Maroela Media
Katbosbult
Katbosbult is ‘n tipiese Karoodorpie met sy bekoring van Boerneef se Katbos en Kambro asook sy dwergvetplante. Sedert 2019 is dié vetplante gesogter en meer lonend as renosterstropery. Asiatiese markte het ‘n ongekende honger daarvoor. En midde in die armoede op die dorp word die steel van die vetplante ‘n plaag waarmee sersant Jakes Johnson nie meer kan tred hou nie. Dis veral weduwee Chrissie Celliers op haar plaas Halfmens, wat deurloop. Katbosbult is ‘n mikrokosmos van Suid-Afrika. Daar is diegene met edele harte en opregte pogings om die gemeenskap op te hef. Maar midde-in die armoede en...
Author
Maroela Media
Category
Podcast website
Latest episode
Nov 24, 2023
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Katbosbult – Episode 120 (SLOT) 24.11.2023 11:30
In die slot-episode word die lastige vraagstuk rondom Manie Maritz se muntversameling uiteindelik bygelê. Skielik is daar vrede op Katbosbult. Vir hoe lank weet niemand nie. Die vraagstuk rondom wie Gretchen met haar skelmstreke gehelp het, hang nog swaar in die lug, en daar is nog een belangrike aankondiging wat gemaak moet word.
Katbosbult – Episode 119 23.11.2023 12:23
Janita is in die hospitaal en dit druk swaar op haar geliefdes se gemoed. Leonardo tree Monique aan en hy draai nie doekies om nie. Hy neem ʼn groot besluit en laat trek ʼn kontrak op. Reggie word verras.
Katbosbult – Episode 118 22.11.2023 11:05
Dit is tyd vir Gert om met vindingryke voetwerk ʼn oplossing te onderhandel oor ʼn netelige kwessie. Chrissie en Monique om dieselfde tafel is moeilikheid met ʼn hoofletter M. Hulle het nou maar eenmaal nie ooghare vir mekaar nie. Gert het sy hande vol.
Katbosbult – Episode 117 21.11.2023 12:07
Reggie word teen wil en dank by ʼn ongemaklike saak betrek wat haar slapelose nagte besorg. Skielik vind daar ʼn paar van die moeilikste gesprekke denkbaar op Katbosbult plaas … en dit krap ʼn paar lewens erg deurmekaar. ʼn Enorme skok tref die dorp. Dis ʼn lelike opslagbal.
Katbosbult – Episode 116 20.11.2023 10:57
Leonardo kry iets in ʼn garage op Herklaas se plaas wat hom die sersant se hulp laat inroep. Beloftes maak skuld. Die sersant onthou van so ʼn belofte wat hy nog nie nagekom het nie. Jasper se ma, Janita, het haar geliefdes aan die skarrel.
Katbosbult – Episode 115 17.11.2023 9:58
Sake verloop vinnig op Katbosbult, maar eers moet Gharies Gans en Sylvia Shoba die regte regshulp kry. Die Valke is bedrywig; hulle wil die grootste slag tot op datum teen vetplantstropery slaan, maar daarvoor moet hulle die sindikaatleier vastrek.
Katbosbult – Episode 114 16.11.2023 12:08
Die vraag op almal se lippe is wat het met Chrissie gebeur? Kyk wie storm by die gimnasium in en konfronteer Reggie. Die tannie met die kort rokkie is weer op haar pos, reg vir haar volgende voorbladstorie … hulle word sappiger. Met wie deel Jasper sy interessante teorie oor die muntversameling?
Katbosbult – Episode 113 15.11.2023 11:40
Chrissie verval in onguns by die burgemeester. Gert is vir die soveelste keer die raadslid wat ʼn delikate saak vir die burgemeester hanteer. Shirley voel sy kan nie langer ʼn moordkuil van haar hart maak nie.
Katbosbult – Episode 112 14.11.2023 11:24
Chrissie voel die onheil in die lug aan. Sy kan net nie haar vinger daarop lê nie. Gharies Gans maak weer onverwags sy verskyning. Monique sluit ʼn vrugbare besoek aan die Kaap af. Sy ry terug Katbosbult toe met ʼn nuwe missie en vuur in haar. Hierdie keer stuit sy vir niks en niemand nie.
Katbosbult – Episode 111 13.11.2023 11:07
Monique is iemand wat altyd ʼn agenda het en haar eie manier van dinge doen. Sy ry skielik Kaapstad toe en verstom almal. Sylvia Shoba is ʼn bron van kommer. Die vrae rondom haar doen en late hoop net op, sonder antwoorde.
Katbosbult – Episode 110 10.11.2023 11:35
Groot drama speel hom op die feesterrein in ʼn werkershuisie af. Die joernalis met die kort rokkie is weer fluks byderhand vir haar volgende voorbladartikel, en daar is weer ʼn romantiese ete vir twee.
Katbosbult – Episode 109 09.11.2023 12:25
Weduwee Chrissie se handelsmerk-ete is bruin geroosterde skaapnek bedien op ʼn bed wortels, klein uitjies en kruie. Raai wie trakteer sy dié keer met haar fynproewerkos? Katbosbult is skielik vol hubare en beskikbare wewenaars. Dit is net ʼn kwessie van wie pas nou eintlik by wie.
Katbosbult – Episode 108 08.11.2023 11:17
Sersant Johnson en Monique spring aanmekaar … omdat hy wil verstaan waarom die Valke se aankoms in Katbosbult die poppe so laat dans. Lampies Lamprecht is duidelik nie onder ʼn kalkoen uitgebroei nie. Dit is of hy Monique elke keer net mooi ʼn tree vooruit is, maar iemand voer Lampies beslis inligting.
Katbosbult – Episode 107 07.11.2023 10:46
Gert is knorrig verby. In plaas daarvan om as die raadslid vir ekonomiese ontwikkeling gebruik te word, word hy al hoe meer as raadslid vir regsdienste misbruik. ʼn Kontrak ontstel hom … en tereg ook. Reggie deel ʼn bekommernis met haar werkgewer.
Katbosbult – Episode 106 06.11.2023 10:16
Daar word geskarrel in die Katbosbult Hospitaal. Die waarheid het ʼn manier om op ʼn ongemaklike tyd uit te kom. En toe gebeur dit ook … onder die boom, pannekoek in die hand, heel onverwags. Dit laat Chrissie vir ʼn oomblik soek na woorde, so erg is dit.
Katbosbult – Episode 105 03.11.2023 10:06
Uiteindelik breek Katbosbult se geskiedkundige dorpsfees aan. Die inwoners is opgewonde en stroom na die feesterrein. Spoedig is daar ʼn hewige woordewisseling in die skuur. Tussen al die lawaai, loei die dorp se ambulans skielik die feesterrein binne.
Katbosbult – Episode 104 02.11.2023 11:10
ʼn Bomdreigement ruk Katbosbult. Shirley is skielik haastig op pad. En na al die dag se drama word die sersant met ʼn doel genooi vir ʼn pannekoek onder die boom. Hy word behoorlik ingekatrol.
Katbosbult – Episode 103 01.11.2023 11:19
Die Valke is skielik bedrywig in Katbosbult en dit gee aanleiding tot ligte konsternasie. Monique is op ʼn missie met ʼn lys eise in die hand en sy laat haar nie van stryk bring nie. Wie gee oornag pad uit Katbosbult?
Katbosbult – Episode 102 31.10.2023 11:09
Kyk wie kom kuier op Katbosbult met die dorpsfees. Gert raak knorrig oor sy ontydige kuiergas. Wie is Gretchen se jongste slagoffer? Iemand kom kuier vir Leonardo op sy tuinbankie en dit loop op ʼn vuurwarm gesprek uit.
Katbosbult – Episode 101 30.10.2023 11:56
Almal op die dorp koop vandag die Katbosnuus. Dit is ʼn moet-lees-uitgawe. Shirley kry boonop nuus oor die “blou koeverte” wat destyds haar deelname aan die verkiesing beëindig het. Maar hoekom is sy in so ʼn slegte bui … dit is nie hoe Katbosbult haar ken nie.
Katbosbult – Episode 100 27.10.2023 11:17
“Sersant Maritz” is weer bedrywig. Die swart weduwee se slagoffers, as gevolg van haar skelmstreke, groei by die dag. En die bedrae geld wat betrokke is! Maar gedane sake het geen keer nie. Hoekom sou Jasper Rolbos toe ry, en in wie loop hy hom daar vas?
Katbosbult – Episode 99 26.10.2023 10:58
Gert weet hy is in tamatiestraat … ván die burgemeester tót Reggie moet oral vure doodslaan om sy bas te red. Katbosbult het nie die swart weduwee sien kom nie. Sy tref die dorp met ʼn slag. Dit is skok op skok … en volop skindernuus. Vir die eerste keer kan sosiale media nie voorbly nie.
Katbosbult – Episode 98 25.10.2023 10:13
ʼn Vrou se naam is op elkeen se lippe; Katbosbult gons behoorlik oor haar. Die vrou het Reggie erg bekommerd. Hoekom? Sy roep dadelik hulp in. Skielik word dit ʼn baie lang dag. Die aand eindig met ʼn skok.
Katbosbult – Episode 97 24.10.2023 11:18
Leonardo en Shirley spring op Richroux aanmekaar. Dit is ʼn bekgeveg soos min. Waaroor sou die hare so waai? Gert beleef ʼn skok wat hom mettertyd heeltemal onderstebo klap.
Katbosbult – Episode 96 23.10.2023 11:51
Chrissie vertrek op ʼn geheime besoek. Die sersant besluit dit is tyd om om weer om hulp by “Sersant Maritz” aan te klop … sy help tog so graag. Waarmee is dit hierdie keer? Kyk wie trek in die gastekamer langs Shirley in.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.