RSG

Vers en Klank

Tv AF ↓ 748 episodes

Voorlesings van gedigte, afgewissel met gepaste musiek.

Author

RSG

Category

Tv

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 7, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Vers en Klank 21 Januarie 2020 21.01.2020

Luister na gedigte oor berge, daardie fassinerende landskappe wat so bepalend is vir lewe. Wessel Pretorius is die voorleser. Jy kan uitsien na gedigte deur Breyten Breytenbach, Pieter Odendaal, De Waal Venter, Ronelda Kamfer, Marlise Joubert, Daniel Hugo en Louis Esterhuizen.

Vers en Klank 14 Januarie 2020 14.01.2020

Luister na van die mooiste gedigte deur Petra Müller wat vanjaar 85 jaar oud is. Dit sou baie moeilik wees om die Afrikaanse digkuns en boekebedryf in sy geheel sonder haar in te dink. Die verse waarna jy kan uitsien, kom uit die bundels Die aandag van jou oë en Om die gedagte van geel. Juanita Swanepoel is die voorleser.

Vers en Klank 7 Januarie 2020 07.01.2020

Digter Hannes Visser praat oor sy bundel DIE JAAR TOE PA... wat in 2019 uitgegee is. Dit is 'n roerende terugblik op sy lewe. Dit is die jaar 1967. 'n Tienjarige seun in 'n disfunksionele mynwerkshuis op die Wesrand is aan die woord. Met gestroopte verse vertel hy van die mense wat instaan, en help om sin te gee aan wat om hom gebeur. Deur hierdie gedigte ervaar die leser die absurditeit van die s...

Vers en Klank 31 Desember 2019 31.12.2019

Die digter-akademikus Hein Viljoen gesels oor sy nuwe bundel, Brisant, wat vanjaar verskyn het. Dit is 'n lang verhalende (epiese) gedig en bied 'n kykie in die alledaagse lewe en minder alledaagse fantasieë van Jan Human, 'n universiteitsdosent. Dis vol subteks, interteks, vuur, en dalk 'n bom of twee wat bars.

Vers en Klank 24 Desember 2019 24.12.2019

In hierdie spesiale uitsending van VERS EN KLANK vier ons Kersfees met gedigte van ons grootste digters en musiek van oraloor. Johann Nel, Elsabe Daneel en Dean Balie is die voorlesers. Daar is gedigte van Wynand Retief, Sheila Cussons, Antjie Krog, Adam Small, Lina Spies, Jeanne Goosen, Eveleen Castelyn, NP van Wyk Louw, Diana Ferrus, Donald Riekert, Rene Bohnen, Francilie Hoek, Johann de Lange,...

Vers en Klank 24.12.2019

Die pianis en performance poet, Lara Kirsten, praat oor haar lewe as rondreisende kunstenaar, wat sommer enige plek op 'n fiets sal klim en dit ry, 'n klavier sien en dit speel, 'n verhoog skep uit 'n klip en begin dig. Lara lees so van haar innigste gedigte oor Afrika, oor musiek en oor haar geliefdes voor.

Vers en Klank 17.12.2019

Chris van Niekerk lees verse deur een van ons veelsydigste skrywers en digters, Dolf van Niekerk, wat vanjaar 90 jaar oud geword het. Ons gaan luister na gedigte uit sy laaste bundel, Berigte uit die skemerland, wat vanjaar verskyn het, en na 'n paar verse uit sy vorige bundel, Portrette in my gang.

Vers en Klank 10.12.2019

Die digter en sangeres, dosent en woordswerwer, Jolyn Phillips, gesels oor haar debuutbundel, Radbraak, wat in 2017 verskyn het en vanjaar benoem is vir die Ingrid Jonker-prys. Volgens die bekroonde digter, Petra Müller, is Radbraak 'n klein aardbewing van 'n bundel, en dat die digter die engel in die klip beet het. Phillips is 'n jong stem in Afrikaans wat gehoor móet word. Jy kan ook uitsien na...

Vers en Klank 26.11.2019

Digter Pieter Hugo gesels oor sy debuutbundel, Alchemie van my muse, wat vanjaar verskyn het. Fanie Olivier skryf oor hierdie bundel: "Dis 'n opwindende debuut van 'n alchemis wat sy vak ken, met 'n ongewone oog dinge raaksien, en met taal kan werk. Wat die lewe takseer met ironie en deernis." Jy kan uitsien na 'n hele paar snitte waar Pieter van sy verse voorlees, en Rikü Latti die agtergrondmusi...

Vers en Klank 19.11.2019

Die musiekpaar, Coffee Snobs, en die bekroonde skrywer en digter, Riana Scheepers, neem jou op 'n liriese reis. Die reis van vers na liriek wys op 'n opwindende manier hoe tradisionele digvorme deur musikale verwerking nuwe dimensies van skoonheid, ontroering en verwondering verkry. Jy kry die geleentheid om snitte uit hulle produksie, Donkernagpantoen, te hoor, wat nog net op enkele verhoë te sie...

Vers en Klank 12.11.2019

Christo van der Westhuizen gesels oor en lees gedigte voor uit sy nuwe debuutbundel Chrisalis. Daniel Hugo skryf: "Chrisalis is die indrukwekkende debuut van 'n digter wie se taal- en versvernuf die leser meevoer en meermale ook ontroer. Die grens tussen teks en werklikheid word telkens getoets." Christo vertel van sy nege-tot-vyf-werk, die lewe en die dinge wat hom diep raak, só diep raak dat hy...

Vers en Klank 05.11.2019

Die skrywer en digter, musikant, videograaf, fotograaf en klankingenieur Willem S. van der Merwe gesels oor en lees gedigte voor uit sy nuwe bundel, Nuwe Vrese. Daniel Hugo skryf: "Van der Merwe is die troebadoer van die triestigheid, die hofnar van die huwelik, die digter van die droefheid en deernis, die filosoof van die suburbs, die bedrewe goëlaar met beeldspraak en meerduidigheid, die slinkse...

Vers en Klank 29.10.2019

Luister na gedigte uit 'n nuwe bundel, Vandag is boordensvol - Pablo Neruda in Afrikaans, vertaal deur De Waal Venter. Dis onlangs uitgegee deur Naledi. Charl-Pierre Naude skryf: "Die Afrikaanse gevoels- en dinkwêreld word met hierdie bundel vertalings eindeloos verruim." Nic de Jager lees van Neruda se mooiste vertaalde gedigte voor.

Vers en Klank 22.10.2019

Pieter van Zyl lees gedigte oor TYD EN EWIGHEID deur Nini Bennett, Wilma Stockenström, Daniel Hugo, Clinton V. du Plessis, Jan de Bruyn, Cas Vos en Corne Coetzee.

Vers en Klank 15.10.2019

Susanne Beyers lees verse oor die landskap van die Karoo. Daar is gedigte van D.J. Opperman, NP van Wyk Louw, Lou-Ann Stone, Sydda Essop, Dolf van Niekerk, Breyten Breytenbach, Louis Esterhuizen, Cas Vos, Corlia Fourie en Ernst van Heerden.

Vers en Klank 08.10.2019

Wêreld Sigdag word hierdie week gevier, en ons luister na gedigte wat gaan oor oë en om te kan sien, of nie te kan sien nie. Lise-Mari van Wyk, 'n neëntienjarige blinde vrou, lees die verse (in braille) voor. Jy kan uitsien na gedigte van Petra Müller, Sheila Cussons, Lina Spies, Cas Vos, Zandra Bezuidenhout en Wilma Stockenström.

Vers en Klank 01.10.2019

Luister na gedigte oor die omgewing en die mens se ekologiese voetspoor, in die gees van Sint Franciscusdag. Charlton George is die voorleser van gedigte deur Cas Vos, Pieter Odendaal, Elisabeth Eybers, Eveleen Castelyn en Wilma Stockenström.

Vers en Klank 23.09.2019

Luister na gedigte oor die hart, in die gees van Wêreld Hartdag wat hierdie week gevier word. Waldemar Schultz lees verse van Breyten Breytenbach, Rosa Keet, Abraham Fouche, Theunis Engelbrecht, Joan Hambidge, Gilbert Gibson, I.L. de Villiers en Fanie Olivier.

Vers en Klank 17.09.2019

Ons vier Breyten Breytenbach se 80e verjaardag. Digter, skrywer, denker, skilder, akademikus en letterkundige, dramaturg, wêreldburger, aktivis, vryheidsvegter, uitgewekene, ingeperkte, BB Lasarus, Janblom, Jan Afrika, en soos 'n artikel in die New Yorker in November 1993 se opskrif lui: "An Afrikaner Dante". Die program is gevul met van sy mooiste verse wat Dawid Minnaar voorlees, en daar is toon...

Vers en Klank 10.09.2019

Corne Coetzee se debuutbundel, wat in 2017 uitgegee is en in dieselfde jaar benoem is vir die Ingrid Jonker-prys, bevat verskeie temas, maar is veral deurspek met voorbeelde van die vrou se ervaringswêreld – hetsy haar daaglikse taakverrigting in en om die huis, haar rol as dogter, as moederlike figuur of as geliefde. Sy put uit die eietydse, veeldimensionele wêreld om haar, die groei en verbrokke...

Vers en Klank 03.09.2019

Die digter en vertaler, Daniel Hugo, gesels oor, en lees gedigte voor uit die nuwe bundel wat hy vertaal het, Die Trouservies. Die oorspronklike bundel is geskryf deur Benno Barnard, 'n Nederlandse skrywer van 'n veelstydige oeuvre wat poësie, prosa, essays, toneeltekste en vertalings insluit. Die digter se tegniese vernuf is klinkklaar, en Hugo se teksgetroue en soepel vertaling is merkwaardig.

Vers en Klank 27.08.2019

Margot Luyt lees gedigte oor verliese en die gemis en verlange wat dit meebring. Daar is gedigte deur George Weideman, Daniel Hugo, AD Keet, Johann de Lange, Clinton V. du Plessis en Petra Müller.

Vers en Klank 20.08.2019

Erica Wessels lees gedigte oor drome deur Johann de Lange, Breyten Breytenbach, Joan Hambidge, Jeanne Goosen, Wilma Stockenström, Ernst van Heerden en N.P. van Wyk Louw.

Vers en Klank 13.08.2019

Johann Nel lees gedigte oor woorde, in die gees van Taaldag wat op 14 Augustus gevier word. Daar is gedigte deur N.P van Wyk Louw, C. Louis Leipoldt, Boerneef, W.E.G. Louw, Wilma Stockenström, Erns Grundling, Breyten Breytenbach, J.C. Steyn, P.H. Roodt, Elisabeth Eybers en Zandra Bezuidenhout.

Vers en Klank 06.08.2019

Juanita Swanepoel lees gedigte oor of deur vroue in verskillende fases van hulle lewe. Jy kan uitsien na gedigte deur Elisabeth Eybers, Ina Rousseau, Susan Smith, Dirk Winterbach, Breyten Breytenbach, Marlise Joubert en Antjie Krog.

Listen to the Vers en Klank podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.