Pieter van der Zwan
Tax Break in Afrikaans
Tax Break is 'n potgooi oor Suid-Afrikaanse belasting vir Suid-Afrikaanse belastingkundiges en praktisyns. Elke episode handel oor 'n onderwerp of 'n onlangse ontwikkeling in Suid-Afrikaanse belasting.
Author
Pieter van der Zwan
Category
Podcast website
Latest episode
Jul 9, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Episode 81: Wat is artikel 42 nie? (Deel 2) 09.07.2026 14:55
Artikel 42 van die Inkomstebelastingwet gee verligting vir bate-vir-aandeel transaksies. In hierdie episode gesels ek sommige van die teenvermydingsreels om te oorweeg wanneer dit by hierdie transaksies kom. As jy terugvoer op enige episodes het of belastingadvies benodig, kontak my by pieter@pvdz.co.za . Daar is nog hulpbronne en artikels wat dalk vir jou van waarde kan wees op my webwerf – ht...
Episode 80: Wat is artikel 42? (Deel 1) 02.07.2026 16:18
Artikel 42 van die Inkomstebelastingwet gee verligting vir bate-vir-aandeel transaksies. In hierdie episode gesels ek oor hoe die bepaling werk, van die geskiedenis en konteks rondom dit asook die doel daarvan. As jy terugvoer op enige episodes het of belastingadvies benodig, kontak my by pieter@pvdz.co.za . Daar is nog hulpbronne en artikels wat dalk vir jou van waarde kan wees op my webwerf – ...
Episode 79: Rente of nie? 15.06.2026 11:55
Wanneer vereis die belastingwetgewing dat partye rente moet hef op ‘n lening? Die antwoord is dit doen nie. Die bepaal bloot wat die belastinggevolge is wanneer partye nie rente hef op ‘n lening nie. In hierdie episode gesels ek oor die belastingimplikasies wat ‘n rol kan speel by die besluit om rente te hef of nie. As jy enige idees of voorstelle het vir ‘n episode of wil sien en stem vir idees v...
Episode 78: Tydsberekening is belangrik 08.06.2026 10:50
Belastingpligtiges redeneer dikwels dat solank SARS wel ‘n bedrag belas of as ‘n aftrekking slegs een keer geeïs word, behoort dit aanvaarbaar te wees. Dit is egter nie korrek nie – die tydsberekening van die insluiting of aftrekking is belangrik. In hierdie episode gesels ek oor ‘n belastinghofsaak wat die belangrikheid van tydsberekening illustreer. As jy enige idees of voorstelle het vir ‘n ep...
Episode 77: Vennootskappe belasting 25.05.2026 16:52
SARS het onlangs die IT3(BO) derde-party verklaringsproses wat met die inkomstebelastinggevolge van vennootskappe van stapel gestuur. Ek gebruik die geleentheid om in hierdie episode oor ‘n paar van die kern beginsels rakende die belasting van vennootskappe te gesels. As jy enige idees of voorstelle het vir ‘n episode of wil sien en stem vir idees van ander luisteraars, besoek die Tax Break toepa...
Episode 76: Meer oor die GAAR: Die ABSA saak 18.05.2026 28:27
Die Konstitusionele Hof het onlangs ‘n uitspraak gelewer oor two regsvrae rondom die algemene teenvermydingsreëls na ‘n hersieningsaansoek deur ABSA. In hierdie episode gesels ek oor die saak en deel my gedagtes rondom sekere aspekte van die uitspraak. As jy enige idees of voorstelle het vir ‘n episode of wil sien en stem vir idees van ander luisteraars, besoek die Tax Break toepassing by https:/...
Episode 75: Is jou huiseienaarsvereniging se inkomstebelasting hantering reg? 07.05.2026 15:31
SARS het ‘n opgedateerde weergawe van Uitlegnota 64 uitgereik in Desember 2025. Hierdie uitlegnota handel, onder andere, met die belasting van huiseienaarsverenigings. In hierdie episode bespreek ek van die veranderinge van die vorige weergawe van die uitleg nota na die hersiende weergawe – veral die veranderinge met betrekking tot huiseienaarsverenigings. As jy enige idees of voorstelle het vir ‘...
Episode 74: Veranderinge aan die BTW registrasie drempels – hoe nou vir ondernemers in die R1m tot R2,3m groep? 23.04.2026 16:32
Die Nasionale Tesourie het in die 2026 Begroting veranderinge aan die BTW registrasie drempels aangekondig. Sommige BTW ondernemers oorweeg nou moontlike deregistrasie as gevolg hiervan. In hierdie episode gesels ek oor ‘n paar praktiese oorwegings om in gedagte te hou wanneer mens besluit om te deregistreer of nie. As jy enige idees of voorstelle het vir ‘n episode of wil sien en stem vir idees v...
Episode 73: Wees versigtig vir die GAAR 10.04.2026 18:30
Daar was onlangs ‘n toename in the aantal sake voor die howe wat die toepassing van die algemene teenvermydingsreëls (die GAAR) betref. In hierdie episode gesels ek oor ‘n paar sleutel aspekte van die GAAR. As jy enige idees of voorstelle het vir ‘n episode of wil sien en stem vir idees van ander luisteraars, besoek die Tax Break toepassing by https://tax.pvdz.co.za/app . As jy terugvoer op enig...
Episode 72: Belasting in die 2026 Begroting 27.02.2026 15:46
Daar is altyd baie opwinding rondom die begroting en 2026 was geen uitsondering nie. In hierdie episode gesels ek oor sommige belastingvoorstelle in die begroting wat vir belang is vir belastingkundiges en praktisyns. As jy terugvoer, voorstelle vir toekomstige episodes het of belastingadvies benodig, kontak my by pieter@pvdz.co.za . Daar is nog hulpbronne en artikels wat dalk vir jou van waarde...
Episode 71: Artikel 7C 19.02.2026 13:13
Artikel 7C het belastingpraktisyns se belangstellings geprikkel sedert dit in die belastingwetgewing ingebring is as deel van die 2016 wysigings. Dit is een van die min bepalings wat meeste praktisyns herken deur slegs na die artikel nommer te kyk! SARS het laat in November 2025 ‘n konsep uitlegnota vir kommentaar vrygestel. Alhoewel hierdie dokument slegs ‘n konsep dokument is, gee dit mens wel i...
Episode 70: Rente aftrekbaarheid 12.02.2026 12:13
SARS het onlangs ‘n interesant aanwysing uitgereik oor iets wat gereeld in praktyk opduik – rente aftrekbaarheid. In kort, handel die aanwysing met die aftrekbaarheid van rente op ‘n lening wat gebruik sal word om voorkeuraandele af te los. In hierdie episode gesels ek oor die aanwysiging, die vereistes vir rente aftrekbaarheid en ek oorweeg waarom die belastingpligtige dit nodig geag het om ‘n aa...
Episode 69: Die klein besigheid KWB uitsluiting 05.02.2026 14:13
Oorweeg die volgende scenario: jy, of dalk jou klient, besit ‘n klein besigheid. Die tyd het aangebreek om dit te verkoop – dit mag dalk wees dat die besigheid ‘n groter struktuur nodig het vir voortgesette groei, ‘n geleentheid ditself voorgedoen het of bloot dat die eienaar nie meer kans sien om die besigheid te bedryf nie. Die verkoop sal waarskynlik KWB tot gevolg he. Die Agtste Bylae tot die...
Episode 68: Oorweeg BTW op subsidies 29.01.2026 10:56
As mens dink ook BTW en subsidies (grants), is jou eerste instink waarskynlik dat daar nie BTW op ‘n subisidie moet wees nie. In hierdie episode gesels ek oor ‘n belastinghofsaak wat die belangrikheid illustreer om versigtig na die detail te kyk wanneer dit by BTW en subsidies kom. Hierdie onderwerp is meer kompleks as wat die aanvanklik mag lyk. As jy terugvoer, voorstelle vir toekomstige episode...
Episode 67: Sleutel oorwegingings by aandele aansporingskemas 22.01.2026 17:09
Baie maatskappye, beide groot en klein, gebruik aandele aansporings vir sleutel werknemers om hulle doelwitte met die van die maatskappy te belyn. Die ontwerp kan verskil afhangend van die tipe skema en entiteit. Daar is egter ‘n paar belasting oorwegings wat dikwels fundamenteel tot meeste van hierdie skemas is. So die vraag is – wat is hierdie sleutel oorwegings? In hierdie episode gesels ek oor...
Episode 66: Dividend of skenking? 15.01.2026 11:16
Wanneer ‘n maatskappy betalings maak aan ‘n verwante party van sy aandeelhouer ontstaan die vraag of hierdie betaling ‘n dividend, of dalk eerder, ‘n skunking is? SARS het onlangs Binding Private Ruling 423 uitgereik ten opsigte van ‘n stel feite wat hierdie vraag bevat. In die episode gesels ek oor die aanwysing (ruling) en die onderliggende beginsels. As jy terugvoer of voorstelle vir toekomstig...
Episode 65: Veranderinge aan onderstellingsboetes (USPs) in 2026 27.11.2025 8:00
Die Nasionale Tesourie het op 12 November 2025 die belastingwysigingswetsontwerpe vrygestel. In hierdie episode gesels ek oor die wysigings aan die onderstellingsboete stelsel. As jy terugvoer of voorstelle vir toekomstige episodes het, kontak my by pieter@pvdz.co.za . Daar is nog hulpbronne en artikels wat dalk vir jou van waarde kan wees op my webwerf – https://tax.pvdz.co.za . Gaan kyk gerus!
Episode 64: Veranderinge aan BTW vir skole in 2026 20.11.2025 12:58
Die Nasionale Tesourie het op 12 November 2025 die belastingwysigingswetsontwerpe vrygestel. In hierdie episode gesels ek oor die wysigings rakende BTW op lewerings deur skole. As jy terugvoer of voorstelle vir toekomstige episodes het, kontak my by pieter@pvdz.co.za . Daar is nog hulpbronne en artikels wat dalk vir jou van waarde kan wees op my webwerf – https://tax.pvdz.co.za . Gaan kyk gerus!
Episode 63: Die 2025 belastingwysigingswetsontwerpe 13.11.2025 7:34
Die Nasionale Tesourie het op 12 November 2025 die belastingwysigingswetsntwerpe vrygestel. In hierdie episode lig ek ‘n paar wysigings in hierdie wetsontwerpe uit. As jy terugvoer of voorstelle vir toekomstige episodes het, kontak my by pieter@pvdz.co.za . Daar is nog hulpbronne en artikels wat dalk vir jou van waarde kan wees op my webwerf – https://tax.pvdz.co.za . Gaan kyk gerus!
Episode 62: Kry ‘n voorafbeslissing? 06.11.2025 10:12
Belastingpligtiges kan sekerheid oor onseker belastingposisies kry deur voorafbeslissings by SARS aan te vra. In hierdie episode gesels ek oor sommige van die vereistes vir hierdie beslissings wat mens moet oorweeg wanneer jy dit as ‘n moontlike plan van aksie beoordeel. As jy terugvoer of voorstelle vir toekomstige episodes het, kontak my by pieter@pvdz.co.za . Daar is nog hulpbronne en artikel...
Episode 61: Waardasie van voorraad vir belastingdoeleindes 30.10.2025 11:48
Belastingpligtiges mag eindvoorraad teen minder as koste waardeer onder sekere omstandighede. SARS het onlangs Uitlegnota 140 in hierdie verband uitgereik. In hierdie episode gesels ek oor ‘n paar van SARS se interpretasies in hierdie dokument. As jy terugvoer of voorstelle vir toekomstige episodes het, kontak my by pieter@pvdz.co.za . Daar is nog hulpbronne en artikels wat dalk vir jou van waard...
Episode 60: Geredelik sigbare onbetwiste foute 23.10.2025 13:23
Belastingpligtiges kan versoek dat SARS aanslae verminder in die geval van geredelik sigbare onbetwiste foute. SARS het onlangs ‘n konsep uitlegnota oor die onderwerp uitgereik. In hierdie episode gesels ek oor enkele aspekte wat SARS aanraak. As jy terugvoer of voorstelle vir toekomstige episodes het, kontak my by pieter@pvdz.co.za . Daar is nog hulpbronne en artikels wat dalk vir jou van waarde...
Episode 59: Wanneer gaan SARS reageer? 16.10.2025 9:41
Belastingpligtiges wat inligting aan SARS lewer in die loop van ‘n dispuut is dikwels angstig om terugvoer te ontvang. In hierdie episode gesels ek oor sommige van die tydslyne hiervoor waarvoor die wetgewing voorsiening maak. As jy terugvoer of voorstelle vir toekomstige episodes het, kontak my by pieter@pvdz.co.za . Daar is nog hulpbronne en artikels wat dalk vir jou van waarde kan wees op my...
Episode 58: Verbondenheid via trusts 09.10.2025 7:23
Baie van die teenvermydingsreels gebruik ‘n verbonde persone verhouding as die basis vir hulle toepassing. In hierdie episode gesels ek oor die omskrywing van ‘n verbonde persoon tot ‘n trust. As jy terugvoer of voorstelle vir toekomstige episodes het, kontak my by pieter@pvdz.co.za . Daar is nog hulpbronne en artikels wat dalk vir jou van waarde kan wees op my webwerf – https://tax.pvdz.co.za ....
Episode 57: BTW en agentskap verhoudings 02.10.2025 8:12
Die BTW Wet bevat spesifieke bepalings wat handel met agente. In hierdie episode gesels ek oor sommige van die kern bepalings wat van toepassing is op agentskap verhoudings. As jy terugvoer of voorstelle vir toekomstige episodes het, kontak my by pieter@pvdz.co.za . Daar is nog hulpbronne en artikels wat dalk vir jou van waarde kan wees op my webwerf – https://tax.pvdz.co.za . Gaan kyk gerus!
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.