RSG

Vers en Klank

Tv AF ↓ 748 episodes

Voorlesings van gedigte, afgewissel met gepaste musiek.

Author

RSG

Category

Tv

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 7, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Vers en Klank 30.07.2019

Luister na gedigte uit die ou bekende, steeds gewilde bundel van Philip de Vos: Karnaval van die diere. De Klerk Oelofse is die voorleser. Die bundel is in 1998 uitgegee en die omslag sê: die onheilige tweeling - die versiemaker Philip de Vos en die kunstenaar Piet Grobler het saam 'n boek gemaak vir kinders van alle ouderdomme (en natuurlik hulle ouers ook).

Vers en Klank 23.07.2019

Petru Wessels en Carel Trichardt lees gedigte oor SLAAP van Juanita Louw, Breyten Breytenbach, Elisabeth Eybers, Jolyn Philips, Marie Blomerus, Lucas Malan, Olga Kirsch, Sheila Cussons en D.F. Malherbe.

Vers en Klank 16.07.2019

Anrich Herbst lees gedigte oor stilte van M.M. Walters, Dolf Myburg, W.E.G. Louw, Kobus Lombard, Gilbert Gibson, Nini Bennett, Barend J. Toerien en Breyten Breytenbach.

Vers en Klank 09.07.2019

Luister na gedigte oor musiek van Jolyn Philips, Bibi Slippers, W.L. van der Merwe, T.T. Cloete, Loftus Marais, Ilse van Staden, Marlene van Niekerk, Jeanne Goosen, Sheila Cussons en Johann de Lange, soos voorgelees deur Tinarie van Wyk Loots.

Vers en Klank 02.07.2019

Chris van Niekerk lees gedigte voor oor DONKER EN LIG. Die werk van Tessa Louw, Daniel Hugo, Christine Barkhuizen-le Roux, Antjie Krog, Nini Bennett, Johann de Lange en Breyten Breytenbach kan gehoor word.

Vers en Klank 25.06.2019

Jy kan luister na gedigte in die vorm van BRIEWE. Albert Maritz lees gedigte voor van T.T. Cloete, Breyten Breytenbach, Cas Vos, Marlise Joubert, Louis Esterhuizen, J.C. Steyn, Petra Müller, Marius Crous en Sarina Dönges.

Vers en Klank 18.06.2019

Kom luister na gedigte wat handel oor die JEUG. Dean Balie lees gedigte voor van Clinton V. du Plessis, Jeanne Goosen, Ronelda Kamfer, Corlia Fourie, Antjie Krog en Ilse van Staden.

Vers en Klank 11.06.2019

Ons luister na gedigte oor VADERS. Martelize Kolver is die voorleser met enkele voorlesings deur Chris van Niekerk en Dean Balie.

Vers en Klank 04.06.2019

Kom luister na gedigte wat gaan oor die diereryk en die verwondering wat digters noop om oor diere te dig. Amor Tredoux is die voorleser.

Vers en Klank 28.05.2019

Luister na gedigte uit Pieter Odendaal se debuutbundel, Asof geen berge ooit hier gewoon het nie, wat verlede jaar verskyn het en benoem is vir die UJ se 2019-debuutprys. Dis 'n opwindende en verweefde bundel uit hierdie jong digter se pen. Met 'n eietydse aanslag skryf Odendaal oor politiek, identiteit, ons ekologiese voetspoor, verganklikheid en menswees. Die digter vertel meer van die bundel en...

Vers en Klank 21.05.2019

Waldemar Schultz lees gedigte uit Johannes van Eeden se debuutbundel DIE VAL. Dit bevat verrassende poësie met min vergelykbare tekste in die Afrikaanse lettere. Dit is 'n kort bundel met dringende verse en titulêre temas van verval wat die leser by intens persoonlike landskappe intrek. Elke Afrikaanse gedig sluit ook die Engelse vertaling daarvan in.

Vers en Klank 14.05.2019

Luister na gedigte uit Loftus Marais se nuwe bundel, Jan, Piet, Koos en Jakob. Dit is Marais se derde bundel en hy ontgin opnuut bekende temas uit sy oeuvre: verbruikerskultuur, manlike identiteit, tuis/ontuis wees in Suid-Afrika, met 'n skerp humorsin en visuele ingesteldheid. Die verse word saamgeryg in 'n eenheid van neig na 'n naamlys, na 'n portretuitstalling en selfs na 'n register van herin...

Vers en Klank 07.05.2019

Joanie Combrink lees gedigte uit Marlise Joubert se nuwe bundel, Grondwater. Die bundel is opgedra aan haar moeder, en die meeste van die gedigte hang daarmee saam. Herinneringe en meditasies oor herkoms, identiteit, geboorte, lewe en dood.

Vers en Klank 30.04.2019

Carel Nel en Ronel Geldenhuys lees gedigte wat handel oor Suid-Afrika, in die gees van Vryheidsdag wat gevier is. Daar is gedigte van Pieter Odendaal, Danie Marais, Johann L. Marais, Louis Esterhuizen, Fanie Olivier, Breyten Breytenbach, Antjie Krog en Marlene van Niekerk.

Vers en Klank 23.04.2019

Luister na gedigte wat gaan oor maskers in die vele vorme wat die mens dit dra. June van Merch is die voorleser van gedigte van Charles Fryer, Wilma Stockenström, Lina Spies, Juanita Louw, Ronelda S Kamfer, Loftus Marais, S.J. Pretorius, Clinton V. du Plessis en Charl-Pierre Naude.

Vers en Klank 15.04.2019

Jy word uitgenooi om die reis van die Paradiso, onder die klank van musiek en sang, te onderneem. Il Paradiso is die hoogtepunt van Dante Alighieri se drieledige werk. Hy gebruik van die aangrypendste metafore en vergelykings om sy reis te beskryf. Hy is sonder twyfel een van die briljantste digters ooit. Cas Vos se vertaling is die eerste vertaling daarvan in digvorm in Afrikaans. Hy wend verrass...

Vers en Klank 09.04.2019

Margot Luyt lees gedigte oor herfs van Johann de Lange, Lina Spies, N.P. van Wyk Louw, Koos Kombuis, Clinton V. du Plessis, Martjie Bosman en Cas Vos.

Vers en Klank 02.04.2019

Die godsdiensfilosoof en digter, W.L. van der Merwe, woon in Amsterdam waar hy doseer aan die Vrije Universiteit. Sy debuutbundel Doodmenslik het in 2018 verskyn. Hy vertel van hierdie bundel en lees enkele gedigte daaruit.

Vers en Klank 19.03.2019

Stian Bam lees gedigte wat gaan oor die reënboognasie van die natuur, voëls. Daar is verse van Danie Marais, Boerneef, W.L. van der Merwe, Sheila Cussons, Dolf van Niekerk, Marlene van Niekerk, Johannes van Eeden en Jeanne Goosen.

Vers en Klank 12.03.2019

Pieter van Zyl lees gedigte wat oor die verganklikheid, die broosheid en die letselvatbaarheid van die mens. Daar is gedigte van W.L. van der Merwe, Breyten Breytenbach, Marlise Joubert, Elisabeth Eybers, Ina Rousseau, Lucas Malan en Annette Snyman.

Vers en Klank 05.03.2019

Ons vier die tagtigste verjaardag (op 6 Maart) van Lina Spies, een van Suid-Afrika se bekendste en mees geliefde digters. Anna-Mart van der Merwe lees 'n paar van die gedigte uit haar uitgebreide, ryk oeuvre.

Vers en Klank 26.02.2019

Daneel van der Walt lees gedigte oor die see van Breyten Breytenbach, Uys Krige, Pieter Odendaal, Rene Bohnen, Eckhard Cloete, Lina Spies en Sheila Cussons.

Vers en Klank 19.02.2019

Luister na gedigte wat effe met die maan gepla is, so met die volmaan saam. Erica Wessels is die voorleser van gedigte van Ingrid Jonker, Wilma Stockenström, Sheila Cussons, Marlene van Niekerk, Juanita Louw, DPM Botes, Corne Coetzee en Ilse van Staden.

Vers en Klank 12.02.2019

Ronel Geldenhuys lees gedigte oor grootouers en oudword deur Lina Spies, Wilma Stockenström, Elisabeth Eybers, Joan Hambidge, Gert Vlok Nel, W.L. van der Merwe en Antjie Krog.

Vers en Klank 29.01.2019

Johann Nel lees van sy gunsteling humoristiese verse van A.D. Keet, Ellen Botha, R.K. Belcher en M.M. Walters.

Listen to the Vers en Klank podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.