Maroela Media

Die bankroof – ’n vervolgverhaal

Fiction AF ↓ 60 episodes

Die bankroof, geskryf deur Joe Kleinhans, speel af in Maraisburg, ʼn dorpie in die Suid-Kaap, waar ʼn ou bank oor ʼn naweek beroof word. Die roof herinner aan ʼn historiese tonnelroof en bring die gemeenskap in beroering, veral omdat miljoene én die inhoud van sluitkissies verdwyn. Kaptein Van Rooy, reeds oorlaai met onopgeloste sake, moet die ondersoek hanteer terwyl die media en inwoners druk uitoefen. Sy eksvrou, die ondersoekende joernalis Rachel Wolvaardt, arriveer ook en bemoeilik sake verder. Verskeie dorpenaars met eie agendas en geheime word betrek: Juliana Julies, ʼn ambisieuse sakevrou;...

Author

Maroela Media

Category

Fiction

Podcast website

maroelamedia.co.za

Latest episode

Jun 19, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

[Slot-episode] Die bankroof – Episode 60 19.06.2026

Die kaptein se “gutfeel” lei hom na ʼn huis wat Rachel na haar asem laat snak. Twee polisiemotors daag op met ʼn lasbrief om die kaptein by te staan. Die laaste hoofstuk van die bankroof hou ʼn skok of twee in.

Die bankroof – Episode 59 18.06.2026

Rachel vertel Magriet die besonderhede van al die sake wat haar raak. Dis onaangename inligting, maar die volle waarheid moet uit. Rachel het ʼn verrassing vir die kaptein. Vincent daag by die kaptein se huis op en gee ʼn nuwe wending aan die verloop van sake.

Die bankroof – Episode 58 17.06.2026

Daar is ʼn hand vol naskokke ná die tragiese gebeure in Potpourri. Magriet kom haal Nettie en voel skuldig oor die gebeure. Onverwags word daar links en regs nuwe vennootskappe aangebied.

Die bankroof – Episode 57 16.06.2026

Dit gons in Maraisburg oor die man in die tronk se vertellings. Nettie loop benoud rond. Die feit dat Magriet los en vas oor die video by die verkeerde plek gepraat het, spook by haar.

Die bankroof – Episode 56 15.06.2026

Louis Ludik dring daarop aan om eers met Rachel alleen te praat voor dat hy met enige polisieman praat. Die kaptein wil hê Rachel moet die geleentheid gebruik om Gert Greef en Rampies Reyneke se weergawes van die bankroof te bevestig. Wat het van Sally Bruinders geword?

Die bankroof – Episode 55 12.06.2026

Magriet sukkel om te verduidelik hoekom sy na Voorsitter Philip Putter se kantoor toe is om aan die leeu se baard te gaan vat. Vincent is nie verniet onrustig nie. Hy kry ʼn besoek wat hom laat skrik. ʼn Skokkende aankondiging tref Maraisburg.

Die bankroof – Episode 54 11.06.2026

Shirley is ontsteld en Vincent probeer help, maar daar’s ʼn gekonkel. Vincent hoor ontstellende nuus wat hom noodsaak om te ry en die feite te gaan verifieer.

Die bankroof – Episode 53 10.06.2026

Die kaptein stap ongenooid by Philip se Voorsitterskantoor in en ontstel hom met drie dringende sake. Waaroor gons dit skielik op die dorp en laat al wat ʼn joernalis is na net een spesifieke plek jaag?

Die bankroof – Episode 52 09.06.2026

Shirley se missie in Kaapstad, om met Gert Greef in die gevangenis te praat, mag alleen gebeur sonder dat Rachel by is. Die missie en gesprek lewer ʼn rits skokke op.

Die bankroof – Episode 51 08.06.2026

Juliana het genoeg gehad van haar vennoot met sy “breinfloutes”. Hy ontgeld dit. Die foto’s wat Nettie in Philip se kelderverdieping geneem het, kom nou na vore. Shirley word na Kaapstad ontbied vir ʼn belangrike ontmoeting.

Die bankroof – Episode 50 05.06.2026

Juliana wil Magriet help. Vincent loop hom vas op Kleinbult. Nettie kry onverwags ʼn uitnodiging wat haar op haar voete laat dink. Met haar besoek aan Philip se wynkelder vat sy ʼn gaping soos ʼn ware spioen.

Die bankroof – Episode 49 04.06.2026

Shirley kry welkome hulp, maar terselfdertyd ʼn mondvol inligting wat haar op die verkeerde voet betrap. Magriet draai weer ʼn keer voor die tronkdeure om. Die skokke is nog lank nie verby vir Shirley nie.

Die bankroof – Episode 48 03.06.2026

Juliana se groot dag breek aan. Die Julies Garage word ingewy. Een gelukkige gas by die spoggeleentheid wen ʼn splinternuwe motor. ʼn Ongenooide gas daag op. Wie ontmoet mekaar buite die tent vir ʼn gesprek?

Die bankroof – Episode 47 02.06.2026

Shirley hoor uiteindelik die waarheid, en sy is stukkend. Rachel betrek vir Magriet as haar hulp-in-nood. ʼn Gesprek in die park tussen Magriet en Shirley neem die bankroof in ʼn nuwe rigting.

Die bankroof – Episode 46 01.06.2026

Philip hou nie daarvan dat die kaptein hom in sy Voorsitterskantoor besoek nie – en dit agter ʼn toe deur. Rachel keer uiteindelik terug vanaf Kaapstad. Haar inligting werp nuwe lig op die ondersoek na die bankroof.

Die bankroof – Episode 45 29.05.2026

Die kaptein is ongelukkig omdat Rachel in Kaapstad vashaak en niks van haar laat hoor nie. Sy verras hom met ʼn paar brokkies interessante nuus. Hy kry ʼn skok wat hom soos vuishou in die maag tref.

Die bankroof – Episode 44 28.05.2026

Juliana is opnuut geskok, toe sy Vincent in die hospitaal besoek. Die dag breek aan waarop die nuwe voorsitter van die Sakekamer verkies moet word. Daar is nuus oor die koeël waarmee die burgemeester geskiet is.

Die bankroof – Episode 43 27.05.2026

Shirley deel, met die beste bedoelings, fluks raad uit. Maar soms bring raad nie goeie resultate nie. Iemand raak soek, en dit sorg vir groot bekommernis en konsternasie.

Die bankroof – Episode 42 26.05.2026

Rachel Wolvaardt is op die oorlogspad, en die kaptein moet dit ontgeld. Philip gaan stap ʼn draai en sien iets wat hom na sy selfoon laat gryp om dit op kamera vas te lê. Maar dis nie al wat Philip ontstel nie.

Die bankroof – Episode 41 25.05.2026

Op die oggend van die onthullingseremonie kom Juliana en Nettie agter daar is groot fout: Magriet antwoord nie haar selfoon nie. Nettie kry ʼn aanbod wat haar verras.

Die bankroof – Episode 40 22.05.2026

Die bankrower laat weer van hom hoor met ʼn dik koevert vol ontstellende foto’s. Die groot vraag is: Uit wie se sluitkissie kom die foto’s?

Die bankroof – Episode 39 21.05.2026

Maraisburg kan nie uitgepraat raak oor die jongste ontdekking in Kleinbult nie. Vincent het sy bedenkinge hieroor. Hy kry ʼn oproep met ʼn uitnodiging wat hom verras.

Die bankroof – Episode 38 20.05.2026

Juliana en Philip stamp nog ʼn keer koppe. Philip kry ʼn besoek op Carpe Diem wat hom verras. Dit dwing hom om deel te word van ʼn besoek aan ʼn huis in Kleinbult. Dié gebeure sorg vir ʼn opskudding op Maraisburg.

Die bankroof – Episode 37 19.05.2026

Vincent kry ʼn onverwagse opdrag wat dringend afgehandel moet word. Prokureur Louis Ludik bly om verskeie redes op Rachel se radar. Sy vind belangrike dinge uit oor Louis.

Die bankroof – Episode 36 18.05.2026

Daar is ʼn hand vol onbeantwoorde vrae oor die Fanie Manders Hulpfonds wat Rachel laat kopkrap. Sy bedink ʼn plan om Philip in eie munt terug te betaal.

Listen to the Die bankroof – ’n vervolgverhaal podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.