Maroela Media

Die bankroof – ’n vervolgverhaal

Fiction AF ↓ 60 episodes

Die bankroof, geskryf deur Joe Kleinhans, speel af in Maraisburg, ʼn dorpie in die Suid-Kaap, waar ʼn ou bank oor ʼn naweek beroof word. Die roof herinner aan ʼn historiese tonnelroof en bring die gemeenskap in beroering, veral omdat miljoene én die inhoud van sluitkissies verdwyn. Kaptein Van Rooy, reeds oorlaai met onopgeloste sake, moet die ondersoek hanteer terwyl die media en inwoners druk uitoefen. Sy eksvrou, die ondersoekende joernalis Rachel Wolvaardt, arriveer ook en bemoeilik sake verder. Verskeie dorpenaars met eie agendas en geheime word betrek: Juliana Julies, ʼn ambisieuse sakevrou;...

Author

Maroela Media

Category

Fiction

Podcast website

maroelamedia.co.za

Latest episode

Jun 19, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Die bankroof – Episode 10 10.04.2026

Vincent begin om Juliana se sekuriteitstelsel op te gradeer. Maar ná ʼn besoek van die polisie verloop die dag van sleg na slegter. Juliana moet inderhaas haar afsprake kortknip en terugjaag huis toe … en kry ʼn skok.

Die bankroof – Episode 9 09.04.2026

Vincent loop hom in ʼn ontstelde Shirley vas en die vonke spat. By wie gaan soek hy troos? Shirley besluit dis tyd om die polisie daadwerklik by te staan.

Die bankroof – Episode 8 08.04.2026

Die knap wyse waarop Koevoet Bruinders gesorg het dat hy op parool vrygelaat word, verstom mense. Die kaptein en Magriet stamp weer koppe. Het die Pauline Manders Hulpfonds en die moord op Fanie Manders enige verband met mekaar?

Die bankroof – Episode 7 07.04.2026

Wie help Shirley Adams uit haar verknorsing en hoe? Sy en Nettie sit lelik vas. Daar kom ʼn skokkende waarheid op Philip Putter se plaas aan die lig.

Die bankroof – Episode 6 06.04.2026

Nettie Neser word lank oor ʼn ene meneer Brown ondervra. Shirley ry om die aand op Kleinbult oor te slaap, maar dit word ʼn uitstappie met ʼn lelike nadraai.

Die bankroof – Episode 5 03.04.2026

Vincent daag nie by Juliana se prokureur op nie. Sy is baie ongelukkig daaroor en staan hom by sy huis voor. Hulle gee mekaar gas. Iemand nooi vir Vincent speelpark toe met ʼn doel.

Die bankroof – Episode 4 02.04.2026

Rachel Wolvaardt en Philip Putter het duidelik nie ooghare vir mekaar nie. Philip besluit dis tyd om die goeie werk wat sy oorlede vrou gedoen het, te laat herleef. Wat doen hy? Wie loop op sy spoor?

Die bankroof – Episode 3 01.04.2026

Dis nou maar een maal hoe die lewe is: Vincent Vogel kry die een oomblik ʼn onverwagse fantastiese aanbod, en die volgende oomblik ontvang hy nuus wat hom byna ʼn hartaanval gee.

Die bankroof – Episode 2 31.03.2026

Rachel Wolvaardt doen haar ding, al beteken dit sy meng by ʼn polisie-ondersoek in. Dit ontstel kaptein Van Rooy. Hoe minder Magriet Manders wil glo sy was by die bankroof betrokke, hoe meer dui inligting op die teendeel.

Die bankroof – Episode 1 30.03.2026

Daar is ʼn bankroof in Maraisburg. Kaptein Van Rooy besef onmiddellik daar’s ooreenkomste tussen dié bankroof en die een van Standard Bank in 1977 in Krugersdorp. Hy besef die media gaan op die dorp toesak. Waarop hy nie voorbereid was nie, is dat die top- ondersoekende joernalis wat daar opdaag, sy voormalige vrou, Rachel Wolvaardt, is.

Listen to the Die bankroof – ’n vervolgverhaal podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.