RSG

Vers en Klank

Tv AF ↓ 748 episodes

Voorlesings van gedigte, afgewissel met gepaste musiek.

Author

RSG

Category

Tv

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 7, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Vers en klank 5 Augustus 2025 05.08.2025

Digter Louis Esterhuizen se twaalfde bundel, Klaarte, het vroeër vanjaar by Naledi Uitgewers verskyn. Sophia van Taak praat met hom oor die berusting en uitdagings wat saam met die ouderdom kom, en hoe hy en sy vrou, Marlise Joubert, die vrees vir die onafwendbare steeds met die liefde besweer.

Vers en klank 29 Julie 2025 29.07.2025

Karli Heine en Pieter van Zyl sit die reeks oor oorlog voort. Hulle lees gedigte oor die oorlog in Oekraïne, en die sielkundige impak wat ’n oorlog op soldate en hulle naasbestaandes het.

Vers en klank 22 Julie 2025 22.07.2025

Oorlog is en bly ’n vreeslike wreedheid. Dis dalk nie op die oomblik vir ons in Suid-Afrika ’n realiteit nie, maar elders staan die wêreld op sy kop gekeer, en ons durf nie afgestomp raak vir die verskrikking en ellende wat miljoene ander mense daagliks ervaar nie.  Pieter van Zyl en Karli Heine lees gedigte voor oor oorlog. In hierdie eerste program van twee, luister ons na gedigte oor oorloë wat...

Vers en klank 15 Julie 2025 15.07.2025

Kan jy onthou wat jy laasnag gedroom het? Almal droom elke liewe nag, maar met die wakkerwordslag is 'n mens se droom dikwels reeds vergete. As jy jou droom wel kan onthou, is dit soms so absurd jy weet nie wat om daarvan te dink nie, en kan maar net lag! Ander kere is ’n droom weer baie rasioneel en voel dit soos die werklikheid. Karli Heine lees gedigte voor oor drome.

Vers en klank 8 Julie 2025 08.07.2025

Sophia van Taak praat met professor Joan Hambidge oor die nalatenskap van haar goeie vriend, die digter Johann de Lange, wat in Maart vanjaar oorlede is. De Lange het in sy leeftyd 15 digbundels gepubliseer, hy het kortverhale geskryf en ook ander Afrikaanse digters se werk na Engels vertaal. Hy was die samesteller van menige bloemlesing uit die werke van, onder andere, Hennie Aucamp, Wilhelm Knob...

Vers en klank 1 Julie 2025 01.07.2025

Elisabeth Eybers se gedig oor Maria is sekerlik die mees bekende vers oor ’n Bybelfiguur. Daar is ook heelwat ander gedigte oor bekendes uit die Ou én Nuwe Testament geskryf – soos Kaïn, Moses, Simson, Lasarus en Judas. Pieter van Zyl lees gedigte voor oor bekende Bybelfigure.

Vers en klank 24 Junie 2025 24.06.2025

Die kortverhaal- en rubriekskrywer, André le Roux, se tweede digbundel het ná 47 jaar die lig gesien. Sophia van Taak praat met hom oor hierdie vesameling, Liefde en Verset, en hoor ook waarom alle digters eintlik moet houtwerk doen.

Vers en klank 17 Junie 2025 17.06.2025

Wat maak van iemand ’n ikoon? ’n Legende? Wie is (en was) die werklike ikone van ons tyd? Roeline Daneel lees gedigte voor oor groot figure wat ons nooit sal vergeet nie – mense soos prinses Diana, Freddie Mercury, Muhammad Ali en Desmond Tutu.

Vers en klank 10 Junie 2025 10.06.2025

Daniel Hugo vertel van sy 17de bundel, Kategismus. Dis ’n versameling propvol temas waarvoor Hugo al oor die jare bekend geword het: hy dig oor die Godheid, die digkuns self, die natuur, die liefde vir sy beminde en – ná sy onlangse 70ste verjaarsdag – ook oor die mens se sterflikheid. Maar meestal is dit ’n bundel “vol verwondering oor die hier en nou”, soos daar op die agterflap geskryf staan.

Vers en klank 3 Junie 2025 03.06.2025

Cintaine Schutte vier die lewe in volkleur met gedigte oor kleure.

Vers en klank 27 Mei 2025 27.05.2025

Sophia van Taak praat met prof. Joan Hambidge oor haar nuutste digbundel, Asindeton. Dit is haar 27ste bundel, en in hierdie versameling is daar weer bekende Hambidge-temas soos die skilderkuns, reise en digterskap ter sprake. Sy skryf ook, ná ’n loopbaan van nagenoeg dertig jaar aan die Universiteit van Kaapstad, oor aftrede, lewenshoofstukke wat tot ’n einde kom, en die die paradoks van tyd.

Vers en klank 20 Mei 2025 20.05.2025

Ons vier herfs met pragtige gedigvoorlesings deur Roeline Daneel.

Vers en klank 13 Mei 2025 13.05.2025

Sophia van Taak gesels met digter Martina Klopper oor haar tweede bundel, Kuborg. Dis ’n fassinerende versameling gedigte waarin menselike verhoudinge en herinneringe deur die metafore van masjiene verwoord word. Die bundel doen ondersoek na daardie dinge in ’n mens se verlede wat jou op ’n sekere manier “bedraad” en “geprogrammeer” het. Sy probeer ook uitpluis of ’n mens patrone wat so diep vasge...

Vers en klank 6 Mei 2025 06.05.2025

Sophia van Taak en Cintaine Schutte maak voorbrand vir die viering van Afrikaans se 100ste bestaansjaar op 8 Mei.

Vers en klank 29 April 2025 29.04.2025

Sophia van Taak en voorleser Johann Nel gooi ’n Kaapse draai met gedigte oor Tafelberg, die koloniale era aan die Kaap, die hawe én ander grepies uit dié stad se verlede.

Vers en Klank 22 April 2025 22.04.2025

Op Vers en Klank saam met Sophia van Taak kom die reeks oor die digter C. Louis Leipoldt vanaand tot ’n einde. Maar: daar is nog heelwat lekkertes om na uit te sien! Die drie lesers – De Klerk Oelofse, Nicole Holm en Anrich Herbst – deel gedigte uit die laaste vier albums uit Leipoldt se pen, en ons luister ook na toonsettings van sy gedigte deur Gert Vlok Nel en Jannie du Toit.

Vers en klank 18 April 2025 18.04.2025

Luister na gedigte deur onder meer W.E.G. Louw, Isak de Villiers, Sheila Cussons en Ernst van Heerden. Die voorlesers is Johann Nel en Jana Kruger.

Vers en klank 15 April 2025 15.04.2025

De Klerk Oelofse, Nicole Holm en Anrich Herbst lees in die derde program van 'n reeks van vier oor C. Louis Leipoldt, gedigte voor uit sy 1923-bundel, Uit Drie Wêrelddele.

Vers en klank 8 April 2025 08.04.2025

Sophia van Taak en die span voorlesers is by die tweede program in ’n reeks van vier oor die lewe en werk van die digter, joernalis, mediese dokter en koskenner, C. Louis Leipoldt. Daar is gedigte uit sy bundels, Dingaansdag, en Uit Drie Wêrelddele, soos voorgelees deur Nicole Holm, Anrich Herbst en De Klerk Oelofse.

Vers en klank 1 April 2025 01.04.2025

Die digter, C. Louis Leipoldt, was ’n fassinerende, baie individualistiese en – in sommige se oë – selfs ’n eksentrieke man. In die eerste program in ’n reeks van vier oor hierdie groot figuur in die Afrikaanse letterkunde, is daar nie minder nie as drie voorlesers: De Klerk Oelofse, Nicole Holm én Anrich Herbst. Hulle lees gedigte voor uit Leipoldt se debuutbundel, Oom Gert vertel en Ander Gedigt...

Vers en klank 25 Maart 2025 25.03.2025

Ronèl Geldenhuys lees gedigte voor oor geure, klanke, reuke, smake… alles wat jy met jou sintuie ervaar. Veral Sheila Cussons het baie oor haar sensoriese waarnemings gedig. Daar is ook gedigte deur T.T. Cloete, Meyer van Rensburg, Ingrid Jonker en George Weideman.

Vers en klank 18 Maart 2025 18.03.2025

In die vorige aflewering het Jana Kruger en Anrich Herbst gedigte oor Johannesburg se verlede voorgelees – verse wat verduidelik hoe die goudstormloop tot die ontstaan van ’n wêreldstad gelei het. Hierdie keer vertel die gedigte wat ná die goudkoors verby was, van Johannesburg oorgebly het.

Vers en klank 11 Maart 2025 11.03.2025

As ’n mens deesdae na Johannesburg kyk, is dit moeilik om te glo dat dié wêreldstad in die laaste sowat 140 jaar van ’n enkele delwerskamp gegroei het tot wat dit vandag is. Sophia van Taak en voorlesers Jana Kruger en Anrich Herbst delf diep in Jozi se verlede en karakter. Daar’s gedigte oor die goudkoors en die ou dae se lewe aan die Witwatersrand om na uit te sien.

Vers en klank 4 Maart 2025 04.03.2025

Ronél Geldenhuys lees gedigte voor oor kinders, spesifiek oor hoe hulle onblusbare energie en bandelose menswees ons inspireer om die wêreld ook weer ’n slag soos húlle te sien: as ’n wonderlike plek, vol moontlikhede en magic.

Vers en klank 25 Februarie 2025 25.02.2025

Die maand waarin die liefde op elke manier gevier is, is amper verby. Voorleser Nicole Holm roer die hartsnare vir oulaas met voorlesings van die allermooiste Afrikaanse liefdesverse. Daar is werke deur Antjie Krog, Luis Esterhuizen, Ronelda Kamfer, Bibi Slippers en Pieter Odendaal.

Listen to the Vers en Klank podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.