RSG

Vers en Klank

Tv AF ↓ 748 episodes

Voorlesings van gedigte, afgewissel met gepaste musiek.

Author

RSG

Category

Tv

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 7, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Vers en klank 23 November 2021 23.11.2021

Ons luister na enkeleverse van die beeldhouer, kunstenaar en digter Lidi de Waal, wat deel is van 'n gewilde verhoogproduksie, 'n Bêreboksie vol vlerke. Dis pretensielose, gevoelvolle gedigte. Ira Blankenberg, wat dit op die verhoog vertolk, skuif agter die mikrofoon in. Die musiek is getoonset deur Lizanne Barnard, en is geskoei op Lidi de Waal se gedigte.

Vers en klank 16 November 2021 16.11.2021

Petrus du Preez lees gedigte voor uit die Vlaamse digter, Eddy van Vliet, se bundel Na die wette van afskeid en herfs, in Afrikaans vertaal deur Daniel Hugo. "Van Vliet is een van die kragtigste stemme in die Nederlandse digkuns van ná die Tweede Wêreldoorlog. Sy gedigte word gekenmerk deur universele temas soos die liefde en dood. Sy gedigte is intens outobiografies, veral ten opsigte van die afw...

Vers en klank 9 November 2021 09.11.2021

Albert Maritz skuif agter die mikrofoon in en lees enkele van sy gunsteling verse voor, asook 'n paar gedigte uit sy eie pen. Jy kan uitsien na verse deur Charles Fryer, Breyten Breytenbach, D.J. Opperman, N.P. van Wyk Louw, Peter Snyders en Jeanne Goosen.

Vers en klank 2 November 2021 02.11.2021

Die bekroonde digter en vertaler, Daniel Hugo, se sewentiende digbundel, Klinkklaar, is vanjaar uitgegee. Hy lees gedigte daaruit voor. Martjie Bosman skryf: ’n Nuwe digbundel van Daniel Hugo is altyd te verwelkom, nie alleen omdat hy so ’n produktiewe skrywer is nie, maar ook omdat sy arbeid op verskillende terreine rakende die letterkunde hom een van die bekendste kolporteurs van die Afrikaanse...

Vers en klank 26 Oktober 2021 26.10.2021

Die Suid-Afrikaanse digter, Carina van der Walt, wat in Nederland woon, is in die ateljee. Sy en Frieda van den Heever gesels oor haar debuutbundel, Landluisteraar. Die bundel bestaan uit gedigte wat geïnspireer is deur kunswerke van die landskapkunstenaar Strijdom van der Merwe. Sy kuns het 'n besonder poëtiese kwaliteit. Die gedigte het ontstaan gedurende die jare wat Carina aan Stilspraak, 'n m...

Vers en klank 19 Oktober 2021 19.10.2021

Marion Holm skuif agter die mikrofoon in, en lees enkele van haar gunsteling verse voor - "inklusiewe gedigte wat gewone mense ook kan verstaan." Jy kan uitsien na verse deur C. Louis Leipoldt, W.E.G. Louw, Ronelda S. Kamfer, Erns Grundling, Joan Hambidge, Stephan Bouwer, Sydda Essop, Vincent Oliphant en Adam Small.

Vers en klank 12 Oktober 2021 12.10.2021

Digter en akademikus Bernard Odendaal kuier in die ateljee vir nog ‘n aflewering van ʼn reeks wat fokus op plekke en streke, wat as tema of gebeureruimte dien in die poësie van ʼn verskeidenheid Afrikaans digters – op die digterskontreie van Afrikaans, as’t ware. Die tema en gedigte wat ons gekies het, het te make met ons buurland, Namibië. Jy kan uitsien na gedigte deur Daniel Hugo, Martjie Bosman,...

Vers en klank 5 Oktober 2021 05.10.2021

Ons luister na gedigte uit 'n nuwe bundel wat onlangs uitgegee is deur Human & Rousseau. Derde gety is uit die pen van Zandra Bezuidenhout. Dit is heel gepas Zandra se derde digbundel. Haar pragtige debuutbundel, Dansmusieke, is in 2001 met die Ingrid Jonker-prys bekroon, waarna 'n tweede bundel, Aardling, in 2006 verskyn het. Nini Bennett skryf in haar resensie: "Zandra Bezuidenhout se nuwe bunde...

Vers en klank 28 September 2021 28.09.2021

Luister verder na gedigte uit 'n pragtige bundel wat onlangs uitgegee is deur Turksvy Publikasies met die titel. MASKERS EN MURE. Dit bestaan uit 142 gedigte, en is saamgestel deur Daniel Hugo en Francois de Jongh. In Hugo Theart, artistieke direkteur: KKNK, se woorde: "Maskers en mure is 'n uitsonderlike digbundel wat 'n blik gee op 'n waterskeidingstyd toe die wêreld deur 'n pandemie lamgelê is....

Vers en klank 21 September 2021 21.09.2021

Luister na gedigte uit 'n bundel wat onlangs uitgegee is deur Turksvy Publikasies met die titel, Maskers en Mure. Dit bestaan uit 142 gedigte wat saamgestel is deur Daniel Hugo en Francois de Jongh. In Hugo Theart, artistieke direkteur: KKNK, se woorde: "Maskers en mure is 'n uitsonderlike digbundel wat 'n blik gee op 'n waterskeidingstyd toe die wêreld deur 'n pandemie lamgelê is. Die emosies en...

Vers en klank 14 September 2021 14.09.2021

Luister na gedigte oor kindwees, groei en grootword, ouer wees, ouer word (in jare) en die siklus van die lewe. Ma en dogter Riélle en Karli Heine lees die verse voor. Die verse is gedig deur Annesu de Vos, Antjie Krog, Lina Spies, Ingrid Jonker, Ina Rousseau, N.P. van Wyk Louw en Charlene Truter. Jy kan ook uitsien na klanke deur Koos du Plessis, Karen Zoid, Laurika Rauch, Frieda Kruger, Stef Bos...

Vers en klank 7 September 2021 07.09.2021

Waldemar Schultz lees gedigte deur Magmoed Darwiesj, soos vertaal deur Bester Meyer. In 2009 verskyn Breyten Breytenbach se bundel oor Magmoed Darwiesj: oorblyfsel / voice over wat hierdie Palenstynse digter aan ‘n Afrikaanse en Engelse leserspubliek bekend stel. Sopas verskyn Bester Meyer se Die vlug van ‘n vreemdeling,  vertalings van Darwiesj in Afrikaans met inleidende refleksies deur Breytenb...

Vers en klank 31 Augustus 2021 31.08.2021

Ons luister ons na verse en liedjies deur Koos Kombuis, of André Letoit (die skuilnaam wat hy vroeër gebruik het). Pieter van Zyl skuif agter die mikrofoon in en lees enkele van sy gunsteling gedigte uit drie van Letoit/Kombuis se bundels voor.  "Eers was daar André le Roux du Toit wat in 1981 saam met Daniel Hugo, Peter Snyders en Etienne van Heerden in Brekfis met vier sy poetry die wêreld inges...

Vers en klank 24 Augustus 2021 24.08.2021

Susanne Beyers skuif agter die mikrofoon in en lees enkele van haar gunsteling gedigte voor. Jy kan uitsien na verse deur Marlene van Niekerk, Elisabeth Eybers, Wilma Stockenström, Antjie Krog, Lina Spies, Luuk Gruwez, Philip de Vos en Olga Kirsch.

Vers en klank 17 Augustus 2021 17.08.2021

Ons hoop dat hierdie aflewering ʼn eerste van sy soort sal wees in ʼn reeks wat fokus op plekke en streke wat as tema of gebeureruimte dien in die poësie van ʼn verskeidenheid Afrikaans digters – op die digterskontreie van Afrikaans, as’t ware. Jy kan uitsien na gedigte deur De Waal Venter, Totius, D.J. Opperman, S.J. Pretorius, Heidi Papadopoulus-Pienaar, Lewies Botha, Barend Toerien, I.L. de Villie...

Vers en klank 10 Augustus 2021 10.08.2021

Chris van Niekerk skuif agter die mikrofoon in en lees enkele van sy gunsteling gedigte voor, met toevallig (of nie?) die leitmotif van die liefde. Jy kan uitsien na verse deur Breyten Breytenbach, N.P. van Wyk Louw, Ronnie Belcher, Peter Blum, Tessa Louw, Henning Pieterse, Churchil Naudé, M.M. Walters en Jeanne Goosen.

Vers en klank 3 Augustus 2021 03.08.2021

Ons luister na gedigte deur Willem de Swyger. Hy is ’n voltydse regsgeleerde en ’n deeltydse sanger-liedjieskrywer, wat saam met sy gesin in die Eikestad woon. Nic de Jager lees 'n paar van sy verse voor. Ons hoor ook verse begelei deur musiek, en toonsettings en liedjies op sy album, Kaalvoet, wat in 2020 die lig gesien het. As jy vir Willem vra hoe hy oor die album voel, haal hy graag die woorde...

Vers en klank 27 Julie 2021 27.07.2021

Juanita Swanepoel lees gedigte voor van Olga Kirsch, die Jodin wat in Afrikaans gedig het al het sy die grootste deel van haar lewe in Israel deurgebring. Daniel Hugo skryf: “Die Afrikaanse digkuns is einde(r)loos en verryk deur sy “balling”digters: Elisabeth Eybers, Breyten Breytenbach, Barend J. Toerien, P.J. Philander, Sheila Cussons. Ook Olga Kirsch is meer as net ‘n “oorwinteraar in die vreem...

Vers en klank 20 Julie 2021 20.07.2021

Ons bring hulde aan een van ons grootste skrywers en digters, Petra Müller, wat in Junie 2021 oorlede is.  Jy kan uitsien na 'n wye verskeidenheid van gedigte en kort prosa deur Petra Müller wat voorgelees word deur Juanita Swanepoel, Margot Luyt, Anna-Mart van der Merwe, Joanie Combrink, Rolanda Marais, Marion Holm, Cintaine Schutte, Karli Heine, Elmari Johnson, Lise-Mari van Wyk en Jana Kruger.

Vers en klank 13 Julie 2021 13.07.2021

Rolanda Marais lees gedigte voor uit Kameleon deur die Belgiese digter Charlotte van den Broeck. Die bundel is uit Nederlands vertaal deur Daniel Hugo. Kameleon is van den Broeck se bekroonde debuutbundel en bevat 'n reeks oënskynlik naïewe maar ironiese, speelse en subversiewe gedigte wat 'n meisie se identiteitsoektog na vrouwees karteer. Dit 'n ontdekking van die lyflike en van taal, en delf de...

Vers en klank 6 Julie 2021 06.07.2021

Dann-Jacques Mouton lees gedigte voor uit Nathan Trantraal se kort, maar kragtige oeuvre. Woorde soos "aangrypend, eerlik, sonder sentimentaliteit, skokkend, skreeusnaaks en ontroerend" word gebruik as Trantraal se poësie bespreek of beskryf word. Die gedigte kom uit die bundels Chokers en Survivors, Alles het niet kom wôd en Oolog.

Vers en klank 29 Junie 2021 29.06.2021

Eben Genis lees gedigte uit die bundel, Weerbare weemoed, deur die Belgiese digter Luuk Gruwez, vertaal uit die Nederlands deur die bekroonde digter en letterkundige Hennie van Coller. “Lesers (en veral poësieliefhebbers) is Van Coller groot dank verskuldig dat hy dié ‘sprong in die duister’ gewaag het, want in sy vindingryke vertalings in Weerbare weemoed word die vele fasette van Luuk Gruwez se...

Vers en klank 22 Junie 2021 22.06.2021

Jana Kruger lees gedigte uit regsgeleerde en musikant, Bester Meyer, se debuutbundel, die Testament. Hy is in Alberton gebore. Hy studeer regte by RAU, en word daarna ’n prokureur by ’n firma in Kaapstad wat destyds opgetree het as Nelson Mandela se regsverteenwoordiger. die Testament is uitgegee tesame met ses toonsettings van onder andere Breyten Breytenbach en Ingrid Jonker, getiteld Musiek vir...

Vers en klank 15 Junie 2021 15.06.2021

Daar was al heelparty digtende dokters in Afrikaans en alhoewel sommige bekend is vir sogenaamde mediese poësie waarin die mediese veld betrek word, dig ander gewoon oor die lewe en die dood en die liefde en al die groot temas. Alhoewel daar ongeveer 17 digtende dokters is wat gepubliseer is in Suid-Afrika, kan jy uitsien na gedigte deur Eugéne Marais, Henk Rall, Phil du Plessis, Gilbert Gibson, L...

Vers en klank 8 Junie 2021 08.06.2021

Die digter, akademikus en literêre kritikus, Joan Hambidge, gesels oor haar nuwe bundel, NOMADIESE STERRE. Sy lees ook gedigte uit hierdie besondere bundel voor. Johan Myburg merk op: “Wat deurgaans opval is Hambidge se omgaan met “hartenswoorde”: woorde wat ʼn duidelike persoonlike betekenis het, maar só geboetseer word dat dit die leser toelaat om ʼn eie “hartensbegrip” daaraan te koppel. Wat veel...

Listen to the Vers en Klank podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.