RSG
Vers en Klank
Voorlesings van gedigte, afgewissel met gepaste musiek.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Vers en klank 19 Maart 2024 19.03.2024 16:52
Ons vier Wêreld Poësiedag op Donderdag 21 Maart. Jy kan uitsien na ’n hele rits gewilde Afrikaanse gedigte, asook toonsettings van ’n paar gewilde verse. Die voorleser is Susanne Beyers.
Vers en klank 12 Maart 2024 12.03.2024 23:44
Jana Kruger en Pieter van Zyl is terug in die ateljee om gedigte oor ouers voor te lees. Jy kan veral uitsien na ’n besonderse gedig deur Olga Kirsch, Vyf Sonnette aan my Vader.
Vers en klank 5 Maart 2024 05.03.2024 23:41
Die eerste aflewering in ’n reeks van twee programme oor herinneringe aan ma’s en pa’s wat nie meer met ons is nie. Ons digters het heelwat geskryf oor dié dinge, wat hulle graag nog vir hulle ouers wou sê, maar altyd versuim het om te doen. Daar is twéé voorlesers vir hierdie reeks, Pieter van Zyl én Jan Kruger.
Vers en klank 27 Februarie 2024 27.02.2024 27:21
Marion Holm lees gedigte voor oor die soogdiere van Suider-Afrika. Daar’s verse oor lede van die Groot Vyf, soos die olifant en die luiperd, maar ook gedigte oor ander spesies wat net so mooi is en ook ons aandag verdien.
Vers en klank 20 Februarie 2024 20.02.2024 26:40
In Antjie Krog se 2006-digbundel, Verweerskrif, is daar ’n gedig genaamd Vier Seisoenale Waarnemings van Tafelberg. Dit vertel hoe Krog dié berg vir ’n jaar lank waargeneem en leer liefkry het. Jana Kruger lees uittreksels uit hierdie gedig voor.
Vers en klank 13 Februarie 2024 13.02.2024 15:48
Pieter van Zyl lees in die laaste aflewering in ’n reeks programme oor huise, meer gedigte oor die herinneringe wat mense het aan die huise waarin hulle grootgeword het.
Vers en klank 6 Februarie 2024 06.02.2024 15:39
Pieter van Zyl lees gedigte oor huise, en waarom mense se huise steeds vir hulle die mees gesellige, gemaklike plek op aarde is – selfs al is dinge nie presies soos jy dit graag sou wou hê nie. Daar is ook gedigte oor daardie droomhuis wat elkeen van ons in gedagte het, maar seker nooit sal bewoon nie.
Vers en klank 30 Januarie 2024 30.01.2024 18:11
Johann Nel lees weer gedigte voor oor fossiele en ander prehistoriese verskynsels.
Vers en Klank 23 Januarie 2024 23.01.2024 20:13
Voorleser Johann Nel neem ons op ’n reis terug na die oertyd van die aarde. Jy kan uitsien na gedigte oor fossiele en ander prehistoriese verskynsels deur, onder andere, Antjie Krog, Cas Vos, Johann Lodewyk Marais en Ina Rousseau.
Vers en klank 16 Januarie 2024 16.01.2024 26:48
Sophia van Taak gesels met die bekende reisjoernalis en fotograaf, Toast Coetzer, oor “spoken word”, of dan nou soos ons dit in Afrikaans noem: die gesproke-woord-digkuns. Toast skryf al vir dekades lank hierdie soort gedigte en dit dien ook as lirieke vir die musiek wat hy al op verskeie albums saam met sy groep, The Buckfever Underground, opneem het.
Vers en klank 9 Januarie 2024 09.01.2024 21:21
Ons vier die heerlike somerdae deur na gedigte oor die son te luister. Die voorler is Nicole Holm.
Vers en klank 2 Januarie 2024 02.01.2024 23:38
Hier vroeg in 2024 luister ons op Vers en Klank na gedigte wat netsowel as nuwejaarsvoornemens of leuses vir die lewe kan dien. Die voorleser is Susanne Beyers.
Vers en klank 26 Desember 2023 26.12.2023 24:16
Op hierdie heerlike somersdae – en terwyl ons nog vakansie hou en maar mág lui wees – is stoepsit een van die lekkerste dinge om te doen. Skakel gerus in vir Daneel van der Walt se voorlesings oor dié heilsame tydverdryf.
Vers en klank 25 Desember 2023 25.12.2023 25:05
In hierdie spesiale Kersdag-uitsending van Vers en Klank luister ons na gedigte deur NP van Wyk Louw, Lina Spies, Antjie Krog, Carma Shaw, Fanie Olivier, Uys Krige, Rien Joubert en Ewerwyn Wessels. Die voorlesers is Johann Nel en Nicole Holm.
Vers en klank 19 Desember 2023 19.12.2023 20:04
Indien jy een van die bittereinders is wat steeds hierdie week werk, dan is hierdie week se Vers en Klank net vir jou bedoel! Skakel gerus in vir Waldemar Schultz se voorlesing van gedigte oor werk.
Vers en klank 12 Desember 2023 12.12.2023 19:04
Uit simpatie met diegene wat nog nie op vakansie is nie, lees Waldemar Schultz op Vers en Klank gedigte voor oor werk, beroepe – allerlei dinge wat mense doen om die pot aan die kook te hou.
Vers en klank 5 Desember 2023 05.12.2023 24:18
Op Vers en Klank luister ons die tweede program van gedigte oor gedagtes oor God. Dié keer lees Daneel van der Walt voor uit die werk van NP van Wyk Louw en Sheila Cussons.
Vers en klank 28 November 2023 28.11.2023 25:05
Wonder jy ooit oor God? Oor die bestaan van ’n godheid? Ons digters het heelwat oor dié tema te sê gehad. Die voorleser Daneel van der Walt.
Vers en klank 21 November 2023 21.11.2023 23:21
Nicole Holm lees gedigte oor tuine.
Vers en klank 14 November 2023 14.11.2023 26:17
Sophia van Taak gesels met die digter, Bibi Slippers, oor haar jongste bundel, Soekenjin. Slippers lees ook van die nuwe verse voor.
Vers en klank 7 November 2023 07.11.2023 20:08
Ter viering van die Bokke se Wêreldbekeroorwinning, luister ons na gedigte oor sport. Die voorleser is Waldemar Schultz.
Vers en klank 31 Oktober 2023 31.10.2023 18:30
Luister na gedigte oor die plaaslewe. Die voorleser is Lochner de Kock.
Vers en klank 24 Oktober 2023 24.10.2023 26:25
Luister na die gedigte wat in vanjaar se Avbob-poësiekompetisie as wenners in die Afrikaanse kategorie aangewys is. Die voorleser is Nicole Holm.
Vers en klank 17 Oktober 2023 17.10.2023 24:53
Nic de Jager is die voorleser in ‘n reeks van drie programme oor die lewe en werk van die digter, D.J. Opperman.
Vers en klank 10 Oktober 2023 10.10.2023 25:16
Nic de Jager is die voorleser in ‘n reeks van drie programme oor die lewe en werk van die digter, D.J. Opperman.
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.