Maroela Media

Die bankroof – ’n vervolgverhaal

Fiction AF ↓ 60 episodes

Die bankroof, geskryf deur Joe Kleinhans, speel af in Maraisburg, ʼn dorpie in die Suid-Kaap, waar ʼn ou bank oor ʼn naweek beroof word. Die roof herinner aan ʼn historiese tonnelroof en bring die gemeenskap in beroering, veral omdat miljoene én die inhoud van sluitkissies verdwyn. Kaptein Van Rooy, reeds oorlaai met onopgeloste sake, moet die ondersoek hanteer terwyl die media en inwoners druk uitoefen. Sy eksvrou, die ondersoekende joernalis Rachel Wolvaardt, arriveer ook en bemoeilik sake verder. Verskeie dorpenaars met eie agendas en geheime word betrek: Juliana Julies, ʼn ambisieuse sakevrou;...

Author

Maroela Media

Category

Fiction

Podcast website

maroelamedia.co.za

Latest episode

Jun 19, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Die bankroof – Episode 35 15.05.2026

Joernalis Rachel Wolvaardt is besig om te krap waar dit ongemaklik raak. Sy is dringend op die spoor van prokureur Louis Ludik. Met watter belangrike inligting kom sy terug uit die Kaap?

Die bankroof – Episode 34 14.05.2026

Magriet word na die polisiestasie ontbied. Nes sy dink sy gaan vir moord gearresteer word, daag hulp op. Die komende onthulling van Fanie en Pauline se standbeeld sorg steeds vir groot ongelukkigheid.

Die bankroof – Episode 33 13.05.2026

Juliana sorteer haar saak met Nettie uit op ʼn manier wat Nettie verstom. Nettie kry ʼn oproep met ʼn aanbod wat haar eweneens stom laat. Juliana het allermins vergeet wie die dolk met die verkiesing in haar rug gedruk het.

Die bankroof – Episode 32 12.05.2026

Shirley stel grense en besluit om drasties op te tree. Die bohaai oor die uitslag van die verkiesing wil nie gaan lê nie. Die volgende berugte koevert van die bankrower word afgelewer.

Die bankroof – Episode 31 11.05.2026

Magriet Manders ontgeld dit toe die Kaptein by haar kantoor instorm. Die teksboodskap wat die burgemeester kort voor sy dood ontvang het, laat ʼn geskarrel ontstaan. Magriet kry onverwags hulp oor die standbeeld.

Die bankroof – Episode 30 08.05.2026

Die jongste skok op Maraisburg laat die dorpenaars behoorlik kwetter. Die meeste vingers wys na een mens. Die ondersoekende joernalis, Rachel, laat haar nie mislei deur skinderstories nie.

Die bankroof – Episode 29 07.05.2026

Die vorige aand se skokkende verkiesingsuitslag word druk bespreek. Kaptein Van Rooy is klaar besig met sy volgende dringende ondersoek. Magriet word tot in haar fondamente geskud.

Die bankroof – Episode 28 06.05.2026

Die spanning loop hoog by die saal waar die stemme ná die verkiesing getel word. Juliana word daar ingewag deur iemand wat haar ʼn lelike skrobbering gee.

Die bankroof – Episode 27 05.05.2026

ʼn Bekommerde Juliana en Vincent sit dringend koppe bymekaar. Vincent word verras by sy huis. Daar is ʼn koorsagtige geskarrel op Maraisburg – die dag van die tussentydse verkiesing breek aan.

Die bankroof – Episode 26 04.05.2026

Shirley is diep bekommerd en kry raad. Hoe en waar is Fanie Manders destyds vermoor? Magriet word geskok oor ʼn standbeeld wat in wording is.

Die bankroof – Episode 25 01.05.2026

ʼn Onbekende man onder die koelteboom sorg vir ʼn opskudding. Die volgende berugte koevert maak sy verskyning en sorg vir ontsteltenis … en met rede.

Die bankroof – Episode 24 30.04.2026

Juliana is passievol besig om stemme te werf vir die tussentydse verkiesing. Rachel is ywerig besig om haar feite oor die berugte koeverte op datum te kry. Sy merk ʼn motor op wat oral opduik en begin wonder.

Die bankroof – Episode 23 29.04.2026

Iemand van wie ʼn mens dit nie verwag nie, ontferm haar oor Shirley. Philip en Magriet verskil weer heftig van mekaar. Shirley besluit om te gaan hulp soek.

Die bankroof – Episode 22 28.04.2026

Vincent sien skielik kans om sonder sy prokureur sake aan te pak. Hy kom gou agter die kaptein het ʼn lang lys van beskuldigings. Hy gaan soek troos.

Die bankroof – Episode 21 27.04.2026

ʼn Volgende berugte koevert daag op en sorg weer vir konsternasie. Wie word daarmee stormgeloop, en waaroor gaan die bohaai?

Die bankroof – Episode 20 24.04.2026

Kyk wie kuier saam met die “piekniekgangers” op die walle van die Canolarivier! ʼn Bekende dorpenaar word daarvan verdink dat hy die bankroof se tonnelsand in die Canolarivier gegooi het. Hoe het Pauline Putter werklik destyds gesterf?

Die bankroof – Episode 19 23.04.2026

Waaroor loop Philip vir Magriet dié keer storm? Hy moet hulp inroep. Iets wat die burgemeester kwytgeraak het, laat hom wonder. Magriet praat haar mond verby, en dit het gevolge.

Die bankroof – Episode 18 22.04.2026

Philip en Shirley loop mekaar raak. Shirley se senuwees is op hol en sy neem in dié toestand ʼn besluit. Nettie kry ʼn besoek by haar woonstelblok wat haar verras.

Die bankroof – Episode 17 21.04.2026

Die burgemeester is op die oorlogspad. Nettie kry ʼn vreemde pakkie om af te lewer. Sy kom op iets af wat haar hewig ontstel … en met rede.

Die bankroof – Episode 16 20.04.2026

Juliana en Vincent vier uiteindelik hulle vennootskap. Koevoet se erfgename ontlok steeds intense bespreking. Die kaptein is duidelik nie gewild nie, want iemand gee hom gas.

Die bankroof – Episode 15 17.04.2026

Vincent kry ʼn besoek wat hom heeltemal gooi. Die volgende oggend word hy Kleinbult toe ontbied, en hy kom geskok op Maraisburg terug. Hoekom ry hy met die nuus reguit Potpourri toe?

Die bankroof – Episode 14 16.04.2026

Nettie vat Juliana ná ʼn droefgeestige middag huis toe vir hulle eerste werksessie – dit word ʼn verrassing. Iemand daag by Potpourri op spesiaal om ʼn paar “inkopies” by Nettie te doen. Magriet se dag sluit af met ʼn skok.

Die bankroof – Episode 13 15.04.2026

As Juliana gedink het haar probleme is agter die rug, is sy verkeerd. Nettie bring die slegte nuus wat Juliana laat rondskarrel. En net toe sy dink sake kan nie erger nie, gebeur die ergste.

Die bankroof – Episode 12 14.04.2026

Kaptein Van Rooy en die joernalis Rachel hou piekniek op die wal van die Canolarivier, maar dis meer as net ʼn onskuldige piekniek. Iemand bied ongevraagd hulp aan om te probeer verseker die Fanie Manders Hulpfonds word ʼn werklikheid.

Die bankroof – Episode 11 13.04.2026

Rachel en Philip stamp weer koppe. Die Fanie Manders Hulpfonds saai groot verdeeldheid in die dorp. Daar is iemand wat besluit dié fonds sal ʼn werklikheid word al spat die vonke.

Listen to the Die bankroof – ’n vervolgverhaal podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.