RSG

Vers en Klank

Tv AF ↓ 748 episodes

Voorlesings van gedigte, afgewissel met gepaste musiek.

Author

RSG

Category

Tv

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 7, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Vers en klank 1 Junie 2021 01.06.2021

Cintaine Schutte lee gedigte voor uit Irize Loots se debuutbundel, Vlieg vorentoe. Irize is in Johannesburg gebore. Sy studeer musiek aan Unisa en verwerf 'n BA en diploma in verhoogbestuur aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy woon sedert 1993 in Amsterdam, waar sy 'n Gestaltterapiepraktyk het, klavierles gee en deeltyds by 'n uitgewer van wetenskaplike, tegnologiese en mediese tydskrifte wer...

Vers en klank 25 Mei 2021 25.05.2021

Luister na gewyde gedigte, soos opgeneem in die woordkunsprogram God, die digter. Helena Conradie en Christa Thom gesels oor hierdie projek, en lees van die mooiste gewyde gedigte in Afrikaans voor. Jy kan uitsien na gedigte deur Joan Hambidge, D.J. Oppperman, Sheila Cussons, N.P. van Wyk Louw, Susan Smith, Donald Riekert, S.J. Pretorius, Jan Swanepoel, Olga Kirsch, Wilma Stockentröm, George Louw...

Vers en klank 18 Mei 2021 18.05.2021

Chris van Niekerk  lees verse voor uit die bundel, Alles keer om - Tomas Tranströmer in Afrikaans, vertaal deur De Waal Venter. Tomas Tranströmer, 'n Sweed en een van die grootste Skandinawiese digters ooit, slaag daarin om belewenisse wat vreemd en angswekkend kan wees, aan te bied asof dit alledaags is en hy gee dit 'n soort liriese skoonheid, gestroop en minimaal, maar besonder kragtig. Sy poës...

Vers en klank 11 Mei 2021 11.05.2021

Luister na verse uit Marlise Joubert se tiende digbundel, disteltyd, uitgegee deur Protea. Joubert neem in hierdie bundel bestek op haar lewe: die verouderingsproses met gepaardgaande fisieke aftakeling en verlies, maar ook besinning oor familie, eie kinderjare en die onlangse inperking, beurtkrag en geweld. Dis gedigte met ’n sterk poëtiese en visuele inslag en word gekenmerk deur ’n introspektie...

Vers en klank 4 Mei 2021 04.05.2021

Akademikus en digter Bernard Odendaal  gesels oor sy nuutste digbundel, NOOTVAT. KWASHAAL. STAPEL. In sy eerste bundel sedert hy in 2007 met Onbedoelde land gedebuteer het, besin Bernard Odendaal oor woordkuns, Afrikaans en die voortbestaan daarvan; gedenk hy die heerlikheid én verganklikheid van die mens, die natuur en die liefde; registreer hy maatskaplike verwording. ’n Verlore jeugwêreld en vr...

Vers en klank 27 April 2021 27.04.2021

Die aktrise, aktivis, dramaturg, teaterskepper en nou ook digter, Veronique Jephtas, gesels oor haar debuutbundel, Soe rond ommie bos. Veronique verteenwoordig die kraakvars stem van 'n nuwe generasie Afrikaanssprekendes,  die sogenaamde "born frees", gebore ná 1994, wat grootgeword het in 'n land met meer geleenthede vir almal, maar waar die wonde van die verlede halsstarrig bly sweer. Soe rond o...

Vers en klank 20 April 2021 20.04.2021

Hennie Meyer praat oor sy digbundel, Winkel van wanklanke.  Dis sy debuutbundel, en hy skram nie weg daarvan om met groot figure in die Afrikaanse digkuns en internasionale kunstenaars soos Jackson Pollock, Picasso en Yves Klein in gesprek te tree nie. Dit is veral ’n konseptuele bundel, wat die idee van wat ’n bundel is of kan wees, bevraagteken.

Vers en klank 13 April 2021 13.04.2021

Roeline Daneel lees gedigte voor uit Riana Scheepers se debuutbundel, Met die taal van karmosyn. Dis in 2001 uitgegee deur Human & Rousseau nadat sy alreeds goed gevestig was as prosaskrywer in die Afrikaanse literêre wêreld. Haar Katrina-stories het haar in ander opsigte 'n gewilde outeur gemaak, terwyl sy as rubriekskrywer in die dagpers breë bekendheid geniet het.

Vers en klank 6 April 2021 06.04.2021

Jani Greeff lees van haar gunsteling gedigte uit haar hoërskooldae voor. Jy kan uitsien na gedigte deur Antjie Krog, Ingrid Jonker, Elisabeth Eybers, Totius, N.P. van Wyk Louw en Breyten Breytenbach.

Vers en klank 2 April 2021 02.04.2021

Herdenk Goeie Vrydag saam met ons digters. Marion Holm, Kay Smith en Anrich Herbst is die voorlesers. Jy kan uitsien na gedigte deur Susan van Zyl, I.L. de Villiers, Arina Prinsloo, Lucas Malan, Ingrid Jonker, Cas Vos, Lina Spies, Linda Rousseau, Adam Small, W.E.G. Louw, Sheila Cussons en N.P. van Wyk Louw.

Vers en klank 30 Maart 2021 30.03.2021

Die rapper en digter Churchil Naudé lees van sy gedigte voor, en vertolk van sy gedigte saam met musikante Riku en Jackie Lätti. Die gedigte kom uit sy nuwe digbundel Drol innie drinkwater.  Theunis Engelbrecht skryf op die flapteks: Churchil Naudé vlek nie net ongeregtighede, blinde vooroordele, maatskaplike probleme en die stommiteite van die mensdom vlymskerp oop nie, maar drink ook deur tot di...

Vers en klank 23 Maart 2021 23.03.2021

Martelize Kolver lees gedigte voor uit Susan van Zyl se debuutbundel Sporofoor. Vir Susan grens misterie, soos ook humor, aan die absurde en dit is hierdie realiteit waarbinne spore uitgewys word wat deur die geskiedenis van die mensdom getrap is. En waar daar vanuit hierdie perspektief gekyk kan word na hedendaagse, poëties gestruktureerde, reddingsboeie.

Vers en klank 16 Maart 2021 16.03.2021

André Weideman lees gedigte voor uit die bekroonde digter Louis Esterhuizen se elfde digbundel Die gladde stiltes in glas. Nini Bennett skryf in haar resensie:  "Dit is duidelik dat ’n ervare digtershand hier werksaam is en dat die bundel konseptueel, sowel as in die fynere detail, deurdag en afgerond is. En of die digter se boustof nou klip, grond, rots, bouvalle, holtes grond of geogliewe is, hy...

Vers en klank 9 Maart 2021 09.03.2021

Amor Tredoux lees gedigte voor uit Eunice Basson se tweede digbundel, By die dag, wat verlede jaar verskyn het. Dit handel oor die skoonheid en besondersheid van die alledaagse bestaan en die wonder van die kleine moment. Basson se woordskilderye is klankryk, organies en intuïtief, maar is ontdaan van sentimentaliteit – klein stillewes en portretstudies van stadstuine, voëls, ’n Life Esidimeni-sla...

Vers en klank 2 Maart 2021 02.03.2021

Digter Ernest Loth lees gedigte voor uit sy debuutbundel, Uit hierdie Valkenburg, wat hy in die grendeltyd geskryf het. Dr. Jan Daniels skryf in die voorwoord: Uit hierdie Valkenburg ontleen sy titel aan die openingsreël uit Ingrid Jonker se gedig, Ontvlugting. En dit is nie om dowe neute nie. Beide Loth en Jonker deel herinneringe aan Valkenburg – maar elkeen verwoord 'n eie unieke ervaring daarv...

Vers en klank 23 Februarie 2021 23.02.2021

Die literator, dosent, resensent en digter Bernard Odendaal is in die ateljee, en ons luister na gedigte oor vrugte. Jy kan uitsien na gedigte deur Ina Rousseau, D.J. Opperman George Weideman, T.T. Cloete, Lucas Malan, Uys Krige, Breyten Breytenbach, N.P. van Wyk Louw, Wilma Stockenström, Marlene van Niekerk, Sheila Cussons en Boerneef.

Vers en klank 16 Februarie 2021 16.02.2021

Gideon Lombard lees gedigte voor uit die bundel LIEFDE, MISKIEN deur Herman de Coninck, vertaal deur Daniel Hugo. Die Vlaamse digter Herman de Coninck (1944-1997) staan bekend as die man was sy volk geleer het om poësie te lees. Hy was bekend as digter, kritikus en joernalis. Kenmerke van sy werk is die alledaagse tema, die verrassende gesigshoek, die praatstyl, die oorspronklike beeldspraak en ve...

Vers en klank 9 Februarie 2021 09.02.2021

Wessel Pretorius lees gedigte uit Marius Crous se vierde digbundel, Tussenganger, wat in 2020 uitgegee is. Louis Esterhuizen skryf: Tussenganger is 'n digverweefde, deurgekomponeerde en uitdagende teks wat die leser nie net met die totaliteit van sy/haar menswees konfronteer nie, maar ook dwing om afstand te doen van geykte opvattings en veral verwagtings. (Dis natuurlik die grootste uitdaging vir...

Vers en klank 2 Februarie 2021 02.02.2021

Ons neem afskeid van RSG se geliefde Margot Luyt, alhoewel haar invloed en mentorskap van vele asook haar kenmerkende stem altyd met ons sal bly. Jy kan van Margot se gunsteling gedigte en gedigte wat ons aan haar laat dink, hoor. Verse deur César Vallejo (vertaal deur Uys Krige), D.J. Opperman, Elisabeth Eybers, Antjie Krog, Gertruida Kamfer, George Weideman, Petra Müller, Sheila Cussons, Clinton...

Vers en klank 26 Januarie 2021 26.01.2021

Die skrywer, boekeredakteur, vervaardiger, aanbieder en nou ook digter, Gerard Scholtz, lees haikoes voor uit sy nuwe bundel, Stipstaar. Dit is uitgegee onder die druknaam Fluisterbos. Dit bestaan uit 122 haikoes in die tradisionele Japanese vorm, en reis deur ’n zen-landskap van die ontstaan van alle dinge af en strek van 'n teer verwondering oor die natuur en liefde, die mens se plek in die kosm...

Vers en klank 19 Januarie 2021 19.01.2021

Richard van der Westhuizen lees gedigte voor uit die bekroonde digter Johann de Lange se dertiende bundel, Die meeste sterre is lankal dood, asook na 'n paar van die kwatryne ingesluit in sy bundel, Duimnaelsketse, wat beide in 2020 verskyn het.

Vers en klank 12 Januarie 2021 12.01.2021

Luister na uittreksels uit die digter, sangeres en musikant Jolyn Phillips se nuutste bundel Bientang. Dis ’n epiese gedig waarin die raaisel van Bientang, ’n Khoi Strandloper wat in die vroeë 1900’s in ’n grot in Hermanus gewoon het, ondersoek word. Elodi Troskie skryf in 'n artikel in die onafhanklike webjoernaal Klyntji: "In haar teks verken Phillips die legende van Bientang, die laaste Strandl...

Vers en klank 5 Januarie 2021 05.01.2021

Ons bring hulde aan digters wat in 2020 oorlede is. Ons groet hulle, maar neem hulle verse met ons saam die nuwe jaar in. Jy kan uitsien na gedigte deur Jeanne Goosen, M.M. Walters, Gisela Ulyatt en Christine Barkhuizen-le Roux. Susanne Beyers lees die gedigte voor.

Vers en klank 29 Desember 2020 29.12.2020

Nic de Jager lees gedigte uit Cas Vos se mees onlangse bundel, Beskut teen vrese, 'n uiters relevante bundel vir die tydsgees waarin ons leef.

Vers en klank 25 Desember 2020 25.12.2020

Ingeperk vir ons ... a thrill of HOPE, the WEARY world REJOICES ... so lui die woorde uit die bekende O Holy Night. En hoe vuisvoos is ons wêreld nie na hierdie jaar nie! Hoe desperaat vir 'n sprankie hoop. God - die Een wat onbegrensd is, wat sonder perke is - het gekies om ingeperk te word vir ons. Hy het, in soveel woorde (maar veel meer met sy dade) vir ons kom sê: Dit is, alles in aggenome, g...

Listen to the Vers en Klank podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.