RSG
Vers en Klank
Voorlesings van gedigte, afgewissel met gepaste musiek.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Vers en klank 3 Mei 2022 03.05.2022 25:46
Die tema is die Krag van Verbeelding. Ons maak so dikwels op die digters staat om die realiteite waarmee ons worstel in woorde raak te vat. Om die lewe af te kook tot ’n stropie wat ons makliker kan afsluk. Maar dit is nie ál wat die digter doen nie. Hulle is ook die mense wat ver buite die grense van die realiteit gaan dwaal, in ’n gans ander landskap waar vreemde skepsels hou en alle dinge moont...
Vers en klank 26 April 2022 26.04.2022 37:02
Frieda van den Heever lees gedigte voor uit Hilda Smits se bundel, mag die diep slaap jou dan, wat in 2021 deur Protea Boekhuis uitgegee is. Smits se debuutbundel is bekroon met die Ingrid Jonker-prys vir poësie in 2017 en hierdie tweede bundel van haar word eweneens met groot lof ontvang deur die literêre gemeenskap. Dit is 'n bundel wat die leser boei en uitdaag, aan die raai hou, verwar, verdw...
Vers en klank 19 April 2022 19.04.2022 32:54
Die digter Colin Steyn gesels oor sy debuutbundel, Staf sonder maat. Colin is bekend met kontraste, en verlies aan verskeie fronte het deel van sy reis geword. Hy was van jongs af lief vir taal en om ervarings te verwoord. Dit was egter eers ná die heengaan van sy lewensmaat van 32 jaar dat hy meer ernstig begin dig het. Dit het gou uitgekring na ander temas wat hom na aan die hart lê. Geloofspers...
Vers en klank 15 April 2022 15.04.2022 50:01
In hierdie spesiale Goeie Vrydag program met gedigte en voorlesings deur van ons grootste digters en skrywers, herdenk ons die kruis as teken en oordink wat dit vandag steeds vir ons beteken. Jy kan uitsien na gedigte deur N.P. van Wyk Louw, Sheila Cussons, Lina Spies, I.L. de Villiers,W.E.G. Louw, Eveleen Castelyn, Koos van der Merwe, Linda Rousseau en Cas Vos. Johann Nel, Marion Holm, Susanne Be...
Vers en klank 12 April 2022 12.04.2022 32:26
In 2017 is die AVBOB Poetry Project bekend gestel wat ‘n uitlaatklep bied aan digters wat die behoefte voel om hulle emosies oor die verlies van ‘n geliefde in woorde uit te druk. Sedertdien kan digters in alle amptelike tale jaarliks deelneem aan ‘n kompetisie waarvan die wenners ‘n kontantbedrag ontvang. Hulle wengedigte verskyn dan in druk in die I wish I’d said-bundels. Richard van der Westhui...
Vers en klank 5 April 2022 05.04.2022 33:09
In 2017 is die AVBOB Poetry Project geloods, wat ‘n uitlaatklep bied aan digters wat die behoefte voel om hulle emosies oor die verlies van ‘n geliefde in woorde uit te druk. Sedertdien kan digters in alle amptelike tale jaarliks deelneem aan ‘n kompetisie waarvan die wenners ‘n kontantbedrag ontvang. Hulle wengedigte verskyn dan in druk in die I wish I’d said-bundels. Richard van der Westhuizen e...
Vers en klank 29 Maart 2022 29.03.2022 31:26
André Samuels lees gedigte voor uit die bundel, Heenkoms, deur Meyer van Rensburg. Meyer het na 'n lang stilte van 38 jaar hierdie tweede bundel die lig laat sien in 2021. In hierdie bundel word geworstel met die sin van die lewe en die ouderdom. Joan Hambidge skryf in haar resensie: "Daar is wat hierdie leser betref nie een swak vers in die bundel nie. Welkom terug, Meyer van Rensburg! Dit is ‘n...
Vers en klank 22 Maart 2022 22.03.2022 30:37
Eben Genis lees gedigte voor deur Clinton V. du Plessis. Du Plessis word dikwels beskou as een van Afrikaans se mees onderskatte digters. Hy skryf toeganklike, deernisvolle verse en alhoewel hy lanklaas gepubliseer het, het hy vele volgers op Facebook, en plaas hy gelukkig baie van sy gedigte daar. Hy is 'n rekenmeester met 'n kop vir syfers en 'n hart vir woorde.
Vers en klank 15 Maart 2022 15.03.2022 33:27
Die digter en akademikus, Bernard Odendaal, is in die ateljee saam met Frieda van den Heever vir nog 'n aflewering van 'n reeks wat fokus op plekke en streke wat as tema of gebeureruimte dien in die poësie van ʼn verskeidenheid Afrikaanse digters – op die digterskontreie van Afrikaans, as’t ware. Die tema en gedigte wat ons gekies het, het te make met die lieflike Overberg - dié keer die kusgedeelt...
Vers en klank 8 Maart 2022 08.03.2022 31:32
Ons luister ons na gedigte en liedjies uit die pen van Hanru Niemand. Hanru is 'n boorling van die Paarl, en 'n kliniese sielkundige wat in Durbanville woon en werk. As veelsydige Afrikaanse sanger en liedjieskrywer, geniet hy groot agting onder musiekliefhebbers en -kenners ter plaatse en oorsee. Van sy werk is al in Russies vertaal. Benewens 'n besondere passie vir musiek, klop sy hart ook veral...
Vers en klank 1 Maart 2022 01.03.2022 31:00
Akteur en dramaturg Wessel Pretorius lees van sy gunsteling verse voor. Jy kan uitsien na gedigte deur Pieter Odendaal, Sheila Cussons, Breyten Breytenbach, Antjie Krog, Johan Myburg, Wilma Stockenström en Loftus Marais.
Vers en klank 22 Februarie 2022 22.02.2022 37:36
Die bekroonde digter, omroeper en vertaler, Daniel Hugo, lees verse voor uit die tien bundels wat hy uit Nederlands vertaal het in Afrikaans. Daniel se vertalings van Vlaamse en Nederlandse skrywers se werk word beskou as baanbrekerswerk en verruim die Afrikaanse digkuns. Sy vertalings is teksgetrou, dog soepel en bied aan Afrikaanse lesers 'n wonderlike geleentheid om toegang te verkry tot werk w...
Vers en klank 15 Februarie 2022 15.02.2022 29:53
Juanita Swanepoel lees liefdesgedigte voor uit Cas Vos se bundel, ONDER DIE VLERKE VAN JOU LIEFDE. Daar is 'n vertaling van die Hebreeuse Hooglied in Afrikaans, asook liefdesgedigte uit antieke Egipte. As slotbeweging dek die digter se eie liefdesgedigte die skoonheid van die liefde met verwondering oop.
Vers en klank 8 Februarie 2022 08.02.2022 36:37
Die digter en akademikus, Bernard Odendaal, kuier in die ateljee vir nog 'n aflewering van ʼn reeks wat fokus op plekke en streke, wat as tema of gebeureruimte dien in die poësie van ʼn verskeidenheid Afrikaans digters – op die digterskontreie van Afrikaans, as’t ware. Die tema en gedigte wat ons gekies het, het te make met die lieflike Overberg. Jy kan uitsien na gedigte deur Daniel Hugo, Ronelda K...
Vers en klank 1 Februarie 2022 01.02.2022 39:34
Die akteur, musikant en stemkunstenaar Pieter van Zyl lees van sy gunsteling verse voor. Jy kan uitsien na gedigte deur Totius, Sheila Cussons, Petra Müller, Carina Stander, Adam Small, Breyten Breytenbach asook Shakespeare-sonnette in Afrikaans vertaal.
Vers en klank 25 Januarie 2022 25.01.2022 34:29
Die sielkundige en visuele kunstenaar Gerhard Barkhuizen lees gedigte voor uit sy debuutbundel, SMEE, uitgegee deur Turksvy Publikasies. Daniel Hugo skryf: "In sy debuut as digter ontgin Barkhuizen onder meer die wisselwerking tussen woord en beeld. Net soos metaal kan woorde gesmelt, gegiet, gesmee en gesweis word om nuwe en verrassende vorms te skep. Die afgebeelde kunswerke in die bundel is alm...
Vers en klank 18 Januarie 2022 18.01.2022 22:59
Die aktrise en stemkunstenaar Roeline Daneel lees van haar gunsteling verse voor. Jy kan uitsien na gedigte deur Zandra Bezuidenhout, Ronnie Belcher, Gert Vlok Nel, Antjie Krog, Hilda Smits, Fanie Olivier, Breyten Breytenbach en Lina Spies. Waarskuwing: Daar is een gedig is waarin kru taal gebruik word. Dit word tydens die program ook aangekondig.
Vers en klank 11 Januarie 2022 11.01.2022 20:59
Johann Nel lees verse voor uit 'n digbundel met die titel, Liedjies Liedjies, uit die pen van Nachoem Wijnberg en vertaal uit die Nederlands deur Daniel Hugo. Wijnberg het sedert sy debuut in 1989 reeds 18 digbundels en vyf romans gepubliseer. Hy word as een van die belangrikste eietydse digters in Nederlands beskou en is al dikwels bekroon vir sy werk, o.a. in 2018 met die P.C. Hooft toekenning v...
Vers en klank 4 Januarie 2022 04.01.2022 30:07
Skrywer en digter De Waal Venter gesels oor en lees gedigte voor uit sy nuwe bundel Vrugbeginsel. De Waal het in verskeie genres gepubliseer: poësie, kinderboeke, jeugromans, TV- en radiovervolgverhale, film, literêre kortverhale en verhoogdrama. In 1984 het hy ’n erepennning ontvang vir sy radiodrama, Die werklike Buys Buys. Sy ander radiodramas het ook Idem-pryse verower. Sy jongste digbundel, O...
Vers en klank 28 Desember 2021 28.12.2021 27:26
Susanne Beyers gedigte voor uit 'n nuwe bundel deur Margaret Cordier. Dis getiteld, Buigbreek, en is uitgegee deur Cordis Trust Publikasies. Margaret Cordier het haar vormingsjare in die Noord-Kaap en Namakwaland deurgebring, en in die dorpie Alexanderbaai grootgeword. Later, op Roedtan, het sy vier kinders grootgemaak, twee maal die Comrades gehardloop en tweekamp gedoen, en ook haar graad aan Un...
Vers en klank 25 Desember 2021 25.12.2021 49:56
In hierdie spesiale uitsending van VERS EN KLANK en KORTOM vier ons Kersfees met gedigte en verhale van ons grootste digters en skrywers en musiek van oraloor. Susanne Beyers, Waldemar Schultz, Cintaine Schutte en Pieter van Zyl is die voorlesers. Jy kan uitsien na gedigte en stories van Linda Rode, N.P. van Wyk Louw, Pieter G.R. de Villiers, I.L. de Villiers, D.J. Opperman, Zandra Bezuidenhout, J...
Vers en klank 21 Desember 2021 21.12.2021 26:39
Martelize Kolver lees van haar gunsteling gedigte deur Elisabeth Eybers voor. Eybers word deur Antjie Krog beskryf as "ons grootste digteres". Eybers kon soveel ervarings, emosies, nuanse, 'n hele lewe in woorde beskryf. Met die ontvangs van die Hertzogprys in 1971 sê Elisabeth Eybers: “Poësie is ’n eensame besigheid, maar dit het die vermoë om mense nader aan mekaar te bring en om hulle wesenlike...
Vers en klank 14 Desember 2021 14.12.2021 38:03
Die Pool, Jerzy Koch, is 'n vertaler, digter, akademikus en hoof van die Afdeling Nederlandse en Suid-Afrikaanse Studies by die Adam Mickiewicz-Universiteit in Poznan. Hy is ook die skrywer van 'n omvattende literatuurgeskiedenis oor Afrikaans. Hy besoek Suid-Afrika gereeld sedert 1992, en het die Afrikaanse taal sodanig sy eie gemaak dat hy dit vlot praat en gedigte daarin skryf. Hy gesels oor en...
Vers en klank 7 Desember 2021 07.12.2021 31:48
Die akteur en musikant, Dean Balie, skuif agter die mikrofoon in en lees enkele van sy gunsteling verse voor. Jy kan uitsien na verse deur Adam Small, Thomas Deacon, Pieter Odendaal, Elisabeth Eybers, Petra Müller, T.T. Cloete, I.D. du Plessis en Jeanne Goosen.
Vers en klank 30 November 2021 30.11.2021 37:20
Musikant en kunstenaar Lizanne Barnard het tydens die inperking 'n uitnodiging aan die wye publiek gerig om vir haar gedigte en foto's te stuur sodat sy liedjies daarvan kan maak. Die uiteinde is 'n gepubliseerde bundel en foto-ervaring, Skeppers. Lizanne, wie se musiek jy ook in die vorige program geskoei op Lidi de Waal se werk gehoor het, het heelparty van hierdie gedigte getoonset, en jy kan d...
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.