RSG
Vers en Klank
Voorlesings van gedigte, afgewissel met gepaste musiek.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Vers en Klank 7 Julie 2020 07.07.2020 32:39
Pieter van Zyl lees gedigte voor uit die digter en sanger, Gert Vlok Nel, se debuutbundel, om te lewe is onnatuurlik, waarvoor hy in 1995 die Ingrid Jonker-prys ontvang het. Soos Joan Hambidge skryf: "Gert Vlok Nel het met een digbundel kultusstatus bereik." Dis 25 jaar later, maar steeds is die tydlose gedigte daarin aangrypend.
Vers en Klank 30 Junie 2020 30.06.2020 31:04
Tinarie van Wyk Loots lees gedigte voor uit die literêre vertaler, dosent en digter Gisela Ulyatt se debuutbundel, Die waarheid oor duiwe, wat vanjaar verskyn het. "Die bundel is 'n besondere versameling verse oor kortstondigheid, broosheid en verganklikheid" - Amanda Lourens.
Vers en Klank 23 Junie 2020 23.06.2020 26:00
Petru Wessels en Carel Trichardt lees goue gedigte, meestal klassiek en baie bekend, met hier en daar 'n uitsondering. Jy kan uitsien na gedigte van Antjie Krog, Hans Andreus, Ina Rousseau, Totius, Breyten Breytenbach, Theunis Engelbrecht, D.J. Opperman, Boerneef, Ingrid Jonker, N.P. van Wyk Louw, Jan F.E. Cilliers en Philip de Vos.
Vers en Klank 16 Junie 2020 16.06.2020 24:13
Petru Wessels en Carel Trichardt lees goue gedigte voor, meestal klassiek en baie bekend, met hier en daar 'n uitsondering. Jy kan uitsien na gedigte van Breyten Breytenbach, Totius, Lina Spies, Eugene Marais, N.P. van Wyk Louw en Mardene Marais.
Vers en Klank 9 Junie 2020 09.06.2020 33:55
Nicole Holm lees gedigte voor uit Jeanne Goosen se laaste bundel wat vroeër vanjaar verskyn het: Het jy geweet ek kan toor? Die digter, dramaturg, kabaret-, prosa en rubriekskrywer is verlede week oorlede.
Vers en Klank 2 Junie 2020 02.06.2020 36:15
Danie Marais, bekroonde digter, skrywer, joernalis, radio-aanbieder, musiekkenner, ensovoorts, lees van sy ongepubliseerde en nuwe gedigte voor.
Vers en Klank 26 Mei 2020 26.05.2020 28:00
Luister na 'n verskeidenheid gedigte deur 'n verskeidenheid digters, voorgelees deur verskillende lesers. Ons noem dit grendelgedigte. Elke voorleser het 'n gedig of twee gekies wat vir hom of haar iets besonders beteken in hierdie tyd van inperking. Jy kan uitsien na gedigte deur Petra Müller, George Weideman, Breyten Breytenbach, Herman de Coninck, Antjie Krog en H.A. Fagan. Die voorlesers is An...
Vers en Klank 19 Mei 2020 19.05.2020 30:30
Luister weer na 'n verskeidenheid gedigte deur 'n verskeidenheid digters, voorgelees deur verskillende lesers. Ons noem dit grendelgedigte. Elke voorleser het 'n gedig of twee gekies wat vir hom of haar iets besonders beteken in hierdie tyd van inperking. Jy kan uitsien na gedigte deur Donald W. Riekert. Sheila Cussons, Antjie Krog, Danie Marais, Carina Stander, Stephan Bouwer, Wilma Stockenström...
Vers en Klank 12 Mei 2020 12.05.2020 32:07
Luister na nog 'n verskeidenheid gedigte deur 'n verskeidenheid digters voorgelees deur verskillende lesers. Ons noem dit sommer grendelgedigte. Elke voorleser het 'n gedig of twee gekies wat vir hom of haar iets besonders beteken in hierdie tyd van inperking. Jy kan uitsien na gedigte deur Gerard Scholtz, Carina Stander, Hilandi du Toit, T.T. Cloete, Zandra Bezuidenhout, Ingrid Jonker, N.P. van W...
Vers en Klank 5 Mei 2020 05.05.2020 27:42
Luister na gedigte deur 'n verskeidenheid digters, voorgelees deur verskillende lesers. Ons noem dit Grendelgedigte. Elke voorleser het 'n gedig of twee gekies wat vir hom of haar iets besonders beteken in hierdie tyd van inperking. Jy kan uitsien na gedigte deur Hilandi du Toit, T.T. Cloete, Elisabeth Eybers, Ilse van Staden, Antjie Krog, Ina Rousseau en Loftus Marais. Die voorlesers is June van...
Vers en Klank 28 April 2020 28.04.2020 31:48
Luister na gedigte oor digterskap, en verse van digters in gesprek met ander digters. Vele gedigte word geïnspireer en opgedra aan ander digters, en ons luister na enkele van die op eie bodem. Jy kan uitsien na gedigte deur Adam Small, Lina Spies, Pieter Odendaal, Izak de Vries en Daniel Hugo.
Vers en Klank 21 April 2020 21.04.2020 34:42
Die bekroonde digter Nathan Trantraal kuier by Friede van den Heeerv in die ateljee om gedigte voor te lees uit sy nuwe bundel, Oolog. Iemand beskryf dit so: "Trantraal vind poësie waar ander digters te bang is om te soek."
Vers en Klank 14 April 2020 14.04.2020 26:29
Bekroonde digter Ronelda S. Kamfer gesels en lees gedigte voor uit haar nuwe (vierde) bundel, Chinatown. Hierin bied sy opnuut poësie met 'n emosionele slaankrag wat die leser nie onaangeraak sal laat nie. Geslagspolitiek word ondersoek deur 'n vrouestem wat opklink teen die patriargie. Kwessies wat deel vorm van die huidige sosiopolitieke diskoers – vrouemishandeling, rassisme en armoede – kom a...
Vers en Klank 10 April 2020 10.04.2020 53:34
Oordink en herdenk Goeie Vrydag saam met ons digters. Chris van Niekerk en Susanne Beyers is die voorlesersvan gedigte van Breyten Breytenbach, I.L. de Villiers, Arina Prinsloo, Lucas Malan, Ingrid Jonker, Cas Vos, Lina Spies, Linda Rousseau, Lea Rossouw, Adam Small, W.E.G. Louw, Sheila Cussons, I.D. du Plessis en N.P. van Wyk Louw.
Vers en Klank 7 April 2020 07.04.2020 29:43
Pieter van Zyl lees gedigte voor uit Cas Vos se elfde bundel, Vlug van die gees. Resensent Dewald Koen skryf: "Die bundel as geheel fokus veral op menslike verganklikheid, die ars poëtika en faktore wat mense daagliks affekteer soos 'n gebrek aan liefde en deernis, verlies, siekte en die sosiale uitdagings wat ons in die gesig staar." 'n Bundel vir die tyd waarin ons ons tans bevind.
Vers en Klank 31 Maart 2020 31.03.2020 36:17
Luister na wonderlike, klankryke gedigte uit Thomas Deacon se nuwe bundel, Duifiedorings. In Breyten Breytenbach se woorde: "Die man se menslikheid, oopheid vir ander en vir die omgewing, die rykheid en tekstuur van sy woorde en daarom sekerlik van sy kennis - is wonderlik om in te neem. Hy raak vir my op werklik inspirerende maniere aan wat dit beteken om digter te wees in hierdie land. En met di...
Vers en Klank 24 Maart 2020 24.03.2020 28:46
Die digter en vertaler, Daniel Hugo, gesels oor, en lees gedigte voor uit die nuwe bundel wat hy vertaal het, DIE SINGENDE WÊRELD. Die oorspronklike bundel is geskryf deur Marc Tritsmans, 'n Vlaamse digter en wetenskaplike. Dit spreek veral ekologiese kwessies aan. Joan Hambidge skryf in die resensie: "Dis 'n bundel vir George Claassen en predikers. Vir gewone lesers en poësieliefhebbers. Nog 'n b...
Vers en Klank 17 Maart 2020 17.03.2020 38:34
Die digter Diana Ferrus lees gedigte voor uit haar roerende bundel, Die vrede kom later, wat opgedra is aan haar pa. Die gedigte handel oor die post-traumatiese stres wat soveel mans ná die Tweede Wêreldoorlog deurgemaak het, en hoe dit op intieme vlak hulle gesinne beïnvloed het met hulle terugkeer huis toe.
Vers en Klank 10 Maart 2020 10.03.2020 31:57
June van Merch lees gedigte en los gedagtes van Jeanne Goosen.
Vers en Klank 3 Maart 2020 03.03.2020 27:20
Rolanda Marais gedigte uit die Antjie Krog se pragbundel, Fynbosfeetjies, met illustrasies deur Fiona Moodie. Dit bestaan uit 16 gedigte gebaseer op allerlei fynbosspesies wat elk geassosieer word met 'n unieke fee.
Vers en Klank 25 Februarie 2020 25.02.2020 29:52
Martelize Kolver lees gedigte met die tema, DIGTERS IN GESPREK MET HEILIGES. Mense wat, in Adam Small se woorde, deurdrenk is van ware menslikheid. Jy kan uitsien na gedigte deur Cas Vos, Koos van der Merwe, Johann de Lange, Sheila Cussons, I.L. de Villiers, N.P. van Wyk Louw, Ina Rousseau, Tom Gouws, Clinton V. du Plessis en Mellet Moll.
Vers en Klank 18 Februarie 2020 18.02.2020 26:47
Amor Tredoux lees gedigte oor grond. Digters herinner ons telkens daaraan om naby die grond te leef, ons behoefte aan grondbesit en ons eie grondigheid. Jy kan uitsien na gedigte deur Cas Vos, Pieter Odendaal, Koos van der Merwe, Antjie Krog, Ingrid Jonker, Daniel Hugo, Gilbert Gibson en T.T. Cloete.
Vers en Klank 11 Februarie 2020 11.02.2020 26:01
Jana Kruger lees gedigte oor reën, wat vir Suid-Afrikaners 'n spesiale bekoring inhou en 'n gans ander betekenis kry, veral in 'n tyd wanneer groot dele van die land gebuk gaan onder droogte. Jy kan uitsien na gedigte deur C. Louis Leipoldt, Nini Bennett, Hilda Smits, Petra Müller, Cas Vos, Pieter Odendaal, Koos van der Merwe en Ingrid Jonker.
Vers en Klank 4 Februarie 2020 04.02.2020 24:34
Anrich Herbst en Roeline Daneel lees gedigte oor wind, wat nie eintlik 'n lied in die hart bring by meeste mense nie, maar wel gedigte uit ons digters se penne laat vloei. Jy kan uitsien na gedigte deur Cas Vos, Marlise Joubert, Zandra Bezuidenhout, De Waal Venter, Daniel Hugo, Pieter Odendaal en Koos du Plessis.
Vers en Klank 28 Januarie 2020 28.01.2020 29:13
Bome het 'n onbeskryflike uitwerking op die mens se psige waaroor ons digters so dikwels skryf. Joanie Combrink en Charlton George is die voorlesers van gedigte deur Adam Small, Marlise Joubert, Antjie Krog, De Waal Venter, Hilda Smits, Louis Esterhuizen, Christo van der Westhuizen, Jan de Bruyn, Daniel Hugo, Nini Bennett en Johann de Lange.
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.