RSG
Vers en Klank
Voorlesings van gedigte, afgewissel met gepaste musiek.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Vers en klank 25 Oktober 2022 25.10.2022 24:36
Die volgende paar weke se programme handel oor troeteldiere, daardie getroue, viervoetige vriende met wie ons ons lewe deel. In die eerste aflewering luister ons na Albert Maritz se voorlesing van gedigte oor katte. Die digters aan die woord is onder meer Barend Toerien, Lina Spies, Daniel Hugo, Stephan Bouwer en Peter Blum.
Vers en klank 18 Oktober 2022 18.10.2022 26:46
Het jy geweet dat sowat vyfmiljoen Suid-Afrikaners niks het om vandag te eet nie. Wêreldwyd gaan slaap bykans 830 miljoen mense elke aand sonder ’n krieseltjie kos in die maag. Luister na Albert Maritz se sielvolle voorlesings van gedigte oor dié deel van die samelewing wat ons so maklik miskyk – die boemelaars en bergies, die haweloses en dié wat honger ly. Dít ter herdenking van Wêreld-voedselda...
Vers en klank 11 Oktober 2022 11.10.2022 23:19
Vers en Klank is steeds die ene bloeisels en nuwe lewe, met die tweede aflewering in ’n reeks oor die lente. Jy kan uitsien na gedigte deur onder meer C. Louis Leipoldt, Ina Rousseau, Elisabeth Eybers en Barend Toerien. Die voorleser is Karli Heine.
Vers en klank 4 Oktober 2022 04.10.2022 23:18
Die dae is nou so aangenaam. Oral bot bloeisels, jasmyn tuimel oor tuinmure en ’n mens kan sommer ruik dit is weer lente! Ons luister na gedigte oor dié lieflike tyd van die jaar. Die voorleser is Karli Heine.
Vers en klank 27 September 2022 27.09.2022 28:13
Sophia van Taak gesels met digter Ashwin Arendse. Sy inspirerende debuutbundel, Swatland, het in 2021 by Kwela Boeke verskyn. Ashwin is ’n digter wat nie doekies omdraai nie. Sy verse is eerlik, ontnugterend en iets verfrissend in Afrikaans. Jy kan ook uitsien na Afrikaanse kletsrymtreffers deur kunstenaars soos Hemelbesem, Die Twaalf (van Kariega in die Oos-Kaap) en ’n nuwe stem, Roda Tabakan, ui...
Vers en klank 20 September 2022 20.09.2022 23:17
Suid-Afrika se pragtige natuurskoon is een van ons grootste skatte, en dit is daar vir almal om te geniet – maar vir hoeveel generasies nog? Hoor wat die digters te sê het oor besoedeling en omgewingsbewaring. Ronel Geldenhuys lees die gedigte voor.
Vers en klank 13 September 2022 13.09.2022 25:06
Ons vier in September Suid-Afrika se ryk en diverse kulture onder die vaandel van ons erfenis. Afgesien van ons ryk kulture en tale, is Suid-Afrikaners se heel grootste erfenis die land se natuurskoon. Maar ons pas nie dié erfenis so mooi op nie. Wat sal oorbly vir die volgende geslag? Luister na gedigte oor besoedeling en natuurbewaring, en waar die mens in dié prentjie inpas. Die voorleser is Ro...
Vers en klank 6 September 2022 06.09.2022 23:39
Die vorige twee weke het ons geluister na gedigte oor hoe die skemerte daal en dit nag word. En nou… wel, nou kom die son op! Ja, jy kan inskakel vir gedigte oor die dagbreek deur Ina Rousseau, Daniel Hugo, De Waal Venter en Breyten Breytenbach. Die voorleser is Daneel van der Walt.
Vers en klank 30 Augustus 2022 30.08.2022 24:47
In die tweede van drie programme oor die Skemeraand, die Nag en die Dagbreek luister ons na gedigte oor die nag, en daardie dinge wat in die klein uurtjies gebeur. Die voorleser is Johann Nel.
Vers en klank 23 Augustus 2022 23.08.2022 22:51
In hierdie eerste van drie programme oor die Skemeraand, die Nag en die Dagbreek luister ons na gedigte oor die skemer, die sogenaamde “goue uur”, wanneer die voëls terugkeer na die bome waarin hulle slaap, die skaduwees lank uitrek, en uiteindelik met die donkerte saamsmelt. En die mense moeg by die huis kom. Die voorleser is Johann Nel.
Vers en klank 16 Augustus 2022 16.08.2022 25:08
Hierdie tyd van die jaar vier die mense van Japan die Fees van Obon, waartydens hulle hulle voorsate herdenk. Ons hou ’n Obon-fees in die kleine, met gedigte oor die voorvaders en voormoeders.
Vers en klank 9 Augustus 2022 09.08.2022 26:09
Die digter Anita van der Walt was sowat twee jaar gelede in die Vers en Klank-ateljee om oor haar debuutbundel, HIERDIE MAANDAG IS ABSTRAK, te gesels toe ’n onvoorsienbare mediese noodgeval haar in die hospitaal laat beland. In dié week se program is Anita terug in die ateljee, nóg ’n digbundel ryker en reg om oor haar skryfwerk en nuutgevonde lewenslus te praat.
Vers en klank 2 Augustus 2022 02.08.2022 24:16
In Deel 2 van ’n program oor die digter Petra Müller luister ons na aktrise en regisseur Joanie Combrink se voorlesings uit verskeie van Müller se digbundels, en na argiefopnames van die digter waarin sy van haar eie werk voordra.
Vers en klank 26 Julie 2022 26.07.2022 26:10
Die joernalis, manuskripkeurder, skrywer en digter Petra Müller wat in 2021 oorlede is, sou vandeesweek 87 jaar oud geword het. Ons luister na Joanie Combrink se voorlesings uit verskeie van Müller se digbundels, en na argiefopnames met die digter waarin sy van haar eie werk voordra. Dit is die eerste deel van twee programme oor Petra Müller.
Vers en klank 19 Julie 2022 19.07.2022 25:32
Nelson Mandela is op 18 Julie, ’n 104 jaar gelede, in die Oos-Kaapse dorpie Mvezo gebore. Ons luister na gedigte oor dié geliefde leier. Heelwat daarvan kom uit die pen van Antjie Krog, tesame met werke van Marius Titus, André Boezak, Clinton V. du Plessis en Vincent Oliphant.
Vers en klank 12 Julie 2022 12.07.2022 23:16
Die grootwordjare is nie maklik nie, en vir elke onskuldige kind lê daar iewers langs die pad ’n stadium van ontnugtering voor. Luister na gedigte oor dié moeilike lewensfase se warboel emosies en soeke na begrip. Jy kan uitsien na treffende verse deur Lynthia Julius, André Trantraal, Corné Coezee en Hannes Visser. Die voorleser is Kay Smith.
Vers en klank 5 Julie 2022 05.07.2022 24:36
Die afgelope naweek het 2022 sy halfpadmerk verbygesteek. Ses maande is al weer in ’n oogwink verby, en ’n mens kan nie help om te wonder nie: Waar loop die tyd met ons heen? Ons luister na gedigte oor die tyd – die verloop daarvan, die vrees daarvoor, hoe ons maar gereeld bestekopname doen om te kyk of ons nog byhou, en ook darem “van tyd tot tyd” dit regkry om in die kosbaarste van alle tye – di...
Vers en klank 28 Junie 2022 28.06.2022 29:54
Die seevaarders van ouds was sekerlik van die dapperse mense ooit. Om die ongekarteerde stormsee aan te durf, het vir sommige groot rykdom bekom, maar ander het nooit weer aan wal gestap nie. Luister na verse oor die rampe waardeur ’n paar skeepskapteine en hulle bemannings getref is. Jy kan uitsien na verhalende gedigte oor die volksheld Wolraad Woltemade, die groot, wit walvis Moby Dick se skrik...
Vers en klank 21 Junie 2022 21.06.2022 22:44
Die tweede aflewering van gedigte oor die winter en sy storms, soos voorgelees deur Elsabé Daneel. Jy kan ook uitsien na meesterlike toonsettings van gedigte deur Eugéne Marais, H.A. Fagan en Koos du Plessis.
Vers en klank 14 Junie 2022 14.06.2022 21:55
Die winter is nou werklik op ons! Teen die kus langs sak swaar buie uit, en die binneland bibber van die koue! Pak jou kaggelvuurtjie, skink ietsie warms en luister na gedigte oor storms en gure weer. Die voorleser is Elsabé Daneel.
Vers en klank 7 Junie 2022 07.06.2022 25:04
Wat skryf ons digters oor die digkuns? Hoe kom hulle aan die dinge waaroor hulle verse skryf? En hoe skep ’n mens iets uit die niet? Luister na gedigte oor die skryf van gedigte deur, onder andere, Cas Vos, Breyten Breytenbach, Elisabeth Eybers en Uys Krige. Die voorleser is die aktrise Nicole Holm.
Vers en klank 31 Mei 2022 31.05.2022 21:07
Die digter T.T. Cloete is op 31 Mei 1924 gebore. Verlede week het ons die eerste aflewering van ’n tweeledige program oor Cloete se lewe en nalatenskap uitgesaai. Nou kan jy vir die tweede hoofstuk inskakel. Ons luister ook na argiefopnames van onderhoude met die digter waarin hy van sy eie werke voordra. Die voorleser is prof. Bernard Odendaal.
Vers en klank 24 Mei 2022 24.05.2022 26:40
Die digter T.T. Cloete is op 31 Mei 1924 gebore. In aanloop tot dié dag, kan jy inskakel vir die eerste van twee programme oor Cloete se lewe en digkuns. Ons luister ook na argiefopnames van onderhoude met die digter waarin hy van sy eie werke voordra. Die voorleser is prof. Bernard Odendaal.
Vers en klank 17 Mei 2022 17.05.2022 24:49
Vir ons hier in die Suidelike Halfrond, is dit nou die jaargety wanneer die sikliese verloop van lewe baie opvallend is. Die herfs is nie so baldadig soos die lente nie, maar die verandering in die natuur is ewe radikaal. Ons besing dié seisoen se lof. Jy kan uitsien na gedigte deur Breyten Breytenbach, N.P. van Wyk Louw, D.J. Opperman, Barend J. Toerien en Lina Spies. Die voorleser is die akteur...
Vers en klank 10 Mei 2022 10.05.2022 28:10
Met dié dat ons binnekort die enigste algehele maansverduistering van die jaar kan waarneem, is Sophia van Taak ’n bietjie met die maan gepla. Jy kan uitsien na gedigte deur I.D. du Plessis, Carina Stander, Andries Bezuidenhout en Elizabeth Eybers. Die voorleser is die aktrise Susanne Beyers.
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.