lynthia Julius gesels oor haar digbundel, Kinderlê. Haar eerste bundel, Uit die kroes, het in 2020 verskyn. In hierdie tweede versameling is die gedigte nou ryper en meer deurleef. Sy praat openhartig oor haar tyd in ’n psigiatriese hospitaal, die vreugdes van ma-wees, maar ook die tragedies van menswees. En so tussendeur is daar lekker Nama-stapmusiek uit die Noord-Kaap waar Lynthia vandaa...

Vers en klank 29 Oktober 2024 29.10.2024

Wat maak van ’n gedig ’n ballade? Sophia van Taak verken die ballade as digvorm. Pieter van Zyl is die voorleser, en daar is ’n hele paar lekker, klassieke Afrikaanse gedigte om na uit te sien, soos D.J. Opperman se Ballade van die Grysland en S.J. du Toit se vertaling van Die Elwekoning.

Vers en klank 22 Oktober 2024 22.10.2024

Hannah Borthwick lees gedigte voor oor kosmaak, padstalprodukte en ander lekkernye wat jou mond laat water!

Vers en klank 15 Oktober 2024 15.10.2024

Wêreld-kosdag word op 16 Oktober gevier. Wanneer laas was jy honger? Vir die meeste van ons is dit ’n heel onbekende gevoel, iets wat jy dalk nog nooit ervaar het nie, maar meer as 700 miljoen mense het daagliks nie genoeg om te eet nie. Luister na gedigte wat ’n mens ’n slag net jou seëninge laat tel. Die voorleser is Hannah Borthwick.

Vers en klank 8 Oktober 2024 08.10.2024

Die boek, Piaf en Brel – Luisterryk!, bevat ’n stuk of vyftig Afrikaanse vertalings, of omdigtings, van die Franse liedere van Edith Piaf en Jacques Brel. Met die herdenking van Brel se dood op die 9 Oktober 1978, luister ons na ’n paar van dié befaamde Belgiese sanger se lirieke, soos voorgelees deur Johann Nel. Jy kan ook uitsien na die musikant Herman van den Berg se vertolkings van ’n paar van...

Vers en klank 1 Oktober 2024 01.10.2024

Sophia van Taak en De Klerk Oelofse klim in ’n pendeltuig en gaan verken die buitenste ruimte deur die woorde van ons digters. Daar’s gedigte oor sterre, die maan, ruimtesendings, komete en konstellasies. En, natuurlik, ’n groot skoot verwondering oor al die ongelooflike dinge wat ons in die naghemel kan waarneem.

Vers en klank 24 September 2024 24.09.2024

Sophia van Taak gesels met die drukgrafiese kunstenaar, Christiaan Diedericks. Christiaan het onlangs sy debuut as digter gemaak toe hy saam met die bekende digter, Melanie Grobler, ’n bundel geskryf het. Die bundel heet Vlindervreter, en bevat verse oor die oorloë in Oekraïne en Gasa, asook oor Hindu heilige manne, Zanzibar, en hoop en genesing.

Vers en klank 17 September 2024 17.09.2024

Vrydag 20 September is Wêreld-Opruimingsdag. Die Verenigde Nasies het ’n paar jaar gelede met dié inisiatief begin om mense aan te spoor om rommel op te tel en hulle omgewing skoon te hou. In aanloop tot dié globale skoonmaakdag, luister ons na Ira Blanckenberg se voorlesings van gedigte oor die natuur en omgewingskwessies.

Vers en klank 10 September 2024 10.09.2024

Sophia van Taak gesels met Riku Lätti oor sy eerste digbundel, TABOEK, wat onlangs die lig gesien het.

Listen to the Vers en Klank podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.