RSG

Vers en Klank

Tv AF ↓ 748 episodes

Voorlesings van gedigte, afgewissel met gepaste musiek.

Author

RSG

Category

Tv

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 7, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Vers en klank 22 Desember 2020 22.12.2020

Luister na gedigte en toonsettings uit Christine Barkhuizen-le Roux se laaste bundel, Skynskadu. Christine is op 18 November 2020, op haar 61ste verjaardag, oorlede. Joanie Combrink lees die gedigte voor, en die toonsettings word uitgevoer deur Babette Viljoen, Olga Leonard en Trudie Prinsloo.

Vers en klank 15 Desember 2020 15.12.2020

Johann Nel bring hulde aan die digter, dramaturg en satirikus, M.M. Walters, wat vanjaar in die ouderdom van 91 oorlede is. Johann lees van Walters se gedigte voor, en vertel meer van hierdie merkwaardige mens wat al by geleentheid as "ketter" afgemaak is, en by 'n ander geleentheid as "profeet" vereer is. 'n Mens sou hom kon beskryf as die hofnar van die Afrikaner-samelewing.

Vers en klank 8 Desember 2020 08.12.2020

Luister na gedigte uit Lynthia Julius se debuutbundel, Uit die kroes. Julius was die wenner van die AVBOB-digkunskompetisie in 2018. Bernard Odendaal skryf: "As postapartheid-nasaat van 'Ouma Xhau' kom vertolk hierdie Namakwalander en Kimberliet in 'n sprankelende Omgangsafrikaans die vlees en bloed van 'bruin' wees in Suid-Afrika. Sy loop haal dit in die Kaapse Kompanjiestyd met sy slawernyvergry...

Vers en klank 1 Desember 2020 01.12.2020

Luister na 'n tweede aflewering van gedigte en gesprekke met wyle George Weideman, digter, skrywer en akademikus en geliefde mens. Sy woorde hou aan om "doepa vir die droefte" te wees en die onderhoudende manier waarop hy kan gesels en waarhede in storieformaat deel, is helend. Jy kan ook toonsettings en voorlesings van Weideman se gedigte deur Annalise Wiid, Helena Conradie en Francois le Roux (d...

Vers en klank 24 November 2020 24.11.2020

Luister na gedigte en gesprekke met wyle George Weideman, digter, skrywer en akademikus en geliefde mens. Sy woorde hou aan om "doepa vir die droefte" te wees, en die onderhoudende manier waarop hy kon gesels en waarhede in storieformaat deel, is helend. Jy kan ook toonsettings en voorlesings van Weideman se gedigte deur Annalise Wiid, Helena Conradie en Francois le Roux (die HA!man) hoor.

Vers en klank 17 November 2020 17.11.2020

Laurinda Hofmeyr, veral bekend vir haar toonsettings van gedigte, is by geleentheid “die wonderkind van toonsettings” genoem. Sy gesels oor haar proses, die gedigte wat haar inspireer en ons luister na ‘n paar van haar mooiste toonsettings.

Vers en klank 10 November 2020 10.11.2020

Die jong digter Ryan Pedro gesels oor sy debuutbundel, Pienk Ceramic-hondjies, wat pas verskyn het. Antjie Krog skryf: "'n Nuwe generasie aan die woord ... weerloos en aangrypend." En Nathan Trantraal: "Pienk ceramic-hondjies is geskryf mettie craftsmanship vanne violin maker, ennie cool vanne underground hip-hop artist. Net toe Afrikaanse literatuur dink sy hys is nou wee in order, kom Ryan Pedro...

Vers en klank 3 November 2020 03.11.2020

Erica Wessels lees gedigte voor uit Carina Stander se digbundels, Die vloedbos sal weer vlieg en Woud van nege en negentig vlerke. Joan Hambidge skryf: Hier is 'n digter wat eg metafories dig, suiwer is en op 'n eerlike wyse met die lewe en spiritualiteit in gesprek tree. Ons het 'n terugkeer na die eenvoudige, uitstulpende, bykans magiese vers. En Henning Snyman: Hier is iemand wat self die rotsk...

Vers en klank 27 Oktober 2020 27.10.2020

Die skrywer, digter, sanger en teoloog Koos van der Merwe is in die ateljee. Hy is veral bekend vir sy tydskrifrubrieke en Afrikaanse vertalings van Leonard Cohen en Bob Dylan se werk. Hy lees gedigte voor uit sy bundels, en ons luister na van sy selfgeskrewe liedjies asook 'n vertaling van 'n Leonard Cohen-lied.

Vers en klank 20 Oktober 2020 20.10.2020

Antoinette Kellermann lees gedigte voor uit Antjie Krog se oeuvre. Krog is nie net 'n briljante digter is nie, maar is ook al 'n kulturele bemiddelaar genoem. Ons vier 50 jaar van haar digkuns. Haar eerste bundel het in 1970 verskyn toe sy 18 jaar oud was. Krog verjaar ook hierdie week, so dis 'n dubbele viering.

Vers en Klank 13 Oktober 2020 13.10.2020

Anrich Herbst lees gedigte voor uit Gelykmaker - Covid 19 gedigte, saamgestel deur Fanie Marais. Dis opgedra aan slagoffers van Covid-19 en aan elkeen wat deur 'n ondenkbaar veranderde leefwyse ingrypend geraak is sedert Maart 2020. Die gedigte waarna ons luister is verskillende mense se perspektiewe op die inperking en grendeltyd wat Covid-19 tot gevolg gehad het asook die hartseer, afsondering e...

Vers en Klank 6 Oktober 2020 06.10.2020

Waldemar Schultz lees gedigte voor uit Johan Myburg se Uittogboek, wat vanjaar met die Hertzogprys bekroon is. Die digter is vir baie van ons luisteraars geen onbekende nie omdat hy ook op Skrywers en Boeke gesels rakende internasionale letterkunde. Hy is verder ook kunsskrywer. Uittogboek is Myburg se vierde digbundel. Hy het 25 jaar gelede ook die Eugene Marais-prys met sy bundel Kontrafak gewen...

Vers en klank 29 September 2020 29.09.2020

Chris van Niekerk lees gedigte oor diere uit die bloemlesing, Faune, saamgestel deur T.T. Cloete. Daar is verse van Totius, C.L. Leipoldt, J.F.E. Celliers, C.M. van den Heever, W.E.G. Louw, N.P. van Wyk Louw, D.J. Opperman, Uys Krige, Elisabeth Eybers en B.J. Toerien.

Vers en klank 22 September 2020 22.09.2020

Die akteur, skrywer, regisseur, vervaardiger en musikant Gideon Lombard deel sy daaglikse ritme en ervaring aan die hand van gedigte deur Lina Spies, Joan Hambidge, Loftus Marais, Carel Anthonissen, T.T. CLoete en Louw Venter.

Vers en klank 15 September 2020 15.09.2020

Rolanda Marais lees gedigte oor kleur en ons digters se kleurryke waarnemings. Daar is verse deur Wilma Stockenström, Sheila Cussons, Petra Müller, Johann de Lange, H.J. Pieterse, Ingrid Jonker, Eveleen Castelyn en Johannes van Jerusalem.

Vers en klank 8 September 2020 08.09.2020

Die gedigte waarna ons luister, gaan oor die sintuie en ons digters se sintuiglike waarnemings. Dean Balie lees verse van Ingrid Jonker, Sheila Cussons, Petra Müller, Jeanne Goosen, Peter Blum, George Weideman, Nathan Trantraal, De Waal Venter se vertalings van Pablo Neruda en Adam Small.

Vers en klank 1 September 2020 01.09.2020

Dis Lentedag, en ons luister na gedigte oor lente, blomme, tuine en nuwe groei. Jy kan uitsien na gedigte deur Ingrid Jonker, Sheila Cussons, A.G. Visser, Martjie Bosman, Petra Müller, Zandra Bezuidenhout, C.M. van den Heever en Johann de Lange. Karli Heine is die voorleser.

Vers en klank (NP van Wyk Louw) 27 Augustus 2020 27.08.2020

Dis NP van Wyk Louw-maand op RSG, en in hierdie spesiale uitsending van Vers en Klank luister ons na van sy poësie en toonsettings wat geïnspireer is deur sy gedigte, asook grepe uit sy prosa. Wessel Pretorius gaan die gedigte voorlees en jy kan uitsien na toonsettings deur Herman van den Berg, Laurinda Hofmeyr en Leon Gropp.

Vers en klank 25 Augustus 2020 25.08.2020

Dis Vrouemaand, en ons luister na gedigte deur vroue, oor vroue. Die gedigte kom uit 'n nuwe bundel,Vers en Vrou uitgegee deur Human & Rousseau. Jy kan uitsien na gedigte deur Petra Müller, Lina Spies, Wilma Stockenström, Ina Rousseau, Amanda Strydom, Jelleke Wierenga, Corne Coetzee, Carol Clark en Marlise Joubert. Marion Holm is die voorleser.

Vers en klank 18 Februarie 2020 18.08.2020

Dis Vrouemaand, en in Augustus se uitsendings luister ons na gedigte deur vroue, oor vroue. Die gedigte kom uit 'n nuwe bundel, Vers en Vrou, uitgegee deur Human & Rousseau. Jy uitsien na gedigte deur Ronelda S. Kamfer, Bibi Slippers, Ingrid Jonker, Mari Grobler, Diana Ferrus, Jolyn Phillips, Shirmoney Rhode, Corlia Fourie en Petra Müller.

Vers en klank 11 Februarie 2020 11.08.2020

Dis Vrouemaand, en in Augustus luister ons na gedigte deur vroue, oor vroue. Die gedigte kom uit die bundel, Vers en Vrou, uitgegee deur Human & Rousseau. Jy kan uitsien na gedigte deur Marlise Joubert, Lina Spies, Rosa Keet, Sheila Cussons, Wilma Stockenström, Joan Hambidge, Ronel Nel, Antjie Krog, Riana Scheepers en Olga Kirsch. Martelize Kolver is die voorleser.

Vers en klank 4 Februarie 2020 04.08.2020

Dis Vrouemaand. Luister na gedigte deur vroue, oor vroue. Die gedigte kom uit 'n nuwe bundel, Vers en Vrou, uitgegee deur Human & Rousseau. Cintaine Schutte lees verse van Fransi Phillips, Marlise Joubert, Bibi Slippers, Antjie Krog, Petra Müller, Corne Coetzee en Sarina Dönges.

Vers en Klank 28 Julie 2020 28.07.2020

Luister na enkele van die mooiste toonsettings in Afrikaans. Jy kan uitsien na gedigte deur C. Louis Leipoldt, Ingrid Jonker, N.P. van Wyk Louw, Adam Small, W.L. van der Merwe, Antjie Krog, Koos du Plessis en Petra Müller. Die uitvoerende kunstenaars is Gert Vlok Nel, Laurika Rauch, Leon Gropp en Anna Davel, Tygerberg Kinderkoor, Inge Beckmann, Dean Balie, Laurinda Hofmeyr, Koos du Plessis en Lize...

Vers en Klank 21 Julie 2020 21.07.2020

Luister na gedigte uit T.T. Cloete se tiende digbundel van 2014, Karnaval en Lent. Dit is 'n tydlose bundel wat vrae vra oor die aard van die mens, die aarde en die dood. De Klerk Oelofse lees 'n paar van sy gunsteling gedigte uit hierdie omvangryke bundel deur sy gunsteling digter voor.

Vers en Klank 14 Julie 2020 14.07.2020

Joanie Combrink lees gedigte oor die winter deur van ons land se mees deurwinterde digters. Jy kan uitsien na gedigte deur Petra Müller, Wilma Stockenström, Marlise Joubert, George Weideman, N.P. van Wyk Louw, Sheila Cussons en Elisabeth Eybers.

Listen to the Vers en Klank podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.