Maroela Media

Strandloper – ’n vervolgverhaal

Fiction AF ↓ 120 episodes

Onder die oppervlak van Bloubaai se rustige waters, vars lug en hegte gemeenskap, is daar woelinge en ou geraamtes in kaste wat op onmoontlike tye boontoe kom om lewens om te krap. Soos Tannie Ouvrou se verlede wat sy met haar ywerige hande probeer wegwerk, net om telkens weer deur Strandloper daaraan herinner te word. Jy sal Oom Fred en sy skaduwee Witvoet ook daar kry. Hy baklei teen hotelbaas Jack de Wet wat tradisies in die naam van vooruitgang vertrap. Daar is ʼn petisie wat probeer wal gooi, en dit skeur die dorp. Maar daar is ook dinge wat hulle saamsnoer. Nie net is dit Afrikaans se eeu...

Author

Maroela Media

Category

Fiction

Podcast website

maroelamedia.co.za

Latest episode

Oct 25, 2024

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Strandloper – Episode 70 16.08.2024

Oom Fred besoek Dylan en kry nuus wat hom heeltemal onkant vang. Willie sluit by Fred en Dylan aan om sake oor die boeresportdag te finaliseer, en ʼn tweede skok tref Oom Fred.

Strandloper – Episode 69 15.08.2024

Nicolien moet ʼn paar “eksamenvrae” op ʼn vreemde plek beantwoord. Sy kry ʼn onverwagse uitnodiging van Mauritz. Visstok probeer om vir Mauritz te werf vir sy toutrekspan op die boeresportdag.

Strandloper – Episode 68 14.08.2024

Tannie Ouvrou en Tant Betta is besig om plek te maak vir die dorp se skenkings van bestanddele, en hulle kry ʼn liederlike ontnugtering van Visstok. ʼn Noodsituasie ontstaan waarvoor dringend ʼn plan gemaak moet word.

Strandloper – Episode 67 13.08.2024

Tannie Ouvrou vis by Dylan oor Bobbi en hoor van sy ma se tragiese verlies. In die proses kry sy meer as waarop sy gereken het: ʼn koekieresep wat werk, maar wat sy nie mag eet nie.

Strandloper – Episode 66 12.08.2024

Die voorbladfotosessie vir die boeresportdag word ʼn uitdaging vir Nicolien, Mauritz en Willie. Tussen die drie van hulle word ʼn skitterende plan uit nood gebore.

Strandloper – Episode 65 09.08.2024

Engela en Aliyah se lewens is op die punt om radikaal en vir altyd te verander. Sy soek hulp en troos by iemand wat jare gelede op dieselfde plek as sy was. Word die band tussen Engela en Tannie Ouvrou hegter?

Strandloper – Episode 64 08.08.2024

Dis die finale vergadering voordat een van Bloubaai se groot tradisies herleef. Die Bloubaaiers hou nie terug nie, Willie ontvang ʼn ontstellende boodskap van Engela, en Boesman sorg vir die grootste verrassing van die dag.

Strandloper – Episode 63 07.08.2024

Nicolien en Mauritz se paaie kom nader aan mekaar toe hulle ontdek hulle het ʼn gemeenskaplike belang. Mauritz vra Nicolien ʼn ongemaklike vraag wat haar laat bloos en waarop sy geen antwoord het nie.

Strandloper – Episode 62 06.08.2024

Engela het ʼn ontstellende droom oor verlore liefde. Dit raak al hoe moeiliker om te onderskei tussen waarheid en verbeelding. Hoekom kom gee Willie vir Engela persoonlik ʼn uitnodiging na ʼn belangrike vergadering?

Strandloper – Episode 61 05.08.2024

Tannie Ouvrou is bekommerd oor ʼn WhatsApp-boodskap wat sy gekry het wat sy geheim moet hou. Boesman sorg vir welkome afleiding, en Dylan se nuwe assistent by die koffiekiosk laat Oom Fred onrustig voel – met rede.

Strandloper – Episode 60 02.08.2024

Hoe is dit moontlik dat Jack de Wet weer die beste daarvan afkom met sy ooreenkoms oor die losieshuis se personeel? Tannie Ouvrou en Oom Fred se hewige bekgeveg word onverwags onderbreek, en ʼn bottel gemmerbier word die fokuspunt waarmee goeie nuus gevier word.

Strandloper – Episode 59 01.08.2024

Mauritz stel Nicolien voor aan een van sy nuwe kliënte wat Nicolien laat skater van die lag. Haar gemoedstoestand verander wanneer sy aan Bobbi se nuus dink. Oom Fred probeer om haar te kalmeer met sy ware storie oor die skipbreukelinge van Bloubaai.

Strandloper – Episode 58 31.07.2024

Dylan bring vroegoggend skokkende nuus vir Tannie Ouvrou. Hoekom weier hy dat sy die hulp van die polisie inroep? Tannie Ouvrou maak ʼn emosionele bekentenis teenoor Engela. Dylan se kontrak met die Swede en sy toekomsdrome staan gevaar om tot niet te gaan.

Strandloper – Episode 57 30.07.2024

Dylan is erg op sy senuwees oor ʼn onderhoud met die Sweedse span argeoloë by die toeristekantoor en Engela kry in die proses ʼn onverwagse nuwe posisie. Willie kry ʼn ligte waarskuwing oor goeie bedoelings. Dylan se toekomsplanne lyk skielik rooskleurig.

Strandloper – Episode 56 29.07.2024

Tannie Ouvrou druk Oom Fred in ʼn hoek oor die ontstellende nuus wat sy gekry het oor haar personeel. Hy het immers alles gereël, en nou? Nicolien kry waardevolle raad oor Mauritz en inligting oor sy oorlede pa van Tannie Ouvrou, en Nicoline deel ʼn groot bekommernis met haar.

Strandloper – Episode 55 26.07.2024

Engela kom bedank Willie by sy kantoor vir Aliyah se spesiale tuiskomsgeskenk en gee hom nuus oor Johann, haar nuwe werksvennoot, wat Willie deurmekaarder en verwarder as ooit te vore maak. Mauritz het vir Willie ʼn geskenk in ʼn streepsak wat hom sprakeloos laat.

Strandloper – Episode 54 25.07.2024

Tannie Ouvrou en Dylan deel bangmaakstories en bygelowe met mekaar oor babas en Bobbi se swangerskap. Dylan is diep bekommerd oor Bobbi se optrede in die laaste tyd. Engela maak haar hart oop teenoor Willie. Tannie Ouvrou kry skoknuus oor Jack de Wet se restaurant, Die Seekat.

Strandloper – Episode 53 24.07.2024

Nicolien is nie die enigste een wat op soek is na Willie nie. Sy en hy beplan ʼn groot verrassing vir Aliyah, terwyl Mauritz dringend ʼn reëling met hom moet tref. Nicolien word uit ʼn verknorsing gehelp deur Mauritz. Dylan verklap onwetend ʼn geheim wat skok.

Strandloper – Episode 52 23.07.2024

Oom Fred kan ʼn storie só goed vertel dat die lang pad dorp toe eintlik kort voel, boonop is dit ʼn tragiese, ware storie wat Nicolien se hare laat rys. ʼn Grusame vonds wag later die dag vir haar en Oom Fred op die strand waar Willie sy hande vol het.

Strandloper – Episode 51 22.07.2024

Die Boersportdag kry skielik die wind van voor. Wat is dit met die helikopter wat steeds oor die dorp vlieg? Waarna word daar gesoek en deur wie? Willie hoor van ʼn groot seer in Oom Fred se lewe, en Tannie Ouvrou het raad.

Strandloper – Episode 50 19.07.2024

Engela probeer om vir Nicolien iets belangriks te vertel wat swaar op haar hart druk. Dit is moeiliker as wat sy gedink het. Mauritz en Nicolien begin oefen aan hulle item vir die Boeresportdag, en dit bring hom voor ʼn keuse oor hartsake.

Strandloper – Episode 49 18.07.2024

Tannie Ouvrou en Oom Fred hou nabetragting van die verjaarsdagviering. Tannie Ouvrou gee hom skoknuus wat sy nie langer kan stilhou nie. Wie ry agterop Nicolien se bromponie wat so styf vashou aan Oom Fred? Engela en haar dogtertjie beland in die hospitaal.

Strandloper – Episode 48 17.07.2024

Nicolien verjaar, en dit word omtrent die aand by die losieshuis gevier saam met almal wat persoonlike verrassings bring. Die beste een vir haar is die een van Mauritz af. Boonop het die aand ʼn einde wat haar wildste drome oortref.

Strandloper – Episode 47 16.07.2024

Engela is uit haar vel van blydskap om Willie terug te sien, en sy gee hom ontstellende nuus oor die palings van Palinggat Toeristekantoor. Kaptein Van Niekerk en Willie wil Gladys inspan om te help met inligting oor Dylan se bewegings. Engela en Willie whatsapp mekaar laataand, en daar’s ʼn uitnodiging na ʼn groot viering.

Strandloper – Episode 46 15.07.2024

Willie is terug op Bloubaai en kry die jongste nuus oor alles wat in sy afwesigheid gebeur het. Van die drama by Seeredding tot Dylan se nuut ontdekte talent. Mauritz se logiese verklaring oor die helikopter wat knaend oor Bloubaai vlieg, laat egter nie die ongemaklike gevoel wat Willie hieroor het, weggaan nie.

Listen to the Strandloper – ’n vervolgverhaal podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.